NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Kinders van God kan nie in hierdie lewe voor Hom bestaan as hulle sondes nie vergewe word nie. Ons sondes kan slegs vergewe word indien ons mekaar ook kan vergewe – so sê die Woord in Mt 6.  Intussen sondig ons elke dag met ons sondige natuur. Dit bring mee dat ons ons hele lewe lank voortdurend ons sondes voor die Here sal bely, en Hy beloof vergiffenis.

STUDIEHANDLEIDING – MATTEUS 26

’n Studiehandleiding by die lees van die Nuwe Testament

Die Evangelie van Matteus

Anita Joubert

Matteus 26:1-5 Jesus se dood word beplan

Jesus lig sy dissipels hier weereens in van die groot tragedie wat gaan kom. Hy het die afgelope paar dae wat verby is, met soveel weerstand opgetree, dat hulle gedink het Jesus gaan die Joodse owerhede trotseer. Hier maak Hy dit egter opnuut aan hulle bekend dat dit sy doel is om gekruisig te word.

Terselfdertyd is die Joodse owerhede besig om hulle komplot te smee en ’n klag teen Jesus te formuleer. Josef Kajafas was die hoëpriester. Vroeër is die amp van die hoëpriester deur opvolgende generasies oorgeërf, en dit was lewenslank. Toe die Romeine egter Palestina oorgeneem het, het die Romeinse Regering hoëpriesters die een na die ander aangestel soos wat dit hulle gepas het. Kajafas was hoëpriester vanaf 18 n.C tot 36 n.C. Dit was ’n besondere lang tydperk en is vir ons ’n bewys dat hy die kuns om met die Romeinse owerhede saam te werk, baie goed bemeester het.

Een ding wat die Romeine glad nie geduld het nie, was burgerlike opstandigheid. Gedurende die tyd vir die Pasga-fees, was die atmosfeer in Jerusalem altyd plofbaar. Die stad was gepak met feesgangers. Deur ’n sensusopname, wat gedoen is tydens die regeringstyd van Keiser Nero (37-68 n.C.), is bepaal dat daar ongeveer twee en ’n half miljoen mense tydens die Pasga in Jerusalem was.

Dit is geen wonder nie dat Kajafas planne beraam het om Jesus stilletjies en ongemerk in hegtenis te neem. Die meeste van die reisigers in die stad was Galileërs, en vir hulle was Jesus ’n profeet. Judas het egter met ’n oplossing vir die probleem na vore gekom.

Matteus 26:6-13 Jesus word in Betanië gesalf

Hierdie verhaal van die vrou wat vir Jesus gesalf het in Betanië, word deur Markus (Mark. 14:3-9) sowel as deur Johannes (Joh. 12:1-8) vertel. Johannes voeg ook die inligting by dat die vrou niemand anders as Maria, die suster van Marta en Lasarus, was nie. Hierdie gebeure is inderdaad soos wat Jesus dit genoem het: “ ’n Goeie daad” (vers 10), en ons sien dat daarin sekere kosbare waarhede in opgesluit is:

