NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

'n Dosis gif wat jy sluk kan net vir jou, en jou net een maal vergiftig; 'n slegte boek of film kan jou intellek en jou hele nageslag s'n bly vergiftig – sorg dat jy die regte stof lees en kyk!

GOD SE LIEFDE VIR JÓÚ KEN GEEN EINDE NIE... (2)

...MAAR HET JY HÓM LIEF?

Anita Joubert

Die Bybel waarsku ons baie ernstig teen sonde      

     Daar is baie Skrifgedeeltes waarin ons regtig ernstig gewaarsku word om nie agteroor te gaan sit en te dink dat ons nou kan maak wat ons wil, omdat ons eens op ʼn tyd ons lewens aan Jesus gegee het nie.

     Jesus het ʼn gelykenis vertel van slawe wat vir hulle eienaar gewag het om terug te keer. Sommige slawe was waaksaam en wakker by hulle eienaar se terugkeer, maar ander het moeg geword om te wag en die ander slawe begin slaan, terwyl hulleself dronk geword het. Jesus sê dan dat die slaaf wat geweet het wat sy eienaar wil hê, maar nie gereed gemaak het of volgens die wil van sy eienaar gehandel het nie, ʼn swaar straf sal kry. Sy eienaar sal hom die lot van ontroues laat deel (Luk. 12:45-47).

Paulus het aan die gemeente in Rome geskryf dat God wel takke uit die mak olyf gekap het sodat die wilde olyf daar ingeplant kon word. Die wilde olyf moet egter oppas. Hulle moet nie daaroor hoogmoedig wees nie, want as God die natuurlike takke nie ontsien het nie, kan Hy dalk die wilde takke ook nie ontsien nie. (Lees dit gerus in Romeine 11:17-24).

     Judas, die broer van Jesus, wat eers na die Here Jesus se kruisiging gelowig geword het, waarsku baie ernstig in sy brief teen mense wat God se genade misbruik as dekmatel om losbandig te lewe. Lees asseblief die hele Judas-brief, net voor Openbaring. Dit bestaan uit net een hoofstuk.

ʼn Naby-dood ervaring

     Ek was ook deel van ons gemeente se vroulike evangelisasie-span en ons het op ʼn Woensdagoggend in die Wilgershospitaal uitgereik en met die pasiënte oor geloofsekerheid gepraat. Tussen die hospitaalpersoneel en ons gemeente, was daar ʼn baie goeie verstandhouding, en ons het regtig baie welkom gevoel om gedurende die oggendbesoektyd daar tussen die pasiënte rond te beweeg.

     So het dit een keer gebeur dat ek met ʼn man gesels het wat daar was omdat hy ʼn hartaanval gehad het. Hy het onmiddellik vir my gesê dat ek moet sit, want hy wil graag vir my iets vertel. Hy het toe vertel dat hy in ʼn kleinerige Vrystaatse dorpie woon. Sy vrou was ʼn aktiewe lidmaat van hulle kerk, en hy het gereeld Sondae saam met haar kerk toe gegaan. Vrydagaande was dit egter ʼn ander storie. Dan het hy saam met die manne gekuier in die dorp se kroeg. Te veel drank het gevloei en die een vuil grap na die ander is vertel. Die Here was vir hom sommer net ʼn bysaak – totdat hy op ʼn aand, na ete, inmekaar gesak het in hulle woonkamer.

   Sy vrou het eers al haar gebedsvriendinne gebel en toe die enigste ambulans op die dorp. In die hospitaal het hulle sy hart, met ʼn groot gesukkel, deur kardiopulmonêre resussitasie weer aan die klop gekry, en hy is onmiddellik met ʼn ambulans-helikopter na Pretoria gebring.

     Wat hy egter eintlik vir my wou vertel, is dat hy in die hel was: ʼn Plek van absolute smarte en verskrikking. Daar het hy gestaan – baie bewus van die feit dat hy van God geskei is, vir ewig. Meteens het ʼn Persoon, en hy het onmiddellik geweet dat dit Jesus was, aangeloop gekom op iets, wat vir hom soos ʼn strand gelyk het. Jesus het sy hand na hom toe uitgesteek en vir hom gesê: “Daar is só baie vroue wat vir jou bid, dat Ek jou nog ʼn kans gaan gee.”

     Hierdie man se laaste woorde aan my was: “Ek sal nooit weer speel met die genade van die Here Jesus nie.”

