NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons kan maar enige ding doen om uiterlike skoonheid te bevorder maar daar is in werklikheid net een geheim tot skoonheid wat waarlik blywend is en duidelik wys: lewensblyheid. Geen skoonheid is bekoorlik sonder 'n lewensblye gesindheid nie.

ELIA EN ELISA (11)

Lees reeks by Boek: ELIA EN ELISA

LIEFLIKE WONDERWERKE

Dr JP Botha

Die groep profete wat in Bet-El en in Jerigo in gemeenskapshuise saamgewoon het, het my geëer as die opvolger van die groot Elia.  Hulle het my dikwels genooi om hulle te besoek en daar oor te bly en hulle meer te leer van die wonderlike God wat ons aanbid.

Die byl dryf op die water

By een so 'n geleentheid het die profete wat in Jerigo saamgetrek was, vir my gesê dat die ou plekkie waar ek altyd met hulle gepraat het, heeltemal te klein geword het om almal te bevat wat gewoonlik na my godsdiensonderrig kom luister het.  Hulle was van plan om 'n groter lokaal te bou en wou graag die dakbalke daarvoor in die ruie bos langs die Jordaan gaan kap.  Hulle het my genooi om saam met hulle daarheen te gaan.

By die rivier aangekom, het ons aan die werk gespring en fluks gevorder, totdat die enigste byl wat ons gebruik het, uit die hande glip van die man wat hom hanteer het en in die diep water van die rivier verdwyn.  Hy sê toe vir my:  "Ag, meneer Elisa, wat gaan ek nou doen?  Dis nie my byl nie!  Ek het hom geleen en wat gaan ek nou vir die eienaar sê?"

Afgesien van sy bekommernis, het ons die byl ook nog verder nodig gehad.  Ek het gevra waar die byl ingeval het en toe hy vir my die plek aanwys, het ek onmiddellik geweet wat ek moes doen.  Ek het 'n stukkie lat van 'n boom afgesny en dit na die plek geslinger waar die byl ingeval het.  Tot die profete se uiterste verbasing het die swaar stuk gereedskap vanaf die modderige bodem van die rivier opgestyg en bo-op die water gedryf.  Ons vriend kon hom nou nader haak en uithaal en daarmee die kapwerk afhandel.  Ons goeie God help ons ook met die kleinste dingetjies!

Die giftige kos

Die profetegemeenskappe in die land, soos dié by Bet-El en Jerigo en ook by Gilgal, het dikwels net van aalmoese gelewe, in die vorm van kosvoorrade wat goedgesinde boere na hulle gestuur het.  Hulle was oor die algemeen maar arm, omdat die meeste van hulle nie 'n ander gereëlde beroep as dié van profeet beoefen het nie.  In tye van skaarste en hongersnood moes hierdie manne, wat die Woord van die Here aan die volk gebring het, dikwels die noodsaaklikste lewensmiddele ontbeer.

Op 'n sekere stadium van my bediening van die profete- gemeenskap by Jerigo, Bet-El en Gilgal, het daar hongersnood in die land geheers.  Die tuine langs die spruitjies oos van die Jordaan, het weens die droogte misluk.  By Gilgal, waar ek daardie jaar maandelank gebly het om die profete wat daar saamgetrek was, te leer, het ons naderhand 'n voedseltekort ondervind.

Ek het my bediende gestuur om al die groentetjies wat hy in die hande kon kry, bymekaar te maak en in 'n groot pot vir ons gaar te kook.  Een van die profete wat in die veld was, het daar 'n klompie wilde karkoere raakgeloop en 'n sakvol daarvan gepluk en my bediende gehelp om dit stukkend te sny en saam met die ander groentetjies in die groot pot te kook.

Toe etenstyd aanbreek en hierdie mengsel  opgeskep word en die profete dit proe, was daar groot konsternasie.  Hulle skree vir my:  "Man van God, dis giftige kos; die dood is in die pot; ons kan dit nie eet nie!"

Ek het weer dadelik geweet wat om te doen.  Ek het 'n bietjie meel gevra en dit in die pot ingeroer en gesê:  "Skep nou maar uit en eet."

Die manne het nie geaarsel nie.  Hulle het almal reeds geweet dat die Here op 'n heerlike wyse deur my werk.  Almal het daaraan weggeval.  Dit was geen bitter, giftige brousel meer nie, maar 'n smaaklike, voedsame bredie, wat almal geniet het.

Kos vir 100

Die warm somerdroogte het verbygegaan en gedurende die daaropvolgende winter, is die land weer geseën met die heerlike winterreëns, wat veral aan die boere in die Oos- Jordaanstreek volkome uitkoms gebring het.  Maande daarna ontvang ek van 'n boer in Baäl-Salisa, wat in die gebergte van Efraim woonagtig was, vars graan en twintig garsbrode, gebak van die graan van die eerste oes.

Ek was nog steeds in Gilgal besig met onderrig van die profete, toe hierdie welkom voedselvoorraad ons bereik.  Ek het my bediende aangesê om dit gereed te kry en vir die manne voor te sit.  Maar hy het nie daarvoor kans gesien nie.  "Meneer Elisa, hier is 100 profete.  Daardie bietjie kos is heeltemal te min.  Wat moet ek maak?"