  1. Dit wys vir ons die oordadigheid van ware liefde. Die vrou neem die kosbaarste besitting wat sy het en gooi dit uit oor Jesus se voete uit. Joodse vroue het baie waarde geheg aan parfuum, en het dikwels ’n klein flessie daarvan aan ’n toutjie om hulle nekke gedra. Beide Markus en Johannes skryf dat die dissipels gesê het dat die parfum vir driehonderd denarii verkoop sou kon word. Dit was feitlik ’n hele jaar se loon vir ’n werkende man. Wanneer hierdie vrou dit vir Jesus doen, bereken sy nie die koste nie. Ware liefde wil altyd gee tot die uiterste toe. Ons het nog niks van Jesus se offer aan ons verstaan, as ons dink dat ons vir sy werk so min as moontlik kan gee.
  2. Daar kom tye wanneer ons iets nie met logika kan benader nie. Die logiese ding om te sê, sou wees: “Wat ’n vermorsing!” En dit sou eintlik heeltemal reg wees. Tog is daar ’n wêreldse verskil tussen die ekonomie van logika en die ekonomie van liefde. ’n Geskenk is nooit werklik ’n geskenk as ons dit maklik kan bekostig nie. Dit is eers wanneer dit ’n opoffering is, dat dit werklik waardevol en kosbaar is.
  3. Daar is sekere dinge wat gedoen moet word wanneer daar geleentheid daarvoor is, of so nie word dit nooit gedoen nie. Die dissipels was gretig om die armes te help, maar die rabbi’s het hulle volgelinge geleer dat die armes altyd met hulle sal wees. Daar sal altyd weer geleentheid wees om goed te doen aan hulle. As hierdie vrou egter nie die geleentheid gebruik het om daardie dag haar liefde vir Jesus aan Hom te wys nie, sou sy dit nooit kon doen nie. Daar was nooit weer ’n geleentheid daarvoor nie.
  4. Die geur van ’n goeie daad duur vir ewig. Daar is so min goeie dade in die donker wêreld waarin ons leef, dat dit soos ’n helder lig skyn. Jesus sê in vers 13: “Oral waar hierdie evangelie in die hele wêreld verkondig word, sal daar ook vertel word wat sy gedoen het, tot ’n herinnering aan haar.”

Matteus 26:14-16 Judas onderneem om Jesus te verraai

Die Joodse owerhede was op die uitkyk vir ’n manier om vir Jesus gevange te neem sonder om onrus te veroorsaak, en hier kom Judas nou met ’n goeie oplossing. Daar kan net drie werklike moontlike redes wees waarom Judas vir Jesus verraai het:

  1. Dit kon uit geldgierigheid gebeur het. Volgens Matteus en Markus het Judas hierdie gemene ooreenkoms aangegaan net nadat die salwing met die duur parfuum plaasgevind het. Johannes vertel vir ons dat Judas ’n dief was en van die bydraes in die beursie, waarvan hy die draer was, gevat het (Joh. 12:6). Dertig sikkels silwer was minder as ’n werkende man se loon vir ses maande. As Judas vir Jesus verraai het vir geld, dan is dit seker die ergste voorbeeld in die mensdom se geskiedenis, van hóé laag ’n mens kan daal deur sy liefde vir geld.
  2. Dit kan ook wees dat hy dit gedoen het uit haat en verbittering. Die Jode het altyd gedroom van mag, en daarom was daar ekstreme nasionaliste wat tot die uiterste sou gaan om die Romeine uit Palestina te verdryf. Hulle het ’n beleid van sluipmoord gehad en is die “dolkdraers” genoem. Miskien het Judas, toe hy gesien het dat Jesus nie die politieke pad wou stap nie, in sy teleurstelling en haat besluit om Hom uit te skakel.
  3. Miskien was dit nooit Judas se bedoeling dat Jesus moes sterf nie. Hy het dalk gedink dat hy Hom sodoende tot optrede kon aanspoor. Dit is dalk waarom hy selfmoord gepleeg het toe hy besef het dat sy plan skeef geloop het.

Wat Judas se motivering ook al was, die tragedie is dat hy geweier het om vir Jesus te aanvaar vir wie Hy was. Ons kan Jesus nie verander nie. Hy verander ons. Ons kan Hom nie gebruik vir ons doelwitte nie; ons moet onsself oorgee om deur Hom gebruik te word. Die groot tragedie hier is, dat Judas gedink hy is beter as God.

Matteus 26:17-19 Die paasmaaltyd word voorberei

Dit is verstommend om te sien hoe deeglik al die reëlings vooruit getref is. Dit is nie tot op die laaste oomblik gelaat nie. Die dissipels wil weet waar hulle die Pasga-maal gaan eet, en Jesus stuur hulle Jerusalem toe met spesifieke instruksies. Die bokamers van die groter Joodse huise het baie gebruike gehad. Dit kon ’n stoorkamer wees, of ’n stil plek van afsondering. Soms is dit as ’n gastekamer gebruik, of ’n rabbi kon dit ook gebruik as ’n plek waar hy sy dissipels kon leer. Jesus volg dus hier die gewoonte wat enige Joodse rabbi sou doen.

