NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

HERE, leer my die stilte van nederigheid, die stilte van wysheid, die stilte van konsentrasie, dit stilte wat praat sonder woorde, die stilte van geloof, maar veral om my hart stil te maak sodat ek die influistering van u Gees kan hoor.

ELIA EN ELISA (15)

Lees reeks by Boek: ELIA EN ELISA

ELISA NEEM AFSKEID

Dr JP Botha

Die opdrag wat die Here by die berg Horeb aan Elia gegee het om vir my, Elisa, as sy opvolger te salf, het hy gedoen, maar voordat hy vir Jehu as koning oor Israel kon salf en vir Hasael as koning oor Aram, het my wonderlike voorganger na die hemel vertrek.  Daarom het ek later vir Jehu as koning laat salf deur die profeet wat ek na hom gestuur het.

Na Damaskus

Die uitvoering van die derde deel van die Here se opdrag aan Elia, het ook op my skouers geval.  Die Here het vir my gesê om na Damaskus te gaan en vir Hasael, die hoof-generaal van die Aramese leër tot koning te gaan salf in die plek van sy koning, Benhadad III, die man wat vir Israel soveel ellende besorg het met sy aanvalle en strooptogte in die oostelike gebiede van die land.

Ek het die meer as 200 kilometer na die Siriese hoofstad rus-rus aangepak en na 'n paar dae in Damaskus aangekom en by 'n herberg tuisgegaan.

Koning Benhadad het van my aankoms in sy stad te hore gekom.  Hy was baie siek.  Toe beveel hy vir Hasael, sy leërowerste, om met 'n klomp geskenke van allerhande pragtige Damaskusware, 'n vrag wat 40 kamele moes dra, my te gaan opsoek, net om vir my te vra of hy van sy ernstige siekte sou herstel.

Toe ek dit alles sien, het ek weer aan Naäman gedink wie se koning  -  hierdie een se voorganger -  ook gedink het dat hy die Here, die almagtige God van hemel en aarde kon betaal met geskenkies vir sy guns en gawes wat Hy in sy genade aan hom betoon.

Ek het vir Hasael gesê:  "Gaan sê vir jou koning hy sal nie gesond word nie, want die Here het aan my openbaar dat hy sal sterwe."

Ek het vir Hasael met 'n strak gesig aangekyk en na hom bly staar tot hy naderhand heeltemal verleë geword het.  Toe bars ek self in trane uit.  Hy wou ontsteld weet waarom ek dan huil.

"Hasael, dis omdat ek weet watter kwaad jy die Israeliete gaan aandoen.  Jy sal hul vestings in vlamme laat opgaan, hulle jongmanne doodmaak, hulle kindertjies verpletter en hulle swanger vroue oopsny."

"Maar profeet, ek het nie enige mag nie.  Hoe sou ek ooit so iets kon doen?"

"Die Here het aan my openbaar dat jy koning oor Aram sal word."

Benhadad sterf

Hy het van my af weggegaan en by sy koning gekom.  Toe Benhadad vir hom vra wat ek gesê het, vertel hy vir hom 'n leuen:  "Hy het gesê u sal sekerlik gesond word."

Die volgende môre, nog voor my vertrek uit Damaskus, het hierdie Hasael na sy koning se siekekamer gegaan, 'n bedsprei geneem en dit in water klam gemaak.  Hy het dit oor Benhadad se kop getrek en hom versmoor.  Toe het die leërowerste, Hasael, die vors wat hy vermoor het, as koning opgevolg.  Daarna was die drieledige opdrag wat die Here oorspronklik aan Elia gegee het, afgehandel.

Hasael se oorloë

Al die kwaad wat die Here aan my openbaar het, wat Hasael die volk van Israel  -  en selfs van Juda  -  sou aandoen, het pas begin nadat hy koning van Aram geword het.  Israel was reeds baie verswak deur die groot aantal moorde wat Jehu laat pleeg het en veel binnelandse onrus veroorsaak het.

In sy tyd het Hasael daarin geslaag om die gebied oos van die Jordaan, die hele Gilead waar die stamme van Gad, Ruben en Manasse gewoon het, te verower.

Hasael het ook na Gat toe opgeruk, dit aangeval en ingeneem.  Daarna het hy koers gekies na Jerusalem, om die hoofstad van die tweestammeryk te gaan aanval.  Die jong koning Joas, wat op sewejarige ouderdom koning van Juda geword het, het al die skatte en gewyde gawes en goud wat hy in die hande kon kry, aan Hasael betaal om hom van Jerusalem af weg te hou, wat hy toe darem gedoen het.

Jehu se seun en opvolger, Joahas, het die ergste onder Hasael se aanslae gely.  Die Siriër het Joahas se leër feitlik vernietig en soos stof vertrap, sodat hy net 50 ruiters, 10 strydwaens en 10 000 voetsoldate oorgehad het.

