NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wil jy jou take sukses vol uitvoer? Kyk maar na die mense wat hulself heelhartig gee vir hulle belangrike sake en take: hulle toon altyd 'n stygende lyn van sukses.

DIE GELOWIGE VOLK AS VERBOND- STRUKTUUR

Dr Jann Schlebusch

  1. Vriende en medegelowiges. Ons moet nou ‘n kontroversiële, dog belangrike saak aanspreek. Oorweeg dit asb biddend, met ‘n oop gemoed. Ons is hieroor ‘n heilige erns aan ons Vader verskuldig. Ons volk is erg verdeeld oor ons teologiese beskouings. En tog is ons geroepe om Hom in eensgesindheid te dien (Rom 12:16 wees eensgesind onder mekaar; moenie na hoë dinge streef nie, maar voeg julle by die nederige; moenie eiewys wees nie). Ons is geroepe om mekaar in God lief te hê (Jn 13:43; 1Jn 4:12). En om die waarheid reg te sny (2Tim 2:15).
  2. Die kern van die misverstand oor die verbond en die volk se doel is geleë daarin dat ons denke – en gevolglik ook ons teologie – met Liberalisme besmet is. Na die Rewolusionêre Liberales die stryd in Frankryk gewen het, het hulle hul ‘beginsels’ dwarsoor Europa propageer en ook suksesvol gevestig met die hulp van Satan se slinkse argumente – selfs binne-in die hoofstroom Christelike teologie:
  • vryheid (vryheid van God se wet);
  • gelykheid (vernietiging van alle grense; onderskeid; en hiërargie wat God verordineer het); en
  • broederskap (versoening tussen gelowige en ongelowige en vernietiging van grense tussen volke en rasse)

2.1 Hieruit is verdere valse beginsels ontwikkel deur middel van verdraaiing en kwotering van Bybeltekste buite verband, onder andere:

  • grense tussen volke skep konflik en uiteindelik oorlog;
  • fundamentalistiese verstaan van die Bybel skep konflik en uiteindelik oorlog;
  • al wat belangrik is vir ‘n gelowige, is sy persoonlike verhouding met God (die verbondstrukture soos die gesin, die familie en die volk is dus oorbodig en selfs ongewens);
  • die Bybelse leringe van gelyke behandeling voor die reg; en alle mense is doemwaardig voor God, word verdraai na ‘alle mense is gelyk’ (God se hiërargie, sowel as sy skeppingsverskeidenheid en sy uitverkiesing word dus minagtend verwerp);
  • ons mag nie oordeel nie (hiermee trek hulle 'n streep deur God se opdrag om mekaar te vermaan en te bestraf);
  • ‘draai jou ander wang’ en ‘wees lief vir jou vyande’ word buite konteks aangehaal om pasifisme en versoening te verkondig – ook teenoor God se vyande en teenoor ongelowiges;
  • ‘n skuldgevoel word by Blankes geskep om te vergoed vir die tekortkominge van Swartes – as deel van die gelykheidsbeginsel.

2.2 Een gevolg hiervan is dat die werking van verbondstrukture deur die moderne teoloë verwaarloos word. Die verbondstrukture soos die volk en die familie word selfs gediskrediteer. Let bv op na die gebede van ernstige gelowiges wat nooit bid vir ons volk nie, maar net vir die land. Selfs wanneer Bybeltekste aangehaal word wat uitdruklik verwys na die volk, word dit verdraai asof dit verwys na die land of die ‘Suider-Afrikaanse nasie’.

2.3 Ons moet besef dat hierdie teologiese beskouing relatief nuut is. Eers teen die einde van die 19e eeu het dit werklik aanklank begin kry in teologiese kringe.[1] In Suid Afrika het dit eers teen 1980 werklik momentum begin kry.[2]

2.4 Omdat hierdie teologiese beskouing so absurd is (alle nugterdenkende mense weet dat geen twee mense gelyk is nie en dat pasifisme selfmoord is), word dit toenemend deur denkende mense verwerp. Die meeste verlaat die institusionele kerke en uiteindelik verwerp baie ook die Almagtige God omdat hulle verkeerdelik dink dat hierdie valse leer die boodskap van die Bybel is. Sommige bly gelowig, maar dink hulle eie dogma uit.

