NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Omdat julle valsheid spreek...omdat hulle my volk vertel het deur te sê: Vrede! terwyl daar geen vrede is nie; en as die volk 'n muur bou, kyk, dan bepleister hulle dit met los kalk... Ek sal die muur afbreek wat jul met los kalk gepleister het, en dit op die grond gooi sodat sy fondament blootgelê sal word; dan sal die stad val en julle sal daarin omkom; en julle sal weet dat Ek die HERE is -  Eségiël 13.

DIE GELYKENISSE VAN JESUS (5)

U kan hierdie reeks geskryf deur ds Andrè van den Berg lees by Jesus se gelykenisse

Die waarde van die koninkryk van God

Mt.13:44-46

Hierdie twee kort gelykenisse is net in Mattheus opgeteken en ontbreek by die ander Evangelie skrywers.   Hiermee het Jesus sy volgelinge die belangrikheid van die koninkryk van God geleer; iets so belangrik dat alle ander dinge minder waarde het.  Gevolglik moet daarna gesoek word.  Vandaar die refrein wat herhaal word:  “...gaan hy weg en verkoop alles wat hy het ...” Dit gaan in beide gelykenisse om die prys wat iemand bereid is om te betaal ten einde hierdie kosbaarheid te bekom.

Alhoewel daar verskille tussen die twee gelykenisse is, is die ooreenkomste groter.  Beide beskryf die koninkryk van God as iets van onberekenbare waarde, iets wat onverwags gevind word en ʼn waagstuk om dit te bekom.  Nogtans moet ons nooit dink dat die koninkryk van God iets is waarvoor ʼn mens kan werk nie.  Dit sou op die dwaling van werkheiligheid neerkom wat dikwels by sektes gevind word.

 

Die koninkryk van God is iets heel anders en kan nie op dieselfde vlak gestel word as dinge wat deur mense waardevol geag word nie.  Hierdie koninkryk sal nooit deur eie inspanning verkry kan word nie.  Meer as ʼn eeu gelede loop ʼn Britse sendeling in Indië verby ʼn baie ou man wat pad langs kruip.  Daar was nie meer velle aan sy knieë nie.  “Waarom martel jy jouself so?” vra die sendeling. “Om in die hemel te kom” antwoord hy.   Hierdie ou man het geglo dat hy die hemel deur eie inspanning kon bereik.

Ges.69: 2 “En ekself – wat kan ek doen om my sonde te versoen?  Sou my hart met ywer gloei, sou my trane ewig vloei – nog gebede, nog geween kan my red Heer, U alleen”.

Die hoë waarde van die koninkryk kan deur geen mens verwerf word nie.  Dit word deur Christus aan sekere mense geskenk.  As dit iets aards was, kon mense daarvoor werk en dit bekom.  Met dinge uit die hemel is dit baie anders – om dit te bekom, moet dit deur God geskenk word.  Gelukkig is elkeen wat hierdie hemelse dinge raaksien wanneer hy dit in die verloop van die lewe teëkom.

Dis moeilik om die koninkryk van God na reg te beskryf.  Om bloot te glo dat dit iets hemels op aarde is, doen nie reg daaraan nie. Alhoewel die Skrif  baie van die koninkryk van God praat, is daar nêrens ʼn duidelike omskrywing daarvan nie.   Ons aanvaar uit al die beskikbare gegewens daaroor dat dit die nuwe bedeling (Christendom) beteken.   Hierdie koninkryk van God het al gekom, maar dit is ook nog komende.  Dis soos om op ʼn spoorwegstasie te staan.  Die lokomotief kom verby, gevolg deur ʼn klomp rytuie en laastens ʼn kondukteurswa.  Alhoewel die lokomotief alreeds verby is, is hierdie trein, totdat die kondukteurswa verby is, steeds komende.   Jesus se geboorte (lokomotief) is verby, maar nog nie die wederkoms (kondukteurswa) nie.

In beide die gelykenisse sê Christus dat daar ʼn verborge skat in die lewe is.  Alhoewel dit versteek is, maak God op sy tyd mense se oë daarvoor oop.  En hierdie skat is burgerskap van die koninkryk van God.  Wie hierdie burgerskap ontvang, verkry die grootste geskenk wat ʼn mens op aarde kan ontvang.  Daar is niks kosbaarder as dit nie - dis die toegangskaartjie na die hemel.

Hoor wat sê die hemelse Heer vir een van sy burgers: “En sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg... Gaan in in die vreugde van jou heer” (Mt.25:21).  Wie hierdie kaartjie/burgerskap nie het nie, sal in der ewigheid nooit in die hemel kom nie, maar eerder in die vlamme van die hel versink.

