NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons is tog so besorg oor ons kinders, maar ons doen ook soms groot skade daarmee. Ons kinders is nie óns kinders nie; hulle behoort aan God – ons moet hulle ons liefde gee en hulle liggame huisves maar nie hulle siele nie, dit behoort aan God. Ons moet ook nie probeer om hulle te maak soos ons is nie want die lewe beweeg nie agteruit nie. Vertrou hulle net aan God toe terwyl julle hulle in liefde versorg.

STUDIE- HANDLEIDING – MATTEUS 21

’n Studiehandleiding by die lees van die Nuwe Testament

Die Evangelie van Matteus

Anita Joubert

Matteus 21:1-11 Met hierdie hoofstuk, betree ons nou die laaste dramatiese tydpek van Jesus se aardse lewe. Dit was tyd vir die viering van die Pasga, en Jerusalem en die hele omliggende gebied, was oorstroom deur reisigers wat spesiaal daarvoor gekom het. Dertig jaar na Jesus se kruisiging het ’n Romeinse goewerneur ’n sensusopname gedoen en vasgestel dat daar gemiddeld twee honderd en vyftig duisend lammers elke Pasga geslag is in Jerusalem. Elke lam moes deur ’n minimum van tien feesgangers, of selfs meer, geëet word. Dit beteken dat daar ’n minimum van twee en half miljoen Jode in daardie stadium in Jerusalem was. Alhoewel die Joodse wet bepaal het dat elke manlike volwasse Jood wat in, en binne vier en twintig kilometer van Jerusalem af gewoon het, verplig was om die Fees by te woon, het Jode van die verste uithoeke van die wêreld gekom om die grootste van hulle nasionale feeste by te woon.

Al die gebeure het daarop gedui dat hierdie spesiale tyd vooraf bepaal is, en die reëlings vooruit getref is. Jesus het twee van sy dissipels vooruit gestuur na die dorpie voor hulle, om ’n donkie en haar vulletjie te gaan haal en vir Hom te bring. So het Jesus Jerusalem binne gery. Markus voeg ’n klein stukkie besonderheid by deur te vertel dat Jesus gesê het dat geen mens nog ooit op die donkie gery het nie (Mark 11:2). Hierdie feit maak die donkie geskik vir heilige gebruik. Vergelyk Numeri 19:2.     

Die skare het vir Jesus soos ’n koning verwelkom. Hulle het hulle klere op die pad oopgegooi en ander het takkies van bome afgebreek en op die pad gestrooi. Dit is ook wat gedoen is toe Jehu as koning verklaar is (2 Kon 9:13).

Die mense wat voor Jeus uitgeloop het en dié wat agter Hom aangekom het, het uitgeroep en gesê: “Hosanna vir die Seun van Dawid” (1953-Afrikaanse Vertaling). Die Griekse woord hõsanna, het verlore gegaan in die 1983-Afrikaanse Vertaling. Volgens Barclay beteken die woord in werklikheid “Red ons!”. Dit was ’n volk se uitroep vir hulp en bevryding van hulle onderdrukkers.

Ons het herhaaldelik in die geskiedenis van Israel gesien dat die profete hulle profetiese uitsprake in dramatiese aksies uitgebeeld het wanneer hulle gevoel het dat woorde nie genoeg was om hulle boodskap oor te dra nie. Jeremia het jukke met skeie en stroppe gemaak, en een om sy eie nek gesit. Die ander het hy vir die koning van Edom, Moab, Ammon, Tirus en Sidon gestuur, om dit vir die volk duidelik te maak dat daar vir hulle slawerny en onderdrukking voorlê (Jer 27:2).

Dit is dieselfde wat Jesus gedoen het toe Hy Jerusalem binnegery het. Hy het Homself aan die mense kom aanbied as hulle Messias, die Gesalfde van God, op ’n tydstip, toe Jerusalem oorstroom is deur Jode, nie net van oor die hele land nie, maar van oor die hele wêreld, sodat almal dit kon sien en daarvan kon weet.

Een van die grootste rampe in die Joodse geskiedenis het plaasgevind in ongeveer 175 v.C. toe die Griekse koning Antiogus Epifanus Jerusalem beleër het. Hy wou van die Joodse geloof ontslae raak en het die tempel doelbewus ontheilig deur ’n vark op die altaar te slag en offers aan die Griekse afgod Zeus te bring. Hy het die tempelkamers in openbare bordele verander. Die Makkabeërs, onder leiding van Judas Makkabeër, het teen hom in opstand gekom en uiteindelik die land bevry, die tempel weer herstel en heringewy. Op daardie dag het die mense ook palmtakke gedra en Psalms gesing om God te loof en te dank.