Daarom moet ons gaan kyk presies wat die Bybel hieroor leer; en dan is dit ook baie insiggewend hoe die ware gelowiges die verbond verstaan het, voor Satan met die Franse Rewolusie sy gif in ons kom saai het. Kom ons doen nou Bybelstudie oor hierdie saak. 

2.5 As ons na die volgende beloftes en profesieë kyk, lyk dit of daar dalk ‘n teenstrydigheid kan wees

Gen 17:7 En Ek sal my verbond oprig tussen My en jou (Abraham) en jou nageslag ná jou in hulle geslagte as ‘n ewige verbond, om vir jou ‘n God te wees en vir jou nageslag ná jou.

Dt 10:15 Maar net aan jou vaders (Israel) het die HERE ‘n welgevalle gehad om hulle lief te hê, en Hy het julle, hulle nageslag ná hulle, uit al die volke uitverkies, soos dit vandag is.

Mt 1:21 en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.

Mt 2:6 En jy, Betlehem, land van Juda, is volstrek nie die geringste onder die vorste van Juda nie, want uit jou sal ‘n leidsman voortkom wat vir my volk Israel ‘n herder sal wees.

Mt 15:24 Maar Hy antwoord en sê: Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel.

Gen 22:18 En in jou (Abraham se) nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word, omdat jy na my stem geluister het.

Jes 49:6 Hy het gesê: Dit is te gering dat U my Kneg sou wees om op te rig die stamme van Jakob en terug te bring die gespaardes in Israel: Ek het U gemaak tot ‘n lig van die nasies, om my heil te wees tot aan die einde van die aarde.

Lk 2:32 ‘n lig tot verligting van die nasies en tot heerlikheid van u volk Israel.

Mt 28:19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.

2.6 Aan die een kant leer die Bybel duidelik dat Israel, as biologiese volk uitverkies is om God se eer te dra as verbondsvolk. Let wel dat dit is waartoe Israel uitverkies is – nie tot saligheid nie. Uitverkiesing tot saligheid is ‘n ander saak. Die Bybel leer dat God mense, heersers en volke vir verskillende doele uitverkies. So is Dawid uitverkies om koning van Israel te word; die Farao uitverkies om Israel te onderdruk; Judas om Jesus te verraai, ens. Waarskynlik is die meeste Ou Testamentiese Israeliete wel uitverkies tot saligheid, maar beslis nie almal nie. Net so ook was nie net Israeliete gelowig nie. Lot was nie ‘n Israeliet nie (Gen 11:27). Ook nie Melgisédek (Gen 14:18); Jetro (Ex 3:1); Bíleam (Num 22); Ragab (Heb 11:31); Rut (Rut 1:15); en Job (Job 1:1) nie. Ook nie die inwoners van die stad Ninevé nie (Gen 10:11).

2.7 Maar steeds is dit duidelik dat Israel die enigste verbondsvolk was in die Ou Testament. Die vraag is nou: Is Israel steeds die enigste verbondsvolk? Of is die vebondsvolk nou ‘n geestelike volk (nie meer biologies nie) soos die meeste teoloë deesdae leer? Deur al die eeue tot voor die besmetting van Liberalisme het die ware gelowiges die beskouing gehad dat die Bybel leer dat:

  1. Daar ‘n biologiese Israel is, sowel as ‘n geestelike Israel. Die geestelike Israel is al die ware gelowiges en die biologiese Israel was/is die verbondvolk.
  2. Al die volke wat Godvererende volkshuishoudings opgerig het, was/is verbondsvolke (waaroor God se Naam uitgeroep is). Weereens is al die volksgenote in hierdie verbondsvolke nie tot saligheid uitverkies nie, maar hulle het wel die opdrag van ‘n verbondsvolk uitgevoer, nl om ‘n behoueringsisteem daar te stel waarbinne dit moontlik is vir die volk om ‘n Godvrugtige lewe te ly.
  3. Kom ons toets hierdie beskouing aan die Bybel

         (let ook op na die onderskeid tussen uitverkiesing vir ‘n taak en uitverkiesing tot saligheid):

3.1Maak die Bybel ‘n onderskeid tussen die biologiese Israel en die geestelike Israel?