Die voorbereidings vir die Pasga-maal, was die volgende:

  1. Daar was ’n seremoniële soektog na enige suurdeeg in die huis. Elke krieseltjie moes uit die huis verwyder word. Net voordat die volk uit Egipte vertrek het, het hulle ongesuurde brood geëet, omdat dit vinniger was om te bak as brood met suurdeeg in. Hulle moes die Pasga-maal daardie nag haastig eet sodat hulle kon vertrek. Sedertdien het suurdeeg ’n simbool van sonde geword.
  2. Laat die middag, net voor die Pasga aanbreek, moes die offerlam geslag word in die tempel. Die aanbidder moes sy eie lam slag. Die bloed en die vet van die lam is op die altaar geoffer en die lam self is huis toe geneem om gaar te maak. Dit moes gebraai, en nie gekook word nie. ’n Minimum van tien feesgangers moes saam aan ’n offerlam eet. Die lam het hulle herinner aan die bloed aan hulle deurkosyne wat hulle beskerm het toe die doodsengel verby gegaan het.
  3. Daar moes ’n bak met soutwater wees om hulle te herinner aan die trane wat hulle in Egipte gestort het en ook aan die Rooi See, waardeur hulle op so ’n wonderbaarlike manier kon trek.
  4. ’n Versameling van bitterkruie het hulle herinner aan die bitterheid van hulle slawerny in Egipte.
  5. ’n Pasta van gemengde fyngemaakte vrugte, het hulle herinner aan die klei waarmee hulle die stene in Egipte moes maak.
  6. Vier bekers wyn moes in verskillende stadiums van die maal gedrink word.

Elke stukkie besonderheid van die feesmaal het die feesgangers herinner aan die groot dag van bevryding uit hulle slawerny in Egipte. Dit was by so ’n feesmaal, dat die groot Bevryder van die wêreld se sonde, die laaste maaltyd saam met sy dissipels geëet het.

Matteus 26:20-25 Jesus wys sy verraaier aan

Een ding is baie seker, en dit is dat Judas sy gemene besigheid in absolute geheimhouding gedoen het. As die ander dissipels sou uitvind wat hy gedoen het, sou hy beslis nie met sy lewe daarvan afgekom het nie. Hy kon miskien sy planne vir die ander dissipels wegsteek, maar hy kon dit nie vir Christus verberg nie. Net so kan ons dalk ons sondes vir ander mense verbloem en ’n masker opsit, maar ons kan dit nooit vir die oë van Jesus verberg nie.

Hy sien alles en Hy weet alles, en ons sien nou hoedat Hy sy kennis en sy mag gebruik. Hy vervloek nie vir Judas of keer hom nie. Hy beroep Hom net op die liefde wat Hy vir Judas het. Een van die groot geheimenisse in die lewe is die respek wat God het vir die menslike vrye wil.

Wanneer Jesus wil hê dat iemand moet ophou om sonde te doen, dan konfronteer Hy daardie persoon met sy sonde. Hy laat hom stop en nadink oor wat hy doen. Dan konfronteer Jesus so ’n sondaar met Homself. Hy laat hom in sy oë kyk en die liefde wat Hy vir daardie persoon het, raaksien. Ten spyte van Jesus se laaste liefdesgebaar, gaan Judas steeds voort.

Soms doen iemand sonde op die ingewing van die oomblik, en die gevolge daarvan kan vernietigend wees. Dit is egter veel erger wanneer iemand nog steeds berekend, koelbloedig en doelbewus sonde doen, nadat hy met die aakligheid van sy daad gekonfronteer is, en die liefde van Jesus vir hom in sy oë gesien het. Judas het Jesus se hart gebreek, en dikwels doen ons presies dieselfde.

