NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

God is besorg oor die dinge in jou hart want ʼn beter wêreld, land, gemeenskap en gesin begin op geen ander plek as in jou hart nie.  As ons met rein harte begin bid, sal ons verbaas staan oor wat God met Suid-Afrika gaan doen.

SATANISME – 'N REALITEIT (9)

Kobus Jonker

Lees reeks by Satanisme

Satanisme – die ontstaan en groei

As daar vandag na satanaanbidding en heksery gekyk word, gaan hierdie twee verskynsels op baie terreine hand aan hand. Die mense se belangstelling in die super-naturalistiese magte gaan steeds terug tot die prehistoriese mens van die bo-Palcolistiese tydperk (ongeveer 15 000 vC). Reeds jare gelede het satanaanbiddery en heksery mekaar sterk aangevul. Sedert die vroegste tye het mense in Egipte, die semitiese wêreld en in Delphi die slang aanbid.

In die 2e eeu na Christus het 'n soort gnostiese sekte, die Ophiete bestaan wie 'n groot agting vir Satan gehad het. Hulle het hul volgelinge geleer dat God die kennis van die mense weggeneem het en dat die duiwel die ware bevryder van die mensdom is aangesien hy teen God gerebelleer het. Satan kan dus op die eerbied en diens van die mens aanspraak maak.

Daar bestaan vandag nog 'n sekte in Mesopotanië wat Satan vereer onder die naam "Iblis" (duiwel), Daar is navorsers wat die ontstaan van satanisme terugvoer na die afgodiese aanbidding van Diana. Die Bybel vertel ook van haar en haar volgelinge (lees Hand. 19:25).  Ander navosers meen dat satanaanbidding eers werklik ná die ontstaan van die Christendom begin het. Ná Christus se opstanding het duideliker tekens na vore gekom dat Satan geëer word as die vors van die duisternis en as 'n goddelike wese met dieselfde status as God. Baie mense het ook aanhangers van 'n groot aantal duiwels en geeste geword. By ander was daar weer net agting en eerbied.

Aan die begin van die vorige eeu het Karl Kellner, 'n ryk industrialis, en sy vriend Theodor Reuss, die "Ordo Templi Orientes"  (O.T.O.), 'n okkultiese sekte tot stand gebring. Sedert 1884 het die Duitse belangstelling in die okkulte hewig gegroei. Madame Blavatsky se Teosofiese Vereniging het 'n groot bydrae tot die oplewing gelewer.

In 1818 is 'n seun  in Duitsland gebore wat 'n Christelike agtergrond met 'n Joodse oorsprong gehad het. Hy het , soos hy groot geword het, 'n bittere haat jeens alle Christene, Jode en Duitsers ontwikkel. As jongman het hy in aanraking gekom met 'n satanistiese okkulte groep en is ook later geïnisieer in daardie groep. Sy naam was Karl Marx – bekend vir sy kommunistiese ideologie. Karl Marx het dieselfde haarstyl begin dra wat die volgelinge van die sataniese priesteres Joana Southcott gedra het.

Marx het ook gedurende daardie tydstip 'n brief aan sy vader geskryf met die woorde: "A curtain had fallen. My Holy of holies was rent asunder and new gods had to be installed."

In 'n gedig het Marx ook sy onnatuurlike begeertes uitgespel:
I wishto build for myself a throne
It's peak should be cold and huge
It's bulwark should by human shudder
It's marshal, gloomy pain

Toe hy 23 jaar oud was het hy ook  'n klein drama getiteld "Oulanem" geskryf. Die eerste sin het soos volg gelui: "Till I go mad and my heart is utterly charded, see the sword – the prince of darkness sold it to me."

George Jung, 'n vriend van Marx, skryf die volgende van hom in daardie jaar: "Marx will surely chase God from his heaven and will even sue Him." Selfs Marx se een seun Edgar, skryf aan hom in 1854 waar hy sy pa aanspreek as "My dear devil".

Marx het ses kinders gehad. Twee dogters en 'n skoonseun het selfmoord gepleeg. Twee ander kinders sterf weens uithongering.

