NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Hulle wat nie bid wanneer die son skyn nie, sal ook nie weet hoe om te bid wanneer die wolke saampak nie. As jy in goeie tye getrou in jou verhouding met God wandel, sal die wolke nooit so dik pak dat jy nie sy Ligstrale daardeur sal kan sien nie.

IN DIE KRYT MET JAN GAPS

Hannes Ollewagen

(Hierdie volg op die artikel OPPAS VIR JAN GAPS )

Indien u n belastingpligtige binne die (huidige kleptokratiese) Republiek van Suid-Afrika is, sal u uself dalk met die inligting in hierdie artikel wil vergewis. Dit behoort aan u die basiese kennis te bied oor wat u te doen staan in die geval waar u met n onaangename (foutiewe) belastingaanslag verras word, hetsy in u persoonlike hoedanigheid of as die eienaar van n sakeonderneming.

 

Ons moet dalk begin met die volgende algemene vraag: Wat is n hersiene belastingaanslag?”‘n Hersiene belastingaanslag sal deur die SAID uitgereik word in die geval waar die kommissaris daarvan oortuig is dat die aanvanklike belastingaanslag nie die toepassing van relevante belastingwetgewing korrek weerspieël nie. (art. 92 van die belastingadministrasiewetgewing). Dit beteken kortliks dat n hersiene belastingaanslag uitgereik kan word in die geval waar die inkomstes en uitgawes van n belastingpligtige wat in n oorspronklike belastingaanslag erken en gebruik is deur die kommissaris bevraagteken word.  

Artikel 99 van die BAW[1] bepaal egter dat die SAID nie n hersiene belastingaanslag mag uitreik na die verstryking van n voorafbepaalde tydperk vanaf datum van die oorspronklike belastingaanslag nie. Die voorafbepaalde tydperke word onderskei op grond daarvan of die aanslag n oorspronklike aanslag deur die SAID was (bv. persoonlike inkomstebelasting) en of dit n self-geëvalueerde aanslag deur die belastingbetaler was (byvoorbeeld werkenemersbelasting en btw).

In die geval van n oorspronklike aanslag wat deur die SAID uitgereik is, is die tydperk waarin die SAID n hersiene belastingaanslag kan uitreik, vasgestel op drie jaar. Daarteenoor is die vasgestelde tydperk vir n hersiene belastingaanslag deur die SAID in die geval van n belastingaanslag wat op n self-evaluasie van die belastingbetaler uitgereik word vyf jaar.

Dit is baie belangrik om daarop te let dat hierdie vasgestelde tydperke bereken word vanaf die datum van die aanslag en nie vanaf die datum waarop die inkomstebelastingopgawe ingedien moet word nie. M.a.w. indien n belastingbetaler sy 2011-inkomstebelastingopgawe, wat normaalweg teen 30 November 2011 ingedien moet word, eers in Desember 2015 indien, sal die datum van aanslag Desember 2015 wees. Dit sou beteken dat die SAID tot in Desember 2018 nog n hersiene aanslag kan uitreik en dat die belastingbetaler hom nie op artikel 99 van die BAW sal kan beroep nie.  

In die volgende omstandighede sal die tydbeperking waarin die SAID n hersiene aanslag moet uitreik nie oorweeg word nie:

  • In die geval waar n aanslag deur die SAID uitgereik word omdat die volle bedrag belasting betaalbaar nie aangeslaan is nie a.g.v. bedrog, kwaadwillige of nalatige wanvoorstelling en/of kwaadwillige of nalatige nie-openbaarmaking van wesenlike inligting.

In die geval waar die SAID n belastingaanslag uitreik waarmee u nie saamstem nie, hetsy dit n oorspronklike of hersiene aanslag is, het u die volgende middele tot u beskikking.

Dit is van kardinale belang dat u ten eersten aansoek om betaling op te skort (ingevolge art. 164 van die BAW) indien. Versuim om laasgenoemde te doen, kan veroorsaak dat n SAID-werknemer n (art. 179-aanstelling doen) waarin u bank of werkgewer opdrag sal ontvang om die verskuldigde bedrag van u te verhaal en aan die SAID oor te betaal. U kan verseker wees dat so n agent die opdrag onverwyld sal uitvoer aangesien hierdie agent (u bank of werkgewer) self vir hierdie skuld aanspreeklik gehou kan word in die geval waar hulle versuim om hierdie fondse aan die SAID oor te betaal. (Art. 179 van BAW).

