NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

En dink aan ju Skepper in die dae van jou jonkheid voordat die ongelukkige dae kom en die jare aanbreek waarvan jy sal sê: Ek het daar geen behae in nie – Prediker 12.

DIE HEMEL IS WERKLIK (2)

Todd Burpo

Lees reeks by Die hemel is werklik

PASTOOR JOB

In die volgende vertrek het ons rye akwariums en onderdak-"getypoele" aangetref. Ons het tussen die uitstallings rondgeloop en ons verkyk aan die seesterre, weekdiere en see-anemone wat soos onderwaterbloeisels gelyk het. Cassie en Colton het ge-oe en ge-aa terwyl hulle hul hande in mensgemaakte getypoele gesteek het en aan diertjies geraak het wat hulle nog nooit vantevore gesien het nie.

Volgende het ons 'n massiewe atrium betree wat oorlopens toe vol was met oerwoudblare, rankplante en takke wat opgeklim het na die hemel. Ek het die palmbome en eksotiese blomme wat gelyk het of dit uit een van Colton se storieboeke kom, ingeneem. En reg rond­om ons het massas skoenlappers gedraai en gefladder.

Terwyl die kinders die plek verder ondersoek het, het ek teruggedink aan die vorige somer: Ek en Sonja het soos elke jaar deelgeneem aan 'n gemengde sagtebal-liga. Ons het gewoonlik in die topvyf geëindig, alhoewel ons in die "oumens-span" gespeel het - laat ek net verduidelik: mense in hul 30's wat dit uitspook teen spanne universiteitstudente. Dit het my nou as ironies getref dat ons gesin se sewe maande lange foltering begin het met 'n besering in die laaste wedstryd van ons laaste toernooi van die 2002-seisoen. Ek was binneveldspeler en Sonja was buiteveldspeler. Teen daardie tyd het Sonja haar meestersgraad in Biblioteekkunde verwerf en was sy vir my nog mooier as die eerste keer wat ek haar gesien het as eerstejaarstudent wat oor die plein van die Bartlesville Wesleyan College gestap het.

Die somer was amper verby maar die doodsnikke het gepaardgegaan met versengende hitte en 'n dors na reën. Ons het vanaf Imperial na die dorpie Wauneta gery vir 'n dubbele eliminasietoernooi. Om en by middernag het ons baklei om teen die ranglys op te klim terwyl ons onder die blouwit gloed van die spreiligte gespeel het.

Ek onthou nie wat die telling was nie, maar ek onthou ons was naby aan die einde van die wedstryd en die wentelling was binne bereik. Ek het geslaan en tot by die tweede bof gevorder. Ons volgende kolwer het op die veld gekom en die bal geslaan tot in die middelveld. Ek het my kans gesien. Terwyl 'n buiteveldwerker gehol het om die bal te kry, het ek genael na die derde bof.

Ek kon aanvoel dat die bal op pad was na die binne- veld.

Ons derdebof-afrigter het vervaard beduie: "Gly! Gly!"

Met adrenalien wat deur my are pomp, het ek neergeval en die rooi grond onder my linkerheup voel skuur. Die ander span se derdebofspeler het sy handskoen uitgesteek om die bal te vang en -

Kraak!

Die geluid van my been wat breek, was so hard dat ek my kon voorstel hoe die bal van die buiteveld ingevlieg het en my getref het. Die pyn het deur my maermerrie en enkel geskiet. Ek het op my rug geval en in die fetusposisie opgekrul. Toe het ek my knie tot teen my maag getrek. Die pyn was oorweldigend en ek onthou hoe die stof rondom my in 'n warboel bene, en toe bekommerde gesigte verander het. Twee van ons spelers, beide paramedici, het my te hulp gesnel.

Ek onthou vaagweg dat Sonja haar na my gehaas het om te kom kyk. Ek kon aan haar gesigsuitdrukking sien dat my been op 'n onnatuurlike manier gebuig was. Sy het teruggestaan sodat ons paramedici-vriende aan die werk kon spring. Na 'n 30 kilometer lange rit hospitaal toe het X-strale 'n paar slegte breuke onthul. Die tibia, of skeenbeen, het wat dokters 'n "spiraalbreuk" noem, opgedoen. Dit beteken dat elke eindpunte van die gebreekte been gelyk het asof dit letterlik "afgedraai" was. My enkel was ook gebreek. Dis waarskynlik wat ek gehoor het. Ek het later uitgevind dat die kraakgeluid so hard was dat die mense op die pawiljoen by die eerste bof dit kon hoor.