3.1.1Rom 9 leer: (1) Ek spreek die waarheid in Christus, ek lieg nie my gewete getuig saam met my in die Heilige Gees 2) dat dit vir my ‘n groot droefheid is en ‘n onophoudelike smart vir my hart.

3 Want ek sou self kon wens om ter wille van my broers, my stamgenote na die vlees, ‘n vervloeking te wees, wég van Christus af.

4) Hulle is Israeliete aan wie die aanneming tot kinders behoort en die heerlikheid en die verbonde en die wetgewing en die erediens en die beloftes;

5 aan wie die vaders behoort en uit wie die Christus is na die vlees Hy wat oor alles is, God, lofwaardig tot in ewigheid! Amen.

6) Maar ek sê dit nie asof die woord van God verval het nie; want hulle is nie almal Israel wat uit Israel is nie.

7) Ook nie omdat hulle Abraham se nageslag is, is hulle almal kinders nie; maar: in Isak sal jou nageslag genoem word.

8) Dit wil sê, nie hulle is kinders van God wat die kinders van die vlees is nie, maar die kinders van die belofte word gereken as die nageslag.

9 Want dit is die woord van die belofte: Omtrent hierdie tyd sal Ek kom, en Sara sal ‘n seun hê.

10 En nie alleen dit nie, maar ook Rebekka was swanger uit een, naamlik Isak, ons vader.

11 Want toe die kinders nog nie gebore was en nog geen goed of kwaad gedoen het nie dat die voor-neme van God volgens die verkiesing kon bly staan, nie uit die werke nie, maar uit Hom wat roep

12 is vir haar gesê: Die oudste sal die jongste dien.

13 Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat.

14 Wat sal ons dan sê? Is daar miskien onreg by God? Nee, stellig nie!

15 Want aan Moses sê Hy: Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm.

16 So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is. 

3.2  Wat van Jesus (Jeshua) se verklaring dat Hy net vir Israel gekom het (Mt 15:24)?

3.2.1 Israel het hulle verbondsopdrag versaak en uiteindelik ook die Messias verwerp en gekruisig.[3] Daarom het JHWH hulle verwerp volgens sy belofte. Let op hierdie gelykenisse wat Jesus vertel het:

Mat 21:40 Wanneer die eienaar van die wingerd dan kom, wat sal hy met daardie landbouers doen?

41 Hulle antwoord Hom: Die slegte mense—hy sal hulle ‘n slegte dood laat sterwe en die wingerd verhuur aan ander landbouers wat hom die vrugte op die regte tyd sal gee.

42 Jesus sê vir hulle: Het julle nooit in die Skrifte gelees nie: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het ‘n hoeksteen geword. Hy het van die Here gekom en is wonderbaar in ons oë?

43 Daarom sê Ek vir julle: Die koninkryk van God sal van julle weggeneem en aan ‘n volk gegee word wat die vrugte daarvan sal dra.

Mat 22:1 En Jesus het weer deur gelykenisse met hulle begin spreek en gesê:

2 Die koninkryk van die hemele is soos ‘n koning wat ‘n bruilof vir sy seun berei het

3 en sy diensknegte uitgestuur het om die genooides na die bruilof te roep, en hulle wou nie kom nie

4 Weer het hy ander diensknegte uitgestuur met die boodskap: Sê vir die genooides: Kyk, my maaltyd het ek berei, my beeste en vetgemaakte vee is geslag en alles is gereed. Kom na die bruilof.

5 Maar hulle het hul daaraan nie gesteur nie en weggegaan, een na sy eie stuk land en ‘n ander na sy handelsaak.

6 En die origes het sy diensknegte gegryp en mishandel en doodgemaak.

7 Toe die koning dit hoor, het hy kwaad geword en sy manskappe gestuur en daardie moordenaars omgebring en hulle stad aan die brand gesteek.

