NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons tragedie is nie dat ons swaarkry nie, maar wel dat ons die swaarkry vermors. Ons vermors dikwels die geleentheid om in medelye met ander te groei.

OPENBARING – BOEK VAN DIE HEDE (3)

Ds Andrè van den Berg

Lees reeks by Openbaring - Boek van die hede

1.   Verskillende verklarings

Daar is geen boek in die Bybel met soveel meningsverskille as Openbaring nie.  Dit het al selfs tot kerkstryd en kerkskeuring gelei.   Een van die gewildste verklarings in Charismatiese kringe is die Chiliastiese verklaring – om die 1000 jaar van Openb.20:1-6 as ʼn letterlike tydperk te verstaan.  Chilioi is die Grieks vir 1000.     Dit word ook die millennialistiese benadering genoem. Mille is die Latyn vir 1000.

Aanhangers van die Chiliastiese verklaring verskil ook van mekaar.  Een groep glo dat die 1000 jaar ʼn vrederyk is wat met Christus se eerste wederkoms aanbreek wanneer Hy saam met die gelowiges op aarde sal regeer.  Dis glo die eerste opstanding.  In hierdie tyd sal die Jode tot bekering kom en aan die einde van die tydperk sal Satan vir ʼn tyd lank losgelaat word.  Die finale slag is by Armageddon waar Satan en sy bose magte verslaan word.  Daarna vind Christus se tweede wederkoms en finale oordeel plaas.   Hulle haal ook uit Daniël aan. Hierdie verklaring is Bybels onaanvaarbaar want om Daniël op gelyke voet met Openbaring te plaas, is onverantwoordelike Skrifhantering.   Die Bybel se dat daar net een wederkoms gaan wees!  Gevolglik moet die getal 1000 simbolies verstaan word.

Die allegoriese verklaring slaan die bal net so ver mis.  Dit word ook die vergeestelike vertolking genoem.   Dit was onder sommige van die ou kerkvaders soos Oregenes baie gewild.  Dit kom daarop neer dat daar agter elke oppervlakbetekenis van ʼn teks ook ʼn dieperliggende geestelike betekenis gesoek moet word - daar is ʼn geestelike bedoeling versteek.    Die gevaar is dat eie betekenisse daaraan geheg word.  Dan word dit nie uitleg- maar inlegkunde!

Openbaring kan nooit losgemaak word van die geskiedenis waarin dit ontstaan het nie.  Die tydgleuf waarin dit geskryf is, is 95-96nC.   Desondanks gee Openbaring nie klinkklare uitsluitsel oor die verlede, hede of toekoms nie.   Ene Kokkejus het die 7 briewe van Openb.2 en 3 as die geskiedenis van die kerk beskou.  (i) Efese: Vanaf die hemelvaart tot en met die tyd van die apostels.  (ii)    Smirna: Die Martelaarstryd tydens die keisertyd (iii) Pergamus: Staatskerk (300-600nC). (iv) Thiatire: Pouslike kerk (v) Sardis: Tyd van die Hervorming (vi) Filadelfia: Suiwering van die kerk (vii) Laodicea: Kerk in die eindtyd.  Dis vindingryk maar verwarrend!

Die toekoms-vertolking was meer gewild.  Hiervolgens handel Openbaring by uitstek oor die toekoms, veral die eindtyd.  Dit was veral in die 16de eeu gewild onder die Hervorming wat aan die hand van Openbaring die Roomse Kerk in ʼn swak lig gestel het.    Die tyd-historiese verklaring maak weer erns met geskiedkundige gebeure en die situasie waarin die skrywer hom bevind het – dié in Klein-Asië rondom 95 nC.  Van hulle meen dat Openbaring teen die agtergrond van keiser Nero of Domitianus se bewind afspeel.  Die dier (Antichris) word met die keiser vereenselwig en die valse profeet met keiserverering.   Die probleem van hierdie vertolking is dat dit nie die slothoofstukke van Openbaring kan verklaar nie.

Ons aanvaar dat Openbaring primêr aan gelowiges aan die einde van die eerste eeu gerig is maar dat dit ook, veral in die slothoofstukke, aan gelowiges van die toekoms gerig is en by die wederkoms eindig.  Dis geskiedkundig plus toekomsgerig.

