NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Dis nutteloos om met mense wat voortdurend strydlustig is iets te doen te hê. Paulus het aan Titus gesê om hom van sulke mense te onttrek na een en nie meer as 'n tweede vermaning nie. Sulke mense verwek partyskap, twis en haat, en is op die verkeerde pad met hierdie sonde waarin hulle selfveroordelend staan. Ons moet met hulle niks te doen hê nie.

STUDIE- HANDLEIDING – MATTEUS 19

’n Studiehandleiding by die lees van die Nuwe Testament

Die Evangelie van Matteus

Anita Joubert

Matteus 19:1-9 Jesus hanteer in hierdie gedeelte ’n kwessie wat net soos vandag nog, ook in sy tyd ’n brandende vraagstuk was, naamlik egskeiding. Daar was geen ooreenstemmigheid oor hierdie aangeleentheid onder die Fariseërs nie, en hulle het voortdurend probeer om vir Jesus in sulke strydvrae te betrek. Daar was geen ander volk wat meer respek en ontsag vir ’n huwelik gehad het, as die Jode nie. ’n Huwelik was vir hulle ’n heilige verbintenis, waarin hulle nie ligtelik getree het nie. ’n Joodse man moes met ’n maagd, van goeie afkoms, trou. Hy mag nooit ’n ander man se vrou verlei het nie; en hy mag nie met ’n vrou getrou het wat ’n prostituut of ’n slavin was nie. As ’n man sy vrou daarvan wou beskuldig dat sy nie ’n maagd was toe hy met haar getrou het nie, dan moes hy bewys daarvan bring.

As ’n man ’n meisie verlei het wat aan ’n ander man verloof was, en dit het met haar toestemming plaasgevind, dan moes hulle albei doodgemaak word. As dit sonder haar toestemming plaasgevind het, dan moes hy alleen doodgemaak word. Die Joodse huweliks- en reinheidswette was besonder streng; en egskeiding was onaanvaarbaar. In Maleagi 2:16 lees ons: “Die Here die God van Israel sê Hy haat egskeiding.”

Dit wat reg was en dit wat in die werklike lewe gebeur het, het nie altyd hand aan hand geloop nie. Daar was twee baie gevaarlike en vernietigende elemente in die werklike lewe teenwoordig:

  1. In die oë van ’n Joodse man, was ’n vrou net ’n ding. Sy was haar man se besitting en het geen regte gehad nie. Haar ouers het gewoonlik die huwelik gereël terwyl sy nog klein was en dit het dikwels gebeur dat sy met ’n man moes trou wat sy nog nooit eers gesien het nie. Daar was darem sekere veiligheidsmaatreëls in plek, soos dat sy van die man kon skei as hy nie vir haar gesorg het nie. Die man moes ook die bruidskat terugbetaal as hy van sy vrou wou skei oor enige ander rede, as dat sy immoreel opgetree het.
  2. Die proses van egskeiding was gevaarlik maklik gewees. Ons lees in Deuteronomium 24:1 dat ’n man sommer sy vrou kon wegstuur wanneer hy iets onbetaamliks aan haar gevind het. Die enigste sekuriteit wat n vrou gehad het, was dat haar man die bruidskat moes terugbetaal as hy nie kon bewys dat sy immoreel opgetree het nie.

Die rabbi’s het ernstig oor hierdie saak verskil en dit het groot onenigheid onder hulle veroorsaak. Daar was twee rabbynse leerskole, naamlik dié van Shammai en dié van Hillel. Eersgenoemde was van mening dat iets onbetaamliks darem ten minste owerspel moes wees. Die leerskool van Hillel was baie meer liberaal oor die saak en het gesê dat dit enigiets kan wees soos dat die vrou die man se kos verbrand het, of dat sy met los hare in die straat verskyn het. Dit het later so ver gegaan dat die man sommer van sy vrou kon skei as hy ’n mooier vrou raakgeloop het. Die tragedie was, soos wat ’n mens kon verwag, dat die leerskool van Hillel se sieninge die oorhand gekry het.

Dit was dus ’n veelbesproke vraagstuk waaroor die Fariseërs vir Jesus die vraag in vers 3 gevra het. Hy het hulle egter op so ’n manier geantwoord dat dit vir albei partye ’n verstommende verrassing was. In werklikheid het die Fariseërs vir Jesus gevra wat sy gunsteling siening was. Het Hy dié strenger siening van die leerskool van Shammai verkies, of die meer liberale siening van Hillel.