Jesus het ook nou Jerusalem binnegery met die uitsluitlike bedoeling om eers God se huis te reinig, net soos wat Judas Makkabeër dit twee honderd jaar gelede gedoen het. Die profeet Maleagi het vantevore gesê dat die Here skielik na sy tempel toe sal kom (Mal 3:1). Esegiël het, in sy visioen van oordeel, gehoor dat die die Here sê: “Begin by my heiligdom” (Eseg 9:6).

Hierdie gebeure wys vir ons drie verdere aspekte wat ons kan uitlig oor Jesus se aardse bediening:

  1. Hy het geweldig baie moed gehad. Hy het geweet dat Hy ’n vyandelike stad binnegaan. Alhoewel die skare entoesiasties was, het die owerhede Hom gehaat en teen Hom saamgesweer om Hom uit te skakel. Tog doen Hy dit doelbewus op so ’n manier dat Hy die middelpunt van die gebeure is en almal se oë op Hom gevestig is. Sy optrede was ’n doelbewuste uitdaging aan die owerhede om te doen wat hulle wou doen.
  2. Jesus het baie duidelik deur sy optrede, daarop aanspraak gemaak dat Hy die Messias is, wat deur God gestuur is. As God se Gesalfde, het Hy die reg gehad om die tempel te reinig. Hy het die hoogste posisie beklee: Hy was die Koning wat sou kom. Met Jesus is dit alles of niks. Ons erken Hom as ons Koning, of anders glad nie. Daar is niks tussenin nie.
  3. Sy koningskap was nie vir ’n aardse troon bedoel nie. Hy wil as Koning op die troon van mense se harte sit. Hy het in eenvoud en nederigheid gekom. In die Midde-Ooste was ’n donkie egter ’n edel dier, en nie so minderwaardig soos ons dit ken nie. ’n Koning het daarop gery wanneer hy in vrede gekom het. Wanneer daar oorlog op pad was, het die koning op ’n perd gery. Jesus wou, deur op’n donkie te ry, vir die mense wys dat Hy gekom het om lief te hê.

Matteus 21:12-14 Om hierdie gebeure te verstaan, is dit belangrik om te weet hoe die plek gelyk het.Die tempel self was in werklikheid ’n klein gebou wat net die Heiligste, asook die Allerheiligste, waarin die hoëpriester net een maal per jaar tydens die groot versoendag, mag ingegaan het. Rondom hierdie gebou was daar verskeie voorhowe. Daar was eerstens die voorhof vir die nie-Jode. Dan was daar die voorhof vir vroue, waarin enige Israeliet toegang gehad het. In die voorhof vir die Israeliete het die mense bymekaar gekom vir die tempeldienste. Laastens was daar die voorhof vir die priesters, waarin net hulle mag gegaan het. Die brandoffers het daar op die altaar plaasgevind en ook die reukoffers. Die tafel met die toonbrode was daar en ook die lampstaander met sewe lampe. Die groot bronsbak met die reinigingswater was ook in die priesters se voorhof. Al hierdie voorhowe en gange, is alles saam, “die tempel” genoem. Die Romeinse skrywers het hierdie tempel as een van die wêreld se mees wonderbaarlikste geboue beskryf.

Die gebeure wat hier beskryf word, het in die voorhof vir die nie-Jode plaasgevind waarin enige persoon toegelaat is. Dit was altyd besig en vol mense, maar gedurende die Pasga-fees het reisigers van oor die hele wêreld dit oorstroom. Twee soorte handelsbedrywighede het hier plaasgevind. Daar was die geldwisselaars. Elke Jood moes tempelbelasting van ’n halwe shekel betaal, en dit moes ongeveer in die tyd van die Pasga-fees betaal word. Ongeveer ’n maand voor die tyd kon dit by spesiaal opgerigte insamelingspunte in elke dorp betaal word. As dit egter nie betyds gedoen is nie, dan kon hulle dit net by die tempel self doen. Hierdie belasting kon net in ’n sekere geldeenheid betaal word, alhoewel alle lande se geldeenhede oor die algemeen in Jerusalem aanvaarbaar was. Die geldwisselaars se taak was om die veskillende lande se geldeenhede om te ruil vir die korrekte eenheid. Die reisigers het dus nie net die belasting betaal nie, maar ook die onrealistiese kommissie wat vir die omruil van die geldeenhede gehef is. Hulle is uitgebuit en die geldwisselaars het groot winste hieruit gemaak.