Omdat ʼn mens se lewe en geluksaligheid van hierdie skat afhang, sal jy alles doen om dit te bekom.   Om die kosbaarheid te verduidelik het Jesus die voorbeeld van ʼn pêrel gebruik.  In die OT word daar net in Hoogl.1:10 van pêrels gepraat.   Miskien het die ou Jode nie veel waarde daaraan geheg nie.  In die NT is dit anders – pêrels het groot waarde gehad.   Vandaar Jesus se vermaning om nie pêrels voor varke te gooi nie.

God beskik dit so dat die skat en die pêrel gevind word; en boonop onverwags.  Hy wil hê dat mense in die hemel kom:  “Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop en vir julle sal oopgemaak word” (Mt.7:7).  By ʼn ander geleentheid sê Jesus vir sy dissipels: “... Omdat dit aan julle gegee is om die verborgenhede  van die koninkryk van die hemele te ken...” (Mt.13:11).

In die eerste geval ontdek die man die skat terwyl hy met sy gewone dagtaak besig was.  Hy was moontlik ʼn dagloner wat iewers vir ʼn boer op ʼn saailand hande-arbeid verrig het.  Daar was by hom hoegenaamd geen gedagte van ʼn verborge skat iewers op die land nie.  Die Skrif sê dat hy onverwags daarop afgekom het.  Hy het dit versteek en tuis alles wat hy het, verkoop om die saailand te koop.  Hierdie man het besef dat hy iets gevind het wat dit die moeitewerd gemaak het om alles wat hy het te verkoop.

Ja, die aanbod om redding in Jesus het al dikwels onverwags tot mense afgekom.  Dink maar aan Levi die tollenaar of Saggeus die hooftollenaar.  Was hulle nie maar ook met hulle gewone dagtaak besig toe Jesus by hulle verby gekom het nie?   Hulle het alles verlaat en Jesus gevolg.  Paulus se lewe getuig ook van ʼn soortgelyke ervaring.

Daarnaas vertel die tweede gelykenis van ʼn koopman wat voltyds pêrels soek.  Sonder dat hy doelbewus na ʼn baie kosbare een gesoek het, kom hy onverwags daarop af.   Hierdie pêrel het hom voor ʼn onmiddellike lewensbeslissing gestel. Indien hy dit wou besit, moes hy van alles wat hy tot op hede bymekaar gemaak het, afstand doen.  Hy besef egter dat die prys nie te hoog is nie en waag dit.

Hierdie man is die voorbeeld van so baie mense – hulle soek in die regte rigting maar sien klein dinge as belangrik aan en besef nie dat daar ʼn baie groot skat op hul weg lê nie.  Mense soek, maar soek verkeerd.  Daarom sê Jesus: “Soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word” (Mt.6:33).

Ons moet een ding egter deeglik besef: die koninkryk van God word nie deur menslike inspanning verwerf nie.   Jy kan nie jou toegangskaartjie na die hemel verdien nie.  Hy laat jou slegs in die regte rigting soek.  Die ontdekking bly ʼn gawe van God.  Hy lei die man op die saailand na die skat en die soeker na pêrels na die uitsonderlike waardevolle een.   In albei gevalle vind die ontdekking in die daaglikse lewensgang plaas.  Die lewensgang word nie ontwrig nie.  Die ongekende skat is net eensklaps voor hulle oë en bring ongekende vreugde in hul lewe.

ʼn Punt om te onthou, is dat die vinders bereid is om alles te betaal ten einde die skat hul eiendom te maak.   Die oomblik toe hulle dit ontdek, moes hulle ʼn besluit neem – ʼn lotsbeslissing.   Hulle lewe sou nooit weer dieselfde gewees het nie.  So word die geloof die vaste grond vir die verstand en die handelinge wat daarop volg.

In beide gevalle verkoop die manne alles. Hulle word in dieselfde situasie as die ryk jongman geplaas: “Gaan verkoop jou besittings en gee dit vir die armes, en jy sal ʼn skat in die hemel hê” (Mt.19:21).  Dit was ʼn waagstuk soos met die  manne in die gelykenisse.  Hulle waag in die geloof en is nie teleurgesteld nie.

Dit gaan nie bloot om die voorstelling van iets waardevol nie, maar ook oor die eis wat dit aan die vinders tel om alles te verkoop.  Dis ʼn geloofsuitdaging! “Elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind” (Mt.16:25).  Hoe kosbaar is die geloof in Christus nie.  Dis die toegangskaartjie na die hemel.  Het jy dit?  Laat niks vir jou kosbaarder as dit wees nie!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2482 gaste aanlyn