NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wanneer siekte, ouderdom, pyn of bekommernis jou konsentrasie wegrokkel, ontspan. God is 'n Vriend wat al hierdie dinge verstaan en jou bystaan.

WÁT, NADAT JY STERF? (5)

Lees reeks by WÁT, NADAT JY STERF?

Weet jy wat ná jou dood gebeur?   Is die dood vir jou die einde van jou lewe; of die begin van 'n nuwe?

In hierdie reeks getuig dr Maurice Rawlings, M.D., 'n Amerikaanse kardioloog wie se werk dit is om mense uit die dood te probeer terugbring, van ervaringe waartydens hy resussitasie (dit is die proses van 'terugbring' wanneer die hart ophou klop het) op pasiënte toegepas het.

MENSLIKE HEMELVAART

Ervarings in die hiernamaals word gewoonlik beskryf as hemels, aangenaam, verfrissend of onbeskryflik. Die meeste van hierdie beskrywings kom natuurlik voor in onderhoude wat 'n paar dae ná die resussitasie op 'n ander plek gevoer word. Baie van diegene wat hierdie soort ervarings gehad het, is oortuig daarvan dat hulle bestem is vir 'n heerlike lewe in die hiernamaals. Vir sommiges is dit miskien waar, maar ander kan onder 'n wanindruk verkeer. Diegene wat slegte of onaangename ervarings gehad het, kan gewoonlik nie onthou as hulle weggeneem is van die plek waar die resussitasie plaasgevind het nie. Dit word bewys deur verslae wat tot dusver gepubliseer is. Ons sal later gesels oor die onaangename ervarings – laat ons nou eers na die aangenames kyk.

Waarom moet ons al die verslae publiseer as sommiges miskien nie verteenwoordigend is nie? En wat van gevalle wat nie altyd "Bybels" is nie?

Eerstens moet ons al die verslae rapporteer soos hulle ontvang word totdat ons meer akkurate verslae kan kry deur hulle op een of ander manier op te teken terwyl hulle plaasvind.

Tweedens is ons nie hoofsaaklik daarin geïnteresseerd of hulle ooreenstem of saamval met enige besondere filosofiese of godsdienstige beskouing nie. Dit word aangebied soos hulle gebeur. Ek sal my persoonlike mening en waarnemings gee.

Wisselende ervarings

Aangename ervarings toon dikwels 'n groot verskeidenheid. Hoewel die volgorde van die gebeurtenisse dieselfde mag wees, verskil die besonderhede dikwels van een ervaring tot die volgende. Die volgende verslag is gegee deur 'n jong dame in haar twintigerjare wat haarself sien sterf het. Sy het gesien hoe sy die toneel verlaat maar sy het die reis deur die tonnel nie voltooi nie:

"Ek het baie bloed verloor. Dit was omtrent 'n uur nadat ek geboorte gegee het aan my enigste kind. Toe hulle my van die draagbaar aftel na die bed, kon ek die bloed tussen tussen die draagbaar en die bed sien afstroom. Dit het gelyk asof die bloed uitspuit elke keer as my hart klop. Ek was daarvan oortuig dat my laaste uurgeslaan het.

"Hulle het met my na die teater gehaas. Bloed het die hele tyd op die vloer gespat. Toe ons in die teater aankom was ek skielik nie meer in my liggaam nie. Ek kan nie onthou dat ek dit verlaat het nie. Maar die pyn was minstens weg. Ek het in die linkerskanste hoek teen die plafon gesweef en afgekyk op my dokter. Ek het nie van hom gehou nie. Hy was besig om te vloek en het op die verpleegsters geskree. Ek dink hy was paniekerig as gevolg van my toestand. Ek was seker dat ek sou sterf.

"Hulle was besig om 'n inspuiting vir my gereed te kry om my aan die slaap te maak maar ek was oortuig dat ek sou sterf voordat hulle die bloeding kon keer. Ek het die gesigte van my moeder, my man en my babaseuntjie gesien. Hulle sou treur oor my dood en tog het ek nie terneergedruk gevoel nie. Om die waarheid te sê, vir my het dit nie gelyk asof dit veel verskil maak nie. Ek was nie juis ongelukkig nie en ek kon nie verstaan waarom nie.

"Die volgende oomblik was ek besig om vinnig in hierdie donker tonnel langs te beweeg sonder om aan die wande te raak. Daar was 'n soort suiggeluid. Aan die einde van die tonnel was daar hierdie geel-wit lig. Toe sê ek: 'Dis seker hoe dit voel om dood te gaan. Ek voel hoegenaamd geen pyn nie.' Ek was bly daaroor. Maar voordat ek die lig kon bereik en by die tonnel se opening kon uitbeweeg, was ek terug in die herstelkamer. Daar was vier beddens en ek het op een gelê.

"Ek sal nooit die wonderlike gevoeg van vrede vergeet wat ek ervaar het nie. Om een of ander rede was ek nie bang vir die dood nie maar ek was bly om my baba weer te sien!"