Matteus 26:26-30 Die instelling van die nagmaal

Ons het alreeds gesien hoedat die profete, wanneer hulle iets baie duidelik aan die mense wou oordra en hulle was bang dat hulle nie goed sou verstaan nie, van profetiese aksies gebruik gemaak het. Al die simboliek en die rituele van die Pasga-fees, was ’n simboliese prentjie van wat Jesus vir hulle wou sê:

  1. Die viering van die Pasga-fees, se hele bedoeling was om die mense te herinner aan hoe God die Israeliete uit slawerny uit Egipte gebring het. Jesus is die groot bevryder. Dit is Hy wat ons bevry van die vrees wat ons jaag, en van die sonde wat ons net nie wil laat gaan nie.
  2. Die Pasga-lam is die simbool van veiligheid. Op daardie nag van absolute vernietiging, was dit die bloed van die lam wat die Istaeliete veilig gehou het. Jesus maak nou daarop aanspraak om die Redder te wees. Hy het gekom om ons van ons sonde en die gevolge daarvan te red en vir ons veiligheid op aarde en in die hemel te gee, tot in alle ewigheid. In vers 28 sê Jesus dat die wyn sy bloed is waardeur die verbond beseël word. Wat het Hy daarmee bedoel? ’n Verbond is gewoonlik ’n ooreenkoms wat tussen twee mense aangegaan is, maar die verbond waarvan Jesus hier praat, is nie deur twee mense aangegaan nie. Dit is ’n verbond tussen God en die mensdom. As gevolg van Jesus se lewe op aarde en die dood wat Hy sou sterf, het daar ’n nuwe ooreenkoms moontlik geword tussen die mense en God. Omdat die dissipels Hom gesien het, het hulle ook vir God gsien. Hy het vir hulle gewys hoe lief God hulle het, en deur dit wat Hy gaan doen, gaan daar vir hulle ’n nuwe pad oopgemaak word na die heerlikheid en die teenwoordigheid van God.

In vers 30 lees ons dat hulle ’n lofsang gesing het voordat hulle uitgegaan het na die Olyfberg toe. Die lofsang was ’n belangrike deel van die Pasga-maal. Deur die loop van die maaltyd word daar verskeie Psalms gesing. Dit word die Hallel genoem, wat “Prys God” beteken. Die Hallel bestaan uit Psalms 113 tot 118, maar die slotsang is Psalm 136. Dit is dan ook die lofsang wat hulle daardie aand voor Jesus se kruisiging gsing het.

Een groot basiese verskil tussen daardie laaste Pasga-maal wat hulle geëet het en die sakrament van die Nagmaal wat ons gebruik, is dat dit ’n werklike maaltyd was. Die wet het bepaal dat die hele offerlam opgeëet moes word en niks daarvan mag oorgebly het nie. Dit was ’n maaltyd vir honger mense. Jesus het ons in werklikheid geleer dat elke keer wanneer ons gaan sit om ’n maaltyd te geniet, dan is daardie maaltyd ’n herinnering aan Hom.

Wanneer Jesus in vers 29 sê dat Hy nie weer van die wyn sal drink tot op die dag wanneer Hy dit in die koninkryk van sy Vader, saam met al sy volgelinge sal drink nie, dan sien ons sy goddelike geloof en optimisme. Hy is op pad om gekruisig te word, maar steeds dink Hy aan sy koninkryk. Die kruis was nooit vir Jesus ’n skande nie, dit was sy pad na glorie en heerlikheid toe. Die pad na Golgota, was die pad na sy troon.

