NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons kan vir God niks wegsteek nie; nie ons swaarkry, ons sonde of ons liefde vir Hom nie. Kyk net hoe goed ken Hy ons: in Ps 139 sê Dawid: "U ken my sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagte. U deurvors my gaan en my lê, en U is met al my weë goed bekend. Want daar is nog geen woord op my tong nie – of U, HERE, U ken dit geheel en al".  Natuurlik, want Hy het ons gemaak!

STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (77)

DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL

Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)

Lees reeks by Studie van die Ou Testament

LES 2

ESTER RED HAAR VOLK

ESTER 4-8; 9:1-5, 10:1-3

1. Ester moet praat

Die Jode was hewig ontsteld en het rouklede (saq) aangetrek.   Daarna het hulle in sak en as gaan sit.   Saq was ʼn growwe materiaal waarvan rouklede gemaak is.   Mordegai het ook een aangehad en het met as op sy kop deur die stad geloop en hardop geweeklaag.   Toe hy by die haremhuis kom, het hy boodskappers na Ester laat stuur om vir haar volk by die koning in te tree.

Ester was aanvanklik onwillig omdat sy 30 dae laas ʼn bed met die koning gedeel het.  Sy het dit as ʼn baie ongunstige teken beskou.   Indien sy hom ongevraagd sou nader, kon dit haar dood beteken mits hy sy septer na haar uitsteek.   Toe het Mordegai weer ʼn boodskap na Ester gestuur en haar laat weet dat sy dit buitendien nie sou oorleef nie.   Al was sy koningin was sy Joods.   Al uitweg was om met Ahasveros te praat!

Ester het toe ingestem om met die koning te praat al sou dit haar lewe kos.   Net God kon haar red!  Daarom het sy Mordegai gevra om al die Jode in Susan drie dae lank te laat vas ten einde genade van God vir haar volk te verkry.   Daarna het sy na Ahasveros met die bekende woorde “As ek omkom, dan kom ek om” ingegaan.   Sy het haar lewe vir haar volk op die spel geplaas.

Toe die koning haar in die voorhof sien, het hy sy septer na haar uitgesteek en met die gebruiklike oordrywing bemoedig (Mark 6:23).     Ester het haar versoek nie onmiddellik aan hom gerig nie, maar gewag dat Haman teenwoordig was.   Sy wou hom met haar beskuldiging oorrompel sodat hy nie met mooipratery kon wegkom nie.    Daarom het sy hom en Ahasveros vir ete genooi.   Tydens hierdie ete het Ahasveros haar na haar versugting gevra.    Hy het geweet dat daar meer agter die uitnodiging as ʼn blote ete gesit het.    Ester het egter gehuiwer en Ahasveros gevra om die volgende dag weer by haar te kom eet en Haman weer saam te bring waarna sy haar versoek aan hom bekend sou maak.

Haman was in sy skik om weer uitgenooi te word.   Dit het sy eersug gestreel.   Hy was ook baie nuuskierig om te weet wat op Ester op die hart gehad het.   Alles het in sy guns verloop.   Al wat hom gehinder het, was die oneerbiedige Jood wat in die poort van die koning gesit en nie vir hom opgestaan het nie.   Hy moes iets met Mordegai doen!    Sy vrou het ʼn plan gehad; Haman moes ʼn galg laat maak en die koning toestemming vra om Mordegai daaraan op te hang.   Die galg is toe gemaak. 

2. ‘n Eer word omgekeer

Daardie nag kon die koning nie slaap nie waarna hy vir hom uit die kronieke (dagverslae) laat voorlees het.   Daarin het hy van die sameswering van Bigtan en Teres wat deur Mordegai oopgevlek is, te hore gekom en besluit om Mordegai te vereer.   Toe Haman die volgende dag by kom, het Ahasveros hom gevra wat hy met ʼn man moes doen wat die koning groot guns bewys het?    Haman het gedink dat hý die man was aan wie Ahasveros hierdie guns wou bewys en alles opgenoem wat hy vir wat hy vir homself wou hê - ʼn koninklike kleed, ʼn perd met 'n kroon op en ʼn uitroeper wat sy goeie daad besing.   Eintlik het Haman na die eer van die koning self gestreef!

Toe die koning hom aansê om Mordegai so te laat vereer, was Haman bitter ontsteld.  Maar omdat dit ʼn bevel van die koning was, kon hy dit nie weier nie en moes hy ook sy bose voornemens laat vaar.    So is Haman bekaf na die ete waar Ahasveros op Ester se versoek gewag het.   Ester het met eerbied en volle oorgawe vir haar en haar volk se lewe gepleit sonder dat Ahasveros geweet het watter volk ter sprake was.   Ester het hom laat verstaan dat dit ʼn ramp sou afgee indien hy hierdie volk sou uitdelg.    Ahasveros het na haar geluister en besef het dat iemand agter dié bose plan gesit het – Haman.   Daarna het ʼn hofdienaar hom ingelig oor die galg wat Haman vir Mordegai laat maak het en is Haman veroordeel om aan dieselfde galg te sterf!

3.      Ester en Mordegai se teenmaatreëls

Die besittings van ʼn tereggestelde het outomaties aan die koning behoort.   Daarom kon Ahasveros Haman se huis aan Ester gee wat die beheer daarvan aan Mordegai oorgedra het.   Nadat sy Ahasveros vertel het dat Mordegai haar oom was, het Ahasveros die seëlring wat hy van Haman weggeneem het aan Mordegai gegee en hom in sy hofhouding aangestel.

Desondanks het die gevaar nie verdwyn nie.  Toe Ahasveros gevra is om die verdelgingsbevel tersyde te stel, kon hy nie doen nie omdat dit ʼn wet van Meders en Perse was.   Hy het dit aan Ester en Mordegai oorgelaat om ʼn oplossing te vind.   Die eerste bevel kon nie herroep word nie, maar met die magtiging wat Mordegai ontvang het, het Ahasveros ʼn tweede bevel uitgevaardig waarin die Jode toegelaat is om hulle teen die aanvallers te verweer.   Dit sou laasgenoemdes tweemaal laat dink omdat hulle self ook kon omkom!   Desondanks het 500 vyande in Susan en 75,000 landswyd omgekom waarna die Jode in Persië met rus gelaat is.

4.   Die betekenis van Ester

Ester is die laaste boek in die OT wat oor die geskiedenis van die Jode in ballingskap handel.   Esra en Nehemia handel oor die terugkeer.   Alhoewel die Jode ʼn vernederde volk was, vertel die boek Ester ʼn wonderlike verhaal van hoe God oor sy volk in ʼn vreemde land gewaak het.   Hy het hulle selfs gehelp om hul haters te oorweldig.   Dat ʼn Joodse meisie uit die stam van Benjamin koningin van Persië geword het en haar oom tweede in rang onder die koning, is en bly ʼn wonder van God!   En met hierdie glanspunt eindig die geskiedenis van die Jode in Persië.

Alhoewel die Naam van God nie in Ester voorkom nie, is dit vol van sy almagtige beskikking.   Hy beskik alles, selfs die slapelose nag waarin Ahasveros die kronieke laat voorlees het.   So ook die dwarsboming van die bose plan van Haman, ʼn werktuig in die hand van Satan.   God het sy volk gestraf, maar hulle nie laat vernietig nie!   Dat Mordegai op die stoel van Haman gaan sit het, verkondig die oorwinning van God oor Satan.   Ester beteken ster. En hoe het hierdie jong vrou nie in haar volk se donkerste uur geskitter nie!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2878 gaste aanlyn