NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Gelukkig is jy, o land (Suid-Afrika!) as jou koning 'n edele is, en as jou vorste op die regte tyd maaltyd hou soos manne en nie soos drinkers nie. – Prediker 10:17... O weë!

WATTER WET VIR MY LEWE?

Hannes Ollewagen

Eségiël 14:12-23

“Mensekind, as ‘n land teen My sondig deur troubreuk te begaan, en Ek my hand daarteen uitstrek en die staf van die brood daarvan verbreek en ‘n hongersnood daarin stuur, en Ek daaruit mens en dier uitroei...“

Dit was op 31 Mei 2015 presies 54 jaar gelede dat ons Afrikanervolk op die kruin van sy bestaan in ons volksgeskiedenis gestaan het.  Ons het nie alleen ‘n hoogtepunt bereik deur staatkundige vryheid te verwerf nie, maar deur die genade van God Drie-enig en almagtig, kon ons uiting gee aan die Gelofte van Bloedrivier deur die stigting van ‘n huis vir Hom, tot sy eer, in die Christelike Grondwet wat opgestel is.  Hy is inderdaad as die Hoof van hierdie huis in die Grondwet van 1961 erken.

Die tydperk wat gevolg het ná die Afrikanerdom se aanvaarding van sy roeping as draer van die Christendom, is gekenmerk deur tye van ongekende voorspoed.  Dit was nie alleen ‘n tyd van ekonomiese voortuitgang en welvaart soos wat die Afrikanerdom nog nooit beleef het nie, maar ook ‘n tyd van rustigheid en vrede waar verskeie volkere aan die suidpunt van Afrika grootliks in vrede naas mekaar geleef het.

Hoe anders kon die Afrikaner se toekoms nie vandag daar uitgesien het as ons hierdie pand wat deur ons hemelse Vader aan ons toevertrou is, beskerm het nie?  Ons besluit om nie langer ‘n ligdraer vir die nasies van die wêreld te wees nie, maar om eerder aan die wêreld deelagtig te word was ter wille van sport, genot, vermaak en wêreldse roem en aanvaarding.  Dit klink darem baie verwaand om die Afrikaner  as ‘n “uitverkore volk” te beskou, nie waar nie?  Dit is egter nie ons as mense se besluit wie en wat God uitverkies om sy werktuig te wees nie.  Ek beweer geensins dat ons volk die enigste uitverkore volk op aarde is en daar vir ander volkere geen heil vir die ewige saligheid is nie.  Inteendeel, ons geskiedenis getuig daarvan dat ons toevertrou is met die taak, met die roeping, om as volk te leef as ‘n voorbeeld vir ander volkere.  Was dit nie God wat ons voorouers uit Europa gered het uit lewensgevaar toe die Roomse Katolieke kerk die Christene uitgemoor het nie?   “Julle self het gesien wat Ek aan die Egiptenaars gedoen het, en dat Ek julle op arensvlerke gedra en julle na My toe gebring het.  As julle dan nou terdeë na my stem luister en my verbond hou, sal julle my eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde is myne.  En júlle sal vir My ‘n koninkryk van priesters en ‘n heilige nasie wees.  …” (Eksodus 19:4-6).

Dieselfde God wat ons voorouers uit menige lewensgevare gered het, het ons as volk hier aan die suidpunt van Afrika kom plant.  Dit is dieselfde God wat ons beveel het om hier orde te skep en hierdie wildernis te onderwerp en daaroor te heers na sy welbehae.  Dit was Hy wat by Bloedrivier met ons ‘n Gelofte gesluit het dat Hy ons God sal wees.  Dit was Hy wat met ons geboorte as volk daar was en in ons tyd van ellende ons opgetel en beveel het om te leef!   “En wat jou geboorte aangaan – die dag toe jy gebore is, is jou nawelstring nie afgesny nie;  en jy is nie met water gewas om jou te reinig nie;  ook is jy nie met sout ingevrywe of in doeke toegedraai nie.  En Ek het by jou verbygegaan en jou sien spartel in jou bloed;  toe het Ek vir jou gesê in jou bloed:  Leef!  Ja, Ek het vir jou gesê in jou bloed:  Leef!  Ontelbaar, soos die uitspruitsels van die veld, het Ek jou gemaak!  En jy het gegroei en groot geword en die hoogste bloei bereik; …” (Eség. 16:4,6&7).  ‘n Geringe en ellendige volkie met volksplanting en ook by Bloedrivier.  ‘n Volkie wat sukkel om te oorleef, groei inderdaad tot ‘n volk van ongeveer 4,5miljoen in 1961 waar hy as volk die hoogste bloei bereik deur staatkundige vryheid te verwerf!