Die verkoop van die duiwe as offers was nog veel erger. Vrouens moes byvoorbeeld gaan om ’n duif as reiningsoffer te bring na die geboorte van ’n kind (Lev 12:6). So ook moes iemand wat van melaatsheid gesond geword het, ’n duif offer wanneer hy gekom het om as rein verklaar te word (Lev 14:1-8; 15:14). So ’n duif moes sonder enige gebrek wees en die tempelinspekteurs het dit ondersoek. Buite die tempel kon daar ook offerdiere gekoop word, teen tot soveel as vyftien keer minder as binne in die tempel. As ’n aanbidder egter nie sy offerdier binne in die tempel gekoop het nie, is dit net eenvoudig nie goedgekeur nie. Hierdie skaamtelose bedrog en uitbuiting van die armes, het Jesus kwaad gemaak.

Hierdie gebeure is ’n demonstrasie van Jesus se woede teen diegene wat ander mense uitbuit, en dit boonop in die naam van godsdiens. God sê deur die profeet Jesaja dat sy huis ’n rowerspelonk geword het, en dat Hy kan sien wat daar gedoen word (Jer 7:11). Ons moet nooit dink dat God nie bewus is van dade wat in die duister geskied nie.

Die profeet Jesaja het gesê dat God se tempel ’n huis van gebed vir al die volke is (Jes 56:7). Predikante en ampsdraers wat deur hulle eie-ek, hulle vooropgestelde idees en selfgemaakte leerstellings en praktyke, dit moeilik maak vir mense om God te aanbid, sal skuldig staan voor Hom.

In vers 14 sien ons dat Jesus die blindes en die kreupeles gesond gemaak het. Hulle was nog steeds daar. Dit is net diegene met die skuldige gewetes wat voor die woede in Jesus se oë weggevlug het. Hulle wat hom nodig gehad het, het gebly. Jesus het nooit enigeen wat in nood was, van Hom af weggestuur nie. Sy woede het verander in liefde vir hulle wat in nood was. So gebeur dit in die lewe van elke werklike groot man en vrou. Die krag van hulle woede loop altyd hand aan hand met die genesende krag van liefde.

Matteus 21:15-17 Die leerlinge van ’n rabbi is dikwels sy kinders genoem. Daar is sommige navorsers wat van mening is dat Matteus hier van Jesus se dissipels gepraat het. Die aanhaling wat Matteus egter uit Psalm 8:2 doen, maak dit vir ons duidelik dat Matteus werklik kinders in gedagte gehad het. Daardie dag was ’n buitengewone dag in die voorhof vir die nie-Jode. Dit het nie elke dag gebeur dat die geldwisselaars uitgegooi is en die lammes en blindes gesond gemaak is nie.

Wanneer ons dink aan die vars, helder stemmetjies van die kinders se lofsange tot God, dan word ons met een groot feit gekonfronteer. Daar is waarhede wat net die eenvoudiges kan raaksien en wat vir die wyses, belangrikes en geleerdes verberg word. Die hemel is dikwels baie nader aan ’n kind as aan die slimste onder ons.

Matteus 21:18-22 Ons lees ook van hierdie gebeure in Markus 11:12-14. Daar is net een basiese verskil tussen die twee weergawes. In Matteus het die vyeboom onmiddellik verdroog, maar in Markus het daar nie dadelik iets met die boom gebeur nie. Die dissipels het eers die volgende oggend, toe hulle weer by die vyeboom verbygegaan het, gesien dat daar iets met hom gebeur het (Mark 11:20-21). Omdat Markus die vroegste van die Evangelies is wat geskryf is, kan ons aanvaar dat sy historiese feite die naaste aan korrek is.

