NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Magsmisbruik lei dikwels tot selfverryking. ‘n Slegte leier leer geen kuns gouer aan as om die staatskas te plunder nie.  Eers raak hy van die reëls van ‘n ordelike gemeenskap ontslae waarna hy sy land op die glybaan van korrupsie en verkwisting laat beland.  Daarna word hy soos room - ryk en dik!

ELIA EN ELISA (10)

Lees reeks by Boek: ELIA EN ELISA

NA DIE PARADYS

Dr JP Botha

Ek is Elisa.  My naam beteken "My God red."    Die Here het my gekies om die hulp en opvolger te word van die groot profeet Elia.

My herkoms

Ons het in die stad Abel-Mehóla gewoon. Dit is halfpad tussen die Meer van Gennésaret en die Dooie See geleë, aan die westelike oewer van die Jordaan, naby Tisbe in Gilead.  Dit is 'n baie vrugbare boerderystreek.

My ouers was vermoënde mense.  Ek en my pa Safat, het groot landerye langs die Jordaan besit, waarop ons graan verbou en groente gekweek het.

Gesalf as profeet

Ongeveer ses maande nadat die groot droogte deur oorvloedige reëns gebreek is, was ek en my pa se werkers besig om ons lande te ploeg.  Ons het twaalf ploeë gebruik, elkeen deur twee osse getrek, met twee man daarby, die ploegsterthouer en die touleier.  Ek was besig om 'n nuwe akker aan te voor, toe ek skielik 'n man oor die ploegland deur die losgrond aangestap sien kom.  Hy het reg op my afgestap en toe hy by my kom, het hy sy harige mantel op my geslinger en sonder 'n woord verder gestap.

Toe herken ek hom!  Dit was die groot profeet Elia!  Ek het ses maande vantevore in verwondering aanskou hoe die Here op Karmel Elia se gebed met vuur antwoord en die offer aan die brand steek, en hier stap daardie man van God doodluiters by my verby en salf my as sy opvolger!

Ek het agter hom aangehardloop en hom teruggeroep.  Ek het die ploeëry net so gelos.  Ek het my eie twee osse geslag en vuur gemaak met my houtploeg en van die vleis vir my werkers gegee en daarvan geoffer.  Daarna het ek my ouers gegroet en saam met Elia gegaan.

My opleiding

Die volgende paar jaar was ek voortdurend in die leerskool van die groot profeet.  Dit was wonderlik om aan die voete te sit van hierdie heilige man van God, wat in sy asketiese afsondering feitlik voortdurend in gesprek was met die Gees van God.  Ek het uit sy mond die openbaring van die wil van God, sy alom teenwoordigheid, sy lankmoedigheid, sy liefde en genade, maar ook sy toorn oor die sonde, verneem en ingedrink, onderwyl ons twee alleen in die veld, langs 'n waterstroompie oor die ewige dinge gesit en gesels het.

Elia was hartstogtelik lief vir die natuur.  Die Here het met hom gepraat waar hy eensaam op 'n bergkruin sit en uitstaar oor die vlaktes van ons geliefde land Israel.  Hy het alleen na die dorpies en stede gegaan wanneer die Here hom daarheen gestuur het.

Sy aardse taak is afgehandel

'n Ruk nadat Elia die laaste keer met Agab gaan praat het en daarna vir sy seun Ahasia gaan waarsku het, het hy vir my gesê dat die Here hom van die aarde af gaan wegneem, want die werk wat hy vir Hom moes doen, is alles afgehandel.  Die Gees van God het ook met my gepraat en aan my openbaar dat Elia nie gaan sterf nie, maar dat Hy hom lewend in sy heerlikheid gaan opneem.

Elia se laaste reis

Toe die tyd van sy vertrek naderkom, wou my groot leermeester graag heeltemal alleen wees.  Ons twee was saam in die dorpie Gilgal, 'n paar kilometer van Jerigo af.  Vroeg een oggend sê Elia vir my:  "Elisa, die Here stuur my na Bet-El.  Ek sal alleen gaan.  Jy moet asseblief maar hier in Gilgal agterbly."

Ek het onmiddellik geweet dat die groot gebeurtenis voor die deur lê en ek was vasberade om by hom te wees wanneer dit sou plaasvind.  Daarom het ek gesê ek gaan saam met hom.  Hy het dit aanvaar en ons twee het in die pad geval.

Ek het gewonder waarom ons nou juis na Bet-El toe moes gaan.  Dit is ongeveer 25 kilometer van Gilgal af.  Ons het die hele voormiddag gestap.  Die groot profeet was nie baie spraaksaam nie.