8 Daarop sê hy vir sy diensknegte: Die bruilof is wel gereed, maar die genooides was dit nie werd nie

9 Gaan dan op die kruispaaie en nooi almal wat julle mag vind, na die bruilof.

10 En daardie diensknegte het uitgegaan op die paaie en almal versamel wat hulle gevind het, slegtes sowel as goeies, en die bruilofsaal het vol gaste geword.

Luk 3:4 soos geskrywe is in die boek van die woorde van Jesaja, die profeet, waar hy sê: Die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit.

5 Elke dal moet opgevul word en elke berg en heuwel wegsak; en die krom draaie sal ‘n reguit pad word en die skurwe plekke gelyk weë.

6 En alle vlees sal die heil van God sien.

Jes 40:3 ‘n Stem van een wat roep: Berei in die woestyn die weg van die HERE; maak gelyk in die wildernis ‘n grootpad vir onse God!

4 Elke dal moet opgevul en elke berg en heuwel klein gemaak word; en die bult moet ‘n gelykte en die rotsagtige plekke ‘n laagte word.

5 En die heerlikheid van die HERE sal geopenbaar word, en alle vlees tesame sal dit sien: want die mond van die HERE het dit gespreek.

Hd 13:46 Maar Paulus en Bárnabas het vry-uit gespreek en gesê: Dit was noodsaaklik dat die woord van God aan julle eers verkondig moes word (Mt 10:5,6). Aangesien julle dit egter verwerp en julleself die ewige lewe nie waardig ag nie (Lk 14:16-23; Mt 22:1-10) —kyk, ons wend ons tot die heidene (Mt 15:22-28).

47 Want so het die Here aan ons bevel gegee: Ek het U ‘n lig van die nasies gemaak, sodat U tot redding sal wees tot aan die einde van die aarde (Mt 28:19; Mk 16:15).

Jes 49:6 Hy het gesê: Dit is te gering dat U my Kneg sou wees om op te rig die stamme van Jakob en terug te bring die gespaardes in Israel: Ek het U gemaak tot ‘n lig van die nasies, om my heil te wees tot aan die einde van die aarde.

Hd 15:14 Símeon het vertel hoe God in die begin uitgesien het om ‘n volk uit die heidene vir sy Naam aan te neem.

15 En hiermee stem die woorde van die profete ooreen, soos geskrywe is (Amos 9:11,12):

16 Daarna sal Ek terugkom en die vervalle hut van Dawid weer oprig, en wat daarvan verwoes is, sal Ek weer oprig en dit herstel,

17 sodat die oorblyfsel van die mense die Here kan soek, en al die nasies oor wie my Naam uitgeroep is[4], spreek die Here wat al hierdie dinge doen.

18 Aan God is al sy werke van ewigheid af bekend.

Hd 28:25 En toe hulle onder mekaar onenig was, het hulle uiteengegaan nadat Paulus hierdie woord gesê het, naamlik: Tereg het die Heilige Gees deur Jesaja, die profeet, tot ons vaders gespreek (Jes 6:9; Mt 13:14,15) 26) en gesê: Gaan na hierdie volk en sê: Met die gehoor sal julle hoor en glad nie verstaan nie, en julle sal kyk en kyk, en glad nie sien nie.

27 Want die hart van hierdie volk het stomp geword, en met die ore het hulle beswaarlik gehoor, en hulle oë het hulle toegesluit, sodat hulle nie miskien met die oë sou sien en met die ore hoor en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie.

28 Laat dit dan aan julle bekend wees dat die heil van God aan die heidene gestuur is, en hulle sal luister.

Rom 1:16 Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is ‘n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek (ook Rom 2:9-29).

Rom 9:22 En as God, al wil Hy sy toorn bewys en sy mag bekend maak, tog met groot lankmoedigheid die voorwerpe van toorn wat vir die verderf toeberei is, verdra het,

23 juis om bekend te maak die rykdom van sy heerlikheid oor die voorwerpe van barmhartigheid wat Hy voorberei het tot heerlikheid,

24 ons naamlik wat Hy geroep het, nie alleen uit die Jode nie, maar ook uit die heidene?

