Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Wie nie gely het nie, het nie gelewe nie; wie net gelag het, het net bestaan.
SATANISME – 'N REALITEIT (6)
Kobus Jonker
Lees reeks by Satanisme
HEKSERY ONDER DIE SWART BEVOLKING
" Dit is die barbarisme waarmee Christene in Suid-Afrika te make het. Dit is bygelowe wat by hierdie swart nasies sal bly en as dit nie deur die krag van Jesus Christus in toom gehou word nie, is dit die lot wat vir elke Blanke in hierdie land wag."
In Suid-Afrika is etniese toordery onder die swart bevolking 'n bekende realiteit. In die swarte se tradisie word gebruik gemaak van verskillende bonatuurlike kragte wat volgens geloofsoortuiginge beheer word deur 'n kundige wat dit vir 'n spesifieke doel kan aanwend of kan afweer. Hierdie beheer word as toordery beskou. Dit kan op velerlei wyses beoefen en vir verskillende doeleindes aangewend word. Die toorkundige van sodanige stam of volk het 'n verskeidenheid benaminge wat van volk tot volk verskil. Hierdie toorkundige geniet besondere aansien van sy stam of volk. Daar is dus goedwillige en kwaadwillige toorkundiges.
Die goedwillige toorkundige word die toordokter of medisyneman genoem. Die kwaadwillige toordkundige word 'n towenaar of heks genoem. Voodoo speel ook 'n groot rol by laasgenoemde.
Wat behels die diense van die etniese toorkundige?
- Daar moet omgesien word na sy stam en gemeenskap se mediese welsyn en farmaseutiese behoeftes.
- Waarsêery – onder andere dolosse wat gegooi en verklaar word.
- Die bron en oorsake van probleme en teenspoed moet gediagnoseer word asook hoe dit opgelos moet word.
- Hy moet towerkragtige voorwerpe en middele vir persoonlike beskerming en voorspoed voorsien. Hier word veral verwys na amulette en talismans.
- Rituele moet uitgevoer word vir beskerming en vrugbaarheid van die stam of gemeenskap.
- Hy moet die stam se skakeling met die gode en voorvadergeeste wees.
- Die oortreder van 'n reël moet uitgewys word.
- Hy moet opgewasse wees om raad en uitsluitsel in geskille, vraagstukke, besluite en verkiesings te gee.
- Hy moet oor genoeg toorkragte beskik wat op persoonlike vyande of vir ander slegte of goeie doeleindes gerig, aangewend of oorgedra kan word.
Rituele Moorde – muti-moorde
Rituele moorde waar die liggaamsdele van 'n lewende mens uitgeslag word vir gebruik in sogenaamde towermedisyne is 'n werklikheid wat steeds met ons is. Bygeloof speel 'n groot rol waar sommige onder die indruk verkeer dat sekere liggaamsdele van mense magiese krag besit.
Suid-Afrikaners is die afgelope jare baie geruk deur voorvalle van hierdie aard. Ek noem 'n paar:
- Nege jong swart meisies tussen 6 en 11 jaar oud is in die swart woonbuurt buite Pretoria deur 'n toordokter vermink. Slegs drie het oorleef. Van hulle kele is oopgesny, stukke van die bo-been verwyder, tonge uitgesny, kopvelle afgesny en selfs een se neus is verwyder.
- 'n Swart vrou van Umtali in Natal is vir 'n heks aangesien. sy word toe grusaam om die lewe gebring.
- 'n Vyfjarige seun van Newclare, Johannesburg, het vermis geraak. Sy lyk is later in die Westdene dam gevind sonder kop en hande. Die liggaamsdele is afgesny.
- 'n Vierjarige swart seun van Glenanda, Johannesburg, se lyk is in die veld gevind. Beide sy bene is afgekap.
- 'n Sesjarige is wreedaardig in die bosse in Missionvale, Port Elizabeth om die lewe gebring. Die linkerkant van die gesig asook die borskas is afgeslag. Daar was ook twee wonde aan die linkerbors waar die hart verwyder is – die kind moes ontsettende pyn verduur het tydens hierdie ritueel.