Seksuele losbandigheid

     Seksuele losbandigheid en immorele lewenswyses het in die tyd waarin ons lewe, met die beskikbaarheid van pornografie deur net die druk van ʼn knoppie, absoluut ʼn hoogtepunt bereik. Ek dink nie die wêreld om ons kan nog sieker word as wat dit nou is nie. Wat kan meer onsedelik wees vir ʼn persoon, as om ander mense se privaatdele en seksuele bedrywighede dag na dag te bekyk, om sodoende daardeur seksuele opwinding te beleef.

En dit terwyl Paulus vir ons sê dat ʼn mooi, rein huwelik tussen ʼn man en ʼn vrou ʼn profetiese heenwysing is na die volmaakte verhouding wat daar gaan wees tussen die Here Jesus en sy Bruid – ons as Christusgelowiges (Ef. 5:32).

     Geen wonder dat Jesus vir die lou kerk van die laaste dae, die Laodisea-gemeente, gesê het: “Maar nou, omdat julle lou is, nie warm nie en ook nie koud nie, gaan ek julle uit my mond uitspoeg” (Op. 3:16).

     Jesus se boodskap aan die gemeente van Tiatira was dat die vrou Isebel, wat haar nie van haar onsedelikheid wou bekeer nie, aan ʼn siekbed oorgegee sal word en al haar volgelinge deur ʼn pessiekte sou sterf (Op. 2:20-23).

ʼn Vals gerusstelling      

     Om van jou predikant of pastoor te hoor dat daar geen manier is waarop jy ooit weer verlore kan gaan nie, is natuurlik vir ʼn persoon wat onsedelik of in ontug lewe, dobbel, te veel drink of met ʼn hart vol bitterheid en onvergewensgesindheid rondloop, báíe gerusstellend.

     Waarom sal so ʼn persoon dan óóit ʼn poging aanwend om met sy sonde te breek en ʼn lewe van heiligmaking na te streef. Die skrywer van die Hebreërsbrief stel dit baie duidelik: “Beywer julle vir vrede met alle mense asook vir ʼn heilige lewe, waarsonder niemand die Here sal sien nie” (Heb. 12:14).

Die sonde teen die Heilige Gees

     Wat die mense wat die “Een maal gered, altyd gered”– siening verkondig, skoon vergeet het, is dat Jesus ook gesê het dat daar net een sonde is wat die mense nie vergewe sal word nie, en dit is die sonde teen die Heilige Gees.  

     “Dit verseker Ek julle: God sal elke sonde of lastering vergewe, maar die lastering teen die Heilige Gees sal Hy nie vergewe nie” (Matt. 12:31).

     Om te verstaan wat Jesus met hierdie woorde bedoel het, is dit nodig om vir ʼn oomblik na die situasie te kyk waarín Hy dit gesê het. Hy het dit nie gesê terwyl Hy gepreek het of lering aan sy volgelinge gegee het nie. Daar was ʼn ernstige konfrontasie.

     Van die begin van Matteus 12 af, sien ons hoedat die Fariseërs al agter Jesus en sy dissipels aangeloop het in ʼn poging om Hom op ʼn oortreding te betrap. Eers het dit gegaan oor die dissipels wat op ʼn Sabbat van die koringare in die koringland, waardeur hulle geloop het, gepluk en geëet het. Daarna het Jesus ʼn man met ʼn gebreklike hand in die sinagoge genees. Die Fariseërs het gevra of mens dan iemand op ʼn Sabbat mag gesond maak, want dit was teen hulle wet, en toe het hulle uitgegaan om planne te gaan beraam om Jesus om die lewe te bring.

     Later het Hy ʼn man wat in die mag van ʼn bose gees was, en ook stom en blind was, genees. Die skare mense wat Hom gevolg het, was verslae en verstom en het gevra: “Is Hy nie miskien die Seun van Dawid nie?”

     In plaas daarvan dat die Fariseërs aan God die eer gee vir so ʼn wonderwerk, kyk hulle na die skare en sê vir hulle: “Hy dryf bose geeste uit alleen met die hulp van Beëlsebul, die aanvoerder van die bose geeste.”

Hulle kon nie die wonderwerk ontken nie, want die man het daar gestaan, gesond en vry. Hy het ʼn nuwe lewe voor hom gehad, en die Fariseërs noem dit die werk van die duiwel. As hulle sou erken dat dit ʼn wonderwerk van God is, dan sou hulle lewens ingrypend móés verander. Hulle sou hulle eie-ek moes prysgee en van hulle ou selfgeboude troontjies van belangrikheid moes afklim. Dit kon dalk ook hulle sakke ernstig raak.