25 Soos Hy ook in Hoséa (Hos 2:22) sê: Ek sal die wat nie my volk is nie, my volk noem; en haar wat nie bemin is nie, beminde;

26 en in die plek waar aan hulle gesê is: Julle is nie my volk nie! daar sal hulle genoem word kinders van die lewende God.

27 En Jesaja roep oor Israel uit: Al is die getal van die kinders van Israel soos die sand van die see, net die oorblyfsel sal gered word; 28) want Hy volbring ‘n saak en verkort dit in geregtigheid, omdat die Here ‘n saak wat verkort is, op die aarde sal doen.

29 En soos Jesaja tevore gesê het: As die Here van die leërskare vir ons nie ‘n nageslag oorgelaat het nie, soos Sodom sou ons geword het en aan Gomorra gelyk gewees het. Wat sal ons dan sê?

30 Dat die heidene, wat die geregtigheid nie nagejaag het nie, die geregtigheid verkry het, naamlik die geregtigheid wat uit die geloof is;

31 terwyl Israel, wat die wet van die geregtigheid nagejaag het, die wet van die geregtigheid nie bereik het nie.

32 Waarom? Omdat dit nie uit die geloof was nie, maar net asof dit uit die werke van die wet was; want hulle het hul gestamp teen die steen van aanstoot.

33 Soos geskrywe is: Kyk, Ek lê in Sion ‘n steen van aanstoot en ‘n rots van struikeling; en elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie.

Rom 10:9 As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word;

10 want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.

11 Want die Skrif sê: Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie.

12 Want daar is geen onderskeid tussen Jood en Griek nie; dieselfde Here tog is Here van almal en is ryk oor almal wat Hom aanroep.

13 Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. ...

17 Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.

18 Maar ek sê: Het hulle miskien nie gehoor nie? Ja, seker! Oor die hele aarde het hulle stem uitgegaan en tot by die eindes van die wêreld hulle woorde.

19 Maar ek vra: Het Israel dit miskien nie verstaan nie? Ten eerste sê Moses (Dt 32:21): Ek sal julle jaloers maak op dié wat geen volk is nie, en Ek sal julle toorn opwek teen ‘n onverstandige volk.

20 En Jesaja durf selfs sê: Ek het My laat vind deur die wat My nie gesoek het nie; Ek het verskyn aan die wat na My nie gevra het nie. 21) Maar van Israel sê Hy: Die hele dag het Ek my hande uitgebrei na ‘n ongehoorsame en teësprekende volk.

Jes 65:1 Ek het My laat raadpleeg deur wie na My nie gevra het nie; Ek het My laat vind deur die wat My nie gesoek het nie; aan ‘n nasie wat na my Naam nie genoem is nie, het Ek gesê: Hier is Ek, Hier is Ek!

2 Ek het my hande die hele dag uitgebrei na ‘n opstandige volk wat wandel op ‘n weg wat nie goed is nie, agter hulle eie gedagtes aan;

3.2.2 En dan gee Rom 11 gee die volledige uiteensetting van die saak:

vers 1 Ek vra dan: Het God miskien sy volk verstoot? Nee, stellig nie! Want ek is ook ‘n Israeliet uit die nageslag van Abraham, van die stam van Benjamin.

2 God het sy volk wat Hy vantevore geken het, nie verstoot nie. Of weet julle nie wat die Skrif in die gedeelte oor Elía sê nie? hoe hy by God optree teen Israel en sê (1Kon 19:10,18):

3 Here, hulle het u profete gedood en u altare het hulle afgebreek, en ek het alleen oorgebly, en hulle soek my lewe! 4) Maar wat sê die Godspraak aan hom? Ek het vir Myself sewe duisend manne laat oorbly wat die knie voor Baäl nie gebuig het nie.

5 Net so is daar dan ook in die teenwoordige tyd ‘n oorblyfsel, ooreenkomstig die verkiesing van die genade.

6 En as dit deur genade is, dan is dit nie meer uit die werke nie; anders is die genade geen genade meer nie. En as dit uit die werke is, dan is dit nie meer genade nie; anders is die werk geen werk meer nie.

