NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wee jou o land, as jou koning 'n kind is, en as jou vorste in die môre vroeg maaltyd hou. Gelukkig is jy, o land, as jou koning 'n edele is, en as jou vorste op die regte tyd maaltyd hou soos manne en nie soos drinkers nie – Prediker 10

DIE HEMEL IS WERKLIK (23)

Todd Burpo

Lees reeks by Die hemel is werklik

ALI SE OOMBLIK

Na Colby se geboorte het ek en Sonja uitgevind die dinamika van kinders oral met ons saamneem, het verander. Dit was drie teen twee en ons was in die minderheid. Ons het besluit dit was tyd vir 'n gereelde babawagter en het 'n baie verantwoordelike, volwasse graadagt genaamd Ali Titus aangestel om na die kinders te kyk. Op Maandagaande het ek en Sonja steeds sagtebal gespeel vir die "oumens-span", al was my glydae verby.

Een Maandagaand in 2005 het Ali vir Cassie, Colton en Colby kom oppas sodat ons kon gaan sagtebal speel. Ons het teen omtrent 22:00 weer voor die huis stilgehou. Sonja het solank ingegaan om te kyk hoe dit met Ali en die kinders gaan terwyl ek die garage toegesluit het vir die nag. Ek het dus eers 'n paar minute na die tyd uitgevind wat in die huis gebeur het.

 

Die deur van die garage na die huis het uitgeloop in die kombuis en toe Sonja by die deur inloop, het sy Ali by die wasbak aangetref. Sy was besig om skottelgoed te was ... en het gehuil.

"Ali, wat is fout?" het Sonja gevra. Het iets Ali gepla of het daar iets met die kinders gebeur?

Ali het haar hande afgedroog. "Um, ek weet nie hoe om dit te sê nie, mevrou Burpo," het sy begin. Sy het na die vloer gekyk en geweifel.

"Toemaar, Ali," het Sonja gesê. "Wat is dit?"

Ali het met oe vol trane opgekyk. "Ek is baie jammer om dit te vra, maar ... het Mevrou 'n miskraam gehad?"

"Ja, ek het” het Sonja verras geantwoord. "Hoe weet jy daarvan?"

"Um ... ek en Colton het 'n bietjie gepraat."

Sonja het Ali genooi om by haar op die bank te gaan sit en haar te vertel wat gebeur het.

"Dit het alles begin toe ek Colby en Colton in die bed gesit het," het Ali vertel. Cassie het ondertoe gegaan na haar kamer toe en Ali het Colby sy bottel gegee en hom in sy bababed gesit op die boonste verdieping. Toe het sy met die gang af gestap om Colton te gaan nag sê voor sy na die kombuis gekom het om te kom opruim. "Ek het net die wasbakkraan toegedraai, toe ek Colton hoor huil het."

Ali het Sonja vertel dat sy na Colton se kamer toe ge­gaan het en hom aangetref het waar hy regop op sy bed sit, met trane wat oor sy wange loop.

"Wat's fout, Colton?" het sy gevra.

Colton het gesnuif en sy oë afgevee. "Ek verlang na my sussie," het hy gesê.

Ali se sy was verlig dat daar 'n oënskynlik maklike oplossing vir die probleem was. "Oukei, moet ek haar gaan haal vir jou?"

Colton het sy kop geskud. "Nee, ek verlang na my ander sussie."

Nou was Ali deurmekaar. "Jou ander sussie? Jy het net een sussie en een boetie, Colton. Cassie en Colby, onthou jy?"

"Nee, ek het nog 'n sussie," het Colton verduidelik.

"Ek het haar gesien. In die hemel." Toe begin hy weer huil. "Ek verlang vreeslik na haar."

Terwyl Ali die deel van haar storie aan Sonja vertel het, het haar oë weer vol trane geskiet. "Ek het nie geweet wat om te sê nie, mevrou Burpo. Hy was so hartseer. Toe vra ek hom wanneer hy hierdie ander sussie gesien het."

Colton het aan Ali vertel: "Toe ek klein was, is ek geopereer en ek het hemel toe gegaan en my sussie ge­sien."

Toe het Colton weer begin huil, die keer harder. "Ek weet nie hoekom my sussie dood is nie. Ek weet nie hoekom sy in die hemel is en nie hier nie."

Ali het langs Colton op die bed gesit, in haar eie woorde "geskok". Dit was definitief nie een van die normale "in geval van nood"-situasies op 'n babawagter se lys nie. Normale situasies was: (1) wie om te bel as daar 'n brand ontstaan; (2) wie om te bel as 'n kind siek word. En nie: (3) wie om te bel as 'n kind 'n bonatuurlike ervaring rapporteer nie.

Ali het geweet Colton was 'n paar jaar vantevore baie siek en dat hy in die hospitaal was. Maar sy het nie geweet wat in teater gebeur het nie. Sy het dus geen idee gehad wat om te sê toe Colton onder sy kombers uitgekruip en op haar skoot gaan sit het nie. Toe het sy maar net saam met hom gehuil.

"Ek verlang na my sussie," het hy weer gesê en met sy kop teen Ali se skouer gelê.

"Toemaar, Colton," het Ali getroos. "Alles gebeur vir 'n rede." En so het hulle bly sit. Ali het Colton gewieg tot hy homself in haar arms aan die slaap gehuil het.

Toe Ali haar storie klaar vertel het, het Sonja haar 'n drukkie gegee. Ali het ons later vertel dat sy vir die volgende twee weke nie kon ophou dink aan wat Colton haar vertel het, en aan hoe Sonja bevestig het dat Colton voor sy operasie niks van die miskraam geweet het nie.

Ali het in 'n Christenhuis grootgeword, maar ook soos so baie van ons getwyfel oor sekere dinge. Byvoorbeeld: Hoe weet ons dat enige geloof regtig verskil van al die ander? Maar Colton se storie oor sy sussie het haar geloof in Christus versterk, het Ali gesê. "Toe hy die dogtertjie se gesig beskryf ... dit was nie iets wat 'n sesjarige seuntjie kon uitdink nie” het sy aan ons gesê. "Wanneer ek nou twyfel, onthou ek net Colton se gesig en die trane oor sy wange terwyl hy my vertel het hoe hy na sy sussie verlang."

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1977 gaste aanlyn