Matteus 26:31-35 Petrus sal Jesus verloën

Sekere karaktereienskappe van Jesus is baie duidelik in hierdie gedeelte sien:

  1. Hy was baie realisties. Hy het geweet wat voorlê, en kon Hom nie blind hou vir die feite nie. Die feit dat die dissipels sou vlug, is lank gelede reeds deur die profeet Sagaria geprofeteer (Sag. 13:7). Jesus het ook geweet dat Petrus Hom drie maal sou verloën, maar Hy het net voortgegaan.
  2. Ons sien ook die vertroue wat Jesus gehad het. Hy het verder as die kruis gekyk. In vers 32 sê Hy vir hulle dat Hy hulle sal vooruitgaan na Galilea wanneer Hy uit die dood opgewek is. Hy was net so oortuig van die glorie wat op Hom wag, as wat Hy was van die swaarkry wat voorgelê het.
  3. Hy was simpatiek. Hy het geweet dat sy dissipels sou vlug en Hom in die steek laat in sy diepste nood, maar Hy raas nie met hulle of veroordeel hulle nie. Hy vertel vir hulle dat, wanneer alles verby is, hulle mekaar weer sal sien. Jesus ken die mens se swakheid, Hy weet dat hulle dislojaal aan Hom gaan wees, maar Hy het hulle nog steeds lief. Hy het simpatie met hulle swakhede.

Ons leer ook hier iets by Petrus. Sy probleem was ’n oormaat selfvertroue. Hy het nie daaraan getwyfel dat hy baie lief was vir Jesus nie, en hy het gedink dat hy enige situasie wat homself voordoen, sou kon hanteer. Ons sal baie veiliger wees in hierdie lewe as ons liewer ons vertroue in onsself, verplaas na ’n vertroue in Jesus. Wanneer ons in nederigheid ons eie swakheid ken en erken, en weet dat dit Jesus is wat ons tot alles in staat stel, dan kan ons staande bly.

Matteus 26:36-46 Jesus in Getsemane

Hierdie verse bring ’n mens op jou knieë in absolute verwondering en aanbidding.

In Jerusalem self was daar nie plek vir tuine nie. In ’n stad wat op ’n heuwel gebou is, moes elke vierkante meter gebruik word vir behuising. Die welgestelde inwoners het dus vir hulle grond buite die stad, teen die hange van die Olyfberg, aangeskaf waar hulle privaattuine aangeplant het. Die woord “Getsemane”, beteken “olyfpers”. Dit was dus ongetwyfeld ’n tuin vol olyfbome waarheen Jesus gegaan het. Dit is ’n bekorende gedagte om te dink dat Jesus soveel vriende gehad het, waarvan ons nie die name ken nie, wat Hom in sy laaste lewensdae bygestaan het. Daar was die man wat vir Hom die donkie gegee het waarop Hy Jerusalem binnegery het; daar was die man wat die bokamer vir Hom en sy dissipels beskikbaar gestel het waar hulle die laaste Pasga-maal kon eet. Nou is hier ook hierdie man wat vir Hom die reg gegee het om sy tuin teen die hang van die Olyfberg te gebruik.

Jesus neem die drie dissipels saam met Hom wat ook teenwoordig was op die berg toe sy verheerliking plaasgevind het. Wanneer Hy so worstel in gebed, en ons sy geweldige stryd sien, dan merk ons sekere dinge op:

