NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Besef jy dat jy elke oomblik van elke dag van jou lewe voor die Heilige, Drie-enige God, Beskikker van volke en nasies aan Wie alle mag in die hemel en op die aarde behoort, staan? Of dink jy dalk dit is net in die kerk of dergelike plekke waar jy in sy heilige Teenwoordigheid is?

GEREFORMEERDE OORSIG... DIE GROOT TREK

Dr Jann Schlebush

In die Wakis: Die Voortrekkers se Godsdiensbeskouing en hulle uitlewing daarvan.

Die Here, ons God, het dit so beskik dat die volksplanting aan die Kaap plaasgevind het kort ná die Groot Kerkhervorming van die 16e eeu. En die tagtigjarige oorlog[1] was pas verby, waarin die Nederlandse Geuse[2] vir hulle vryheid en die behoud van die Gereformeerde geloof moes veg teen die Roomse vervolging van koning Filips van Spanje. Die Franse Hugenote het na Nederland gevlug en so-ook die Duitse gereformeerdes. Die VOC het in 1652 vir Jan van Riebeeck na die Kaap gestuur – slegs 43 jaar ná die Sinode van Dordtrecht. Só was ons Heer se beskikking dat die Europeërs wat na die Kaap gestuur is, nie slegs ‘n gereformeerde belydenis gehad het nie, maar inderdaad stryders was vir die suiwer leer van die Bybel – wat ook as Calvinisme bekend staan.

Dit is dus vanselfsprekend dat Godsdiens ‘n allesoorheersende rol gespeel het in die lewe aan die Kaap. Dit blyk ook duidelik uit Jan van Riebeeck se gebed en onderneming van 6 April 1654.

Huisgodsdiens was ‘n standaard-instelling van elke gesin. Die Vader was die priester van die huis en kinders is opgevoed in die kennis van die Bybel en die vrese van die Here. Die hele lewe is ingerig volgens die wette en voorskrifte van die Bybel. Die Christelike lewensbeskouing het ook die skool gerig en die vakinhoud bepaal. Sondag is as ‘n sabbat gevier en kerkgang, veral nagmaal, was ‘n groot geleentheid. Hierdie Godsdiensbeskouing en lewenswyse het voortgeduur tot in die tyd van die Voortrekkers.

Twee faktore het grootliks bygedra tot die hoë vlak van teologiese kennis en die diepte van die Voortrekkers se insig in, en begrip van, die verbondsverhouding tussen hulle en God. Eerstens is hul belangstelling in Bybelstudie en geloofsverdieping verhoog deur die jarelange geloofstryd van hulle voorouers; en tweedens was hulle vir die meeste van hul vrye tyd aangewese op wat hulle self kon voorsien. Hierdie twee faktore het bygedra daartoe dat hulle ywerige lesers was en die gesprekke dikwels om godsdiens gedraai het. Met die beperkte spasie in die wakis, kon hulle net die noodsaaklikste boeke saamneem. Die keuse het geval op die Bybel; Psalmboeke en geestelike liedere; teologiese boeke; en ‘n kleuterleesboekie met die naam: “Trapt der Jeugd”. Die tipiese wakis het die volgende boeke bevat: Bullinger se “Huijsboek”; Ursinus se Kategismusboek; preekbundels van á Brakel[3] en Smytegelt[4]; en Hellenbroek se kategismus[5]. Die meeste het ook geskrifte van Mel; á Marck; en d’ Outrein ingehad, en sommige miskien selfs ook geskrifte van Beukelman; Sjoerds; Trommius en ander[6]. Nie alleen is hierdie werke goed gelees nie, maar is dit gebruik om die kinders deeglik te katkiseer.

Dit is veral Heinrich Bullinger (en Zacharias Ursinus) se verbondsleer wat bepalend was vir die Voortrekkers se verbondsbeskouing. Hulle het die Bybel soos volg verstaan:-

  • die Bybelse geskiedenis van Israel is ook vir ons in die Nuwe Testamentiese tyd ‘n leerskool;
  • God se wet en sy beloftes aan Israel is vandag nog steeds op ‘n Godvresende volk van toepassing;
  • die gesin; die familie en die volk het, as verbondsboublokke, Godgegewe hiërargiese strukture waaroor staat en kerk nie seggenskap het nie.[7] Hierdie behoueringsisteme moet ‘n gunstige omgewing skep vir die ware geloof om in te gedy. Hieruit volg ook dat gelowiges geroepe is tot verset – ook in volksverband, wanneer die owerheid nie volgens sy Goddelike opdrag regeer nie en sy perke oorskei.
  • God se verbond met ons is steeds dieselfde as met Israel, net met ‘n ander bediening, naamlik dat Christus die volmaakte offer vir gelowiges gebring het;
  • die verbondsvolk staan steeds kollektief in verhouding tot God.