'n Vloedgolf emosies het as gevolg van bogenoemde in my binneste gedraai en ek het gewonder waarom 'n Godgeskape wese tot so iets in staat is. Slagoffers van rituele moorde word noukeurig uitgesoek en dit gebeur ook dikwels dat familielede deel het aan so 'n ritueel. Hierdie moorde word ook met 'n spesifieke doel gepleeg. Die verwyderde liggaamsdele word in medisyne gebruik.
Op 'n keer het ek 'n vieruurlange gesprek met 'n jong swartman in Uitenhage gehad. Hy het ook op skrif geplaas dat hy alreeds van 18-jarige ouderdom deur middel van sy ouers met Swart Magie deurmekaar was. Sy ouers het hom ook op jong ouderdom vleis van babas laat eet tydens seremonies. Hy het beweer dat die duiwel homself tydens sulke seremonies manifesteer en dat die babavleis aan die jong man sekere magiese kragte gegee het.
Groot somme geld word deur die swat toordokters vir menslike dele betaal.
Bloedverwantskap het nie enige betekenis nie. Dit is nie vreemd vir 'n moeder om haar eie kind op te offer om sodoende haar opregtheid te bewys nie. Vir die beste magiese uitwerking word daar geglo dat die slagoffer so lank as moontlik aan die lewe gehou moet word tydens die ritueel.
Daar word ook geglo dat die lyk gevind moet word. Groot moeite word gedoen om die slagoffers se dood na 'n ongeluk te laat lyk sodat die oorsaak van die dood moeilik bepaalbaar is. Die liggaam word ook gewoonlik so geplaas dat dit maklik gevind moet word. Indien die liggaam maklik opgespoor word, word sodanige uitwerking van die medisyne versterk. Om te sien hoe sterk die uitwerking van die medisyne is, gaan talle mense na die 'ontdekking' kyk. Kenners is van mening dat hierdie praktyk nie maklik gekeer kan word nie. Selfs die Christelike godsdiens kry moeilik inslag om die bygeloof "directlo" te stop. Vadag geld die volgende gelowe onder Suid-Afrikaanse swartmense:
- Die tong van 'n ander persoon maak goeie muti om die pad na 'n meisie se hart oop te maak.
- 'n Slim man se brein is gesog deurdat baie kennis so oorgedra kan word. Dit is veral onder studerende swartes in aanvraag.
- Kastrasie van mans kan geluk, hetsy op die renbaan of sakelewe bring.
- Onlangs is baie geld vir 'n plasenta aangebied by 'n Johannesburgse kraamrinrigting. Die plasenta van 'n ryk Indiërvrou sou ook rykdom aan die ontvanger daarvan skenk.
- Vleis van 'n man is ook in 'n buseienaar se verkoeler ontdek nadat hy vas geglo het dat dit sy onderneming sou laat floreer.
- 'n Blanke hoërskoolonderwyseres se man kom kla dat iets by die huis verkeerd was. Rook het uit sy huis geborrel en sy vrou met hulle baba was nêrens te vinde. Ek het deur die gebreekte kombuisvenster geklim en die oorblyfsels van sy uitgebrande vrou op die sitkamervloer aangetref. Die baba het vyf treë verder lêen huil – sonder enige letsels of beserings. Dae later word die huisbediende, tuinjong en 'n vriend van die tuinjong aangekeer vir die grusame daad. Tydens ondervraging het een beskuldigde erken dat hy 'n stuk van die oorledene se maag uitgesny en geëet het. Hy het vas geglo dat dit sy eie maag wat probleme gegee het, sterker sou maak.
Dit is die barbarisme waarmee Christene in Suid-Afrika te make het. Dit is bygelowe wat by hierdie swart nasie sal bly en as dit nie deur die krag van Jesus Christus in toom gehou word nie, is dit die lot wat vir elke Blanke in hierdie land wag. Bid in alle êrens dat God ons land sal kom reinig van hierdie afgode!