  1. Ons sien die ontsettende doodsangs waardeur Jesus gegaan het. Hy het geweet dat Hy gaan sterf, maar niemand wil graag op die ouderdom van drie en dertig jaar sterf nie; en dit ook nog deur die verskrikking van ’n kruisdood. Jesus se stryd is om sy wil aan God se wil onderskik te stel. Die redding van die wêreld het in daardie oomblikke aan ’n weegskaal gehang in die tuin van Getsemane. Jesus moes hier doen wat ons almal in een of ander stadium van ons lewens moet doen; om dit te aanvaar wat ons nie heeltemal verstaan nie. Dit is dan wanneer ons geloof tot op sy uiterste getoets word
  2. Ons sien ook Jesus se ontsettende eensaamheid hier raak. Jesus se drie uitgesoekte dissipels was so moeg dat hulle aan die slaap raak, en Jesus veg hierdie geestelike stryd heeltemal alleen. Ook dit is iets wat soms met ons gebeur. Ons moet sekere dinge en besluite alleen doen en besluit, omdat hulle wat ons moes bystaan, wegvlug of net nie daarvoor kans sien nie. Dit is egter in daardie eensaamheid wanneer ons die teenwoordigheid ervaar van Hom wat reeds daardeur gegaan het in Getsemane.
  3. Ons sien ook hier die vertroue wat Jesus gehad het in sy Vader. Markus vertel in sy Evangelie dat Jesus sy gebede begin het deur te sê: “Abba, Vader ...” (Mark. 14:36). Die woord “Abba”, was ’n Aramese woord wat ’n klein kindjie vir sy vader gebruik het. Dit is ’n woord wat baie dieselfde is as die Afrikaanse woord “Pappa”, wat ons as Afrikaners graag gebruik wanneer daar ’n mooi en liefdevolle verhouding tussen ’n vader en sy kind is. Dit is glad nie iets wat die Jode vir God sou sê nie, maar Jesus het dit gedoen. Hy spreek sy hemelse Vader aan op die kinderlike, intieme manier van ’n kind wat sy vader ten volle vertrou.
  4. Ons sien ook hier hoeveel moed Jesus gehad het. Hy sê vir die slapende dissipels: “Staan op, kom ons loop. Kyk, die man wat my verraai, is hier naby” (vers 46). Hy moes nou die lewe met sy afskuwelikhede, in die gesig kyk. Jesus het van sy knieë af opgestaan om die geveg van die lewe te gaan veg. Dit is waarvoor gebed daar is. Ons kniel voor God, sodat ons regop voor die wêreld kan staan. Ons gaan deur gebed die hemel binne, sodat ons die gevegte van die aarde kan hanteer.

Matteus 26:47-56 Jesus word gevange geneem

Hier speel ’n drama af, en ons kan die verskillende karakters duidelik onderskei.

Eerstens is daar Judas, die verraaier. Hy was bewus daarvan dat die mense geweet het hoe Jesus lyk, maar hy het gevoel dat hy in die skemer aandlig, tussen die skadu’s van die bome in die tuin, ’n definitiewe aanduiding moet gee van wie hulle moet arresteer. Hy kies daarvoor die verskriklikste van alle tekens, naamlik ’n soen. Dit was ’n gebruik om ’n rabbi met ’n soen te groet. Dit was ’n teken van respek en toegeneentheid vir ’n geliefde leermeester. Dit was die manier waarop ’n mens ’n vriend gegroet het. Hierdie daad is verseker die gemeenste en aakligste gebeure in die hele evangelieverhaal.

Tweedens was daar die klomp wat vir Jesus moes arresteer. Hulle is deur die Sanhedrin gestuur. Selfs onder die Romeinse Regstelsel, het die Sanhedrin hulle eie polisiemag en -regte in Jerusalem gehad. Dit was egter die polisie wat gereed was vir bloedvergieting, en nie Jesus nie.

Derdens was daar die man wat die slaaf van die hoëpriester se oor afgekap het. Volgens Johannes was dit Petrus (Joh. 18:10). Dit klink soos iets wat Petrus sou doen, en Matteus en Markus het waarskynlik die naam weggelaat, omdat hulle gevoel het, in die stadium toe hulle geskryf het, dat dit nie veilig is om Petrus se naam te noem nie. Toe Johannes veertig jaar later geskryf het, was dit heeltemal veilig om sy naam te noem, omdat Petrus nie meer gelewe het nie. Dit mag verkeerd wees om iemand se oor af te kap, maar tog voel ’n mens op ’n manier bly dat daar een persoon was, wat bereid was om vir Jesus te verdedig.

Vierdens was daar die dissipels. Die spanning van die situasie was net te veel, en hulle het gevlug (vers 56).