Jesus begin by die verste begin, naamlik die skepping toe Adam en Eva vir mekaar geskep is en vir niemand anders nie. Hulle eenheid was volkome en onbreekbaar, en ’n vooruitskaduing en simbool vir elke getroude paar wat sou kom. In die geval van Adam en Eva, was egskeiding nie net onwenslik nie, dit was geheel en al onmoontlik. Daarmee lê Jesus nie ’n wet neer dat egskeiding verbode is nie, maar ’n beginsel.

Die Fariseërs sien hier ’n punt waar hulle kan aanval, want Moses het dan gesê dat ’n man van sy vrou kan skei as hy iets onbetaamliks aan haar vind (Deut 24:1). Hier was die kans waarvoor die Fariseërs gewag het. As Jesus sê dat Moses verkeerd is, dan beskou Hy Homself verhewe bo Moses wat hulle wetgewer was. Jesus antwoord dat dit wat Moses gesê het, was beslis nie ’n wet nie, maar slegs ’n toegewing, omdat die menslike natuur so verdorwe is. In Genesis 2:23-24 kry ons die ideale situasie wat God oorspronklik bedoel het. Wanneer twee mense met mekaar trou, word hulle so onskeidbaar aan mekaar verbind, dat hulle soos een mens word.

Matteus is die enigste een van die drie sinoptiese Evangelies waarin ons die byvoeging vind in vers 9, waar daar geskryf is dat ’n man van sy vrou, net oor owerspel, mag skei. In beide die Evangelies van Markus (10:11-12) en Lukas (16:18), word egskeiding summier verbied. Barclay is van mening dat die invoeging in Matteus in ’n latere stadium deur die kerk gedoen is. Die volkome eenheid tussen man en vrou, wat deur die simboliek van Adam en Eva se eenheid in Genesis 2:23-24 uitgebeeld word, kan net werklikheid wees wanneer ons aanvaar dat Jesus gesê het dat egskeiding glad nie mag plaasvind nie. Jesus het nie hier ’n wet neergelê nie, maar ’n ideaal. Dit is die ideaal van elke huwelikspaar wat graag hulleself aan God se wil en opdragte wil onderwerp. Die Joodse term vir ’n huwelik, is Kiddushin. Dit beteken “ ’n heilige toewyding”. Dit is dieselfde woord wat gebruik is wanneer iets aan God toegewy of oorgegee is en dit dan sy absolute besitting is. Dit het beteken dat ’n man dan in die huwelik aan sy vrou toegewy is en die vrou aan haar man, net soos wat ’n offer aan God behoort het. Dit is waarom Jesus in vers 5 gesê het dat ’n man sy vader en moeder moet verlaat en met sy vrou saamleef en dat hulle een sal wees. Dit is God se ideaal vir elke huwelik, en dit is wat Jesus aan die Fariseërs probeer oordra het.

Alhoewel die seksuele daad ’n baie groot deel van die huwelik is, is dit nie alles nie.’n Huwelik is bedoel dat twee mense alles saam moet doen en dat daar ’n volkome eenwording van twee persoonlikhede moet plaas vind. Baie huwelike word net een lewenslange argument, waar spanning en ongemaklike toegewings en net ’n aanvaarding van mekaar, die norm is. Elkeen gaan soms sy eie gang en die twee deel net dieselfde huis. Dit is geensins die ideaal nie. ’n Huwelik behoort nie ’n mens se lewe te beperk nie, dit behoort dit volkome te maak. Dit behoort ’n nuwe volheid, tevredenheid en vreugde aan twee mense te gee.

Wanneer twee mense nie hierdie eenwording toegelaat het in hulle huweliksverhouding nie, en wanneer die lewe nie meer net maanskyn en rose is nie, wanneer siek kinders en rekeninge ’n probleem is en roetine die glorie van verliefdheid verdof, dan is so ’n huwelik in groot gevaar.

Om mee af te sluit, is dit belangrik om te onthou dat in ’n huwelik, dit nodig is om, soos Paulus skryf in Filippense 2:3, ons niks uit eersug en selfsug moet doen nie, maar dat ons in nederigheid die een hoër moet ag as die ander. Selfsug is die moordenaar van enige mooi verhouding, veral wanneer twee mense in ’n huwelik saamgevoeg is.

