NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Hoe vervul ons ons lewensdoel hier op aarde? Ons weet nie altyd wat ons moet doen om ons lewensdoel uit te leef nie maar as ons vir duidelike leiding van die Heilige Gees vra sodat alles tot eer en verheerliking van God sal strek, sal ons die antwoorde kry.

OFFER VAN EENSGESINDHEID

Hannes Ollewagen

“ALLEENLIK, gedra julle waardig die evangelie van Christus, sodat, of ek kom en julle sien dan wel of ek afwesig is, ek van julle omstandighede kan hoor dat julle in een gees vasstaan en, een van siel, saam stry vir die geloof van die evangelie.” Filippense 1:27

Een van die mees effektiewe wapens wat die satan gebruik om gesinne, families en volke uitmekaar te skeur, is tweedrag. Die gees van twis, tweedrag en onmin het ’n opdrag vanuit die hel ontvang om vernietiging en verwoesting te saai waar hy ookal beweeg. Die woord tweedrag beskryf so duidelik wat uiteindelik ná die twis ontstaan: verdeeldheid.

Die wapen wat die bose geldmagte (dienaars van die satan) met groot sukses ingespan het om ons volk ten gronde te rig, was dan ook natuurlik tweedrag.  Hierdie magte wou nie net die rykdom van ons land inpalm nie, hulle wou ons volkstradisie van Christelike geloof wat soos ‘n goue draad deur ons geskiedenis geweef is, vernietig.  Ons kan dus met reg sê dat dit nie net ‘n aanval op ons land en volk was nie, maar veel dieper gerig met die oog op die vernietiging van ons Christelike geloof.   Ons geskiedenis getuig immers van ‘n volk wat uit talle dale van doodskaduwees herrys het.  Dit was telkens te danke aan ons geloof in die Drie-enige en almagtige God van hemel en aarde.  Hy is almagtig en daarom kon ons met soveel gerustelling in die wete leef dat enige mag wat ons wou aanval en probeer vernietig, Hóm eers sal moet oorwin  -  dít weet ons is natuurlik nie moontlik nie.

Satan weet ook dat hy en sy magte God nooit kan oorwin nie.  Satan weet egter goed dat mense van God af weggerokkel en mislei kan word en hierdie geleentheid om selfs ‘n hele volk van God afvallig te probeer maak het hy nie laat verbygaan nie.  Die skade wat hy die Christelike geloof hierdeur sou berokken, moes vir hom ongelooflike genoegdoening verskaf het.  Alhoewel die aanslag baie hewig was en verskeie wapens suksesvol in hierdie stryd teen ons gebruik is, volstaan ons in hierdie skrywe net by die wapen van tweedrag.

Tweedrag het veroorsaak dat ons in menige gevalle selfs onbewustelik meegewerk het aan die vernietiging van ons kerke, staatkundige regeermag, ons kultuur, skole en soveel ander lewensnoodsaaklikhede wat nodig is vir die gesonde bestaan en vooruitgang van enige volk.  Alhoewel daar vyande is wat doelbewus daarop uit is om hierdie dinge en ons volk as ‘n geheel te vernietig, kon ons die aanval sover nie stuit nie. Dit juis omdat ons te besig is om met mekaar te baklei terwyl die vyand ongehinderd voortgaan met sy vernietigingswerk.

Wanneer ons die omvang van die geestelike stryd waarin ons gewikkel is begryp, sal dit vir ons duidelik word dat dit vir enige normale individu en ook vir ‘n geringe volkie soos ons, ‘n onbegonne taak is om jouself in hierdie stryd te begewe.

Soos wat die bose werkers van Satan hul wapentuig van leuens, verraad, bedrog, TWEEDRAG, ens. opneem, het ons Vader ons ook elkeen met verskillende gawes toebedeel wat ons moet opneem in die stryd teen die bose.  (Lees asseblief hier eers 1 Korinthiërs 12).  Let daarop dat die verskillende gawes bespreek word in verse 1 – 11.  In verse 12 – 31 word die klem egter verskuif na die gebruik van hierdie gawes.  Dit word duidelik aan ons gestel dat ons nie hierdie geestelike gawes selfsugtig en eiesinnig moet aanwend nie, maar dat ons mekaar (en sodoende ons Meester, Jesus Christus), daarmee moet dien.

  • Daar is sommige onder ons wat die gawe van onderskeid ontvang het.  Hulle onderskei maklik tussen waarheid en leuen -  wat soms só naby aan mekaar kan wees.  ‘n Halwe waarheid lyk maklik na die waarheid maar dit is steeds ‘n leuen!– Kom ons luister na hul waarskuwings aangesien hul moet wees soos wagters op die mure om te waak teen die vyand se aanslae.
  • Daar is ander tussen ons met ‘n wye politieke kennis en insig. Kom ons slaan ag op wat hulle sê aangesien die stryd vir ons Christelike geloof nie tot ons volk alleen beperk is nie.
  • Daar is diegene onder ons wat gestuur is om te vermaan, tereg te wys, te leer en te bemoedig.  Kom ons waardeer hulle as mense wat as boodskappers van die Vader optree.
  • Daar is diegene onder ons met die gawes van vertroosting en bemoediging. Kom ons koester hulle, want ons gaan hulle in die nabye toekoms baie nodig kry. Daar is reeds soveel hartseer en ellende onder ons volk waar hul werksaam moet wees; oms moet hul daarin ondersteun.