Daardie geluid het in my gedagtes herspeel terwyl ek en Sonja gekyk het hoe Cassie en Colton voor ons uittrippel in die atrium van die Butterfly Pavilion. Die kinders het op 'n bruggie gaan staan en gesels en beduie by 'n koi- dam. Massas skoenlappers het om ons gesweef en ek het na die brosjure gekyk wat ons by die voorhek gekoop het om te sien of ek die skoenlappers se name kon lees. Daar was bloumorfovlinders met donkerblougroen vlerke, swart-en-wit-ryspapiervlinders wat stadig en saggies gevlieg het soos koerantuitknipsels wat deur die lug dobber, en 'n tropiese skoenlapper met vlerke wat dieselfde kleur is as 'n ryp mango.

Op hierdie tydstip was ek maar net te bly om uiteindelik nie meer mank te loop nie. Benewens die ontsettende pyn van die spiraalbreuk, was die mees onmiddellike gevolg van my ongeluk die finansiële terugslag.

Dis nogal moeilik om met lere op en af te klim om motorhuisdeure te installeer met vyf kilogram gips en 'n knie wat nie kan buig nie. Ons bankbalans het vinnig en skielik agteruitgegaan. Op 'n leraar se salaris het die bietjie wat ons gespaar gehad het binne weke verdamp. Intussen het ons inkomste halveer.

Die pyn het egter verder gestrek as die geld. Ek het ook gedien as vrywilliger-brandweerman en hoërskool-stoeiafrigter, verpligtings wat in die slag gebly het weens my afbeen. Sondae was ook 'n uitdaging. Ek is een van daardie leraars wat heen en weer loop tydens 'n diens. Hoegenaamd nie 'n bulderende, vuur-en-swael-ou nie, maar ook nie 'n leraar wat op een plek staan en saggies liturgiese lesings gee nie. Ek is 'n storieverteller, en om stories te kan vertel, moet ek kan rondbeweeg. Maar nou moes ek sittende preek met my been op 'n tweede stoel geprop. Om van my te vra om sittende die Sondagpreek te lewer, is soos om van 'n Italianer te vra om te praat sonder om sy hande te gebruik. Maar so moeilik as wat die ongerief van my besering was, so min het ek geweet dat dit maar die eerste domino sou wees wat val.

Een oggend in Oktober - net toe ek gewoond geraak het aan die gehinkery op krukke - het ek wakker geword met 'n dowwe klopping in my lae-rug. Ek het onmiddellik geweet wat die probleem was: nierstene.

Die eerste keer toe ek 'n niersteen gehad het, was dit ses millimeter lank en moes ek geopereer word. Dié keer, na 'n klompie toetse, het die dokters besluit dat die stene klein genoeg was om uit te skei. Ek weet egter nie of dit noodwendig 'n goeie ding was nie: Ek het dit drie dae lank uitgeskei. Eenmaal het ek my middelvinger in 'n kardeur toegeslaan en die punt van my vinger verloor. In vergelyking hiermee was daardie vingerverloordery 'n vakansie. Selfs toe my been in vier stukke gebreek het, het ek nie dié hoeveelheid pyn ervaar nie.

Nogtans het ek oorleef. Teen November het ek al drie maande op krukke gewaggel en dit was tyd vir 'n opvolgbesoek.

"Die been is besig om reg aan te groei, maar ons moet dit nog in gips hou," het die ortopeed gesê. "Is daar nog iets wat pla?"

Om die waarheid te sê, was daar. Ek het 'n bietjie simpel gevoel om dit te noem, maar daar het 'n knop ontwikkel aan die linkerkant van my bors, net onder die oppervlak van die tepel. Ek is regshandig en het baie op my linkerkruk geleun terwyl ek geskryf het. Dus het ek gedink die kussinkie op die kruk het dalk oor die weke teen my bors geskuur en 'n soort irritasie onder die vel veroorsaak, iets soos 'n eelt.