Matteus 19:10-12 Jesus se verduideliking van die ideale huwelik, het die dissipels afgeskrik. Die rabbi’s het baie uitsprake oor ongelukkige huwelike gehad. Hulle het onder andere gesê dat ’n man wat ongelukkig getroud was, van die hel gered is, want hy het klaar sy hel op aarde gehad. Hulle het ook gesê dat ’n slegte vrou soos melaatsheid vir ’n man is. Al geneesmiddel daarvoor is om van haar te skei. As daar geen uitkomkans uit so ’n huwelik is nie, dan is dit beter om nie te trou nie. Jesus gee hulle twee antwoorde:

  1. Hy stel dit baie duidelik dat dit nie vir elkeen moontlik is om so ’n situasie te hanteer nie, maar slegs vir hulle aan wie dit vergun word. Slegs ’n toegewyde volgeling van Jesus Christus, het die begeerte om aan Hom en God ons Vader, gehoorsaam te wees en Hom te behaag. Dit is net met die voortdurende hulp en leiding van die Heilige Gees, dat twee Christene ’n ideale huweliksverhouding kan bou. Elke beginsel wat die Bybel vir ons gee, moet ons egter biddend op elke unieke situasie in die lewe toepas. Jesus veroordeel verseker nie hier op ’n wettiese wyse twee mense wat geskei het nie. Egskeiding moet geensins ligtelik opgeneem word soos wat dit in ons hedendaagse samelewing gedoen word nie. As alle fisiese, verstandelike en geestelike hulp egter ingeroep is, en die situasie bly onherstelbaar, of selfs gevaarlik, dan moet dit beëindig word.
  2. Die gedeelte word afgesluit met ’n baie verwarrende gedeelte in vers 12. Die vertalers van 1983-Afrikaanse Vertaling het dit só vertaal, dat dit eintlik heeltemal onverstaanbaar is. In die Grieks-Afrikaanse Interliniêre Bybel, is die Griekse woord eunouchoi gebruik. Dit is presies dieselfde woord wat in Handelinge 8:27 gebruik is en met “ontmande” vertaal is. Jesus onderskei hier tussen drie verskillende soorte mense:
    1. Daar is diegene wat as gevolg van ’n aangebore gebrek, nooit die seksuele daad kan verrig nie.
    2. Daar is ook mans wat doelbewus ontman is. Dit is ’n gebruik wat vir ons westerse samelewing baie vreemd is, maar wat baie dikwels in die antieke tyd plaasgevind het. Bediendes in koninklike paleise, of selfs priesters wat in afgodstempels diens gedoen het, is gekastreer.
    3. Daar was ook mense wat ter wille van hulle roeping om God se koninkryk te help uitbrei, gekies het om romantiese liefde prys te gee. Die wêreld sou ’n baie armer plek gewees het as daar nie diegene was wat gekies het om nie te trou nie en alleen na afgeleë en gevaarlike sendingvelde te reis. Dit is egter in die minderheid en dit is verseker nie iets wat ons letterlik moet opneem nie. Die derde eeuse kerkvader Origines, het dit in sy jong jare gedoen en homself laat gekastreer. Hy het later besef dat hy ’n fout gemaak het. Die tweede eeuse kerkvader, Clement van Aleksandrië, het gesê dat ’n ware ontmande, is nie hy wat nie kan nie, maar hy wat nie toegee aan vleeslike genot nie.

Matteus 19:13-15 Hierdie is een van die mooiste gebeure in die hele evangelie-verhaal. Ons kan vier karakters hier onderskei:

  1. Eerstens is daar die moeders wat hulle kindertjies na Jesus gebring het. Hulle het gesien wat Jesus se hande kon doen: hoedat Hy pyn en ongemak kon aanraak; hoedat Hy blinde oë weer kon laat sien; hoedat Hy vrede aan onstuimige gemoedere kon gee. Geen wonder dat hulle wou hê dat Jesus vir hulle die hande oplê nie. Alhoewel hierdie moeders van Palestina nie baie verstaan het van wie Jesus is nie, het hulle geglo dat ’n aanraking van Hom, vir hulle kinders tot groot seën sou wees.
  2. Die dissipels klink hier asof hulle ongevoelig was, maar dit was uit liefde vir Jesus dat hulle Hom wou beskerm. Hulle het gesien hoe moeg Hy was en wat dit van Hom geverg het om die mense te genees.
  3. Ons leer baie van Jesus self in hierdie vertelling. Kinders het van Hom gehou, en niemand was vir Hom onbelangrik nie. Die nederigste mense en die jongste kinders het toegang tot sy teenwoordigheid gehad.
  4. Die kinders self, was soos wat Jesus gesê het, in hulle eenvoud, nader aan God as enigiemand anders. Dit is ’n groot tragedie van die lewe dat ons, soos wat ons ouer word, dikwels verder van God af groei in plaas van nader aan Hom.