2.   Die hartklop van Openbaring

Die hartklop van die drie dramatiese bedrywe gaan oor die vestiging en erkenning van God se heerskappy op die aarde soos dit alreeds in die hemel bestaan (Openb.12:7-9).  Die OT se onomwonde dat God reeds Koning van Israel is (Ex.15:18).  Meer as dit – ook Koning oor die hele wêreld (Jes.6:5).  Die Jode het verwag dat God sy alleenheerskappy fisies op aarde sou vestig.  Na die terugkeer uit die ballingskap het die verwagting egter verflou.   Wat hulle uit die oog verloor het, was dat God se vestiging van heerskappy nie in ʼn oomblik sou plaasvind nie, maar oor eeue.  Dit het met die menswording van sy Seun begin en eindig met sy wederkoms.  As ons bid dat God se koninkryk mag kom, bid ons dat sy alleenheerskappy  dit al hoe duideliker sal word.

3.   Die boodskap van Openbaring

Die boodskap van Openbaring begin by God en eindig by Hom - dis ʼn God-boek.   In 1:18 vind ons drie van die vier belangrikste beskrywings van God – die Alfa en die Omega, die Almagtige en die Een wat is, wat was en wat weer kom.  God het Hom in die verlede as God betoon, Hy heers in die hede en sal alles in die toekoms voleindig.   Hy is die Heer van die geskiedenis van die begin tot die einde.   Hy is ook almagtig al het Rome hard probeer om beheer oor die geskiedenis te verkry.  Hy het Rome se mag op sy tyd beëindig. Elke oordeelsvoltrekking kom van God se troon af!

4.   Die Persoon van Christus

Die Persoon van Christus word met God gelyk gestel.  Dieselfde beskrywings wat vir God gebruik word, word ook vir Christus gebruik. (vgl. 1:17 met 1:8 en 22:13 met 21:6).  Christus is net soos God ook ewig.  Die koms van God na die aarde val saam met Christus se wederkoms.  Christus het God sigbaar gemaak.   Daarom word Christus ook aanbid.  Hy is God se bemiddelaar van verlossing en oordeel en het God se plan met die mensegeskiedenis kom uitvoer. ʼn Interessante beeld wat voorkom, is ʼn eindtyd-eksodus.  Net soos wat Israel van Egiptiese onderdrukking bevry en na Beloofde land getrek het, is die nuwe Godsvolk gesimboliseer met 144000 op pad na die Nuwe Jerusalem.  Die boekrol bevat God se bloudruk van hulle nuwe toekoms (Openb.5:1-9).  Hulle getuienis lei daartoe dat nasies hul bekeer asook ʼn stryd ontketen waarin die martelare die heidenvolke oorwin (Openb.14:6-11). Die bose Babilon word oorwin en die gelowiges vier fees (Openb.15:1-4).

5.   Die Heilige Gees

Die Heilige Gees speel ʼn groot rol om God se alleenheerskappy op die aarde te vestig. Die uitdrukking sewe geeste beskryf die krag van die kerk se profetiese getuienis in die wêreld.  Die Gees is die agent vir Johannes se visioene.

6.   Die nuwe Jerusalem

Openbaring se verhaal speel teen die agtergrond van stede af.  Die 7 briewe is aan gemeentes in stede in Klein-Asië gerig.  Babilon simboliseer Rome en Jerusalem is die naam van die hoogtepunt van verlossing.  Die heilige stad van Openb.11:2 moenie met die aardse stad verwar word nie.  Dit verwys na die kerk wat onder die vervolging van die Antichris ly.  Lesers word aangemoedig om hulle van die sedelose Babilon en haar bose invloed te distansieer en eerder met die nuwe Jerusalem te assosieer.  Slegs gelowiges sal dit bewoon.

8.   Agter die skerms

Openb.12:7-9 gee ons ʼn kykie op wat agter die skerm aangaan – die stryd tussen God en die bose.  Aan die een kant staan die draak en sy volgelinge en aan die ander kant die engel Migael en sy volgelinge.   Dis ʼn stryd wat in die hemel begin het.   Die draak het verloor en is saam met sy trawante uitgewerp.  Daar is eenstemmigheid in die hemel – God is die alleenheerser.    Dis ongelukkig nog nie die geval op die aarde nie.  Die gevolg is dat God n program van stapel gestuur het om die erkenning van sy alleenheerskappy ook op die aarde gevestig te kry.  Die hooffiguur hierin is Christus.  Johannes moes die verloop van hierdie program in 22 hoofstukke opteken.   Daarom is Openbaring ʼn dramatiese vertelling van God se verlossing en oordeel.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2658 gaste aanlyn