NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As kerkleiers  saam met die volksvyand begin plunder, is die dood in die pot!   En die gevolg?  Net die teenoorgestelde het gebeur – die kerk het nie mag oor die politiek verkry nie; politiek het besit van die kerk geneem!

WÁT, NADAT JY STERF? (2)

Lees reeks by WÁT, NADAT JY STERF?

Weet jy wat ná jou dood gebeur?   Is die dood vir jou die einde van jou lewe; of die begin van 'n nuwe?

In hierdie reeks getuig dr Maurice Rawlings, M.D., 'n Amerikaanse kardioloog wie se werk dit is om mense uit die dood te probeer terugbring, van ervaringe waartydens hy resussitasie (dit is die proses van 'terugbring' wanneer die hart ophou klop het) op pasiënte toegepas het.

Wat resussitasie behels

Voordat ons verder oor gevalle praat, wil ek kortliks die basiese metodes van resussitasie verduidelik.

Resussitasie bestaan uit asemhaling en bloedsomloop wat kunsmatig aan die gang gekry word. Kunsmatige asemhaling word onder meer toegepas deur die sogenaamde mond-tot-mond-metode wanneer die pasiënt se neus toegedruk word en jou eie asem, die lug wat jy uitblaas, deur sy mond in sy longe in geforseer word. As die metode reg toepas word, sal die bewustelose pasiënt se borskas groter word weens die lug wat daarin geforseer word. Die lug word outomaties deur die pasiënt uitgeasem as 'n mens jou mond vir 'n paar sekondes van sy mond afhaal om self lug in te asem vir die volgende rondte.

Bloedsomloop word aan die gang gehou deur eksterne massering van die pasiënt se hart. Dit word gedoen deur die een hand op die laer gedeelte van die borsbeen te plaas en die ander hand bo-op dié een. Deur hard op die hand te druk gee die borsbeen mee. Die hart word dan tussen die borsbeen en die stewige rugwerwels, wat nie meegee nie, vasgedruk. As opeenvolgend gedruk en gelos word, word die hartklop nageboots.

Die siklus word na elke vyftien drukke onderbreek om twee keer lug in die pasiënt se longe te blaas (as mens alleen werk). Die massering moet egalig wees en die tempo moet so wees dat tussen sestig en tagtig hartkloppe per minuut nageboots word. Aangesien die hartkleppe so ontwerp is dat bloed net in een rigting daardeur kan vloei, word die bloed in die hart in die hartare ingeforseer. Die hart vul outomaties met bloed tydens die tussenpose. As die metode reg toegepas word kan 'n pols in die nek-aar net langs die adamsappel gevoel word. As hierdie pols aanwesig is, is dit die teken dat die metode reg toegepas word, of die pasiënt bykom of nie.

Dit is nie meer nodig om die borskas oop te maak en die hart snykundig bloot te lê vir massering soos vroeër nie. Spoed en bekwaamheid in die toepassing die huidige metode van resussitasie is die sleutel tot die herstel van pasiënte wat klinies dood is. Agt en negentig persent van die pasiënte sal herstel as hulle binne 'n minuut nadat hulle klinies gesterf het, gehelp word. As hulp binne twee minute gegee word, kan twee en negentig persent deurgehaal word. Twee en sewentig persent word gered as hulp binne drie minute opdaag. Dog net vyftig persent sal dit oorleef as daar 'n vertraging van vier minute is en net elf persent as ses minute verloop het.

Obstruksies van die lugkanale veroorsaak deur verstikking of versmoring, is die oorsaak van vyftig persent van alle sulke sterfgevalle. Obstruksie het waarskynlik  ingetree as die pasiënt sukkel om lug in sy longe in te kry maar dit nie kan regkry nie. As 'n hyggeluid gehoor kan word, sukkel die pasiënt om lug verby 'n gedeeltelike obstruksie te kry. As hy worstel om lug te kry sonder om 'n geluid te maak, is dit 'n ernstiger geval van totale obstruksie en dood sal dan baie vinnig intree. Metodes van resussitasie wat dan toegepas word, help soms om die obstruksie uit te weg te ruim. Die algemeenste verskynsel is wanneer die pasiënt se tong die lugkanaal toestop. Deur sy ken op te druk en sy kop agteroor terwyl hy op die vloer op sy rug lê, sal mens daarin slaag om die lug weer vyelik na die longe te laat beweeg. Talle bewustelose pasiënte sterf aan eenvoudige versmoring omdat die tong die lugkanaal verstop. Dis iets wat maklik verhelp kan word.

Indien dit 'n ander soort obstuksie is, kan dit verwyder word deur druk toe te pas op die laer gedeeltes van die bors of die hoër gedeeltes van die maag. Hiermee word lug gewoonlik uit die longe geforseer in 'n poging om die voorwerp wat vassit uit te druk tot in 'n gedeelte van die keel waar dit verwyder kan word.

Mond-tot-mond-asemhaling kan ook toegepas word om 'n obstruksie te verwyder deur dit met die lugpyp langs tot in die long te forseer. Dit word dan later uit die long verwyder met 'n instrument bekend as 'n bronchoskoop – 'n hol buis wat deur die lugpyp tot in die long gesteek word. Die vreemde voorwerp word dan met 'n spesiale tangetjie uitgehaal.

Wat sien die afgestorwene?

