NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons leer in die Woord dat die tong baie maal onheil beraam, soos 'n geslypte skeermes, 'n werker van bedrog, woorde wat mens verslind deur 'n bedrieglike tong, sê Dawid (Ps 52). As ons elke woord wat ons elke dag spreek eers goed deurdink het met die gevolge daarvan, sou ons dalk heeltemal ander woorde gekies het...

DIE GROOT VERVAL (2)

Ds Andrè van den Berg

LEES REEKS BY DIE GROOT VERVAL

3. Valse profete in kerklike ampte

3.1 Soos jakkalse

ʼn Leraar moet volstrek betroubaar wees. Paulus skryf: “En verder word van die bedienaars vereis dat hulle getrou bevind moet word” (1 Kor.4:2).  Valse leraars is ontrou. Sommige van hulle is bedrieërs en ander misleiers. Bedrieërs weet dat hulle leuenaars is, maar bedrieg mense ter wille van stoflike gewin.   Misleiers daarenteen is weer oortuig dat hulle reg is, maar dwaal weens gebrekkige Skrifkennis. God het hulle nooit tot sy diens geroep nie, nogtans matig hulself die reg aan om namens Hom te praat.

Esegiël noem hulle jakkalse: “Jou profete, o Israel, is soos jakkalse in puinhope” (Eseg. 13:4). Esegiël het twee basiese opdragte van God ontvang. Hy moes Juda eerstens daarop wys dat hulle deur hul eie toedoen gestraf word.   Tweedens moes hy ook God se oordeel oor die valse profete in hul midde aankondig wat mense mislei het.   

In Eseg.13:1-16 wys die profeet op enkele van die jakkalsprofete se kenmerke. Hulle prediking het byvoorbeeld nie as gevolg van Godsbesieling gekom nie. Dit was alles hul eie gedagtes en verlangens wat hulle op God oorgeprojekteer het. God is slegs formeel daarby betrek om gesag daaraan te verleen. Hulle was soos jakkalse tussen puinhope (:4) - roofdiere wat op die buitewyke van Israel se stede na maklike kos gesoek het.

In vers 6 word gesê dat die jakkalsprofete nie vir die waarheid in die bresse tree nie. As ʼn stadsmuur destyds iewers gebreek het, het die inwoners die breuk bewaak totdat dit herstel is. Valse profete het geestelike breuke groter gemaak deur mense die dood vir die lewe te laat aansien

3.2 Dwaasheid

ʼn Kerk wat die waarheid nie beskerm nie, het geen bestaansreg nie. In die tyd van die profeet Hosea het godsdiensmisleiding Israel se straf verhaas. God kla hulle aan en sê: “My volk gaan ten gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het .....” (Hos.4:6).

Ontspoorde kerklui laat ʼn volk verkeerde dinge doen soos wat met Israel gebeur het met die maak van die goue kalf in die woestyn.  Leraars wat sonde nie aanspreek nie, skep ʼn lugleegte wat met allerlei booshede gevul word. Daarom het God deur die eeue heen leraars tot die bediening geroep aan wie Hy kennis van die waarheid en die gawe van profesie geskenk het.

Kennis van die Bybel is die hoogste kennis waaroor ʼn mens kan beskik. Geen ander kennis bied enige seën na die dood nie, slegs dié van God. Daarom bid Jesus in Joh.17: “En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het” (:3).

Leraars moet kennis van God se Woord oordra sodat mense geestelik kan groei: “En hulle moet my volk die onderskeid leer tussen wat heilig en onheilig is, en hulle bekend maak die onderskeid tussen wat onrein en rein is” (Eseg.44:23). Maleagi skryf: “Want die lippe van ʼn priester moet kennis bewaar, en uit sy mond word onderrig gesoek, want hy is ʼn boodskapper van die Here van die leërskare” (Mal.2:7).

In die tyd van Hosea het priesters slegs naam gehad. Van ʼn profetiese visie of roeping was daar geen sprake nie. Hulle het ʼn dowe oor na die waarheid gedraai en selfs die voorsienigheid van God gewantrou en sy beheer van die wêreld bevraagteken.