     Baie mense dink dat die woorde ‘lastering teen die Heilige Gees,’ beteken dat die sonde gepleeg word wanneer daar iets lelik of onrespekvol teen God gesê word. Sodoende het baie mense al oneindige droefheid, vrees en selfverwyt beleef.

     Die Griekse woord wat as ‘laster’ vertaal is, is blasphemia, en dit beteken wel om iemand te vloek of sy reputasie te vernietig, maar in die konteks waarin Jesus dit hier gebruik, bedoel Hy ʼn volgehoue, doelbewuste weiering om die Heilige Gees te erken vir Wie Hy is. Die Fariseërs was nie verward en onkundig nie. Hulle het lewenslank die Skrifte bestudeer en het die profesieë oor die Messias wat sou kom, baie goed geken en verstaan. Hulle aanskou hierdie asemrowende wonderwerke, maar skryf dit toe aan die werk van die koninkryk van die duisternis, in die openbaar, terwyl hulle baie goed weet dat wat hulle sê, nie die waarheid is nie.

     In vers 31 sê Jesus dat elke sonde en lastering vir die mense vergewe kan word, maar die lastering teen die Heilige Gees, kan nie vergewe word nie.

     Petrus het drie maal ontken dat hy ooit vir Jesus geken het, maar toe die haan gekraai het, het hy bitterlik gehuil. Paulus het voor sy bekering op die pad na Damaskus, nie net van die Christene verskil nie. Hy het hulle letterlik vervolg. Dawid het owerspel gepleeg met Batseba, en nog boonop haar man laat doodmaak om sy sonde te probeer wegsteek. God het hulle almal vergewe.

     Hieruit kan ons sien dat die onvergeeflike sonde iets heeltemal anders moet wees as morele mislukkings, swakheid, twyfel of selfs verraad. Dit gaan nie oor wat jy gedoen het nie. Dit gaan oor wat jy aanhou doen met die enigste Wese wat jou kan oortuig van jou sonde en jou kan teruglei na God toe.

Wat is die werk van die Heilige Gees?

     Die Heilige Gees vervul die rol wat nie een van die ander twee lede van die Goddelike Drie-Eenheid vervul nie. Die Gees oortuig die wêreld van sonde, geregtigheid en oordeel. Daardie stil, innerlike stem; die ongemaklike gevoel in ʼn oomblik wanneer daar kompromie aangegaan word; daardie drukking op jou bors wanneer ʼn

Skrifgedeelte jou aanspreek oor die sonde in jou lewe en jy dit liewer wil ignoreer; daardie droom wat jou bybly; daardie preek wat by jou uitkom presies op die regte tyd. Dit alles is die werk van die Heilige Gees in jou lewe.

     Die sonde teen die Heilige Gees is nie onvergeefbaar omdat God weier om jou te vergewe nie. Dit is onvergeefbaar omdat dit stelselmatig jou gewete só onderdruk en jou só verhard, dat jy nie meer vergifnis begeer en daarvoor vra nie.

     Dink so daaraan – ʼn dokter wil jou graag behandel vir ʼn ernstige siekte, want hy is ʼn spesialis op die gebied van die siekte waaraan jy ly. Jy weier egter die behandeling en wil nie met hom praat nie, daarom blokkeer jy sy telefoonnommer op jou foon sodat hy jou nie kan bel nie. Jy ontneem dus die dokter alle inspraak in jou lewe en jou gesondheid. Net so ontneem jy die Heilige Gees die moontlikheid om ʼn begeerte in jou wakker te maak om God se vergifnis te verkry.

     Die Fariseërs het nie ʼn sonde gedoen wat God nie kon vergewe nie. Hulle trots, hulle verwaandheid en eie-ek, hulle selfvoldaanheid, het hulle só verhard dat dit onmoontlik was vir hulle om vergifnis te begeer.

     Vroeë kerkvaders het besonder baie tyd en energie spandeer om hierdie kwessie te bedink en te bespreek. Hulle het almal saamgestem dat hierdie onvergeeflike sonde plaasgevind het in ʼn persoon se lewe wanneer hy of sy, sterf sonder sondebelydenis. Dit gebeur nie omdat God se genade skielik opgeraak het nie, maar omdat berou en sondebelydenis die werk van die Heilige Gees benodig. Die lastering teen die Heilige Gees kan nie per ongeluk of in ʼn oomblik van swakheid plaasvind nie. Dit kan nie gedoen word deur iemand wat, alhoewel hy of sy onvolmaak is, God soek met sy hele hart nie.