Die Voortrekkers het dan ook baie ooreenkomste gesien tussen hulle en Israel van ouds. Voor die gelofte van Bloedrivier hou Sarel Cilliers ‘n diens en preek oor Josua en Israel se oorloë.

Die streng godsdiensbeskouing het dan ook hulle lewensbeskouing gerig en, hoewel steeds sondige mense, het dit ook hulle lewenswandel bepaal. Verder was die lewe aan die Oosgrens en veral die lewe van die Voortrekkers ‘n pionierslewe en is gekenmerk deur ontbering en gevaar. Hierdie faktore het meegebring dat die Voortrekkers gedurig bewus was van hulle afhanklikheid van God – en ook van Sy teenwoordigheid en van Sy groot krag – nie alleen op geestelike gebied nie, maar ook in die alledaagse lewe.

Die Gereformeerde Godsdiensbeskouing van die Voortrekkers was ook bepalend vir hulle optrede teenoor vreemdelinge. Hulle het naamlik altyd vrede en goeie buurmanskap nagestreef, maar was sterk gekant teen rasvermenging. Hulle het ook ‘n ‘Voortrekkermanifes’ opgestel, waarin hulle onder andere die volgende beginsels gestel het:-

  • Ons sal die beginsel van ware vryheid handhaaf;
  • Ons sal niemand in slawerny hou nie;
  • Ons sal geen volk molesteer nie en niemand sy eiendom ontneem nie. As ons egter aangeval word, sal ons ons persoon en eiendom teen enige vyand verdedig.
  • Sover dit van ons afhang, sal ons in vrede en vriendskap met alle ander volke leef;
  • Ons gaan ons in ‘n woeste en gevaarlike gebied vestig, maar ons vertrou op ‘n alsiende, regverdige en genadige God. Ons sal Hom altyd vrees en in nederigheid probeer gehoorsaam.

Ingevolge hul Godsdiensbeskouing was hulle deeglik bewus daarvan dat hulle sondige mense was wat niks het om op te roem nie, maar ook dat hulle deur die uitverkiesing geroepe is om Gods eer te dra en te verkondig – ook aan ander volke.

Ook die Gelofte van Bloedrivier getuig van hulle suiwer Bybelse perspektief van volslae afhanklikheid van, en ‘n vaste vertroue in God. Hulle perspektief kan saamgevat word in die woorde van Spr 21:31 Die perd word reggemaak vir die dag van die geveg, maar die oorwinning is deur die HERE.

Treffend is ook hoe hulle sterk vryheidsideaal getemper is deur hulle onderwerping aan die wil van God en die bede dat Sy wil geskied.

Lugtenburg beskryf die Voortrekkerlewe as:-

  • “eenvoudig, met eenvoudige klere en meubels;
  • ingerig volgens Gods Woord;
  • die kondisie van hul vee is bepalend vir hul welstand; en
  • geluk is ‘n goeie vrou en ‘n lewendige klompie kinders.”

Gedurende die 18e en 19e eeu het die Liberalisme van die Franse Rewolusie die Nederlande oorspoel en ook die teologie besmet. Hierdie besmetting het ook die Kaapse Kerk beïnvloed. Deur die beskikkende hand van ons Heer het die Groot Trek juis in hierdie tyd plaasgevind toe Liberalisme die kerk en sosiale lewe aan die Kaap oorspoel het. Dit het meegebring dat die Voortrekkers gebly het by die leer van “de oude schrijwers”.

Intussen het die Liberalistiese beginsels van vryheid, gelykheid en broederskap subtiel sy weg gevind tot in die Nederlandse Gereformeerde kweekskole en kerke. Dit het gelei tot ‘n vervlakking en ‘n vergeesteliking van die godsdiens. Dit het geen ruimte gelaat vir die Bybelse leer van die verbond nie. Dit het die godsdiens vergeestelik en verskraal tot ‘n eendimensionele godsdiens waar die mens sentraal staan en al wat belangrik is, is die mens se saligheid. So het die nuwe sendelinge en predikante in die Kaap God se verbondstrukture misken en gelykstelling en vermenging van rasse bevorder.