In 1898 verskyn 'n sterk man met 'n breë growwe gesig by die Trinity College in Cambridge vir studies. Sy belangstelling in die misterieuse was groot en om meer te leer sluit hy by die okkulte "Orde van die Goue Dagbreek" in Londen aan. Hy was Aleister Crowley – reeds van jeugjare af 'n rebel. Sy eie moeder het hom as die Dier met die getal 666 van Openbaring, die Antichris in lewende lywe beskou.

Crowley het 'n studie van die okkulte gemaak en het ook dwlmmiddels begin gebruik. Hy het ook na die Ooste gereis waar hy Joga, die sekskunste van Trantisme, Buddhisme en die Chinese 1 Ching leer ken het.

In 1904 het hy "The Book of the Law" geskryf nadat hy 'n 'openbaring' deur sy vrou gekry het.

In 1920 behaal hy die hoogste graad in die hiërargie van towenaars (Magus). Crowley beweer dat hy sy kennis van die ou Egiptiese gode Isis, Osiris en die kind Horus verkry het. In dieselfde jaar stig hy 'n satansklooster van Thelema in Sicilië. In daardie klooster het hy gepoog om demoniese magte te bekom deurdat hy gebruik gemaak het van dwelmmiddels, towerkunste en perverse orgies.

Die  satanistiese rituele het diere-offers ingesluit asook die oproep van demone. Sy aanhangers het hom ook "satan" genoem. Dit het so erg gegaan dat hy in 1923 uit Italië verban is.

Cowley is na Frankryk waar sy heroïenverslaafdheid hom weer na Duitsland gedryf het. In 1947 sterf hy 'n eensame dood as sielsieke in Hastings, Engeland. Talle navorsers beskou Aleister Crowley as die sleutel tot moderne satanisme. Crowley het geglo dat die mens kan doen net wat hy wil. Hy het alle gesag buite die mens ontken. Hy het hom ook self as die personifikasie van Satan beskou waar geen gebod gegeld het nie. Sy rituele was oud maar ook modern. Hy was 'n mensgod by uitnemendheid, die Dier met die 666 – die Antichris.

Dit was nie lank na Crowley se afsterwe toe nog 'n bose figuur op die horison verskyn het nie. Hy was 'n musikant, 'n sirkus-assistent en 'n gedagteleser se assistent.  Hy was die kind van Duits-Romeense sigeunerouers van San Francisco. Word daar na die sataniese bybel se agterblad gekyk bly Anton Svandor La Vey se gesig wat daarop is, as 'n prentjie in mens se gedagtes vassteek.

In sy jeugjare vorm La Vey 'n opinie oor die Christelike kerk wat sy lewe totaal beïnvloed het. Hy maak daarvan melding op bl een van die sataniese bybel:

"On Saturday night I would see men lusting after half naked girls dancing at the carnival, and on Sunday morning when I was playing the organ for tent-show evangelists at the other end of the carnival lot, I would see these same men sitting int he pews with heir wives and children, asking God to forgive them and purge them of carnal desires. And the next Saturday night they'd be back at the carnival or some other place of indulgence. I knew then that the Christian Church thrives on hypocrisy and that men's carnal nature will out..."

La Vey voltooi sy skooloopbaan in San Francisco en toon groot belangstelling in die okkulte. As 'n jong getroude man sluit hy as fotograaf by San Francisco se polisie aan. In die drie jaar as plisieman aanskou hy moorde, verkragtings, aanranding, diefstal, prostitusie, dwelmverslawing en byna elke denkbare perversiteit in San Francisco se misdaadwêreld.

Gedurende 1960 het hy en sy vrou met 'n studiegroep oor die okkulte begin met die aandag spesifiek op satanisme gerig. Op 30 April (Walpurgisnacht) 1966 het La Vey sy kop kaalgeskeer en die "First Church of satan" gestig.  La Vey is aangestel as die kerk se leier waarna hy onderneem het om die satansbybel te skryf en 'n konstitusie vir die kerk op te stel. Sy kerk het vinnig gegroei tot 'n gemeente van 10 000. Getalle is daarna geheim gehou. La Vey het gespog dat God dood verklaar is en het baie aansien geniet. Hy het selfs tegniese advies voorsien vir die verfilming van Rosemary's Baby. Die Kerk van Satan word deur 'n Raad van Nege beheer waarvan La Vey die hoof is.

Ons kyk volgende keer na die grade van lidmaatskap in die Kerk van Satan...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2888 gaste aanlyn