In die meeste gevalle kom daar 'onbeskryflike' ervarings voor waar die pasiënt sê: "Ek kan eenvoudig nie die woorde vind om te sê wat ek wil nie". Hy mag besonder aangename gevoelens ervaar saam met onaangenames wat veroorsaak word deur kopbeserings, beserings veroorsaak deur die feit dat hy vergruis is, of skietwonde. Die oomblik as die besering toegedien word is daar geweldige pyn en kan dit ook gebeur dat alle pyn eensklaps verdwyn.:

"Die pyn was weg nadat die eerste koeël in my vasgeslaan het. Ek het die tweede en derde nie gevoel nie. Ek het hierdie snaakse gevoel gehad dat ek in 'n donker ruimte rondsweef. Ondanks die duisternis het ek warmte gevoel en was ek heeltemal gemaklik hoewel my vel yskoud was. Ek het gedink ek was seker maar dood."

Soms kom die pasiënt tot verbasende insigte, en nuwe lewensbeskouings mag opduik soos in die volgende geval. Mev S. is deur die weerlig raakgeslaan terwyl hulle uitgekamp het:

"Die oomblik toe ek getref is, het ek presies geweet wat met my gebeur het. My gedagtes was glashelder. Ek was nog nooit so absoluut vol lewe as op daardie oomblik toe ek gesterf het nie."

Berou oor dié dinge wat sy nog altyd wou doen, maar tog nooit aangepak het nie, het in haar gedagtes opgekom:

"In hierdie stdium het ek skielik die antwoord gevind op 'n vraag wat ek nog nooit in woorde saamgevat het vir enige iemand nie, of om selfs deeglik te bedink nie: Is daar werklik 'n God? Ek kan dit nie beskryf nie maar die totaliteit en die werklikheid van die Lewende God het skielik in my wese ontplof en Hy het elke sel van my liggaam gevul met sy Glorie. Die volgende oomblik het ek tot my ontsteltenis gevind dat ek nie na God toe beweeg nie maar weg van Hom af. Dit was asof ek gesien het wat kon wees maar tog daarvan wegbeweeg het. In hierdie oomblik van paniek het ek probeer kommunikeer met die God wat ek geweet het daar moet wees."

Sy het gesmeek dat haar lewe gespaar moet word en beloof om dat aan God te wy as Hy dit spaar. Drie maande later het sy volkome herstel.

'Swewing' is skynbaar 'n algemene verskynsel nadat die liggaam verlaat is en in 'n nuwe dimensie oorgaan. 'n Voorbeeld hiervan is mev. C:

"Ek het longontsteking gehad en al sieker geword. My koors was geweldig hoog. Hulle het my later vertel dat ek 'n hele paar dae in 'n koma was en dat hulle nie verwag het dat ek sal leef nie. Ek is met ys toegepak en met 'n alkoholmengsel afgespons. Daar is aan my familie vertel dat daar niks meer vir my te doen is nie en dat ek waarskynlik ernstige breinskade sal oorhou as ek hoegenaamd bly leef.

"Terwyl ek in die koma was, het ek in 'n vallei gesweef. Daar was 'n helder lig in die verte op 'n berg en terwyl ek die berg genader het, het ek gesien dat daar pragtige orgideë en ander blomme teen die hange daarvan groei. Ek het my oupa tussen die rotse sien staan. Hy is jare tevore oorlede. Ek het nie met hom gepraat nie, maar ek het geweet dat ek daar wil bly en dat ek nie wil terugkeer nie.

"Teen die hang van die berg was daar 'n kruis en 'n figuur het aan die kruis gehang. Die Man was nog lewend. Dit was Jesus. Ek het die gevoel gekry dat dit beide die begin en die einde van die wêreld was. Toe was ek skielik weer terug in my liggaam.

"Sowat drie jaar gelede het ek 'n soortgelyke ervaring gehad terwyl op my geopereer is vir 'n probleem in my heup. My toestand is blykbaar vererger deur die kortisoonbehandeling wat ek vooraf daarvoor gekry het. Ek is gereed gemaak vir die narkose toe die dokters besef het is besig om te sterf. Ek het nie juis gevoel dat my gees die liggaam verlaat nie en ek het ook geen tonnel gesien nie, Ek het skielik net weer deur die vallei gesweef waar ek vroeër was. Dog hierdie keer was beide my oupa en ouma daar teen die rotsagtige hang van die berg. My ouma het gesê ek kan nie saam met hulle gaan nie, ek moet teruggaan. Sy het gehuil omdat ek nie kon bly nie. Ek weet nie of dit 'n plek van oordeel was of wat dit hoegenaamd was nie. Ek weet net dat dit my hele lewe verander het. Ek geniet die lewe nou meer omdat ek nie meer bang is vir die toekoms nie."

Ons kyk volgende keer na nog skeidings tussen gees en liggaam soos dit in verskeie stadiums plaasvind.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2464 gaste aanlyn