NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
God se vergifnis is volledig. Hy hou nie boek van die kwaad nie, waarom hou jy?  Wat is jy beter as God?

PINKSTER 2015 (5)

Die Onse Vader

Ds Andrè van den Berg

Mt.6:9-13

5.  “ Gee ons vandag ons daaglikse brood”

'n Christen is iemand wat aardse dinge geestelik benader d.w.s. vanuit die geloof.  Ons vind dit in die woorde van die teks: “Gee ons vandag ons daaglikse brood.”  Met hierdie brood word nie letterlik brood bedoel nie, maar die algemene daaglikse fisiese behoeftes van elke mens.   Daar is mense wat meen dat ons die Here nie met ons fisiese behoeftes lastig moet val nie en dat met hierdie brood in die modelgebed iets geesteliks bedoel word  - dat Christus self die brood is.   Hierdie bede beteken: ” Laat Christus elke dag met ons wees” . Dan is daar ook mense wat hierdie bede oorbodig ag omdat hulle genoeg geld het om dit wat hulle benodig te kan koop.

Beide sieninge is verkeerd.  Eerstens verdeel die Bybel ons lewens nie in twee kompartemente op asof daar 'n fisiese en 'n geestelike kompartement is en dat God slegs by die geestelike kompartement betrokke is nie.  Nee, God sien ons lewe as 'n eenheid en dat alle gelowiges vir hul daaglikse behoeftes moet bid ongeag hul inkomste of lewensomstandighede.

Derhalwe moet gelowiges die fisiese lewe geestelik benader want, as ons dit nie doen nie, dink ons so maklik dat ons ʼn reg het om van die Here te eis: “Here, ek wil eet, ek mag eet, gee my dus wat ek nodig het.”  Nee, net die omgekeerde is waar. Alles is genade.  Salomo het ook gedink dat hy ʼn reg op alles gehad het.  Hy was immers ʼn skatryk koning wat geen guns van enigeen nodig gehad nie. Tog was hy ʼn soekende mens.

In Prediker skryf hy dat hy alles in lewe beproef het om vas te stel wat die werklike sin van die lewe is.  Alles wat hy wou gehad het, kon hy kry, selfs vroue by die dosyne!   In Prediker vertel hy wat hy alles in die lewe vir geluk beproef het.  In Pred. 1 en 2 noem hy: Wysheid, kennis, studies, wyn,  eiendomme, wingerde, vee, silwer, goud en vrouens in menigte.  In 2:10 skryf hy: “Alles wat die oë begeer, het ek myself nie ontsê nie”. Alles was egter ʼn gejaag na wind.

Salomo het gedink dat hy, siende dat hy ʼn koning is,  ʼn reg op die lewe het.  Die gevolg was  frustrasie en ontnugtering.   Een ding moet ons nie miskyk nie - dwarsdeur Salomo se worstelinge was God heeltyd by hom om sy oë vir die waarheid oop te maak sodat hy rus vir sy siel kon vind.  Pred.2:24,25 lees byna asof dit deur iemand anders geskryf is.  Dit klink anders as die vorige twee hoofstukke want dit praat 'n ander taal. “Dis nie ʼn goed wat in die mens kleef dat hy eet en drink en sy siel die goeie laat ... Ek het gesien dat dit ook kom uit die hand van God” Dan skryf hy: “Want wie kan eet en wie kan geniet sonder Hom?

Salomo huldig ʼn geheel ander sienswyse - hy het geen reg op daaglikse brood nie!  Daar is nie ʼn goed wat in die mens kleef asof God verplig is om hom van lewensonderhoud te voorsien nie.  Ek en jy moet steeds daarvoor bid en God in ons versorging (brood) raaksien.   Jesus se verlossing op Golgota het nie net met ons sieleheil te doen nie, maar is ook die kanaal waardeur ons stoflike behoeftes ontvang.  Alles wat nie uit geloof is nie, is vervloek. Alles waarin die mens koning staan, is vervloek.

