NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Op hierdie laaste dag van die ou jaar wonder mense soms hoe hulle die nuwe jaar moet aanpak. Gelowiges doen dit sonder vrees – eerder met opgewondenheid en afwagting om te sien hoedat die Here ons gaan lei en bewaar. Want God het 'n verbond met sy kinders: Hy sal ons bewaar maar ons moet gehoorsaam wees. Omdat ons Hom verwag in sy wederkoms, leef ons ook in hoop en verwagting op die komende saligheid en vrees ons nie die toekoms nie; Hy is getrou!

DIE GELYKENISSE VAN JESUS (3)

U kan hierdie reeks geskryf deur ds Andrè van den Berg lees by Jesus se gelykenisse

Die mosterdsaad en suurdeeg

Mt.13:31-33

Sedert die profete byna 3000 jaar gelede van die koms van die Messias begin voorspel het, wag die Joodse volk tot vandag toe nog steeds op Hom.  Wat dit so tragies maak, is dat toe die Messias wel gekom het, hulle Hom nie as die verwagte Een aanvaar het nie:  “Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie” (Joh.1:11).

Die rede hiervoor is dat die Jode ʼn politieke bevryder verwag het wat die Romeinse owerheid uit Palestina sou verdryf en as koning in Jerusalem gekroon sou word.  Toe Jesus geensins aan hierdie verwagting voldoen het nie, het hulle Hom verwerp en selfs doodgemaak.  Jesus se optrede was heel anders as wat die Jode van die beloofde Messias verwag het.

Die probleem was dat etlike nuwe volksbewegings destyds op die godsdienstoneel verskyn en op die ou einde op niks uitgeloop het nie.  Dit het sommige van Jesus se volgelinge ook aan die Christendom laat twyfel.   Was dit nie maar net een daarvan nie?   Wed hulle nie op die verkeerde perd nie?

Daarbenewens het die Jesus se harde woorde oor die uitverkiesing baie Jode nie aangestaan nie: “ ... Om hierdie rede het Ek vir julle gesê dat niemand na My toe kan kom as dit hom nie deur my Vader gegee is nie. Hieroor het talle van sy dissipels teruggegaan en nie meer saam met Hom gewandel nie” (Joh.6:65,66).  Dis vandag nog vir die Christendom onnatuurlik om gewild te wees.

Jesus het egter diegene wat in die geloof volhard het gereeld bemoedig soos waarvan dié twee gelykenisse getuig.  Sy doel met hierdie gelykenisse was om sy volgelinge van die uiteindelike welslae van die Christendom te verseker en aan te moedig om in hul nuutgevonde geloof te volhard.

Albei gelykenisse handel oor die ongelooflike ontwikkelingskrag van die koninkryk van die hemele (Christendom).   Al het dit ʼn nietige begin gehad, het dit in iets groots verander   Net soos wat die eindproduk van ʼn volwasse boom nie in sy saad as sulks gesien kan word nie, so ook nie die Christendom nie.  Dit wat Jesus tydens sy aardse omwandelings geplant het, sou eers in die toekoms volwasse word.  Klein aan die begin, groot aan die einde!

Jesus laat die klem op die bykans onwerklikheid van die situasie val - dat so ʼn klein ietsie so ʼn grootse einde kan hê!   Hy maak hierdie werklikheid aan die hand van mosterdsaad en suurdeeg vir sy hoorders duidelik.

Die mosterd waarvan Jesus hier praat, was eintlik nie ʼn boom nie, maar eerder ʼn groentesoort.   Omdat dit so ʼn geweldige groeikrag gehad het, het die ou Jode bepaal dat dit nie in groentetuine geplant moes word nie, maar op sy eie sodat dit tot ʼn sterk struik kon groei wat daarna deur baie Jode as ʼn boom beskou is.  Voëls het selfs in sy takke neste gemaak.

In die geval van die suurdeeg is ʼn groot hoeveelheid meel geneem – drie mate; in vandag se maat ongeveer 18 kg.  Die effek wat daardie klein bietjie suurdeeg op hierdie groot maat meel het, is verstommend – dit deursuur die hele baksel.

In beide voorbeelde val die klem op kleinheid aan die begin en die grootheid aan die einde.  Dit gaan ook oor iets wat begin is en deurwerkend verloop.  Jesus vestig die aandag eers op die sigbare groei van die Christendom en daarna op die onsigbare deurwerkende krag daarvan.

Die Christendom is geplant vir almal om te sien.  Dink maar aan die pelgrims in die tempel op Pinksterdag toe die Heilige Gees uitgestort is.  Daarna vlam dit orals op soos die talle gemeentes in Klein Asië waarvan ons in die NT lees.

Die mosterdsaad en suurdeeg verwys na die geringe ontstaan van die Christendom by Jesus en sy dissipels.   Met hierdie nietige begin het God in mense se lewens ingekom – die Evangelie van redding deur Jesus het soos suurdeeg deurgewerk en resultate verkry.  Dit het selfs die hart van ʼn Christenvervolger verander - Paulus.

