NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ouderdom maak jou of slim of dom.  As jy slim is, weet jy hoe om reg oud te word.  As jy dom is, sien jy die ouderdom as ‘n straf.

ONS AFGODSOFFERS

Hannes Ollewagen

“EN die kinders van Israel het weer gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, en hulle het die Baäls en die Astártes gedien, en die gode van Aram en die gode van Sidon en die gode van Moab en die gode van die kinders van Ammon en die gode van die Filistyne, en hulle het die HERE verlaat en Hom nie gedien nie.” - Rigters 10:6:

Ons kan tog so verdraagsaam wees teenoor die kwade en bose, maar teenoor mekaar se gebreke is daar nie eens sprake van hierdie verdraagsaamheid nie.

Die verkeerde gesindheid van misplaaste verdraagsaamheid is by ons gekweek deur werkers van die bose magte.  Soos hulle ons lewens kom vul het met nietige afgode wat ons van ons God en sy Woord vervreem, só is ons ook oorspoel met booshede wat ons maar móés verdra om ‘n daaglikse bestaan te voer.

  Die probleem is egter dat ons só gewoond geraak het aan verdraagsaamheid teenoor die bose dat ons tot ons eie ondergang talle verkeerde dinge gewilliglik “verdra” of selfs genot daaruit put deur onwetend daarin mee te doen.  Om onkundig te wees, is sekerlik menslik.  Om onkundig te bly, is egter ‘n dwase keuse.

Ons verdra:

  • ...die sonde in ons lewens wat ons die vrymoedigheid ontneem om tot ons Vader in gebed te nader;
  • ...die duiwelsdoos (televisie) in ons huise tot ons gesin se eie nadeel.  Hierdie afgodsaltaar wat die plek van die huisaltaar (huisgodsdiens) in feitlik elke voorheen Godsvresende Afrikanerhuishouding ingeneem het.  Hierdie afgodsaltaar verdra ek nie alleen nie, maar ek bring daagliks offers van ongeregtigheid daarop.  Ek offer die tyd wat ek aan my kinders moet wy om hulle meer van God te leer, op hierdie altaar.  Ek offer my kind se kanse op suiwer denke en standvastigheid op hierdie altaar deur hierdie euwel toe te laat om my kind(ers) te leer om verdraagsaam te wees teenoor die misbruik van God se heilige Naam. 
    Hierdie euwel leer my kind ook dat die huwelik nie ‘n eerbare, reine instelling van ons Vader is nie, maar dat geslagsomgang eerder ‘n sinlike genieting is wat op allerlei wyse beproef moet word.  Wanneer dit beoefen word, word ‘n deur vir die satan oopgemaak om mense se denke oor te neem sonder dat hulle dit besef!  Hierdie duiwelsdoos-euwel leer my kinders die teenoorgestelde van wat die Evangelie as onweerlegbare Waarheid ons leer. 
    My kind leer ook om offers te bring – nie offers waarin hy sy lewe aan God toewy nie, maar dieselfde offers wat die ouers hom geleer het.  Offers op die afgodsaltaar – my kind offer waardevolle akademiese tyd voor hierdie nuttelose afgod en wanneer die akademie daaronder ly, moet die fout voor die onderwyser of skool se deur gelê word, en niemand ondersoek ander oorsake nie.
  • ...die onregverdige Mammon in ons midde.  Ons kinders leer by aanskoue van die ouers se doen en late dat die samelewing mense weeg ten opsigte van hul aardse rykdom en nie oor die bydrae wat hul tot die samelewing lewer nie.  Om 'n groot inkomste te hê al verdien jy dit nie, is mos nie belangrik nie solank jy jou duur motors en eiendomme kan betaal.  Soms gaan dit ook met onreg teenoor ander persone gepaard.  En soms moet jou kinders hoor hoe jy almal onregverdiglik kritiseer, hulle selfs afskeep in die proses van geldnajaag in plaas daarvan dat jy hulle leer hoe om eerlik met aardse middele om te gaan.
  • ...die dikwels onderskatte sportgod in ons midde.  'n Geruime tyd gelede het sekere persone tereg opgemerk dat onderhandelinge oor rassebeleid in sport net voorbrand gemaak het vir onderhandelinge op staatkundige terrein. Hulle is as waansinnig en paranoïes gebrandmerk.  Mettertyd het hulle waarskuwings egter die waarheid geblyk maar dieselfde situasie herhaal hom steeds.  Was ons staatkundige vryheid nie ‘n groot genoeg offer op hierdie afgodsaltaar nie?  Wil ons ons nageslagte ook daarop gaan neerlê?  Ons wil nie ons Godsdiens, huwelike, staatkundige mag, ens. met anderskleuriges deel nie maar voor die sportafgod buig ons gedweë.  Die goue kalf uit die Ou Testament word blou gekleur en so word 'n hele volk verblind en oor die afgrond gelei!  Is dit regtig só vêrgesog om te sê dat offers van eensgesindheid, kameraadskap, goeie akademiese opleiding, ens. op hierdie altaar van sport geplaas is?