Matteus 19:16-22 Hierdie is seker een van die mees bekende en geliefde verhale in die evangelie-geskiedenis. Al drie die sinoptiese Evangelies vertel vir ons dat die man ryk was. Markus vertel vir ons die gebeure in Markus 10:17-22, en Lukas in Lukas 18:18-23. Lukas vertel dat hy ’n man van aansien was (vers 18), maar dit is net Matteus wat sê dat hy jonk was (vers 22).

Hierdie gebeure leer vir ons een van die grootste lesse van ons geloofslewe wat daar te leer is. Dit bevat die basis van die verskil tussen die regte en verkeerde idee van wat godsdiens is. Die man het na Jesus toe gekom omdat hy na die ewige lewe gesoek het. Hy wou graag geluk, tevredenheid en vrede met God hê. Deur die vraag wat hy vra, verraai hy egter homself. “Meneer, watter goeie daad moet ek doen om die ewige lewe te verkry?” (vers 16). Net soos die Fariseërs, dink hy in terme van dade en aksies. Hy weet duidelik niks van ’n godsdiens van genade nie. Jesus wil hom graag die regte siening leer, en Hy antwoord hom volgens die terme wat hy ken. Hy moet die gebooie onderhou. Die jong man antwoord dat hy al die gebooie alreeds onderhou, en tog het hy geweet dat daar nog iets is wat hy behoort te hê, en wat hy nie het nie. Jesus sê vir hom om al sy besittings te gaan verkoop en die geld vir die armes te gee.

Die Evangelie aan die Hebreërs is een van die vroegste Evangelies wat nie in die Bybelse Kanon ingesluit is nie. Daarin kry ons ook ’n weergawe van hierdie gebeure met baie waardevolle inligting. Ons lees daarin dat Jesus hom ook daaraan herinner het dat hy sy naaste moet liefhê soos wat hy homself lief het. Daar is baie van sy broers, kinders van Abraham, wat sterf van die honger, en dit terwyl sy huis oorvloed van alles het.

Hierin vind ons die sleutel van die hele gedeelte. Sy gesindheid teenoor sy medemens was nie reg nie. Hy was so verknog aan sy aardse besittings, dat dit net die letterlike afstanddoening van sy besittings sal wees wat hom van sy verknogdheid sal losmaak. Hierdie vertelling laat ook vir ons die lig skyn op die betekenis van die ewige lewe. Die woord wat gebruik word vir “ewige”, is aiõnios. Dit beteken nie iets wat vir ewig duur nie, maar iets wat aan God behoort. God se grootste eienskap, is sy liefde en vrygewigheid. Daarom is die essensie van die ewige lewe nie ’n sorgvuldige nakom van wette, reëls en regulasies nie. Die ewige lewe is gebaseer op ’n gesindheid van liefdevolle en opofferende vrygewigheid teenoor ander mense. As ons werklik die ewige lewe wil vind, as ons geluk, vreugde, tevredenheid en vrede in ons gemoed verlang, dan sal ons dit verseker nie vind deur ’n kredietbalans by God te probeer oplaai deur die onderhouding van wette, moets en moenies en regulasies nie. Ons sal dit bekom deur God se gesindheid van liefde en omgee aan ander mense te reproduseer.

Aan die einde het hierdie jongman omgedraai en weggegaan. Hy wou nie die uitdaging aanvaar nie. Die tragedie is dat hy aardse goed liewer gehad het as mense. Hy het homself liewer gehad as ander. As ons dinge en onsself bo ander mense stel, dan draai ons ons rug op Jesus Christus.