Deur ons aandag in al hierdie gebeure op Jesus te fokus, kan ons twee dinge sien:

  1. Hy het uit eie keuse gesterf. Hy hoef nie Jerusalem toe te gegaan het vir die viering van die Pasga nie. Selfs hier in die tuin kon Hy weggeglip en gevlug het. Dit was donker en daar was mense wat Hom sou help om weg te kom. Hy kon God se vyande uitgewis het, maar Hy het gekies om te sterf.
  2. Hy het geweet dat dit God se doel was dat Hy moes sterf. Hierdie pad is lank gelede reeds deur die profete voorspel, en dit was die enigste pad wat daar was. Jesus het geweet dat God se doel net bereik kan word deur opofferende liefde. Die geskiedenis het ook bewys dat dit reg was. Hulle wat Hom met haat en geweld wou elimineer deur hulle swaarde in Romeinse bloed te doop, het veertig jaar later gesien hoedat hulle stad vernietig en verwoes is. Hy wat nie wou veg nie, is vir ewig tot Koning verhef in die harte van mense wat Hom liefhet, en sy groot offer aanvaar.

Matteus 26:57-68 Jesus voor die Joodse Raad

Van hier af het dinge vinnig plaasgevind. Die Sanhedrin het volle mag oor godsdienstige aangeleenthede gehad, en hulle het selfs ook ’n polisiemag gehad, maar het geen reg gehad om die doodsvonnis uit te reik nie. Soos wat Matteus die vergadering van die Sanhedrin beskryf, was hulle funksie net om ’n klag voor te berei wat hulle aan die Romeinse Goewerneur kon voorlê.

Daar is geen twyfel daaraan dat die Sanhedrin in Jesus se verhoor, al hulle eie wette verbreek het nie. Die regulasies van die Sanhedrin se prosedure word in die Mishnah beskryf en daaruit is dit duidelik dat daardie nag ’n lang reeks van flagrante foute begaan is. Die Sanhedrin het uit een en sewentig lede bestaan. Dit was Fariseërs, Sadduseërs, skrifgeleerdes en gerespekteerde mans wat as ouderlinge bekend gestaan het. Die hoëpriester het die hof, wat in ’n halfsirkel gesit het sodat almal mekaar kon sien, gelei. Die leerlinge van die Fariseërs kon aan die oorkant van die halfsirkel sit om dit by te woon. Die hof was nie veronderstel om in die nag te vergader nie en ook nie tydens sulke belangrike feeste nie. Wanneer getuienis afgelê is, moes elke getuie afsonderlik ondervra word en die bewyse moes geldig wees en in alle besonderhede ooreenstem. Elke lid van die Sanhedrin moes sy uitspraak afsonderlik lewer en as dit ’n uitspraak van doodstraf was, dan moes daar eers ’n nag verby gegaan het voordat dit uitgevoer kon word, sodat die hof nog eers kans kon kry om dit te verander na ’n uitspraak van genade. Die hofsitting het in die nag plaasgevind, ook nie in hulle eie gebou, waar dit veronderstel was om te gebeur nie. Daar het nie ’n nag verloop nie, afsonderlike getuies is ook nie ondervra nie. In hulle oorgretigheid om vir Jesus te elimineer, het die Joodse owerhede nie gehuiwer om hulle eie wette te verbreek nie.

Die hof kon nie eers vals getuies kry wat met mekaar ooreenstem nie (vers 60). Hulle het Jesus daarvan beskuldig dat Hy gesê het, Hy gaan die tempel vernietig. Daar is ou legende wat vertel dat daar die een na die ander persoon na vore gekom het wat gesê het: “Ek was melaats en Hy het my gesond gemaak. Ek was doof en Hy het my weer laat hoor. Ek was blind en Hy het my weer laat sien.” Dit was egter nie die soort getuienis wat die Sanherin wou hê nie.

Toe die hoëpriester die hele aangeleentheid in sy eie hande neem, doen hy presies dit wat hy nie mag doen nie. Hy vra leidende vrae. Hy vra openlik vir Jesus of Hy die Christus is, die Seun van God. Jesus het duidelik gevoel dat hierdie hele besigheid nou moet einde kry. Sonder om te huiwer, antwoord Hy dat dit so is. Hier het die Sanhedrin nou ’n klag van Godslastering, net wat hulle wou hê. Jesus haal sonder om te huiwer aan uit Psalm 110:1: “Kom sit aan my regterhand, en Ek sal jou vyande aan jou onderwerp.”