’n Vyeboom was die gunsteling van al die vrugtebome. Die beloofde land is uitgebeeld as die land waar koring en gars, druiwe en vye, volop was (Deut 8:8). Granate en vye was deel van die skatte wat die verspieders teruggebring het om die vrugbaarheid van die land te bewys (Num 13:23). ’n Vyeboom het tot ses meter hoog geword, en was ook gewild as ’n skaduboom, maar dit het twee maal per jaar vrugte gedra. Die eerste drag was ryp in Juniemaand, en die tweede in September. Geen vyeboom het vrugte gedra in Aprilmaand, toe Jesus in Jerusalem was vir die Pasga-fees nie. Die vrugteboom was ook nie veronderstel om in Aprilmaand vol blare te wees nie. Dit is juis uniek van ’n vyeboom om vol blare en vrugte gelyktydig te wees. Hierdie boom het dus blare gehad in heeltemal die verkeerde tyd van die jaar. Jesus sou nooit die vyeboom vervloek het omdat hy nie iets gedoen het wat hy nie veronderstel was om te doen nie. Dit sou ’n kinderagtige optrede van humeurigheid gewees het. Hy sou ook nooit sy bonatuurlike vermoëns gebruik het om in sy eie behoeftes te voorsien nie. Dit is presies dieselfde ding wat Hy geweier het om te doen, toe die Satan Hom in die woestyn versoek het. Hy het geweier om klippe in brood te verander omdat Hy honger was.

Die kans is baie goed dat Jesus, soos enige goeie leermeester, vir sy dissipels iets op ’n beeldryke manier wou leer. Toe Jesus na die vyeboom toe gestap het, het Hy baie goed geweet, soos iemand wat die natuur goed geken het omdat Hy teenwoordig was toe die skepping plaasgevind het, dat Hy nie vrugte daar sou kry nie. Sy woorde in vers 19 was dus ’n blote stelling, en nie ’n vervloeking nie: “Jy sal in der ewigheid nooit weer vrugte dra nie.” Jesus het geweet dat die boom een of ander siekte gehad het, en dat dit sou verdroog. Iets wat toe ook al die volgende dag sigbaar was.

Jesus se optrede was ’n simboliese aksie, en bedoel om sy volgelinge iets te leer:

  1. Eerstens het dit geleer dat nutteloosheid op ’n ramp uitloop. Dit is ’n lewenswet. Wanneer ’n persoon of ’n nasie misluk daarin om die doel wat God met hom of haar, of met so ’n volk het, te vervul, dan stuur dit af op ’n ramp. Elkeen van ons gaan eendag volgens ons bruikbaarheid geoordeel word.
  2. Jesus wou ook vir sy dissipels leer dat om geloof te bely, maar dit nie in die praktyk om te sit nie, is onaanvaarbaar. Die vyeboom het blare gehad, maar geen vye nie. Dit het dus ’n vals aanspraak gemaak. Die Joodse nasie het hulle geloof in God bely, maar in die praktyk was hulle nie in staat om sy Seun, Jesus Christus te herken nie. Hulle was nooit die lig vir die nasies wat hulle veronderstel was om te wees nie. Net so is die kerk ook skuldig daaraan dat mense deur die eeue geloof bely het, maar niks daaraan gedoen het om aan ander die blye boodskap te bring nie. Daar was wel diegene wat die roeping op hulle lewens gevoel het en gehoorsaam was. Dit is waarom die kerk van die Here Jesus vandag nog steeds bestaan, en groei.

Jesus sê ook in hierdie gedeelte dat ons deur gebed berge kan versit, en dat ons, wanneer ons gelowig bid, dit wat ons vra sal ontvang. Wanneer ons hierdie woorde nie reg verstaan nie, kan dit baie hartseer en ook verwarring in ons geloofslewe veroorsaak. Geen mens kan tog fisies self ’n berg oplig en in die see gooi nie. Talle mense het deur die eeue al met passie en geloof gebid dat iets moet gebeur of dat ’n geliefde van die dood gespaar moet word, en dan het dit nie so gebeur nie. In werklikheid belowe Jesus vir ons hier sekere dinge deur gebed:

  1. Gebed gee vir ons die vermoë om dinge te doen. Gebed is nie die maklike uitweg nie. Ons kan nie dinge wat ons moet doen, op God afskuif, en dan verwag dat Hy dit vir ons moet doen nie. Gebed is om vir God die krag te vra om dinge te doen wat gedoen moet word. As ons net kon bid en dan wag dat God alles moet doen, dan sou ons lui en ruggraatloos gewees het. Ons moet bid, en dan opstaan en werk.
  2. Gebed gee ook vir ons die vermoë om dit te aanvaar, wanneer God se antwoord “nee” is. Ons kry twee groot voorbeelde in die Bybel:
    1. Paulus het desperaat gebid dat God sy doring in die vlees sal wegneem, maar God se antwoord was dat sy genade vir hom genoeg was (2 Kor 12:7-10).
    2. Jesus self het in Getsemane gebid dat die lydensbeker by Hom moet verbygaan, maar dit was nie sy Vader se wil nie (Matt 26:36-42). Gebed is nie ’n manier om weg te hardloop van ’n situasie nie; dit is bedoel om krag te ontvang om daardie situasie in die oë te kan kyk.
  3. Gebed gee ook aan ons die vermoë om swaarkry te kan dra. In ons menslike onvermoë, is ons swak, maar deur gebed ontvang ons die krag om verby breekpunt te gaan sonder om te breek.

Tog is daar ’n baie interessante, ware gebeurtenis wat ’n mens nie anders kan as om hier te vertel nie. Na die Tweede Wêreldoorlog was daar talle weeskinders in Japan wat deur die samelewing as so minderwaardig beskou is, dat hulle net so in die strate gelos is om dood te gaan. Talle sendelinge het tot hulle redding gekom en heelwat weeshuise is opgerig. Irene Smith was ’n sendingdame uit Engeland wat verantwoordelik was vir twee en twintig sulke weeskinders in ’n weeshuis wat naby die see gebou is. Die seeuitsig en son van die gebou was belemmer deur ’n hoë duin tussen die weeshuis en die see. Een van die kinders, ’n invalide meisie, het een aand ’n preek gehoor oor Matteus 21:21 en dat ’n mens met genoeg geloof, vir ’n berg kan sê om homself op te lig en in die see te val. Sy kon nooit die see sien vanweë haar gebrek nie, en die ander meisies het saam met haar begin bid dat hierdie berg in die see moet val.

Op ’n dag het stootskrapers van die plaaslike owerheid daar aangery gekom en begin om die sand van die hoë duin agter die kinderhuis, in die see te stoot. Die weeshuiskinders het ’n lieflike uitsig op die see gekry. Toe Irene gaan navraag doen het, het die owerhede vir haar gesê dat hulle die sand van die duin nodig gehad het om die gedeeltes waar die strande weggekalf is deur golwe, weer op te vul.

So het ’n klompie kinders tog geleer dat God hulle geloof eer en dat niks vir Hom onmoontlik is nie.

Matteus 21:23-27 Wanneer ons dink aan al die uitsonderlike dinge wat Jesus gedoen het, dan is dit nie vreemd dat die Joodse owerhede vir Hom hier vra met wie se gesag Hy hierdie dinge doen nie. Jesus kon nie vir hulle in hierdie stadium sê dat Hy in werklikheid die Seun van God is en dat Hy dit in sy gesag doen nie. Dit sou die einde net voortydig verhaas. Hy moes nog dinge doen en sy dissipels moes nog dinge leer. Jesus moes alles presies op God se tyd doen.

Hy antwoord dus die Joodse owerhede met ’n teenvraag wat hulle in ’n baie moeilike situasie plaas. As hulle erken het dat Johannes se bediening van God was, dan moes hulle ook erken dat Jesus die Messias was. Johannes was ’n onbetwisbare getuie van die Messias wat sou kom. Sou hulle Johannes se bediening misken, dan sou hulle die mense se woede ontketen.

Die priesterhoofde en die familiehoofde gee aan Jesus die flouste antwoord denkbaar deur te sê dat hulle nie weet nie. Dit was hulle plig om te kan onderskeid tref tussen ware en vals profete. Hulle kon nie skuldiger voor Jesus gestaan het nie, en hulle dilemma veroorsaak vir hulle yslike vernedering.

Ons moet uit hierdie gedeelte ’n ernstige waarskuwing vir onsself neem. Daar is min dinge so erg as lafhartigheid. Ons moet eerder vra wat is die veiligste ding om te doen? Is dit om op te staan vir ’n beginsel, of om onkundig te speel uit vrees? Wanneer ons weet wat die waarheid is, en niks sê nie, dan is ons skuldig aan skaamtelose en ruggraatlose optrede. Dit is ons plig om die waarheid bekend te maak, al sou die hemel val.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2398 gaste aanlyn