Dit is interessant dat al my pasiënte wat verslag gedoen het oor 'n oorgaan van een lewe na 'n volgende, of dit nou aangenaam of onaangenaam was, vertel het van 'n ontmoeting met geliefdes in 'n soort sorteerplek wat dikwels 'n versperring gehad het om dit af te skei van die meer permanente soort bestaan.

Die "lig" wat hulle almal gesien het, was dikwels 'n helder omgewing, terwyl dit in ander gevalle weer gekom het van 'n engelagtige figuur. Sataniese wesens is gewoonlik nie beskryf in terme van lig nie, maar in terme van duisternis. Natuurlik moet ons onthou dat elke beskrywings, goed of sleg, deur die pasiënte self gegee is en moes dus deur hulle persoonlike kulturele agtergrond beïnvloed gewees het.

Hoe ons dit wat hulle gesien het, interpreteer, sal egter in 'n groot mate beïnvloed word deur ons eie geloof in die Bybel of ons persoonlike oortuiging.

Die volgende ervaring is nie deur een van my pasiënte nie maar deur 'n dokter wat iemand tydelik bygebring het, aan my vertel:

"Toe hy op die kruin van sukses was, sou niemand vermoed het hy was so wanhopig nie. Hy het my vertel hy soek na meer as dit wat die lewe hom bied. Ek kon sy probleem ook nie verstaan nie. Ek moes na hom geluister het, want daardie aand is ek uitgeroep na sy huis in Berverley Hills waar ek hom met 'n koeëlwond in die mond op die vloer aangetref het. Hy het sy bewussyn herwin en gereageer op my pogings om hom by te bring, dog net vir 'n rukkie. Ek het hom gesê ons gaan probeer om hom te red. Hy het sy kop instemmend geknik, Sy laaste woorde was: 'Ek is bang. Moet my tog nie laat teruggaan heltoe nie. Ek kan dit nou duidelik sien.'  Ek weet nie wat hy gesien het nie."

Omdat ons nie die onsterflike siel die liggaam kan sien verlaat nie, neem ons aan dat dit nie bestaan nie. Ons eie begrip van die werklikheid word immers aan bande gelê deur ons vyf sintuie. Ons glo wat ons kan sien, voel, hoor, ruik en proe. As ons iets nie sien nie, sê ons dit bestaan nie. Selfs wanneer ons iets sien, verstaan ons dit dikwels nie eers nie.  In Matt 13: 13 staan geskryf: "Want hulle sien keer op keer en tog merk hulle niks op nie." Hierdie was een van my eie probleme waarmee ek lank geworstel het.

En tog, baie mense wat uit 'n kliniese dood bygebring is, vertel dat hulle inderdaad gesien het hoe hulle hul liggame verlaat en dan wonder waarom ons nie kan hoor as hulle met ons praat nie. Hulle is gewoonlik onsteld dat almal in die kamer doenig is met die lyk en die 'werklike persoon' nie kan sien nie. Die persoon wat uit die liggaam uitgekom het, kan almal in die vertrek duidelik sien en hoor, maar hulle kan hom nie sien of hoor nie. Klaarblyklik is u en ek blind vir hierdie geestelike wêreld terwyl ons nog in hierdie lewe is.

As ons na 'n lyk kyk, neem ons aan dat die mens wat daardie liggaam bewoon het, ook dood is, terwyl daardie mens in der waarheid uit daardie liggaam vertrek het en dus die liggaam leweloos agtergelaat het.

Salomo het vir gelowiges 'n goeie beskrywing gegee van sy begrip van die dood as die liggaam terugkeer tot stof: "...en die gees na God terugkeer wat dit gegee het." Prediker 12:7

Die metamorfose van die ruspe wat 'n skoenlapper word is miskien ook 'n voorbeeld van totale oorgang van een lewe na 'n volgende, van iets alledaags na iets moois, van iets wat aardgebonde is na iets wat ongebonde is.

Wat die Bybel hieroor sê

In die boek Genesis word gesê die mens is uit stof gemaak: "En die Here God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens 'n lewende siel geword." – Genesis 2:7. Vandaar die woorde by begrafnisse: "Stof is jy en tot stof sal jy terugkeer."

Die Bybel vertel baie oor die oorsprong en die eindbestemming van die mens – onderwerpe waaroor die wetenskap geen finale antwoord kan gee nie. Die liggaam word oud en keer terug tot stof. Maar die gees, wat deur God geskape is, leef voort. In die boek Daniël  word melding gemaak van die opstanding van ons liggame uit die stof. "En baie van dié wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik, En die verstandiges sal glinster soos die glans van die uitspansel en dié wat baie tot regverdigheid lei, soos die sterre vir ewig en altoos." – Daniël 12:2,3.

Daar is talle plekke in die Woord waar hierdie boodskap duidelik na vore kom, tog is dit bemoedigend om te weet die Christelike leer het dit meer oor die lewe as die dood. Daar is vir 'n mens niks so belangrik as sy eie lewe nie. As mens nadink oor jou dood, begryp jy hoe om goed te leef.

Vreemde ervarings

Die lewe ná die dood kan vir die mens òf 'n tergende geheim, òf 'n wonderlike bron van hoop wees. Wanneer 'n mens gesels met mense wat pas uit 'n kliniese dood bygebring is, kom jy agter daar word feitlik net soveel goeie verslae gegee as slegtes. In die volgende aflewering word daar gepraat oor die goeie, die slegte en die eienaardige ervarings wat mense in die hiernamaals gehad het, en die tipiese ervaring buite die liggaam.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2574 gaste aanlyn