Ten spyte daarvan dat God die waarheid by wyse van gebooie en insettinge aan hulle toevertrou het, het hulle geleef asof dit iets vreemds was: “Ek het hom tienduisende leringe van my wet voorgeskrywe, maar dit word as iets vreemds geag” (Hos.8:12). Paulus skryf: “Want daar is baie wat tugteloos is, wat onsin praat en verleiers is...” (Tit.1:10).  

Wie die waarheid liefhet en verkondig, lewer ʼn sterk getuienis teenoor ʼn onverskillige wêreld. Moses sê: “Onderhou dit dan en doen dit; want dit is julle wysheid en julle verstand voor die oë van die volke wat al hierdie insettinge sal hoor en sê: Waarlik, hierdie groot nasie is ʼn wyse en verstandige volk. En watter groot nasie is daar wat sulke regverdige insettinge en verordeninge het soos hierdie hele wet wat ek julle vandag voorhou?” (Deut.4:6,8).

4.   Selfverheerliking

4.1 Vangstrikke

Paulus skryf aan die gelowiges in Rome: “En ek vermaan julle, broeders, hou hulle in die oog wat tweedrag en aanstoot veroorsaak teen die leer wat julle geleer het, en vermy hulle. Want sulke mense dien nie onse Here Jesus nie, maar hulle eie buik, en hulle verlei deur hulle vriendelike en mooi woorde die harte van die eenvoudiges” (Rom.16:17,18).

Dwaalleraars stel strikke waarin mense dikwels onbewustelik trap. Paulus se woorde “hou hulle in oog” is ʼn metafoor wat na die wagte op die stadsmure verwys het wat gedurig op die uitkyk vir vyandelike optrede was. Paulus het gereeld met mense gebots wat van die ou Joodse gebruike in die kerk probeer vestig het. Dit het in talle gemeentes onderlinge onenigheid veroorsaak. Sy opdrag vermy hulle beteken om nie deur hul misleiding besmet te word nie.

Hy skryf aan Timoteus: Maar die onheilige, onsinnige praatjies moet jy vermy, want hulle sal al verder voortgaan in goddeloosheid, en hulle woord sal voortwoeker soos ʼn kanker...” (2 Tim.2:17).   Misleiding benewel nie net mense se verstand nie, maar lê ook beslag op hul harte sodat hulle nie tot bekering kan kom nie.   Hulle sit gepoleer en gestryk in kerke sonder om ooit in die bloed van Jesus gewas te wees!

4.2 Maskers

Valse profete skuil agter ʼn vrome masker. Paulus skryf: “Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus. En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ’n engel van die lig. Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke” (2 Kor.11:13-15). Satan het hom juis vermom om Eva te mislei.

In die gelykenis van die koninklike feesmaal in Mt.21 sien die koning ʼn gas sonder ʼn bruilofskleed en laat hom verwyder. Dis sprekend van mense wat die redding in Christus valslik vir hulself toe-eien. Hulle lyk soos feesgangers om mense te flous. God word nooit geflous nie: “En daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het” (Heb.4:12,13).

4.3 Gewildheid

Mense verrig geen boosheid so gelate as dit wat uit godsdienstige oortuiging geneem word nie.   Die apostel Petrus was besorg oor die aanhang wat valse leraars geniet het en skryf: “En baie sal hulle veranderlikhede navolg, en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word” (2 Pet. 2:2).   Dit gaan vir valse leraars om eiebelang. Paulus vra Timoteus om geen gemene sake met hulle te hê nie: ...“mense wat ʼn gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloor het” (2 Tim.3:5).

Valse leraars mislei mense dikwels met wondertekens. In sy Profetiese rede waarsku Jesus teen ʼn skerp toename in misleiding net voor die einde van die wêreld: “Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen, om as dit moontlik was ook die uitverkorenes te mislei. Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê” (Mt.24:24,25).

In die vroeë kerk het Simon die towenaar (Hand.8:9-11) en Elimas (Hand.13:8) mense met wondertekens mislei. Paulus sê vir Elimas: “Kind van die duiwel, vol van alle bedrog en listigheid, vyand van alle geregtigheid, sal jy nie ophou om die reguit weë van die Here te verdraai nie?” (Hand.13:10).

Jesus waarsku dat die laaste misleiding so erg gaan wees, dat die uitverkorenes geskud maar nie mislei sal word nie: “En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie. My Vader wat hulle aan my gegee het, is groter as almal; en niemand kan hulle uit die hand van die Vader ruk nie” (Joh.10:28,29).