7 Wat dan? Wat Israel soek, dit het hy nie verkry nie; maar die uitverkorenes het dit verkry en die ander is verhard.

8 Soos geskrywe is (Jes 29:10): God het hulle gegee ‘n gees van diepe slaap (Jes 6:9), oë om nie te sien nie en ore om nie te hoor nie, tot vandag toe.

9 En Dawid sê (Ps 69:23): Laat hulle tafel vir hulle wees ‘n vangnet en ‘n strik en ‘n struikelblok en ‘n vergelding.

10 Laat hulle oë duister word om nie te sien nie, en buig hulle rug vir altyd krom.

11 Ek vra dan: Het hulle miskien gestruikel om te val? Nee, stellig nie! Maar deur hulle val het die saligheid tot die heidene gekom om hulle jaloers te maak. (Dt 32:21)

12 En as hulle val die rykdom van die wêreld is en hulle tekort die rykdom van die heidene, hoeveel te meer sal hulle volheid dit nie wees nie!

13 Want aan julle heidene sê ek: Vir sover as ek ‘n apostel van die heidene is, verheerlik ek my bediening

14 as ek tog maar net my eie volk jaloers kan maak en sommige uit hulle kan red!

15 Want as hulle verwerping die versoening van die wêreld is, wat sal hulle aanneming anders wees as lewe uit die dode?

16 En as die eerstelinge heilig is, dan die deeg ook; en as die wortel heilig is, dan die takke ook.

17 En as sommige van die takke afgebreek is (Jer 11:16; Jn 15:2), en jy wat ‘n wilde olyfboom[5] was, onder hulle ingeënt is en deel gekry het aan die wortel en die vettigheid van die olyfboom,

18 moet dan nie teen die takke roem nie; en as jy roem dit is nie jy wat die wortel dra nie, maar die wortel vir jou.

19 Jy sal dan sê: Die takke is afgebreek, sodat ek ingeënt kon word.

20 Goed! Deur ongeloof is hulle afgebreek, maar jy staan deur die geloof. Moenie hoogmoedig wees nie, maar vrees.

21 Want as God die natuurlike takke nie gespaar het nie, sal Hy miskien jou ook nie spaar nie.

22 Let dan op die goedertierenheid en die gestrengheid van God: gestrengheid oor die wat geval het, maar goedertierenheid oor jou as jy in die goedertierenheid bly; anders sal jy ook afgekap word.

23 Maar ook hulle sal, as hulle nie in die ongeloof bly nie, ingeënt word; want God is magtig om hulle weer in te ent.

24 Want as jy afgekap is van die olyfboom wat van nature wild was, en teen die natuur op die mak olyfboom ingeënt kan word, hoeveel te meer kan hulle dan wat dit van nature is, op hul eie olyfboom ingeënt word?

25 Want ek wil nie hê, broeders, dat julle hierdie verborgenheid[6] nie moet weet nie, sodat julle nie eiewys mag wees nie: dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene ingegaan het;

26 en so sal die hele Israel[7] gered word, soos geskrywe is: Die Verlosser sal uit Sion kom en sal die goddelooshede van Jakob afwend (Jes 59:20);

Rom 15:5 En mag die God van lydsaamheid en bemoediging aan julle gee om eensgesind onder mekaar te wees ooreenkomstig die wil van Christus Jesus,

6 sodat julle die God en Vader van onse Here Jesus Christus eendragtiglik uit een mond kan verheerlik.

7 Neem daarom mekaar aan, soos Christus ons ook aangeneem het, tot heerlikheid van God.

8 En ek sê dat Jesus Christus ‘n dienaar geword het van die besnydenis ter wille van die waaragtigheid van God, om die beloftes aan die vaders te bevestig;

9 en dat die heidene ter wille van sy barmhartigheid God kan verheerlik, soos geskrywe is (2Sam 22:50; Ps 18:50): Daarom sal ek U loof onder die nasies en tot eer van u Naam psalmsing.

10 En ook sê Hy (Dt 32:43): Verbly julle, o nasies, saam met sy volk;

11 en ook (Ps 117:1): Loof die Here, alle nasies, en prys Hom, alle volke.

