Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons hoor so dikwels iemand getuig van God of van sy Wonderdade. Indien so 'n getuienis meer tot eie eer van die persoon strek (wat dikwels die geval is omdat mense so graag hulle eie beuel blaas) as wat dit 'n opregte getuienis oor ons Lewende Drie-enige God is, is dit eerder 'n subtiewe wyse van laster.
DWALING VAN DIE NUWE APOSTOLIESE HERLEWING (1)
Ds Andrè vd Berg
Lees reeks by Nuwe Apostoliese Herlewing
Inleiding
Christus gee aan gelowiges die opdrag om sout van die aarde en lig van die wêreld te wees (Mt.5:13-16). Dit geld ook vir kerke. Ongelukkig het talle teologies naïewe hoofstroomkerke die Bybelse waarheid al so versaak, dat hulle soutloos en laf geword het. En waar dit gebeur, word ruimte vir skadelike leerstellings geskep en die heilige akker besmet.
Die Bybel waarsku telkens teen godsdienspraktyke wat op die oog af goed lyk, maar dodelik vir die siel is. Soos wat die verbode vrug vir Eva goed gelyk en sy oortree het, eksperimenteer mense vandag nog steeds met booshede in godsdienstige verpakkings.
“Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang deur die geveinsdheid van leuenaars wat gebrandmerk is in hulle eie gewete” (1 Tim.4:1,2).
Die laaste afval waarvan Paulus in 2 Thess.2:3 skryf, is in volle swang. Al hoe meer valse leraars vind hul weg na podiums, kansels en kateders. Dis ʼn era van massaverwarring met Satan aan die spits:
“Ons weet dat ons uit God is en die hele wêreld in die mag van die Bose lê” (1 Joh.5:19).
1. Ontstaangeskiedenis
1.1 Verwarde denke
Die Nuwe Apostoliese Herlewing (NAH) is een van die skadelikste dwalings van alle tye. Dit is in Mei 1996 tydens ʼn nasionale samespreking van die Post Denominational Church o.l.v. Peter Wagner, ʼn dosent aan die Fuller Teologiese Skool (VSA), gestig. Hy het die ontstaan as ʼn geskiedkundige oomblik beskryf; die Christendom se eerste treë na die laaste hervorming.
Wagner hetdie Christendom van die versuim om die apostel-amp te onderhou aangekla en geëis dat dit as die fondament van die kerk erken en in ere herstel word. Kerke wat dit herstel,sou glo met die grootste godsdiensherlewing in menseheugenis geseën word, selfs groter as dié van die 16de eeuse Hervorming!
Die NAH ag hulle geroepe om die Christendom met die nodige herstel te helpen daarmee die koninkryk van God sigbaar op die aarde te laat verwesenlik. Hulle eis dat die vyfledige bedieningspatroon van die eerste kerk herstel word en beroep hul op Paulus se skrywe aan die Efesiërs:
“...gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is, in wie die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys tot ’n heilige tempel in die Here in wie julle ook saam opgebou word tot ’n woning van God in die Gees” (2:20,21)
“En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars, om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus” (4:11).
1.2 Niks is nuut nie
Die meeste van die moderne sektes is herlewings van vroeëre dwalings. So is die NAH bv. ʼn herlewing van die eertydse Herdersbewegings wat kerke tot vuriger optredes opgeroep het. Kerke moes wonderwerkvaarte onderneem en onderlinge geestelike oorlogsgesprekke voer. So het Thomas Campbell bv. die Restoration Movement in die 1800’s gestig wat hul geroepe geag het om die kerk op die model van die eerste Christenkerk te skoei maar helaas geen hond haaraf gemaak nie. So ook nie die ultra Spadereën (Blourokke) groepe van die 1940’s en 90’s nie.
Die aandrang op die ampsherstel van apostels en profete dateer selfs vroeër met die stigting van die okkulties-kabbalistiese Philadelphia Society in 1679. Aanhangers het geglo dat die siele van uitsonderlike OT gelowiges in hul nageslagte gereïnkarneer sou word om aan die Christendom leiding te gee.
vervolg...