Ná Jesus se hemelvaart het talle valse leraars hul as die Messias voorgedoen. Simon bar Kokhba was een van hulle. Hy was ʼn Jood wat in 135nC teen die Romeinse owerheid in opstand gekom en ʼn eie staat in Palestina gestig het. Die Jode het hom terstond as Messias gekroon.  Sy staat is egter drie jaar later deur die Romeine omver gewerp waarna hulle hom gedood het. Bar Kokhba beteken seun van ʼn ster. Ná sy dood is daar spottend na hom as Barcoziba seun van die leuen verwys.

5. Menseverering

5.1 Valse gerustheid

Valse leraars praat sondes goed net om mense goed oor hulself te laat voel: “...hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper...” (Rom.1:25). Die woord verruil dui op ʼn bewustelike keuse.

Valse leraars verkies die leuen bo die waarheid. Paulus skryf aan die Tessalonisense dat God hulle laat begaan: “En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo” (2 Tess.2:11). Valse leraars draai baie selde in hulle spore om: “Want dit is onmoontlik om dié wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het, en die goeie woord van God gesmaak het en die kragte van die toekomstige wêreld, en afvallig geword het — om dié weer tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak (Heb.6:4-6).

5.2   Misleiding

Valse leraars laat mense in gruwels volhard maar nogtans glo dat hulle die hemel sal beërwe. Paulus praat met die Korintiërs oor seksuele gruwels wat mense die ewige lewe gaan kos: “Moenie dwaal nie! Geen hoereerder ... of sodomiete ... sal die koninkryk van God beërwe nie” (1 Kor.6:10).  Niemand saai in die vlees, maar maai in die gees nie.  

Sulke misleiding het Paulus baie bedroef: “Want baie – van wie ek julle dit dikwels gesê het en nou ook onder trane sê – wandel as vyande van die kruis van Christus” (Fil.3:18). Hy veroordeel hulle: "...behalwe dat daar sommige mense is wat julle in die war bring en die evangelie van Christus wil verdraai. Maar al sou ons of ʼn engel uit die hemel julle ʼn evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ʼn vervloeking wees!” (Gal.1:8). Paulus spreek met die Griekse woord anatema (vervloeking) sy volstrekte weersin in dwaalleraars uit.    

Valse leraars het die Bybelse leer oor redding verdraai en mense met hul slim stories op dwaalweë gebring. Paulus eis dat gelowiges hulle moet vermy. Moses waarsku eeue tevore: “En jy mag geen gruwel in jou huis inbring nie... jy moet daar heeltemal ʼn afsku van hê ... “ (Deut.7:26).   In Spr.19:27 waarsku Salomo teen misleiding wat na die waarheid klink.

Gelowiges moet dit wat van die Bybelse leer van verlossing afwyk, verwerp. Dwaalleer draai hoofsaaklik om die as van ʼn skeefgetrekte verlossingsleer wat op die ewige verderf uitloop. Jesus gee duidelik opdrag: “ ... en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het” (Mt.28:19).

Paulus skryf aan die Korintiërs dat al sou ʼn engel ʼn boodskap bring wat nie met die Bybel strook nie, gelowiges dit moet verwerp. Hoeveel te meer as ʼn mens so ʼn boodskap sou verkondig! Die Bybelse leer van redding uit genade alleen is ʼn onveranderlike waarheid waaraan geen regstelling of toevoeging gemaak mag word nie.   

5.3   Hebsug

Valse leraars verryk hulself ten koste van gemeentelede. Daarom staan hulle bediening in skrille kontras met Jesus se aardse bediening.  Paulus het self met valse aantygings teen hom geworstel toe teenstanders hom daarvan beskuldig het dat hy net geld uit sy prediking wou maak. Hy skryf aan die Tessalonisense: “Want ons het, soos julle weet, ons nooit met vleitaal opgehou of met bedekte hebsug nie. God is getuie” (1 Tess.2:5).

Valse leraars het die uitwerking wat die nuwe godsdiens in die vroeë kerk op mense gehad het gesien en hulle vertroue in die apostels se optrede vir hulself begeer.   Gelowiges het destyds selfs eiendom verkoop en die opbrengs aan die apostels vir behoeftige gelowiges gegee.   Gevolglik het valse leraars geglo dat hulle geld uit godsdiens kon maak. Maar om daarin te kon slaag, moes hulle die invloed van die apostels ondermyn en mense afrokkel.

