NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wie beheer die kontrolekamer van jóu denke? Het jy dit aan die HERE toevertrou sodat jou lewe veilig in sy Hande kan wees? Of is jyself aan die stuur daarvan? Moet dan nie verbaas wees as dinge in jou lewe verkeerd loop nie.

HY IS!

Hannes Ollewagen

2 Kon. 4:1-44

“Toe sê Elísa vir haar: Wat kan ek vir jou doen? Gee my te kenne wat jy in die huis het. En sy antwoord: U dienares het glad niks in die huis nie, behalwe ’n flessie met olie. En hy sê: Gaan leen vir jou van buite af kanne, leë kanne van al jou bure; leen nie te min nie. Gaan dan in en sluit die deur agter jou en jou seuns toe, en giet in al daardie kanne en sit weg wat vol is. Sy het toe van hom af weggegaan en die deur agter haar en haar seuns toegesluit; en terwyl hulle vir haar aanbring, giet sy in. Sodra die kanne vol was, sê sy aan haar seun: Bring vir my nog ’n kan aan; maar hy antwoord haar: Daar is geen kan meer nie. Toe gaan die olie staan. Daarop kom sy om dit die man van God te kenne te gee; en hy sê: Gaan verkoop die olie en betaal jou skulde; van die orige kan jy en jou seuns dan lewe.” (:2-7).

’n Mens wonder waar om te begin met ’n bespreking uit hierdie wonderlike gebeure in die lewe van ’n weduvrou en haar twee kinders. Sy het werklik in ’n benarde situasie beland omdat sy nie die skuldeisers kon betaal nadat haar man oorlede is nie. En hoe hanteer sy hierdie situasie? Sy probeer nie op slinkse wyse om die skuldeiser te uitoorlê om sodoende nie die skuld terug te betaal nie. En sy vlug nie ver weg waar niemand haar sou kon opspoor nie, nog minder gee sy boedel oor en sit en bejammer haarself. Sy gaan met hierdie probleem na die man van God omdat sy weet dat daar by God hulp, raad en redding is. “BY Hóm is wysheid en mag; Hý het raad en verstand.” (Job 12:13). Sy plaas haar vertroue op Hom. Hierdie God tot wie sy haarself wend om hulp en redding om nie uiteindelik in slawerny te beland nie is dieselfde God wat aan Moses verskyn het om sy volk van hul slawerny in Egipte te verlos.

Toe Moses aan Hom vra hoe hy die volk sal antwoord as hulle sou vra wie hierdie God is wat hom na hulle gestuur het, was sy antwoord as volg – “En God sê vir Moses: EK IS WAT EK IS. Ook sê Hy: So moet jy die kinders van Israel antwoord: EK IS het my na julle gestuur.” (Ex. 3:14). God IS. Hy IS die getroue God wat sy kinders nie in die steek sal laat nie. “...Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.” (Heb. 13:5). Dit is weereens in die lewe van hierdie wedevrou betuig. En spreek Ps. 55:23 nie op ’n besonderse wyse God se getrouheid in haar lewe aan nie! “Werp jou sorg op die Here, en Hy sal jou onderhou; Hy sal nooit die regverdige laat wankel nie.” Dit is duidelik uit God se Woord dat dit belangrik is dat sy kinders wéét van hierdie eienskap van Hom. Ons moet weet dat ons Hom kan vertrou. “Jy moet dan weet dat die Here jou God God is, die getroue God wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom lief het en sy gebooie onderhou, in duisend geslagte.” (Deut. 7:9). Ons lees ook van die mooi getuienis in hierdie verband deur die mond van die wyse koning Salomo in 1 Kon. 8:22-24. “Toe het Salomo voor die altaar van die Here gaan staan, teenoor die hele vergadering van Israel, en sy hande uitgebrei na die hemel en gesê: Here, God van Israel, daar is bo in die hemel of onder op die aarde geen God soos U nie, wat die verbond en die goedertierenheid hou vir u knegte wat voor u aangesig wandel met hulle hele hart,wat vir u kneg, my vader Dawid, u belofte aan hom gehou het; ja, met u mond het U dit gespreek en met u hand volbring soos dit vandag is.”

Hy IS ook die onveranderlike God. In die dae van Moses het Hy sy volk van hul slawerny verlos. En in die tyd van hierdie weduvrou het Hy haar ook van die dreigende slawerny gered.Wanneer God sy Seun, Christus Jesus na die aarde stuur, sit Hy hierdie verlossingswerk van God voort. Die getuienis van hierdie onveranderlike eienskap van God word deur die lewe en werk van Christus weer onderstreep. Hy verlos sy kinders vandag steeds uit die mag en slawerny van sonde. “Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het – dit is die duiwel – en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was.” (Heb. 2:14&15).