Die volgende stap sal wees om die geskilbeslegtingsproses van die SAID te volg ten einde die belastingaanslag te wysig. U kan hierdie proses wel op e-filing doen, maar die stawende dokumentasie is gewoonlik veel meer as wat u d.m.v. die e-filingsisteem kan oplaai en u sal dit bes moontlik by u naaste SAID-kantoor moet indien. Maak seker dat u saaknommers ontvang vir alle telefoniese kommunikasie, dokumentasie wat ingedien en/of aangestuur word. U moet ook noukeurig die datums aanteken waarop hierdie saaknommers uitgereik word.   Die geskilbeslegtingsproses word hieronder stapsgewys uiteengesit:

  1. U moet binne 30 dae na die datum van aanslag van die SAID redes vir die aanslag versoek. Die SAID sal derhalwe moet aanvoer waarom sekere inkomste(s) by die aanslag ingesluit is of waarom sekere uitgawes nie toegelaat is nie en/of waarom sekere belastingkrediete nie toegestaan is nie. Die SAID moet binne 60 dae aan u terugvoer lewer op u versoek.
  2. Indien u nie met die redes wat deur die SAID aangevoer word saamstem nie, moet u binne 30 daen beswaarskrif indien. (Die dokument staan as n NOO, Notice of objection, bekend). U sal hierin moet motiveer waarom u met die belastingaanslag verskil en tesame met hierdie dokument sal u die nodige dokumente as bewysstukke moet indien. Die SAID moet hierdie beswaarskrif (NOO) binne 60 dae finaliseer. Maak seker om alle stawende dokumentasie te lewer aangesien hierdie aansoeke maklik afgekeur word as daar net n id-afskrif of iets dergeliks kort. En dan moet die hele proses van voor af begin word.
  3. Indien u beswaarskrif (NOO) nie toegestaan word nie, kan u daarteen appén kennisgewing van appél (NOA, Notice of appeal) by die SAID in te dien. Hierdie aansoek moet binne 30 dae ingedien word nadat u kennis ontvang het dat die beswaarskrif nie suksesvol oorweeg is nie. Die SAID het 60 dae om u aansoek om appél te finaliseer.

Let daarop dat u in sommige gevalle weer n tweede of derde of vierde beswaarskrif (NOO) moet indien eerder as n appél, bv. waar die beswaarskrif a.g.v. n neteligheid afgekeur is. Indien die beswaar agter afgekeur word omdat die SAID met u bewyslas verskil, sal u egter die appélproses moet volg. Dit sou raadsaam wees om kundiges op hierdie stadium te raadpleeg, natuurlik afhangend van u persoonlike kennis asook die omvang van die belastingaanslag.

  1. In die appél-fase van die geskilbeslegtingsproses kan die SAID u dalk nader om die opsie van litigasie te oorweeg. Gedurende hierdie proses sal beide partye die geleentheid gebied word om hul interpretasie van die wetgewing en die uitwerking daarvan op die belastingaanslag voor ‘n arbiter uiteen te sit. Daarna kan onderhandeling gevoer word rondom die tersaaklike feite en ‘n moontlike skikking bereik word. Moet nooit hierdie aanbod summier weier nie aangesien die SAID nie daarvoor bekend is om kompromieë aan te gaan nie. Dit kan dalk vir u ‘n teenvoeter teen ‘n uitgerekte en baie duur regsproses bied. (Indie geval waar die belastingbetaler die litigasieproses aanvaar, sal die appél tydelik opgeskort word).
  2. Indien die onderhandelinge gedurende die litigasieproses onsuksesvol wees, sal die appèlaansoek na die belastingraad of die belastinghof verwys kan word.

Dit is onwaarskynlik dat ‘n belastingbetaler homself sonder kundigheid op hierdie vlak nog kan verteenwoordig en ‘n verdere verduideliking van prosesse van hierdie punt af sal hierdie artikel onnodig omslagtig maak.

Dit is nie nodig dat u slapelose nagte sal hê wanneer u ‘n onaangename verrassing van die SAID sal kry nie. Ons wil net verhoed dat u in ‘n situasie beland waar u van u regmatige en swaar verdiende eiendom gestroop word bloot omdat u onkundig is wat betref die middele tot u beskikking om uself daarteen te verskans.


[1]Belastingadministrasiewetgewing

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2551 gaste aanlyn