"Moet jou nie bekommer nie.  Deel dit maar vir hulle uit.  Die Here sê almal sal genoeg kry om te eet en daar sal nog 'n bietjie oorbly."

.Dit het gebeur.  Die Here voorsien altyd volkome in ons behoeftes.

Die weduwee se olie

Gedurende die swaar tye van droogte, wat gewoonlik tot hongersnood gelei het, was daar van hierdie goeie profete wat genoodsaak was om skuld te maak, ten einde aan die lewe te bly.  Hier by Gilgal was een van hulle wat diep in die skuld was by die geldskieters.  Hy het ernstig siek geword en gesterf.  Toe het die onbarmhartige skuldeisers op sy weduwee toegeslaan en haar twee seuns geëis, om hulle as slawe te verkoop.

Die ongelukkige vrou het by my kom hulp soek.  Ek wou haar graag help en vra vir haar wat sy alles in haar ou huisie het.  Sy het werklik niks meer besit nie as net 'n klein ou erdekannetjie met olie.  Ek het haar aangeraai om oral by die bure leë kruike te gaan leen, nie te min nie, sommer baie, net soveel as wat sy in die hande kon kry.  Dan moet sy met haar seuns in haar huisie ingaan, die deur sluit en uit die erdekannetjie die kruike wat sy geleen het begin volmaak.

Die gelowige vrou het dit gedoen.  Haar seuns het die leë kruike aangegee en die olie het uit die erdekannetjie gevloei tot almal vol was.  Toe was die ou kannetjie eers leeg.

Sy het my van die wonderlike gebeurtenis kom vertel en ek het haar aangeraai om die baie olie te gaan verkoop.  Sy het dit gedoen en uit die opbrengs daarvan al haar skulde betaal en genoeg oorgehou om verder onbekommerd te leef.

Die Sunemmitiese vrou

Nadat ek 'n paar jaar lank, met kort onderbrekings tussenin, by die profetegemeenskappe in Bet-El, Gilgal en Jerigo gewoon en hulle opgelei het in die werk van die Here, het ek die behoefte gevoel om na die noorde van Israel te gaan en vir ons wonderlike God daar te gaan werk.

My ou bediendetjie wat ek by Gilgal gehad het en geleer het om vir my en die profete in die skaars tyd eetbare voedsel voor te berei, kon nie saam met my gaan nie en ek moes toe vir my 'n ander een kry.  Sy naam was Gehasi.  Hy was 'n baie hulpvaardige en bekwame man, fisies sterk en gesond en het my op ons swerftogte getrou ondersteun en versorg.

Die Here het my na die omgewing van Karmel gestuur.  Ek en Gehasi het die lang pad na die noorde aangepak en rus-rus van een dorpie na die ander gekuier.  Uiteindelik het ons, tien kilometer noord van Jisreël, in die dorpie Sunem aangekom.  Tydens ons daelange verblyf in hierdie mooi ou plekkie, het ons 'n vrou en haar man ontmoet, wat vir ons baie goed was.  Toe sy sien dat ek met die werk van die Here besig was, het sy ons na haar huis genooi en onderdak verskaf en versorg.  Daarna is ek en Gehasi verder na Karmel.

In die tyd wat gevolg het, moes ons dikwels weer op ons verdere togte deur Sunem gaan en het dan weer by hierdie gasvrye huisgesin aangegaan.  Die vrou het op 'n keer aan haar man gesê:  "Ons kan gerus vir hierdie man van God en sy bediende op ons platdak 'n bovertrek bou en dit met 'n bed, 'n tafel, 'n stoel en 'n lamp meubileer, sodat hy en sy bediende daar kan intrek wanneer hulle weer hierlangs kom."

'n Jaar later, toe ons weer van Karmel af in Sunem aankom, het hierdie liewe mense dit werklik gedoen.  Ons het in hierdie bovertrek heerlik ontspan en gerus.

Onderwyl ek daar op die bed lê, vra ek vir Gehasi wat op die stoel sit, wat kan ons tog vir hierdie goeie vrou doen om ons dankbaarheid te toon?  Hulle was vermoënde mense wat niks kortgekom het nie.   Gehasi het ook nie geweet nie, maar dit genoem dat sy en haar man, wat al oud is, geen seun het nie.  Ek het haar laat roep en onderwyl sy in die deur bly staan het, vir haar gevra of ek nie vir haar 'n goeie woord by die koning of by die generaal van die leër kan doen nie.  Toe sê sy:  "Ag nee wat, ek woon gelukkig hier tussen my eie mense."

Die Here het toe weer vir my gesê wat ek moet sê:  "Volgende jaar hierdie tyd, sal jy 'n seun in jou arms hou."

Sy wou my natuurlik nie glo nie, maar dit het gebeur, en toe ek en Gehasi 'n jaar later weer by Sunem aankom, was dit wonderlik om die geluk van hierdie Sunemmitiese vrou met haar babaseuntjie te sien.

