NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons wat in hierdie NSA so woedend kan word oor alles wat verkeerd is moet daarteen waak om dit in ons huise in te dra. Wees verdraagsaam teenoor diegene wat jy liefhet: "As julle kwaad word, moenie sondig nie, en moenie 'n dag kwaad afsluit nie." Ef 4:26

BRIEWE UIT DIE HEMEL (3)

Ds Andrè van den Berg

Aan Pergamus

“....Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die verborge manna, en Ek sal hom gee ’n wit keursteen..... (vers 17).

Nadat die koerier die tweede brief in Smirna afgelewer het, is hy noord na Pergamus waar ʼn Christengemeente was; baie anders as enigeen van die twee voriges. Pergamus was die hoofstad van die Romeinse owerheid in Klein-Asië met drie afgodstempels waarvan die fondament van die grootste een vandag nog besigtig kan word en in Jesus se oë die simboliese aardse blyplek van die Satan was: “Ek ken jou werke en die plek waar jy woon, waar die troon van die Satan is....” (vers 13).

Gelowiges het langsaan hierdie groot tempel ʼn kerk gebou sodat die koerier ʼn ongewone adres gehad het om die brief by af te lewer. Dit het gelees: Die Christenkerk langsaan die troon van die Satan, Pergamus.

Die Romeinse ryk het godsdiensvryheid toegelaat op voorwaarde dat elke burger benewens sy eie godsdiens minstens eenmaal per jaar ook aan keiseraanbidding (staatsgodsdiens) moes deelneem deur in een van die afgodsstempels wierook te brand en uit te roep: “Die keiser is God!”. Wie geweier het, is vervolg.

Vir Christene was dit ʼn reuse probleem omdat God alleen aanbid moes word. Die Tien Gebooie is duidelik daaroor. Toe Christene weier om die keiser te vereer, is dit as opstand beskou en het vervolgings begin.

Die eerste aanduiding hiervan is in vers 13: “.....En jy hou vas aan my Naam en het die geloof in My nie verloën nie, selfs in die dae waarin Ántipas my getroue getuie was, wat gedood is by julle waar die Satan woon”. Van Antipas weet ons niks nie. Die kerkgeskiedenis swyg oor hierdie martelaar; die enigste een wat Jesus by die naam noem.

Dat ʼn gemeente in Pergamus kon ontstaan,is byna ondenkbaar. Dit was alles slegs moontlik omdat gelowiges aan die Naam van Jesus bly vashou en in die geloof volhard het. Wat ʼn voorbeeld is hulle nie vir gelowiges onder ʼn heidenhiel nie! Moenie vir die godvyandige wêreld vlug nie want dis presies wat die Satan wil hê.   Staan vas in die geloof en staan op vir jou geloofsbeginsels.

Die geskiedenis van die Christendom begin met die Romeinse keiser as Satan se verteenwoordiger op die aarde. Dit gaan ook so eindig met sy verteenwoordiger, die Antichris. Ten spyte van die vervolging het die Pergamus-gemeente sterk gestaan en weerstand teen die bose gebied. Vandaar die bemoedigende woorde van Jesus: “Ek ken jou werke en die plek waar jy woon....” (:13).

Jesus ken ons omstandighede; die dinge wat skadu’s op ons lewenspad werp en waaroor ons moet heers en nie toelaat dat dit ons oorheers nie. Jesus se teenwoordigheid is oor ons, om ons en by ons. Hy gee ons ʼn belofte: En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld” (Mt.28:20). Jesus skort nie sy beloftes op as gelowiges in moeilike omstandighede beland nie.

Dit was vir gelowiges in Efese en Smirna makliker om hul geloof uit te leef want hulle was ʼn redelik veilige afstand van die troon van die Satan af. In Pergamus het gelowiges op die voorstoep daarvan gewoon. Hulle geloof moes in ʼn omgewing deurweek van afgodery, onsedelikheid en ergerlike sonde oorleef.

God weet egter wie om in moeilike omstandighede te plaas en wie nie. Vir sommige gelowiges gee Hy ʼn Efese-lewe, vir ander ʼn Smirna-lewe en vir ander ʼn Pergamus-lewe.   Is jy miskien een van laasgenoemde? Moenie kla nie. Jy is eintlik bevoorreg want as jy Een wil volg wat deur die wêreld gekruisig is, moet jy self verwag om gekruisig te word!

Die gemeente in Pergamus het ook onder dwaalleer deurgeloop. Vers 14: “Maar Ek het enkele dinge teen jou: dat jy daar mense het wat vashou aan die leer van Bíleam wat Balak geleer het om ’n struikelblok voor die kinders van Israel te werp, naamlik om afgodsoffers te eet en te hoereer”.

Dit blyk dat die plaaslike kerk t.w.v. openbare aanvaarbaarheid sekere heidengebruike toegelaat het. Dis doodsake vir ʼn kerk. As ʼn kerk die pinkie vir die Satan gee, vat hy die hand. Die Nikolaïete het weer met ʼn hiërargiese kerkstruktuur gedwaal; ʼn mensgerigte kerkbeleid wat twee eeue later die fondament van die Roomse Kerk sou vorm.

In die teksvers belowe Jesus twee dinge aan die gemeente. “Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die verborge manna, en Ek sal hom gee ’n wit keursteen, en op dié steen ’n nuwe naam geskrywe wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvang” (:17).

Die wit keursteen verwys moontlik na ʼn gebruik van die Griekse regters in kriminele sake as hulle ʼn moeilike beslissing moes maak. Dan het hulle ʼn wit en swart klippie in ʼn kruik gegooi, geskud en een uitgehaal. Die witte het onskuld en die swarte skuldig aangedui. En dit het niks met rassisme te doen gehad nie!

Nog ʼn moontlike verklaring vir die wit klippie was ʼn gebruik onder die inwoners van Tracië om vir elke dag van hul lewe ʼn klippie in ʼn kruik te gooi. As dit ʼn goeie dag was, is ʼn witte ingegooi en vir ʼn slegte een ʼn swarte. Na so ʼn persoon se dood het die naasbestaandes die kruik gebreek en die klippies getel. As die wittes die meerderheid was, het die persoon ʼn gelukkige lewe gehad en anders om. Watter kleur steentjies maak die meeste in jou lewenskruik uit?

Jesus sê vir Pergamus dat hy vir hulle die wit steentjie sal gooi en van ʼn nuwe naam voorsien wat slegs die draer daarvan sal ken. En wat meer is, dat hy met die wederkoms van Christus by die groot feesmaal sal aansit en van die verborge manna eet sonder om ooit weer honger of dors te kry.

Die nuwe naam op die wit steentjie is sodanig dat net die besitter dit sal weet. Dis soos die verborge manna dinge wat tot die ewigheid behoort. Paulus skryf: “...maar soos geskrywe is: Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van ’n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet” (1 Kor.2:9).

Wil jy graag ʼn nuwe naam hê en van die verborge manna eet? Maak dan baie seker dat jy Jesus as Verlosser leer ken terwyl jy lewe. Jy kan nie na die dood terugkeer om dinge reg te maak wat nagelaat is nie.

Vergeet jou moeilike lewensomstandighede, gesondheidskwale of wat ook al ʼn demper op jou lewe plaas. Dis van minder belang. Hou jou oog op Hom wat vir sy kinders ʼn feesmaal voorberei en ʼn wit keursteen sal gee - gered deur die bloed van Christus. Dis die enigste toegangskaartjie na die hemel. Moenie die lewe daarsonder verlaat nie!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1963 gaste aanlyn