Geld uit godsdiens was niks nuuts nie. Jesaja skryf: “Hulle wagte is almal blind, hulle merk niks nie; hulle is almal stom honde wat nie kan blaf nie; wat dromerig lê, lief is om te sluimer. En die honde is gulsig, hulle ken geen versadiging nie; en herders is hulle wat nie weet om op te merk nie; almal loop hulle eie pad, elkeen na sy onregverdige wins, almal saam” (Jes.56:10,11).

Paulus skryf aan Timoteus: “ ... mense wat verdorwe in hul verstand en van die waarheid beroof is en dink dat die godsaligheid winsgewend is. Onttrek jou aan sulke mense” (1 Tim.6:5).   Petrus skryf: “Hou as herders toesig oor die kudde van God wat onder julle is, nie uit dwang nie, maar williglik; nie om vuil gewin nie ...” (1 Pet.5:2).    

6. Die groot ommekeer

6.1   ʼn Ongesonde leer

Paulus voorspel dat daar ʼn tyd gaan aanbreek dat godsdiens ingrypend gaan verander.   Hy skryf aan Timoteus: “...verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering, want daar sal ʼn tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ʼn menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels” (2 Tim.4:2-4).

Met die gesonde leer bedoel Paulus die leer wat tot die redding van siele en stigting van gelowiges bydra.   Die woorde omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees beteken in die Grieks om genoegdoening uit verligting te put, soos byvoorbeeld om ʼn oor wat juk te krap. Hoe verder mense afdwaal, hoe sterker word die behoefte aan predikers wat sonde streel.  [A1] Vandaar sy goeie raad aan Titus: “Spreek hierdie dinge en vermaan en bestraf in alle erns. Laat niemand jou verag nie” (Tit.2:15).

6.2 Onenigheid

Valse leraars maak graag daarop aanspraak dat hulle benewens ʼn roeping ook besondere kennis van God het. Dit het van vroegs af aanleiding tot hoogmoed gegee soos wat in Korinte gebeur het (1 Kor.14). Valse leraars verdraai die waarheid, lok graag redenasies uit en floreer op woordestryd. Paulus skryf: “En ek vermaan julle, broeders, hou hulle in die oog wat tweedrag en aanstoot veroorsaak teen die leer wat julle geleer het, en vermy hulle. Want sulke mense dien nie onse Here Jesus nie, maar hulle eie buik, en hulle verlei deur hulle vriendelike en mooi woorde die harte van die eenvoudiges” (Rom.16:17,18). Hy skryf aan Titus: “Alle dinge is rein vir die reines; vir die besoedeldes en ongelowiges egter is niks rein nie, maar hulle verstand sowel as hulle gewete is besoedel” (Tit.1:15).  

Dwaalleer veroorsaak tot vandag toe nog twis, onmin en tweedrag, iets waarvan Paulus nare ervarings gehad het. Valse profete het destyds baie gesinslewens geskaad: Want uit hulle is dié wat in die huise insluip en arme vroue gevange neem wat met sondes belaai is en deur allerhande begeerlikhede gedryf word” (2 Tim.3:6). Onderlinge liefde kan net bewaar word deur die suiwerheid van God se Woord te bewaak.

Valse leraars beswadder altyd die waarheid en diegene wat dit verkondig. Petrus skryf: “Maar hulle sal, omdat hulle belaster wat hulle nie ken nie, soos redelose diere wat die natuur volg, gebore om gevang en vernietig te word, in hulle verdorwenheid te gronde gaan en die loon van die ongeregtigheid ontvang. Hulle ag die weelderigheid oordag ’n genot; hulle is skandvlekke en smette, weelderig in hul bedrieërye as hulle met julle saamsmul; met oë vol van owerspel, wat nie ophou om te sondig nie; hulle verlok onvaste siele, hulle het ’n hart geoefen in hebsug, hulle is kinders van die vervloeking. Hulle het die regte pad verlaat en verdwaal...” (2 Pet.2:12-15).

Vervolg...


 [A1]

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3106 gaste aanlyn