     Dit vind net plaas wanneer mense bewustelik, ten volle ingelig, volhardend weier om die Lig wat skyn, raak te sien – en dit terwyl hulle by die Lig staan. Die man wat in die mag van die bose gees was, staan reg voor die Fariseërs se oë, helderoordag, gesond en vry, maar hulle kies die duisternis. Dit was die keuse wat hulle gemaak het, want elke mens het ʼn keuse. Jy word nie gedwing nie.

     Jesus het iets in die skepping ingebou toe Hy besluit het om gebroke sondaars lief te hê – naamlik die werking van die Heilige Gees, deur Wie Hy met ons kan praat. Paulus skryf aan die gemeente in Efese dat God ons, deur sy Heilige Gees, beseël het met die oog op ons verlossingsdag. Daarom moet ons nie die Heilige Gees in ons bedroef nie (Ef. 4:31).

ʼn Christen weet baie goed wanneer hy sonde doen    

     ʼn Persoon wat in die donker besig is met allerlei onheilighede, weet baie goed wat hy doen, maar hy of sy onderdruk die sagte stem van die Heilige Gees omdat daar geen berou is nie en die sonde tog te lekker is, en as sy predikant of pastoor ook nog vir hom met soveel oortuiging vertel dat daar absoluut geen manier is waarop hy ooit weer uit God se hand kan kom nie, dan voel hy só gerus dat hy nie eers weer daaroor dink nie.

Nog ʼn naby-dood ervaring      

     Ek het ʼn tydjie gelede ʼn ander naby-dood ervaring van ʼn man gehoor wat vertel het dat hy die aanbiddingsleier in hulle kerk was, ʼn gesiene man in die samelewing, getroud met ʼn goeie vrou en dat hy pragtige kinders het. Láát saans, wanneer hy gedink het dat niemand hom kan sien nie, het hy egter stilletjies sy ou geheime plesiertjie beoefen – pornografie.

     Een aand op pad van die kerk af, was hy in ʼn ernstige motorongeluk en het gesterf. Hy het vertel dat hy meteens voor Jesus gestaan het. “Toe het ek Hom gesien – Jesus. Nie die sagte Herder op die skilderye nie, maar die opgestane Koning. Glorieryk! Skrikwekkend, wonderbaarlik!

       “Sy oë het nie ná my gekyk nie, maar déúr my. In daardie oomblik het ek geweet dat Hy alles gesien het – elke geheime oomblik. Die rondsoek-geskiedenis op my rekenaar wat ek uitgevee het, die kere wat ek gesê het dat ek gaan ophou en dit nie gedoen het nie. Hy weet van al die aande wat ek aanbiddingsliedere met onrein lippe gesing het. Hy weet van al die fantasieë wat ek gedink het skadeloos was. Hy het alles gesien, maar Hy het nie vir my geskreeu of my met ʼn weerligstraal getref nie! Hy het net gevra: ‘Het jy werklik gedink dat Ek jou nie gesien het toe jy pornografie in die geheim gesit en kyk het nie?’ ”

     Die man vertel dat Jesus se oë vir hom die heel ergste was: “Dit was vol ontsettende smart! Hy het na my gekyk soos ʼn vader wat toekyk hoedat sy kind gewilliglik en doelbewus oor en oor in ʼn vuur inloop. Hy het gelyk soos iemand wat my gewaarsku het, liefgehad het, gesmeek het, maar ek wou nooit luister nie.”

     Die man het ook vertel hoedat sy sonde sy vermoë om God se stem te hoor, gestrem het; hoe dit sy vermoë om sy vrou en kinders waarlik lief te hê, vervorm het en hom vasgebind het sodat hy nie in vryheid kon leef nie.

Jesus het ook vir hom gesê: “Jy het gedink dat sondebelydenis net ʼn vinnige verskoning is. Ware belydenis beteken ʼn ommeswaai, en jy het dit nie gedoen nie. Jy het net in die rondte gedraai soos ʼn hond wat teruggekeer het na sy eie braaksel toe. Soos ʼn man wat sy mond afvee en sê: ‘Ek het niks verkeerd gedoen nie’ ” (2 Pet. 2:22).  