Is u nie bekommerd oor die gevaar daarin verskuil om u kind aan hierdie trojaanse perd bloot te stel nie?  U leer u kind dat dit reg is om beginsels op ‘n afgodsaltaar te plaas wanneer daar genoeg maats is wat dieselfde doen.  Is dit hoe ons ons kinders moet voorberei op die toekoms waar hulle as stryders en vegters vir die Christelike geloof moet optree?  Die Messias waarsku ons juis in die Skrif dat tye van vervolging ter wille van ons geloof op ons wag.  Dan is dit mos nou tyd om ook ons kinders hierop voor te berei.

Ons is by herhaling deur Godsvresende leiers gewaarsku dat ons ons Christelike grondslag en staatkundige vryheid sou prysgee om die wêreld ter wille te wees.  Ons word steeds teen die skade gewaarsku wat ons en ons kinders sal ly deur sosiale menings oor politieke korrektheid, aanvaarbaarheid en gewildheid onder vriende, maar wat maak ons met hierdie waarskuwings?  Kan u met reg sê dat u God liefhet terwyl u kind se verhouding met mense groter gewig dra as u kind se verhouding met God?

Sou ons volk ons sondes bely sonder om dit te laat staan, maak ons ‘n bespotting van God en kan ons verwag dat sy Hand wat alreeds swaar op ons rus, nóg swaarder sal druk.  Ons roep Hom dalk dag na dag aan om verlossing, maar waarom gee Hy nie gehoor nie?  Dalk omdat ons in die verkeerde dinge volhard al bely ons dit daagliks?

“Toe roep die kinders van Israel die HERE aan en sê:  Ons het teen U gesondig, want ons het onse God verlaat en die Baäls gedien.” Rigters 10:10

Vers 13-16:  “Maar julle het My verlaat en ander gode gedien; daarom sal Ek julle nie meer verlos nie.  Gaan heen en roep die gode aan wat julle verkies het; laat dié julle verlos in die tyd van julle benoudheid.  Toe sê die kinders van Israel aan die HERE:  Ons het gesondig; maak met ons soos dit goed is in u oë; verlos ons tog net vandag.  En hulle het die vreemde gode uit hulle midde verwyder en die HERE gedien; toe het Hy ongeduldig geword oor die moeite van Israel.”

Dit is elke man, as hoof en priester van sy eie huis, se verantwoordelikheid om ondersoek in te stel na die afgodery in sy huis om dit sodoende uit te roei.  Daar is nie plek vir afgodsaltare én die huisaltaar in dieselfde huis nie - soos daar nie plek is vir God en afgode in dieselfde hart nie.

“Geen huiskneg kan twee here dien nie; want hy sal òf die een haat en die ander een liefhê, òf die een aanhang en die ander een verag.  Julle kan nie God én Mammon dien nie.” - Lukas 16:13

Ek kan die keuse nie namens u maak en u ook nie verwyt of veroordeel oor u keuse nie, want dit kom my nie toe nie.  U alleen is verantwoordelik vir u keuses, soos wat u verantwoordelik is vir u kind se welstand EN OPVOEDING - u alleen gaan rekenskap daarvoor gee.

Vrees dan nou die Here en dien Hom in opregtheid en waarheid, en verwyder die gode wat julle vaders gedien het oorkant die Eufraat en in Egipte, en dien die HERE.  Maar as dit verkeerd is in julle oë om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien:  òf die gode wat julle vaders daar oorkant die Eufraat gedien het, òf die gode van die Amoriete in wie se land julle woon, maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.” - Josua 24:14&15

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2374 gaste aanlyn