12 En Jesaja sê ook (Jes 11:10): Die wortel van Isai sal daar wees, en Hy wat opstaan om oor die nasies te heers, op Hom sal die nasies hoop.

Gal 3:28 Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus.

29 En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.

1Pt 2:9 Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig,

10 julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is.

Open 5:9 Toe sing hulle ‘n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie,

4.  Uit hierdie teksgedeeltes is dit dus duidelik dat die tradisionele beskouing van die ware gelowiges deur die eeue, wel die korrekte Bybelse leer is. Dit is naamlik dat

  • slegs ‘n biologiese volk ‘n fisiese verbondsvolk kan wees;
  • daar ander takke (volke) op die wortel van Israel ingeplant is; en
  • dat die ware gelowiges (die ware, ‘kerk’) die geestelike Israel is – maar nie ‘n fisiese verbondsvolk assulks kan vorm nie.

God se Ou-testamentiese beloftes aan sy verbondsvolk is dus ook vandag op ‘n verbondsvolk van toepassing

bv 2Kron 7:13 As Ek die hemel toesluit, dat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land af te eet, of as Ek pes onder my volk stuur,

14 en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.

 5.  Let ook op God se verduideliking waarom Hy by Babel die volke van mekaar geskei het en hulle grense vasgestel het, naamlik om Hom te soek – in volksverband (Hd 17:26,27)

6.  In die praktyk kan ons dan ook sien dat al die Europese volke verbondsvolke geword het. Na die besmetting met Liberalisme, het hulle egter afgedwaal, net soos Israel van ouds.

7.  Tog het God dit wonderbaarlik beskik dat die Oos-Europese volke (ironies as gevolg van Kommunistiese onderdrukking gedurende die 20e eeu) die Liberalistiese propaganda grootliks vrygespring het. Nou het ons die luukse om te sien hoe hulle steeds die volk as verbondstruktuur beskou – tot die groot woede van die Sataniese Europese Unie.

8.  So is ons Boere-Afrikanervolk ook bekend daarvoor dat ons ‘n Godvererende volk was – ‘n verbondsvolk. Ons is ook op ‘n besondere wyse aan ons God gebind deur sy beskikkende hand in ons volksgeskiedenis, sowel as deur ons volksgeloftes. Hoewel ons voorouers ook afgewyk het van ons Here, het ons tog tot en met Verwoerd se tyd ‘n Godvererende volkshuishouding gehad – nie volmaak nie. Sedertdien is die afval so groot dat ons nie meer as ‘n Godvererende volk beskryf kan word nie. Dit is nou die tyd om tot ons God te bekeer en voor Hom te verootmoedig sodat ons weer as verbondsvolk ons roeping kan nakom.


[1] Toe die teoloë in Groningen die Liberalisme begin aanhang het.

[2] Met die Cottesloe-beraad en die opstel van die Belhar-belydenis.

[3] Die bewering word gemaak dat dit nie Israel was nie, maar die Edomiete wat hulself as Jode voorgedoen het. Dit is wel waar dat die Judeërs met die Edomiete vermeng geraak het, maar die Judeërs (sowel as die menigte ander Israeliete – en veral Leviete – wat hulle by die Judeërs aangesluit het, toe Agab Israel laat afdwaal het; en weer met Juda se terugkeer uit die ballingskap) was steeds deel van die volk wat Jesus gekruisig het.

[4] Let op die onderskeid tussen mense wat God soek en volke wat God soek. Hier wys die profesie ook uitdruklik na ander volke oor wie ons Here se Naam uitgeroep is – dit is verbondsvolke.

[5] Hierdie takke wat ingeënt is, is nie individue nie, maar volke. Hier moet ons duidelik onderskei. Hier is sprake van verbondsvolke wat God se eer moet dra – nie van uitverkiesing tot saligheid nie.

[6] Hierdie verborgenheid is nou openbaar en daarom die lofprysing in verse 33-36

[7] Hier sien ons weer die onderskeid tussen die fisiese Israel en die geestelike Israel wat die versameling ware gelowiges uit alle volke is. Die geestelike Israel is diegene wat uitverkies is tot saligheid.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2669 gaste aanlyn