NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Onthou tog maar, dit is ewe verkeerd om almal te vertrou as om almal te wantrou...

DIE GELYKENISSE VAN JESUS (1)

U kan hierdie reeks geskryf deur ds Andrè van den Berg lees by Jesus se gelykenisse

Inleiding

Mt.13:10-17

” Waarom spreek U tot hulle deur gelykenisse? .... omdat dit aan julle gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie” (:10.11).

Jesus het tydens sy aardse bediening wat slegs drie jaar geduur het baie gepreek en in sy prediking dikwels van gelykenisse gebruik gemaak.   Ongelukkig is alles wat Jesus gesê het nie opgeteken nie.   Een ding moet ons egter weet – dat dit wat wel opgeteken is, deur die Heilige Gees uitgesoek om is om behoue te bly.  En daarvoor moet ons baie dankbaar wees!

ʼn Gelykenis is ʼn baie eenvoudige verhaal wat of by die natuur of die alledaagse menslike lewe aansluit.   Die doel daarvan is om groot waarhede te beklemtoon.  En dis presies wat Jesus met sy gelykenis-prediking gedoen het – Hy het praktiese lewenslesse met diep geestelike inhoude by wyse van verhale by sy hoorders vasgelê.  Mense onthou verhale langer as woorde.

 

Die mense van die Bybelse tyd was baie goed met gelykenisse vertroud.  Dit was destyds al ʼn beproefde vorm van onderrig.  Daar is selfs gelykenisse in die OT.  In Rigt.9 vertel Jotam vir die inwoners van Sigem ʼn gelykenis van bome wat vir hulself ʼn koning gekies en toe die slegste een gekies het.  In 2 Sam.12 vertel die profeet Natan vir Dawid van die ryk man wat die arm man se ooilam geëis en vir sy gaste laat slag het.  Daarmee het hy na Dawid verwys wat Uria doelbewus laat sneuwel het om sy vrou, Batseba, te bekom.

Niemand kon egter by Jesus kers vashou wanneer dit by gelykenisse gekom het nie.  Met sy gelykenisse het Jesus eerstens die werking van die koninkryk van God op aarde duidelik gemaak en tweedens hoe burgers van hierdie koninkryk dienooreenkomstig moes optree.   Jesus se hoorders het die gelykenisse nie onmiddellik gesnap nie.   Nie eens die dissipels nie.  Daarom het Jesus hulle dikwels eenkant toe geneem om dit te verduidelik: “...en sonder gelykenis het Hy tot hulle nie gespreek nie; maar afsonderlik het Hy vir sy dissipels alles uitgelê” (Mark.4:34).

Die gelykenisse was egter nie altyd ʼn verheldering van groot waarhede nie, maar dikwels ook ʼn bedekking daarvan!    Die oorspronklike woord wat in die Grieks sowel as in die Hebreeus vir gelykenis gebruik word, kan met raaisel vertaal word.   Om raaisels te kon verstaan, moes mense  ʼn sekere begrip van die dinge wat die spreker in gedagte gehad het, verstaan het.   Hulle moes basies op dieselfde golflengte as die raaisel-verteller ingestel gewees het.  En dit het soms by die dissipels ontbreek.

Let maar net op die eerste gelykenis wat Jesus vertel het – dié van die saaier.  Nadat Hy hierdie oënskynlik glashelder gelykenis vertel het, vra die dissipels Hom: ” Waarom spreek U tot hulle deur gelykenisse?”(Mt.13:10).  Hulle het glad nie die strekking daarvan verstaan nie en vra Hom waarom Hy van hierdie vorm van onderrig gebruik maak?

Jesus se antwoord was baie meer omvattend as wat die dissipels verwag het.  Nadat Hy die doel van sy onderrigmetode verduidelik en ʼn verduideliking van die gelykenis gegee het, gee Hy ook vir hulle die sleutel om voortaan alle toekomstige gelykenisse te verstaan.

Oor die doel waarom Hy van gelykenisse in sy prediking gebruik gemaak het, sê Jesus: “Omdat dit aan julle gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie... Daarom spreek Ek met hulle deur gelykenisse, omdat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie hoor en verstaan nie” (Mt.13:11).

Hiermee is die godspraak van Jes.6:9,10 vervul: “En Hy het gespreek: Gaan sê aan hierdie volk: Hoor altyddeur, maar verstaan nie, en sien altyd deur, maar bemerk nie.   Maak die hart van hierdie volk vet en maak hulle ore swaar en bestryk hulle oë, sodat hulle nie sien met hulle oë en met hulle ore nie hoor en hulle hart nie verstaan nie, en hulle hul nie bekeer en gesond word nie”.