Ons sien hier weer eens Jesus se moed. Hy het geweet dat Hy gaan sterf, maar Hy huiwer nie. As Hy die klagte sou ontken, sou hulle magteloos gewees het en sou hulle niks aan Hom kon doen nie. Ons sien ook hoedat Jesus met absolute vertroue optree, omdat Hy oortuig was van sy uiteindelike oorwinning.

Dit is so tragies om te besef dat Hy, wat gekom het om liefde aan die wêreld te bring, geen regverdige verhoor gehad nie, en so verneder is deur die wrede en onbeskofte lede en wagte van die Sanhedrin.

Tot vandag toe is dit nog net so dat mense wat Jesus van aangesig tot aangesig ontmoet, Hom òf haat, òf liefkry. Hulle wil Hom vernietig, of hulleself aan Hom onderwerp. Geen mens kan neutraal teenoor Hom staan nie.

Matteus 26: 69-75 Petrus verloën Jesus

Dit gebeur so dikwels dat die storie van Petrus op so ’n wyse oorvertel word, dat dit onreg aan hom laat geskied. Ons moet nie vergeet dat Petrus se optrede daardie nag van besondere moed getuig het nie. Hy het eers begin deur sy swaard uit te pluk, asof hy gereed was om ’n hele bende stoksiel alleen aan te pak. In die proses het hy die oor van een van die bediendes van die hoëpriester afgekap. ’n Mens sou dink dat hy sy lyf skaars sou hou daarna. Die laaste plek waar ’n mens hom sou soek daarna, was in die binnehof van die hoëpriester se woning. Dit mag wees dat die ander dissipels gevlug het, maar Petrus het sy woord gehou.

Dan gebeur daar iets wat so eie is aan ons menslike natuur. Hy het by ’n vuur gesit en in die flikkerende lig daarvan, herken een van die diensmeisies hom. Onmiddellik ontken hy alle verbintenis met Jesus. Maar dan, en dit word so maklik vergeet, enige ander persoon sou so vinnig as wat hy kon, homself uit die voete gemaak het. Maar nie Petrus nie. Dieselfde ding het weer gebeur. Petrus ontken dat hy vir Jesus ken, maar steeds vlug hy nie. Vir ’n derde keer ontken hy dat hy vir Jesus ken. Hy het nie die Naam van Jesus gevloek nie, maar hy het homself vervloek as dit wat hy sê nie die waarheid is nie. Dan gebeur daar iets:

Die Romeine het ’n nag in vier tydperke of nagwake ingedeel vanaf 18:00 tot 06:00. Aan die einde van die derde nagwaak moes die wagte ruil en ’n nuwe groep wagte het aan diens gekom. As teken vir die ruiling van die wagte, is daar op ’n beuel geblaas en dit is die gallicinium genoem. Dit is die Latynse woord vir die kraai van ’n haan. Toe Petrus vir die derde keer ontken het dat hy vir Jesus ken, het die beuel se klank oor die stilte van die stad weerklink en toe Petrus dit hoor, was sy hart gebroke.

Petrus het in die versoeking beland waarin net ’n man met besondere heldhaftigheid sou beland. Elke mens het ’n breekpunt. Petrus het syne hier bereik, maar duisende ander mense sou hulle breekpunt baie vroeër bereik het. Ons sal nie verkeerd wees as ons Petrus se moed bewonder, eerder as om geskok te wees omdat hy geval het nie.

Verder moet ons onthou dat Petrus hierdie storie self aan Markus vertel het. Hy het waarskynlik oor en oor vertel hoedat hy vir Jesus verloën het. Hy het vertel dat, ten spyte van dit wat hy gedoen het, Jesus nooit opgehou het om hom lief te hê nie.

 

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2366 gaste aanlyn