Matteus 19:23-26 Hierdie verhaal van die ryk jongman laat vir ons ’n duidelike, helder lig skyn op die tragiese gevaar van rykdom. Ons sien hier ’n jongman wat die kosbaarste skat en die waardevolste pêrel in die hele wêreld verloor het, omdat hy aan sy besittings verknog was. Jesus sê in vers 23, dat dit moeilik sal wees vir ’n ryk mens om in die koninkryk van die hemel te kom. Om sy woorde te illustreer, gebruik Hy ’n beeldryke vergelyking waaraan deur die eeue, baie verskillende interpretasies gegee is.

’n Kameel was die grootste dier wat die Jode geken het. Die ommuurde stede het, afgesien van ’n groot hek waardeur al die handelsverkeer in die stad kon ingaan, ook ’n baie klein ingang gehad het waardeur ’n man skaars regop kon deurstap. Wanneer die groot hek gesluit was, dan was dit die enigste manier waarop ’n reisiger die stad kon binnegaan. Hierdie hek is die “oog van ’n naald” genoem. ’n Groot kameel kon slegs met baie groot moeite, sonder vrag, op sy knieë, deur so ’n hek gestoot word.

Daar is ook ’n ander, heel waarskynlike verduideliking. Die Griekse woord vir “kameel” is kamēlos, en die Griekse woord vir ’n kabel waarmee ’n skip in ’n hawe vasgemeer is, is kamilos. Die vokale in Grieks word nie baie duidelik uitgespreek nie. Dit is heeltemal moontlik dat Jesus gesê het dat dit net so moeilik is vir ’n ryk mens om in die koninkryk van die hemel te kom, as om ’n kabel deur die oog van ’n naald te steek. Volgens Barclay is die eerste verduideliking die meer waarskynlike.

Waarom is dit moeilik vir ’n ryk persoon om in die koninkryk van die hemel te kom?

  1. Rykdom veroorsaak by mense ’n vals gevoel van onafhanklikheid. As ’n persoon ’n oorvloed van aardse besittings het, dan dink hy dat hy enige situasie wat opduik, kan hanteer. Lees gerus wat die opgestane Here Jesus aan die gemeente van Laodisea gesê het in Openbaring 3:14-22. Ryk mense dink dat hulle geluk kan koop, en hulle rykdom verminder hulle behoefte aan God.
  2. Rykdom verbind mense aan hierdie aarde. Jesus het gesê: “Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees” (Matt 6:21).
  3. Rykdom het die geneigdheid om mense selfsugtig te maak. Wanneer mense een maal gemak, luukse en rykdom gesmaak het, dan vrees hulle daardie dag wanneer hulle dit mag verloor, en hulle lewens word ’n uitgerekte stryd en bekommernis om dit wat hulle het, te behou. Die gevolg daarvan is, dat in plaas daarvan om vrygewig te wees, klou hulle aan hulle besittings vas.

Jesus het nie gesê dat dit onmoontlik is vir ’n ryk persoon om in die koninkryk van die hemel in te gaan nie. Saggeus was een van die rykste mans in Jerigo. Tog het hy die weg gevind (Luk 19:9). Josef van Arimatea was ’n ryk man (Matt 27:57). Dit is nie sonde om ryk te wees nie. Dit is net gevaarlik, en ons moet daarop bedag wees.

Matteus 19:27-30 Jesus kon baie maklik Petrus se vraag met ’n ongeduldige teregwysing beantwoord het. Dit was eintlik ’n heel onvanpaste vraag om te vra, maar Jesus gebruik dit om drie groot beginsels van die Christenlewe neer te lê:

  1. In menslike oorloë gebeur dit dikwels dat die soldate wat die gevegte gewen het, vergeet word wanneer die oorlog verby is. Met Jesus Christus is dit nie die geval nie. Hulle wat saam met Jesus geveg het, sal ook deel in sy glorie en oorwinning. Hulle wat die kruis verduur het, sal die kroon dra.
  2. Christene ontvang altyd ver meer as dit wat hulle prys gegee het. Dit is egter nie materiële besittings nie, maar ’n nuwe verhouding, met mense sowel as met God.
  3. Ons gaan verras wees wanneer die finale beraming gedoen word. God se standaarde vir oordeel verskil van menslike standaarde, bloot net omdat Hy in ons harte kan sien. Dit mag wees dat hulle wat belangrik was hier op aarde, onbelangrik gaan wees in die hemel en ook andersom. Die nederiges gaan groot wees in die hemel, want daar gaan ’n herbalansering van standaarde plaasvind.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2398 gaste aanlyn