Die dokter het onmiddellik dié moontlikheid uitgesluit. "Krukke maak nie so nie," het hy gesê. "Ek gaan 'n chirurg bel."

Die chirurg, dr. Timothy O'Holleran, het 'n naaldbiopsie gedoen. Die uitslae wat ek 'n paar dae later ontvang het, het my geskok: hiperplasia. Verduideliking: die voorloper van borskanker.

Borskanker! 'n Man met 'n gebreekte been, nierstene en - kom nou, regtig? - borskanker?

Later, toe ander leraars in die omgewing daarvan te hore kom, het hulle my pastoor Job begin noem, na die man in die Bybelboek Job wat getref is deur 'n string toenemend bisarre simptome. Vir nou het die chirurg egter dieselfde ding aanbeveel wat hy vir 'n vrou met dieselfde biopsie-uitslae sou aanbeveel het: 'n mastektomie.

Sterk, Midde-westelike vrou wat Sonja is, het sy 'n praktiese benadering tot die nuus gevolg. As die dokter chirurgie aanbeveel het, is dit die pad wat ons sou stap. Ons sou daardeur kom as gesin.

Ek het ook so gevoel. Maar ek het ook min of meer toe begin jammer voel vir myself. In die eerste plek was ek moeg daarvoor om te hinkepink op my krukke. Ook is 'n mastektomie nou nie die manlikste chirurgie ter wêreld nie. Om alles te kroon, het ek al 'n geruime tyd die kerkraad gevra om geld weg te sit vir 'n assistent vir my. Eers na die tweede rondte nierstene het die raad ingestem om iemand in die posisie aan te stel.

In plaas daarvan om dankbaar te wees soos ek moes, het ek wrokkig gevoel: So ek moet kreupel wees en op die randjie van 'n kankerdiagnose voor ek 'n bietjie hulp hier rond kry?

Een middag het my bejammeringspartytjie regtig mo­mentum gekry. Ek was onder op die eerste vloer van die kerkgebou, eintlik 'n tipe kelder, waar ons 'n kombuis, klaskamer en groot bymekaarkom-area gehad het. Ek was net klaar met my papierwerk en het begin om die trappe op te sukkel met my krukke. Onder, op die eerste trap, het ek begin kwaad word vir God.

"Dis nie regverdig nie," het ek hardop gekla terwyl ek treetjie vir treetjie, een kruk op 'n slag, die trappe aangedurf het. "Ek moet swaarkry en in hierdie miserabele toestand verkeer voor hulle vir my die hulp gee wat ek al lankal nodig het."

Ek het redelik selfvoldaan in my martelaarskap ge­voel, en net toe ek die boonste trap bereik, het 'n klein, stil stem in my hart gepraat: En wat het my Seun vir jou gedoen?

Vol berou en beskaamd oor my selfsug het ek onthou wat Jesus aan sy dissipels gesê het naamlik dat 'n leerling nie hoër as sy leermeester en 'n slaaf nie hoër as sy eienaar is nie-" (Matt. 10:24). Toegegee, ek het 'n rowwe paar maande agter die rug gehad, maar dit was niks in vergelyking met wat baie ander mense deurgemaak het nie - selfs op daardie oomblik. God het my geseën met 'n groepie gelowiges en my die opdrag gegee om hulle te dien en hul herder te wees, en hier was ek besig om by God te kerm omdat daardie gelowiges my nie wou dien nie.

"Here, vergewe my," het ek gesê en voortbeweeg met hernude krag, asof my krukke arendsvlerke was.

Die waarheid was dat my kerk my wel bedien het. Hulle het my liefgehad deur spesiaal 'n tyd van gebed aan my af te staan. Een oggend aan die begin van Desember het dr. O'Holleran my gebel met vreemde nuus: nie net was die weefsel goedaardig nie; dit was ook totaal normaal. Normale borsweefsel. "Ek weet nie hoe dit moontlik is nie. Die biopsie het beslis hiperplasia getoon, so ons het verwag om dieselfde te vind in die borsweefsel wat tydens die mastektomie verwyder is. Maar die weefsel was doodnormaal. Ek weet nie wat om te sê nie. Ek weet nie hoe dit gebeur het nie."

Ek het geweet: God het my liefgehad deur 'n wonderwerkie.


Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1969 gaste aanlyn