In Mt.13 sê Jesus dat sommige mense sy gelykenisse nie sal verstaan en nooit tot bekering sal kom nie.   Dit bring ons voor die voldonge feit van die Bybelse leer van die uitverkiesing.  Jesus het wel aarde toe gekom om te soek, te vind en te red (Luk.19:10).  Desondanks is daar mense wat uit vrye wil nie gevind en nie gered wil word nie.   En hulle vorm die meerderheid:  “Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan.  Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind” (Mt.7:13,14).

Verlorenes het geen erg aan Jesus se gelykenisse nie.  Vir hulle wat egter gered is en die gelykenisse hoor, is dit ʼn verheldering van die verborgenhede van die koninkryk van die hemele.  Dit geestesvoedsel!

In die gelykenisse sien ons hoedat God se tweesnydende swaard aan die werk is.   Mense wat besef het dat ʼn gelykenis ʼn dieper betekenis het, het destyds na die tyd afsonderlik na Jesus gegaan om toeligting te bekom.   Niemand is ooit teleurgestel van Hom af weg nie.  Dink maar aan Nikodemus wat een nag na Jesus gekom het om meer van die wedergeboorte te wete te kom.

Die duidelikste uiteensetting van ʼn gelykenis, was ongetwyfeld die eerste een;  dié van die saaier.   Daarmee het Jesus die uitwerking wat prediking op mense  het, prakties belig.  En dis vandag nog net so waar!  By hierdie geleentheid het Jesus ook aan sy dissipels die gawe gegee om die daaropvolgende gelykenisse te verstaan.  Daarom het Hy net ʼn gelykenis uitgespreek sonder om dit te verklaar.  Die dissipels het met ʼn geestelike oor daarna geluister.

Die gelykenisse leer die waarheid van die uitverkiesing baie duidelik.  Lynreg teenoor diegene wat die gelykenisse verstaan het, was hulle wat buite is.   Baie van hierdie mense is selfs deur die gelykenisse aangegryp sonder dat dit iets aan hulle sieleheil gedoen het.  Nadat hulle klaar daarna geluister het, het hulle doodeenvoudig met hul sondige lewens voortgegaan.

Dieselfde ding gebeur vandag nog.  Mense hoor die Woord, is selfs gaande oor die prediking daarvan, maar dit verander niks aan hulle lewe nie.  Daar is by hulle geen behoefte om hul lewens daarvolgens in te rig nie.   Dis soos water van ʼn eend se rug af – die boodskap klou nie vas nie.

Die godspraak van Jes.6 tree hier in werking: “ ... Gaan sê aan hierdie volk: Hoor altyddeur, maar verstaan nie, en sien altyd deur, maar bemerk nie.   Maak die hart van hierdie volk vet en maak hulle ore swaar en bestryk hulle oë, sodat hulle nie sien met hulle oë en met hulle ore nie hoor en hulle hart nie verstaan".

Wanneer dit by die woorde van Jesus kom, moet jou hart reg wees.   Elkeen gehoorsaam die stem van sy eie hart.  Desondanks toring die uitverkiesingsgenade bo elke gelykenis uit.  Wie nie luister nie, is nie uitverkies nie!

Elke gelykenis is ʼn klop aan die deur van ʼn sondaarshart.   In Openb.3:20 sê Jesus: “Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop.  As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My”. Jesus se klop word nie ewe geesdriftig beantwoord nie.  Dit bring ook skeiding.   Sommige maak nie oop nie.   Hulle uiteinde word baie duidelik in die gelykenis van die tien maagde uitgespel: “Later kom toe die ander maagde ook en sê: Meneer, meneer, maak vir ons oop.   Maar hy antwoord en sê vir hulle: ek ken julle nie” (Mt.25:11,12).

Wat  ʼn belangrike les - as jy die deur van jou hart vir Jesus sluit en jou doof hou as Hy daaraan klop, moet jy nie na jou dood aan sy deur gaan klop nie.  Hy gaan nie oopmaak nie!  Dis, soos vir die ryk man in Luk.16, te laat: “En die ryk man het ook gesterwe en is begrawe.   En toe hy in die doderyk sy oë ophef, terwyl hy in smarte was, sien hy Abraham van ver af... En hy roep en sê: Vader Abraham wees my genadig... want ek ly smarte in hierdie vlam” (:23,24).

Waarom is ʼn studie van Jesus se gelykenisse belangrik?   Omdat dit praktiese lesse is wat alle terreine van die geloof raak.  Dit sê vir gelowiges presies wat Jesus van hulle verwag.  Daar is feitlik geen terrein van die geloofslewe wat nie deur ʼn gelykenis aangeraak word nie.

Tegnies kan gelykenisse onder bepaalde hoofde gegroepeer word.  Sommige handel oor die koninkryk van die hemele, ander oor die verhouding tussen God en die mens of oor die optrede van mense teenoor mense.    Dis alles groot heilswaarhede wat Jesus se wil vir sy kinders toelig.  Vir ongelowiges bly elke gelykenis egter ʼn raaisel en die Here Jesus ʼn klip van struikeling.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2540 gaste aanlyn