Dit is vir my opvallend hoe die profeet optree wanneer hierdie vrou na hom kom. Hy verneem van haar wat sy het, m.a.w. wat het ons om mee te werk in hierdie situasie? En hoe tree Christus op wanneer Hy die wonderwerk verrig wanneer Hy die brode vermeerder – op dieselfde manier! “Toe sê Jesus vir hulle: Hoeveel brode het julle? En hulle antwoord: Sewe, en ’n paar vissies.” (Matt. 15:34). Net so ontoereikend as wat sewe brode en ’n paar vissies is om vierduisend manne, buiten hul vrouens en kinders, te voed, sou ’n flessie met olie wees om die skuld van die weduwee af te los en nog oor te hou sodat sy en haar twee kinders daarvan kon leef. En ewe ontoereikend sou driehonderd manne wees om die in die dae van Gídeon die Midianiete te verslaan. Maar die feit is dat dit nie die olie, die brode en vissies of die dapper en vernuftige manne is wat in enige van hierdie gevalle die uitkoms tot gevolg gehad het nie, maar die God wat in elk van hierdie situasies opgetree het. Die weduwee kon ’n halwe flessie met olie gehad het of selfs geen flessie met geen olie nie – God sou steeds die uitkoms bewerk soos wat Hy aan Israel manna uit die hemel laat reën het. En dieselfde geld vir die sewe brode en paar vissies. Hierdie gebeure stel dit tog vir ons duidelik dat géén situasie vir God te groot is om uitkoms te bewerk nie. God het dit ook duidelik aan Moses gestel sodat Hy sou weet dat HY IS ook die algenoegsame, almagtige God (El Shaddai). “Toe sê Moses: Seshonderdduisend te voet is die volk onder wie ek verkeer; en U het gesê: Ek sal aan hulle vleis gee, en hulle sal ’n hele maand lank eet! Sal daar vir hulle kleinvee en beeste geslag word, sodat daar vir hulle genoeg sal wees? Of sal al die visse van die see vir hulle versamel word, sodat daar vir hulle genoeg is? Maar die HERE sê vir Moses: Sou die hand van die HERE te kort wees? Nou sal jy sien of my woord vir jou uitkom of nie.” (Núm. 11:22&23). Nee, Moses – God het nie al die visse in die see nodig om die probleem op te los nie. Die probleem word op God se bevel opgelos. Hy IS die oplossing.

Ek gaan ’n laaste eienskap van God aanraak wat vir my duidelik uit hierdie gebeure na vore kom. Dit is dat God ook die REGVERDIGE IS. God stuur nie die profeet na die skuldeiser om hom te berispe oor sy ongenadige optrede teenoor die weduwee in haar moeilike omstandighede nie. God tref nie hierdie skuldeiser met die dood om die probleem “op te los” nie. Nee, nadat God aan hierdie weduwee genoegsaam voorsien, is die eerste opdrag dat sy haar skuld moet gaan betaal – sy moet doen wat reg is. Hierdie regverdigheid van God wat ons ook sien in die wette en verordeninge wat Hy aan sy volk gegee het, word weer vir ons uit God se optrede en bevel in hierdie saak bevestig. “Julle mag geen onreg doen in die gereg nie. Jy mag vir die geringe nie partydig wees nie en die aansienlike nie voortrek nie. Met geregtigheid moet jy oor jou naaste oordeel.” (Lev. 19:15). En hoe sien ons nie hierin dat God self handel volgens die insettinge wat Hy aan sy kinders gegee het nie. Ons kan die getuienis van die kinders van Korag in Ps. 45:7 in hierdie verband beaam, geliefdes. “U troon, o God, is vir ewig en altyd; die septer van u koninkryk is 'n regverdige septer.” (Ps. 45:7).

Nadat die weduwee al die kruike wat sy kon kry uit haar flessie met olie gevul het, het die olie gaan staan. Dit was genoeg. Hierdie flessie was nie skielik ’n towerstaf wat tot in ewigheid hierdie onophoudelike olie gelewer het sodat die weduwee later nie meer nodig gehad het om haar vertroue in God te stel vir haar versorging nie aangesien sy mos oor ‘n “wonderlike flessie” beskik. Nee, genoeg was genoeg. En wanneer daar weer ’n behoefte of nood sou ontstaan, het hierdie weduwee geweet dat die flessie bes moontlik ’n volgende keer nie weer in die prentjie sou wees nie, maar God wel. Sy sou weet dat sy Hom weer kon aanroep en Hy sou as die regverdige, die barmhartige, die ewige en algenoegsame, almagtige, onbeskryflik grote God weer help en red. Sy het geweet, soos wat ons veronderstel is om ook te weet, dat HY IS die algenoegsame en ons saligheid is in Hom alleen. “Maar die godsaligheid saam met vergenoegdheid is 'n groot wins.” (1Tim. 6:6).

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1493 gaste aanlyn