Die profetegemeenskap

Toe ons Bet-El se buitewyke nader, kom 'n aantal profete ons tegemoet.  Hulle het hier in 'n groep saamgewoon om bymekaar te wees, nadat Isébel die Here se profete so vervolg en laat vermoor het.  Hulle het my eenkant toe geroep en gevra of ek weet dat die Here my meester vandag van my  af gaan wegneem.  Ek het gesê ek weet dit; hulle moenie daaroor praat nie.  Die Here het dit dus ook aan hulle openbaar.

Na Jerigo

Nadat ons in Bet-El aangekom het, het ek gewonder hoe en wanneer dit gaan gebeur, maar toe sê Elia vir my die Here stuur hom terug na Jerigo.  Ek moet asseblief nie weer saamgaan nie, maar hier in Bet-El agterbly.  Ek het gewonder waarom hy soveel moeite doen om van my ontslae te raak, maar ek het net vir hom gesê ek gaan saam!

Dit was laatmiddag toe ons uiteindelik in Jerigo aankom.  Weer het daar 'n aantal profete ons tegemoet gekom wat by my wou weet of ek weet wat gaan gebeur.  Hier in Jerigo was ook 'n groot profetegemeenskap saamgetrek.  Ek het vir hulle gesê hulle moet stilbly; ek weet dit.

Na die Jordaan

My liewe grootmeester Elia het weer 'n laaste poging aangewend om van my ontslae te raak en vir my gesê dat ek nou beslis hier in Jerigo moet bly, want die Here stuur hom na die Jordaan, maar toe hy begin loop en ek met hom saamstap, het hy nie protesteer nie.  Ek het gemerk dat 'n aantal profete ons op 'n afstand volg.

Nadat ons so in optog die tien kilometer na die rivier afgelê het, het ek en Elia voor sy diep water te staan gekom.  Die man van God het sy mantel geneem, dit opgerol en die water daarmee geslaan.  Dit het na links en regs verdeel en weggevloei, sodat ons na 'n rukkie feitlik op droë grond kon deurstap.  Daarna het die water weer aaneengesluit en het die groep profete van ons geskei.

Die opvaart

Onderwyl ons 'n endjie van die rivier af weggestap het, het die groot Elia vir my gevra of daar miskien nog iets is wat hy vir my kon doen, voordat die Here hom wegneem.  Ek het 'n dubbele deel van sy gees begeer, maar die profeet was onseker of ek dit sou ontvang.  Indien sy opname egter vir my sigbaar sou wees, sal ek wel ontvang wat ek begeer.

Hoe goed was die Here nie vir my nie!  Ons het nog so geloop en praat van sy wonderlike almag en heerlikheid, sy liefde en genade, toe daar skielik 'n helder lig om ons skyn.  'n Vurige wa en perde het langs ons verskyn en die druising van 'n warrelwind het al harder geword.  Dit het Elia in die wa opwaarts meegevoer, die hoogte in, totdat hulle voor my verstomde oë verdwyn het.  Ek het uitgeroep:  "My vader, my vader, u was vir Israel sy strydwa met sy ruiters!"  Toe gewaar ek die groot profeet se mantel, wat van hom afgeval het en ek het geweet die Here het aan my begeerte voldoen en dat ek in staat gaan wees om in die gees van die groot Elia, wonderlike dinge vir God te doen.

Ek het die mantel opgetel en daarmee teruggestap na die rivier, dit opgerol soos Elia gedoen het en op die water geslaan.  Ek het uitgeroep:  "Waar is die Here, die God van Elia?  Waar is Hy?"  Hy is oral.  Hy was by my, want Hy het weer die water in twee laat kloof, sodat ek kon deurstap.

Die groep profete was nog steeds aan die westelike oewer van die rivier.  Hulle het gesien wat gebeur het  en toe ek by hulle kom, roep hulle uit:  "Die gees van Elia rus nou op Elisa!"  Maar hulle was nie so seker as ek dat die Here vir Elia hemel toe geneem het nie, want hulle wou weet of hulle nie maar 'n vyftig dapper manne kon stuur om die nabygeleë berge en valleie deur te soek om te sien of die Here nie miskien vir Elia daar êrens weer neergelaat het nie.  Ek het hulle verseker dat dit tevergeefs sal wees, maar dit tog maar toegelaat toe hulle daarop bly aandring.  Hulle het drie dae lank tevergeefs gesoek, onderwyl ek vir hulle in Jerigo gewag het.