Deur die werking van die Heilige Gees het Salomo op ʼn geheel ander manier na sy daaglikse brood begin kyk en besef dat dit iets is waarvoor gebid moet word.   Maar wat beteken hierdie bid vir die daaglikse brood?  'n Gereelde tafelgebed?  Of dat ʼn mens niks mag besit nie en elke dag moet bid dat die kraaie vleis moet aandra of manna uit die hemel moet val?   Hoe bid ʼn mens vir brood indien jy genoeg geld het om te koop wat jy wil hê?   Hoe kan jy van God afhanklik bly terwyl jy self al die nodige vermoë het?

Salomo se ontdekking sê presies wat dit beteken om te bid vir daaglikse brood – ek moet leer om die alledaagse lewe uit die geloof te benader.   Daarvoor moet Christus sentraal in my lewe wees – ook in my brood.  Ek het geen regte nie.  Ook my eet en drink het alles met God se goedheid en genade in my lewe te doen.  Niks is vanselfsprekend nie. Ek het nie eens die reg op die lewe as sulks nie, maar eet om Christus ontwil.

So ʼn geloofsuitkyk op die lewe, maak ons denke oor stoflike dinge anders as die ongelowiges s’n.   Brood en botter staan nie meer voorop nie, maar Christus.  Ek eet nou uit genade.   Daarom roem ek nie meer in my vindingrykheid, krag, geld of vermoë nie.   My geborgenheid lê nie in my bankbalans en eiendomme nie.   Ek doen sake transaksies op ʼn ander manier as ongelowiges.   Ek kies my lewensweg op ʼn ander manier.  Ek is nou dankbaar vir die eenvoudigste kos op tafel.

Ek word nie meer gedryf deur gierigheid, hebsug of die geluksgodin nie want ek weet dat my hemelse Vader selfs ʼn tafel in die woestyn kan dek!  Ek bly steeds vir my daaglikse brood bid, al het ek oorvloed.  Al kan ek alles koop wat ek benodig, bly ek bid want ek leef uit die geloof.  Christus staan sentraal en nie die brood nie.

Die woorde daagliks en vandag staan nie toevallig daar nie. In die Grieks beteken daagliks letterlik: dit wat ek vandag nodig het - dit wat werklik nodig is.  Dis 'n mondvol!   Die Here wys vir ons hier op ʼn  kenmerk van 'n gelowige - tevredenheid en nederigheid . Ja, ons weet dat God dikwels ver bó dit wat ons nodig het, gee.    Dink maar aan die verlore seun wie se pa aan hom 'n partytjie, 'n ring, nuwe skoene en sy ereplek teruggegee het.  Dink aan God se verskyning aan Salomo waar Hy vir hom sê: “Ek sal jou ook gee dit wat jy nie gevra het nie.” As God oorskotte gee, is dit sý goedgunstigheid.  Ons durf nie daarvoor bid nie.  Ons leer om tevrede te wees met dít wat ons wél ontvang.

Die woord vandag is ook beduidend.  Waarom verwag ons nie 'n jaar se voorraad van die Here soos die verlore seun wat sy hele erfenis onmiddellik wou hê nie?  Hy kan mos gee.  Nee, die Here werk vandag nog met ons soos Hy toentertyd met die Israeliete gewerk het toe hulle elke dag se voorraad manna (net die dag s'n) in die oggend moes optel.

Hy bind Hom op 'n daaglikse basis aan hul vas, amper soos 'n ma wat vir haar kind slegs 'n toebroodjie insit skooltoe sodat die kind elke keer weer na háár toe moet terugkom vir nog kos.    Gelowiges is nie aan die Here se gawes nie, maar op ʼn daaglikse basis aan die Here sélf vasgebind.  Mag die Here aan ons elkeen insig gee om te verstaan wat dit beteken om stoflike dinge geestelik te benader!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2392 gaste aanlyn