Jehu se opvolgers

Dit was dus nie net Jehu alleen wat feitlik voortdurend moes stryd voer teen die Arameërs nie, maar ook sy opvolgers, sy seun Joahas en sy kleinseun Joas (nie Juda se Joas nie) wat almal onder Hasael se aanslae deurgeloop het.

Alhoewel die Here sy volk liefgehad het, het Hy maar toegelaat dat die Arameërs hulle kasty, want Jehu, Joahas en Joas het al drie  -  net soos Jerobeam  -  die volk laat sondig en steeds die kalwerbeelde by Bet-El en Dan aanbid en by die heiligdomme op die hoogtes geoffer.

My siekte

Ten spyte van die konings se ontrouheid, het die Here sy volk nooit in die steek gelaat nie.  Koning Joas, Jehu se kleinseun, het baie goed geweet waar ons hulp vandaan kom en hoe die Here menigvuldige kere deur my met hulle en met die volk gepraat het.

My aardse taak was feitlik volbring.  Ek het in my huisie in Samaria siek gelê toe ek besoek ontvang van koning Joas.  Toe hy my sien, roep hy uit:  "My vader, my vader, u was vir Israel sy oorwinnende strydwa, met al sy ruiters!"

Ek het opgemerk dat die koning bewoë was toe hy my op die bed sien lê en besef dat my veelbewoë aardse lewe haas verby is.

Ek het vir hom gesê:  "Vat jou pyl en boog."

Toe hy dit doen, sê ek:  "Sit jou hand op die boog."

Nadat hy dit gedoen het, plaas ek ook my eie hande op syne en sê:  "Maak die venster aan die oostekant oop."

Toe dit oop was, het ek beveel:  "Skiet!"

Nadat hy die pyl deur die venster afgeskiet het, sê ek:  "Dit was 'n pyl van oorwinning oor Aram.  Jy sal Aram verpletterend verslaan in Afek."

Toe beveel ek die koning verder:  "Vat nou die pyle."

Toe hy dit het, beveel ek hom om daarmee teen die grond te slaan.  Hy het drie maal geslaan en toe opgehou.  Dit het my baie kwaad gemaak en ek het vir hom gesê:  "Jy moes  vyf of ses keer geslaan het, dan sou jy Aram heeltemal verslaan het, maar nou sal jy hulle net drie keer verslaan."

Koning Joas het verslae van my af weggegaan, want hy het geweet hy kan my glo, omdat die Here dit aan my geopenbaar het.

My toekoms

Ek het op my bed gelê en dink aan al die dinge in my lewe wat verby is en aan al die dinge wat nog moet kom.  Toe hoor ek die Here se stem wat sê:  "Elisa, wat jy in my Naam vir die volk en die konings van Israel gedoen het, was goed.  Jou taak is afgehandel.  Ek gaan jou aanstonds na My toe neem, waar jy weer jou heilige voorganger, Elia, sal ontmoet.  My troue arbeiders is hulle loon waardig."

Dankie Here my God, dat U my waardig geag het om soveel jare lank in u diens te staan en u boodskapper vir Israel te wees.  Ek loof en dank en prys u lieflike Naam en sien reikhalsend daarna uit dat U my nou maar moet kom haal.

AMEN

 

_______________

Epiloog

 

Dit is die verhaal van die merkwaardige lewe van die groot profeet Elisa, wat hy self vir ons vertel het.  Die Here het hom kom haal, daar waar hy in sy ouderdom op sy siekbed gelê het.  Sy laaste rusplekkie was in 'n begraafplaas, êrens naby die Moabitiese grens.

Jare daarna het Moabitiese bendes weer lastig geword en strooptogte in Israelitiese gebied uitgevoer.  Op 'n keer was 'n begrafnisstoet na die begraafplaas op pad, toe hulle die Moabiete sien aankom.  In hul haas om voor die vyand weg te kom, het die draers die dooie man van die draagbaar af in die oop graf van Elisa ingeslinger.  Toe hy met Elisa se beendere in aanraking kom, het hy weer lewendig geword en by die bek van die graf uitgestap gekom.

So het die Here aan Israel getoon dat dit Hy was wat al die wonderwerke deur Elisa gedoen het en dat Hy dit selfs deur doodsbeendere heen kan laat plaasvind.  Hy het vir Elia en Elisa op 'n wonderbaarlike wyse gebruik as boodskappers om sy Woord aan Israel en veral aan die ongehoorsame koning Agab te bring.

Hierdie twee manne van God staan voor in die ry van die groot profete wat hulle later opgevolg het.  Hulle was vrywillige instrumente in die hand van die Here om sy lewegewende Woord aan sy volk te bring.

Elisa se boodskap weerklink nog steeds helder deur die eeue heen:  "Vrees nie, want dié wat by ons is, is meer as dié wat by hulle is."  En Elia se uitdaging aan die volk by die berg Karmel, rol nog steeds teen die hange af tot in die diepste skuilhoekies van ons hart:  "Hoe lank gaan julle nog op twee gedagtes hink?  As die Here God is, volg Hom dan na!"

_________________

 

 

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2578 gaste aanlyn