Jerigo se water

Die nuus van wat daar anderkant die Jordaan gebeur het, het ons vooruitgeloop, want toe ek in Jerigo aankom, is ek baie gasvry ontvang deur die manne van die stad.  Hulle het teenoor my gekla dat hul landerye die een na die ander misoes oplewer en het dit toegeskryf aan slegte water uit die dorpsfontein, waarmee hulle hul tuine moes besproei.  Ek wou altyd baie graag mense help wat in nood verkeer het.  Die Here het aan my openbaar dat Hy hul water gaan gesond maak; ek moes net doen wat Hy op my hart lê.  Ek het 'n nuwe skottel gevra en 'n hoeveelheid sout, die sout in die skottel gegooi en saam met hulle na die oog van die waterfontein gegaan en die sout in die water gegooi.  Dit was al.  Jerigo se water was daarna gesond en het nie meer onvrugbaarheid veroorsaak nie.

Die twee bere

Ek het van die manne in Jerigo afskeid geneem en alleen in die pad geval, terug na Bet-El toe.  Toe ek 'n hele end weg was, het ek ontdek dat die ou sielevyand gladnie gelukkig gevoel het oor wat daar anderkant die Jordaan plaasgevind het nie.  Hy het 'n aanval op my gemaak wat bereken was om my vir goed af te skrik om in diens van die Here te wil staan.

Langs die pad het daar 'n aantal seuns rondgespeel.  Toe ek regoor hulle kom, het almal skielik na my kant toe gedraai en agter my aangeloop.  Hulle het my op 'n lelike manier begin uitskel en geskree:  "Ag toe nou, ou kaalkop, moenie hier in die pad loop nie.  Gaan op in die lug, soos daardie ander ou.  Waar is hy nou?  Hoekom is jy nie saam nie?  Is jy dan bang?  Toe, ou kaalkop, gaan op, op, op!"

Ek het my omgedraai en hulle bestraf.  Die Here het nie toegelaat dat die bose deur die monde van hierdie ongeskikte seuns sy profeet beledig en bedreig nie.  Hulle het al hoe astranter geword en al om my begin swerm en sou my aangerand het as daar nie twee bere uit die bos langs die pad uitgespring het en 42 van hierdie ongelukkige seuns verskeur het nie.  Die Here laat Hom nie bespot nie.

Water in die woestyn

Na my besoek aan Bet-El, het ek na Samaria gegaan.  Ek het nie soos die groot Elia, my in eensame plekke teruggetrek nie.  Ek was lief vir mense en het graag in die dorpe en stede gekom.  Daar kon ek mense in hul nood bystaan en my volk Israel ondersteun in sy stryd teen die heidennasies.

In Samaria was daar 'n geesdriftige klaarmakery vir oorlog.  Koning Josafat van Juda het saam met koning Joram van Israel (Agab se seun) en die koning van Edom, teen die koning van Moab opgetrek.  Ek het besluit om saam te gaan.

Toe ons sewe dae lank deur die Edom-woestyn getrek het, het ons geen water meer gehad nie.  Iemand sê toe dat ek ook daar is en my opleiding by Elia gekry het en dat die konings my oor die watergebrek moes raadpleeg.  Ek het vir Joram gesê ek wil niks met hom te doen hê nie; hy moet na die profete van sy pa en ma toe gaan, maar ter wille van die goeie koning Josafat het ek die Here om uitkoms gebid.  Ek het vir hulle gesê ek sien die hele vallei voor ons vol water, sonder dat dit gaan reën en die Here sê hulle gaan Moab ook totaal verslaan.

Die volgende oggend het die hele gebied by ons uit die rigting van Edom vol water geloop, sodat mens en dier hul dors kon les.  Toe die Moabiete die eerste strale van die son se rooi skynsel op die water sien, het hulle gedink dat dit bloed was en dat Juda en Israel en Edom mekaar aangeval het.  Hulle is ontnugter toe ons tot die aanval oorgaan, want hulle is verpletterend verslaan.  Ons leërs het seëvierend na Samaria en Jerusalem teruggekeer.

Die koninkryk van Israel is egter nie lank gegun om in vrede te leef nie.  Koning Joram, Agab se seun, moes gedurende die twaalf jaar van sy betreklike kort regeringstyd, die land verdedig teen die venynige aanvalle van die Arameërs, onder hul Siriese koning, Benhadad.

Tenspyte van Joram se halfhartige geloof in die Here God en die gruwel van sy Baäl-afgodediens, het die Here, ter wille van sy volk, telkens beslissende oorwinnings oor die vyand gegee.  In hierdie tyd het die Here my ook gebruik om aan die volk en die koning deur wonders te toon dat Hy begaan is oor die welsyn van enkelinge en dat niemand wat Hom in nood aanroep, ooit beskaamd staan nie.  Hoe wonderlik goed is Hy nie!

 

________________

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1997 gaste aanlyn