Vóór die Groot Trek het dit alreeds konflik veroorsaak tussen die Boere aan die Oosgrens en die Liberale regering aan die Kaap, sowel as met die Liberale sendelinge en predikante. Hierdie konflik was trouens ‘n belangrike oorweging om uit die Kolonie[8] te trek. Met die Groot Trek was die Kaapse Kerk dan ook só vyandiggesind teenoor die Voortrekkers dat hulle almal onder sensuur geplaas het en geweier het om hulle van predikante te voorsien. Die Voortrekkers het hulle aan die kerkordelike reëling onderwerp wat bepaal het dat slegs geordende predikante die sakramente mag bedien. Dit het groot ontwrigting meegebring omdat daar selde ‘n predikant besoek afgelê het. Omdat die Voortrekkers gedink het hulle is afhanklik van predikante, het hulle dan ook versoeke aan die Nederlandse Kerk gestuur om aan hulle predikante te voorsien. Uiteindelik het die Nederlandse Kerk aan die versoeke gehoor gegee. Maar ongelukkig was die predikante wat hulle gestuur het, reeds besmet met Liberalisme. Dit het tot groot konflik en ongelukkigheid gelei en uiteindelik selfs tot kerkskeuring. Ouderling JJ Venter het selfs in 1858 aan die Kerk in Nederland geskryf dat ‘n gedeelte van die gemeente van Bloemfontein en mense uit die Kaapkolonie self ‘n leraar sou onderhou wat weer die leer soos Smytegelt, Mel, á Brakel, Van Leeuenaarde en “diergelijke geestelijke schrijwers” verkondig. Hy het selfs al sy goedere verpand as ‘n waarborg vir die traktement van die predikant, indien hy maar net weer “in Godshuijs met vreugde kan gaan”. Ook die Skotse kerk het hulle oor die Voortrekkers ontferm en predikante gestuur. Die meeste van hulle het die leer ongelukkig ook nie suiwer verkondig nie en dit het tot verdere verwarring en konflik gelei. Trouens, die Voortrekkers se godsdiensbeskouing was ‘n doring in die vlees van die Liberale predikante. Hulle het die Voortrekkers beskuldig van fatalisme; fundamentalisme; en ‘n Ou-Testamentiese geloof. So was ds Dirk van der Hoff geskok omdat “het grootste gedeelte sweert bij á Brakel en Hellenbroek”. Die redelike Godsdiens waarvan Hellenbroek getuig is immers dat ons hele lewe ‘n welgevalle offer aan God moet wees[9] – vandaar die Voortrekkers se beskouing van volle toewyding aan God – ook in die alledaagse lewe.

Net soos in die tyd van die profete; in die tyd van Jesus op aarde; en in die tyd van die Hervorming, was dit dus ongelukkig juis die hoofstroom teoloë en predikante[10] wat verantwoordelik was vir die afvalligheid wat gedurende die laaste deel van die 19e eeu ingetree het.


[1] 1566-1609

[2] Skeldnaam vir die Nederlanders wat teen Koning Filips van Spanje in opstand gekom het om hulle minderwaardigheid te beklemtoon. Dit het later ‘n erenaam geword vir die vryheidstryders.

[3] “Redelijke Godsdienst”

[4] Veral “Des Christens Heil en Cieraad” en “ Des Christens eenige troost in leven en sterven”

[5] Die uitgebreide “Groot Hellenbroek” of die verkorte “Klein Hellenbroek”

[6] Bekker; Borstius; Broes; Bunyan; Erskine; Groenewegen; Harvey; Immens; Kist; Lasenius; Teellink; Molenaar; Myseras; Newton; Sluijter; Van Alpen; Van der Groe; Ritzema van Lier; Van Lodenstein; en Van Niel.

[7] Dit staan bekend as die federale struktuur van die verbond

[8] Die Kaapkolonie wat onder Britse beheer was.

[9] Rom 12:1

[10] Hulle was in daardie tyd ‘priesters’, ‘skrifgeleerdes’ en ‘fariseërs’ genoem.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2641 gaste aanlyn