So is daar vir elkeen van ons taak om te vervul in hierdie edel stryd vir ons geloof.

Dit is tyd dat ons daadwerklik begin om mekaar (en sodoende ons Meester) in nederigheid te dien met die geestelike gawes wat aan ons gegee is sonder om geestelik hoogmoedig te raak:

“EN Hy het ook met die oog op sommige wat op hulleself vertrou dat hulle regverdig is en die ander verag, hierdie gelykenis vertel.”  Lukas 18:9:  (Lees gerus die hele gelykenis in Lukas 18:9-14).

Die tyd het aangebreek dat ons opstaan en uitgaan in die werk van ons Meester en volhard daarin – selfs wanneer ek ongevraagde kritiek op goedbedoelde werk ontvang, want sodoende bring ek geestelike offers van gehoorsaamheid aan my Meester wat vir God baie welbehaaglik is.

Die tyd vir geestelike volwassenheid het aangebreek; 'n tyd dat ons mekaar in liefde en selfbeheersing sal verdra.  Ons verduur sommiges wat ‘n totale teenoorgestelde lewensbeskouïng as ons het, maar met mekaar het ons weinig geduld.  Ons sien gedurig die splinters in die oog van ‘n ander, maar die balk in ons eie oog merk ons nie op nie.  Ons staar ons soms só blind teen die foute van ‘n ander (waarsonder nie een van ons is nie) dat ons menigmaal nie eers die goeie werk wat hy/sy vir ons volk, taal, land en selfs die behoud van ons Christelike geloof doen, bemerk nie.  Ons doen menigmaal selfs onbewustelik soveel skade wanneer ons afbreuk doen aan die goeie werk van iemand anders deur ondeurdagte kritiek te lewer op sy/haar tekortkominge.  Waarsku Christus ons nie in Lukas 9:40 teen sulke optrede nie?  “...want wie nie teen ons is nie, is vir ons.” Die oes is alreeds groot en die arbeiders min – wil ons hierdie arbeidsmag nóg verder uitdun?

Ek sê geensins dat ons nie beginselvas moet wees en weerstand moet bied teen die aanslae van die vyand nie.  Ons stryd is immer vir die behoud van ons geloof en beginsels.  Ons moet egter versigtig wees om nie by ons selfopgestelde beginsels te staan en mense daarvolgens te oordeel nie.  Wanneer ons almal egter dieselfde maatstaf gebruik om ons beginsels te toets, nl. die onfeilbare Woord van God, sal ons sin vir reg en verkeerd baie meer ooreenstem as wanneer ons elkeen ons eie stel reëls gebruik.  Ons sal verder ‘n duideliker beeld vorm van die vyand teen wie ons stry, en ‘n groter bewuswording van ons individuele verantwoordelikheid ervaar om die stryd teen die bose te voer – soms alleen en soms in 'n gesamentlike geloofstryd.

Ek glo dat ons as volk sondebevlek voor ons hemelse Vader staan.  Ek glo egter dat ons kan begin om geestelike skuldoffers aan Hom te bring as bewys dat ons waarlik berou het oor ons ongeregtighede en dat ons vergifnis vuriglik van Hom begeer en afsmeek.  Ons moet offers van gehoorsaamheid, verdraagsaamheid, EENSGESINDHEID, opregtheid en nederige onderdanigheid aan Hom bring.

Onthou, offers vereis opoffering van die een wat dit bring.  Vergeet dus die dwaalgedagte dat daar te veel ander volksgenote is wat dwalende en goddeloos voor God handel en daarom sal jou “offers” vrugteloos wees.  Sorg dat jou saak met Hom reg is en jou gesindheid teenoor Hom opreg is;  laat Hom Self die offers van ander eis wat dit nie vrywillig wil bring nie, soos wat Hy weet regverdig is.

Deur voordurende geestelike offers aan Hom te bring, te bid en vir Hom te werk, wag ons op Hom wat vir ons verlossing sal bring op die tyd soos HÝ dit bepaal het:

“Wag op die HERE, o Israel! want by die HERE is die goedertierenheid, en by Hom is daar veel verlossing, en Hy self sal Israel verlos van al sy ongeregtighede.” Psalm 130:7, 8.

Ons kan dus op Hom vertrou, Hom vra om die hart van klip uit hierdie volk van God te haal en vir ons ‘n hart van vlees te gee.

Ons kan intussen nie net agteroor sit en wag nie.  Ons werke moet tog ons geloof toon; daarom moet ons as kinders en diensknegte van God met eensgesindheid sy akker gaan werk!

 

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2476 gaste aanlyn