Luister hoe kragtig getuig hy in 2 Kor.5:17 oor die effek van die suurdeeg in sy lewe: “Daarom, as iemand in Christus is, is hy ʼn nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword”. Christus het nie slegte mense goed kom maak nie, maar dooie mense lewend.  Jesus sê in sy Profetiese Rede: “En hierdie Evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ʼn getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom” (Mt.24:14).  Wat ʼn effek het hierdie suurdeeg nie!

Die Evangelie word hoofsaaklik deur die kerk uitgedra.  Uit die onaansienlike oorsprong het dit tot ʼn groot boom ontwikkel en gaan die groei nog steeds voort.  Selfs voëls maak daarin nes.  Dit spreek van sondaars wat, soos die verlore seun, in die Vaderhuis tuiskom.

En aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die Here vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels en al die nasies sal daarheen toestroom En baie volke sal heengaan en sê: Kom laat ons optrek na die berg van die Here, na die huis van die God van Jakob dat Hy ons sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel...” (Jes.2:2,3).

Die kerk is die saad wat Jesus geplant het.   Dit sal t.s.v. baie teenstand nooit tot niet gaan nie.  Jesus gee aan Petrus die belofte:   “... en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie”(Mt.16:18).  In Ges.266 sing ons: “Hou Christus self sy kerk in stand – vergeefs die hel se woede.  As Here aan Gods regterhand regeer Hy ons ten goede”.

Die betekenis van beide gelykenisse is:  Die kerk wat as ʼn mosterdsaad of suurdeeg begin het, ontwikkel tot ʼn heerlike, vol einde.   Die aanvang val die oog nie soos die eindproduk op nie.   Wat God begin het, maak Hy klaar!

Waar het die Christendom begin?  Was dit met Jesus se openbare optrede of vroeër met sy geboorte in die stal?   Behalwe dat Jesus die Stigter is, weet ons nie vir seker nie.   Al wat die gelykenis ons leer, is dat daar uit ʼn klein begin iets groots ontwikkel het - van ʼn kindjie in ʼn stal tot ʼn godsdiens wat die hele wêreld omspan.

Wat ʼn geweldige oordeelsfout het diegene wat Jesus aanvanklik gevolg en toe na Judaïsme (Joodse godsdiens) teruggekeer het nie gemaak nie!  Christendom is dan juis voltooide Judaïsme.  Om met Christus die lewenspad te loop, is nie maklik nie.  Maar as jy begin, moet jy enduit loop.  As jy gaan kop uittrek, sal die mislukking lewenslank by jou spook.

Hierdie twee gelykenisse het ook raakpunte met die OT. Tydens die Babiloniese ballingskap profeteer Esegiël van ʼn wêreld-omvattende koninkryk wat aan die kom is en gebruik die beeld van ʼn boom wat klein begin en so groot word dat verskeie voëls neste daarin maak:

“So sê die Here HERE: Dan sal Ek self van die verhewe top van die seder ʼn steggie neem en dit insit – van die boonste van sy lootjies sal Ek ʼn teer puntjie afpluk en self dit plant .... en dit sal takke voortbring en vrugte dra en ʼn heerlike seder word, sodat al die voëls van allerhande vere daaronder kan woon; in die skaduwee van sy takke sal hulle woon... Ek die Here het dit gespreek en gedoen” (Eseg.17:22-24).

In Dan.4 lees ons van koning Nebukadneser wat een nag die droom van ʼn baie groot boom gehad het: “Die boom het groot geword en sterk, en sy hoogte het tot aan die hemel gereik, sodat hy tot aan die einde van die hele aarde sigbaar was.... en in sy takke het die voëls van die hemel gewoon, ja, alle vlees is daardeur gevoed...” (Dan.4:11,12).   Dis ʼn duidelike profetiese aankondiging dat God se koninkryk alle ander koninkryke sal oorwin.

Wie plant die mosterdsaad en wie sit die suurdeeg in die meel?  Gelowiges.  Eenvoudige mense wie se harte in die bloed van Christus gewas is, kan selfs met die minste kraginspanning ʼn taak verrig wat onder die geseënde hand van God ʼn verbysterende uitwerking kan hê.   Kyk na Jesus self – ná sy lyding en kruisdood het dit gelyk asof sy werk op ʼn mislukking uitgeloop het.

Dit was weldra duidelik dat Jesus se werk deur geen wêreldse mag uitgedoof kon word nie.  Uit sy lewe het ʼn godsdiens ontstaan wat die wêreld na meer as 2000 jaar nog steeds verower!  Mense put tot vandag toe nog krag uit Jesus se prediking van die koninkryk van God.  Die mosterdsaad en suurdeeg doen nog steeds hul werk!   Die Christendom is nie ʼn stem in die woestyn nie, maar ʼn lig in ʼn donker wêreld.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2890 gaste aanlyn