Toe hy groot word en so 'n stuk of tien jaar oud was, het sy pa hom saamgeneem na sy landerye toe, waar hulle besig was om te oes.  Dit was baie warm.  Die arme kind het kwaai sonsteek opgedoen en huilende uitgeroep:  "My kop, o my kop is baie seer!"  Sy pa het hom dadelik deur een van sy werkers laat huis toe dra.  Sy moeder het die heeldag met hom op haar skoot gesit, maar teen die middag het die oudjie gesterf.  Sy het hom na ons bovertrek gedra en op my bed neergelê, uitgegaan en die deur gesluit.  Sy het na haar man toe gegaan, 'n donkie gevra om op te ry en een van sy werkers om haar te vergesel en vir hom gesê sy wil gou na Karmel toe gaan waar die man van God is.  Hy kon nie begryp waarom sy dit wou doen nie, want sy het hom nie van hul seuntjie se dood vertel nie.

Ek en Gehasi was daardie middag by die berg Karmel besig, toe ons die vrou op die donkie na ons toe aangery sien kom.  Haar slaaf het agter haar aangehardloop en die rydier met mening aangedryf.  Ek het Gehasi na haar toe gestuur om te vra of daar iets verkeerd is, want die Here het toe nog nie aan my openbaar dat haar seuntjie dood is nie.

Toe sy by my kom, het sy my die kind se dood verwyt.  Ek het vir Gehasi na Sunem teruggestuur en gesê hy moet my kierie op die kind se gesig gaan plaas.  Die vrou wou egter nie sonder my teruggaan nie en so het ons almal weer in die pad geval na Sunem toe.  Gehasi was eerste daar.  Hy het gedoen wat ek hom beveel het, en toe daar niks gebeur nie, het hy teruggekom en my dit vertel.

Na ons aankoms het ek na ons bovertrek gegaan en die oudjie daar dood op my bed sien lê.  Nadat ek gebid het, het ek op hom gaan lê, sodat sy liggaampie warm geword het.  Daarna het ek opgestaan en met verwagting heen en weer in die vertrek geloop en na 'n rukkie weer op die kind gaan lê.  Hy het begin roer en sewe keer genies en sy oë oopgemaak.  Dit was wonderlik om te sien hoe die Here die lewe in sy jong liggaampie laat terugkeer.  Na 'n rukkie het ek en hy langs mekaar op die bed gesit en praat oor wat daar met hom gebeur het.  Ek het vir Gehasi gestuur om sy moeder te gaan roep, en weer was dit wonderlik om deel te neem aan haar dankbaarheid en geluk, toe ek haar seun lewendig en gesond aan haar oorhandig.

Die Here sorg vir sy kinders

'n Geruime tyd daarna het die Here aan my openbaar dat daar 'n sewejaarlange hongersnood in Israel op hande is.  Langdurige droogtes gaan weer tot misoeste lei en 'n voedselskaarste in die land veroorsaak.  Ek het besef dat dit weer 'n strafgerig is wat God oor die afgedwaalde volk voltrek en dat dit nie die heidennasies gaan tref nie.

Ek het aan die goeie Sunemmitiese vrou en haar seuntjie gedink en aan al die ellende wat so 'n hongersnood aan veral weduwees en hul kinders bring, want haar man het ook nie meer gelewe nie.  Daarom het ek na Sunem toe gegaan en haar aangeraai om Israel te verlaat en met haar seun in die land van die Filistyne, langs die Middellandse See te gaan woon.  Sy het dit gedoen.

Dit het alles baie goed vir haar uitgewerk, want sy het die ellende en ontberings van die swaar tyd in Israel gespaar gebly.  Toe die sewe jaar om is, het sy weer na Sunem teruggekeer.  Maar toe het haar huis en haar grond nie meer aan haar behoort nie!

Ek het vir Gehasi na Samaria gestuur om die vrou se saak voor koning Joram te lê.  Ek wou nie self soontoe gaan nie, want ek het nie lus gehad om met hierdie seun van Agab te praat nie, want hy het nog aanmekaar probeer om twee here te dien, die Here en Baäl.

Toe Gehasi daarin slaag om in 'n onderhoud met hom  te praat en hy ontdek dat dit my dienskneg is wat voor hom staan, wou hy eers van al die wonderwerke weet wat die Here deur my laat plaasvind het.  Gehasi het hom ook van die vrou en haar seun vertel en hoe die kind uit die dood opgewek is.

Onbewus daarvan dat iemand op daardie tydstip besig was om haar saak voor die koning te stel, het die Sunemmitiese vrou en haar seun self daar aangekom om met die koning te praat.  Gehasi het haar aan hom voorgestel en Joram was só beïndruk dat hy beveel het dat haar huis en haar grond aan haar teruggegee moes word, asook die opbrengs daarvan van die vorige sewe jaar.

Die Here sorg vir sy kinders.  Hy gebruik selfs ongelowiges om aan hulle reg en geregtigheid te laat geskied.

 

_________________

 

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2578 gaste aanlyn