       Die man vertel dat hy ontsettend begin huil het en hy het uitgeroep: “Jesus, ek is só jammer. Ek het nie geweet dat dit so ernstig is nie.” Jesus het na hom gekyk met ʼn baie hartseer uitdrukking en gesê: “Jy het góéd geweet. Ek het dit vir jou uit my Woord gesê (Ef. 5:3; Gal. 5:19; 1 Kor. 6:18-20). Ek het dit vir jou in jou gees gesê deur jou te oortuig van sonde. Ek het dit vir jou deur preke gesê, deur drome, deur mense wat Ek gestuur het om jou te waarsku. Jy wou net eenvoudig nie luister nie.”

       Hy sê dat hy nie kon stry nie. Hy het geen verskoning gehad nie. Hy het honderde sagte aanmanings in sy gees geïgnoreer, waarskuwings afgelag, die stem in sy gees stilgemaak, want hy wou hê wat hy wou hê – sy sonde.

     Jesus het iets gesê wat hom heeltemal gebreek het:   “Weet jy waarom Ek so ontsettend hartseer is? Omdat jy jou sonde liewer gehad het as vir My.”  

     Die man het ineengestort, want dit was die waarheid. Hy het sy geheim meer begeer as Jesus se teenwoordigheid. Hy het sy sonde meer geniet as God se heiligheid. Die opwinding van die fantasieë was vir hom belangriker as om sy lewe aan Hom oor te gee. Hy het die Een vir wie hy gesê het dat hy Hom liefhet, verraai.

“Nou staan ek hier voor Hom, met niks om te sê nie. Geen woorde, geen verskonings, net skaamte, net spyt, net stilte.” Jesus het ook vir hom gaan wys waarheen hy moes gaan vir die ewigheid, en dit was beslis nie die hemel nie.

       Jesus was hierdie man egter ontságlik genadig en het hom teruggestuur om sy lewe te kom regmaak en ander te kom waarsku. Die dokters was sprakeloos toe hy in die hospitaalbed sy bewussyn herwin het en die hartmonitor meteens weer begin ‘biep’ het.

     Die dokter aan diens het reeds die doodsertifikaat begin voltooi, wat hy daarna moes opskeur.

     Almal is egter nie so gelukkig nie. Mag dit vir elkeen wat hierdie boekie lees, ʼn baie ernstige waarskuwing wees!

     Vir die vrou wat op owerspel betrap is, het Jesus gesê: “Ek oordeel jou ook nie. Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie” (Joh. 8:11). Vir die misdadiger langs Hom toe Hy gekruisig is, wat vir Hom gevra het om aan hom te dink wanneer Hy in sy koninkryk kom, het Hy gesê: “Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees” (Luk. 23:43).

       Die misdadiger het nie ʼn kerkdiens bygewoon of ʼn kursus gedoen nie. Hy het bloot die opregte begeerte uitgespreek om vergewe te word.

       ʼn Hart wat permanent, doelbewus, elke begeerte na God, wat deur die Heilige Gees in hom of haar opgewek word, ignoreer en onderdruk, pleeg die sonde teen die Heilige Gees.

Daar is een persoon in die Bybel waarvan ons weet, wat uitgekies was, maar beslis nie vergifnis ontvang het nie, en dit is Judas, die dissipel. Toe Judas gesien het dat Jesus ter dood veroordeel is, het hy spyt gekry en besef dat hy gesondig het en ʼn onskuldige man verraai het. Hy het die dertig silwer muntstukke wat hy vir sy verraad ontvang het, vir die priesterhoofde teruggeneem en homself gaan ophang (Matt. 27:3-5). Hy het geglo dat dít wat hy gedoen het, nie vergewe kon word nie.

     Die vraag is: Was dit onvergeefbaar? Judas is beslis nie hemel toe nie, want Jesus het self gesê dat dit vir die man wat Hom gaan verraai, beter sou wees as hy nooit gebore is nie (Matt. 26:24).

     Judas het berou gehad, die Heilige Gees het hom oortuig van sy sonde, maar hy het nooit só ver gegaan as om vergifnis te vra nie, en hy het selfmoord gepleeg.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    NASIONALE VROUEMONUMENT GEDENKBOEK                 

     Verlede - Hede - Toekoms

    Die Gedenkboek oor die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein, die enigste Vrouemonument ter wêreld, is redaksioneel saamgestel deur skrywer-uitgewer Marthinus van Bart, bekend vir sy waarheidsgetroue gedenkboeke oor belangrike Suid-Afrikaanse kultuursake. Tien vakkundiges – elkeen 'n spesialis in sy / haar vakgebied – het aan die boek meegewerk.

    Lees verder...  
  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Natal, die Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3475 gaste aanlyn