Ons kan ons groei en die hoogste bloei van ons volksbestaan probeer toeskryf aan vernuftige leiers en menige suksesse wat ons op vele lewensterreine behaal het, soos wat ons as Afrikanervolk vir ‘n lang tydperk gedoen het.  Diegene wat laasgenoemde mening huldig, moet asseblief spoedig na vore kom met die nasate van daardie fantastiese leiers wat ons gehad het om ons asseblief uit ons ellende op te hef, want ons volk is besig om te vergaan.  Maar met of sonder daardie leiers hoort ons steeds by God wat vir ons raad gee, lei en beskerm.  Ons behoort ook te weet dat leiers in die verlede nie die rede van ons vryheid, voorspoed en sukses was nie, maar eerder ‘n seën uit God se Hand om ‘n volk te rig wat welgevallig voor Hom is – daarom dat Hy ons geseën het met goeie en eerbare leiers wat die volk destyds op koers gehou het.

Ons roeping is egter nie uitgedien nie, Afrikaner!  Ons staan binne een van die grootste louteringstye van ons volksgeskiedenis, omdat God nie klaar is met ons nie.  Al was ons ontrou, Hy bly getrou en daarom dat Hy ons sal besoek met roede, tug, slae en foltering en ons land ‘n wildernis sal maak om ons tot inkeer te bring.  Ons kan met ons eie oë sien hoe die staf van brood verbreek word in ons land, die swaard uitgestrek is en ons land ‘n wildernis raak – alles om ons tot inkeer te dwing.

Ons moet besef dat die soenbloed van Jesus Christus ons vrygemaak het om nie aan die sonde diensbaar te wees of ‘n verskoning is om ‘n losbandige lewe te lei nie!  Daarom sal ons in die huidige bestel ‘n hewige geveg moet opsit teen diegene wat weer deur dwaling mense diensbaar probeer maak aan ‘n sondige en losbandige lewenswyse.  Sy soenoffer was inderdaad genoeg, maar hoe durf die wêreld hierdie duur offer goedkoop maak en misbruik om ‘n lewe van losbandigheid te leef?  Hoe lank sal ons as volk stilbly hieroor of selfs meedoen aan die sedeloosheid doodeenvoudig omdat “almal dit doen”?  Is ons bereid om in die bresse te tree vir die behoud van ons volk en die behoud van ons Christelike norme en waardes?  “Julle het in die bresse nie opgegaan nie en die muur nie gebou om die huis van Israel, om in die stryd pal te staan in die dag van die HERE nie.” (Eség.  13:5)

Ons is so bang vir sosiale isolasie of om deur mense gespot en sleg gemaak te word dat ons eerder bereid is om ons lewenswandel na die verkeerde weë te neig as om onsself vlekkeloos vir onse Heer te bewaar.  Hierdie optrede getuig van eie belange, nie God s'n nie.

Die verkeerde keuse wat ons volk in 1983 met die poging om die Christendom met die heidendom te versoen het tot gevolg dat ons vandag die wrange vrugte van hierdie verkeerde keuse moet dra.  Dit is egter waar dat nie almal ten gunste was van laasgenoemde nie wat ons ook daaraan herinner dat elkeen van ons vandag, in 2015, opnuut voor die keuse te staan kom watter wet vir my eie lewe sal geld en op die tafel van my hart ingeskrywe sal word – die wet van die wêreld, of die Wet van die lewe soos aan ons geskenk deur ons liefdevolle hemelse Vader?

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2894 gaste aanlyn