NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons wil almal tog so graag 'n goeie selfbeeld hê sodat ons goeie verhoudinge kan handhaaf en sommer oor die algemeen meer selfvertroue kan hê om meer produktief te wees. Maar min mense weet egter hoe om by daardie punt in sy lewe te kom. Die enigste antwoord is om realistiese selfkennis op Godskennis te bou.   En dít kan ons wel regkry wanneer ons ons oë op Christus gevestig hou. Daar is geen ander standhoudende fondament nie.

ELIA EN ELISA (7)

Lees reeks by Boek: ELIA EN ELISA

AGAB SE OORLOË

Dr JP Botha

Na my terugkeer vanaf Sinaï by Horeb, het ek eers na my tuiste in Tisbe gegaan en daarna het ek die stiltes van eensame plekke in die berge opgesoek, om daar in die natuur na die stem van die Here te luister.  Daar, in die wydsheid van sy grootse skepping, is ek altyd naby aan Hom en kan ek duidelik verneem waarheen Hy my met sy Woord na iemand wil stuur, want ek het sy vernaamste boodskapper geword.

Die sondes duur voort

Alhoewel koning Agab op Karmel met eie oë aanskou het dat die Here alleen God is van die ganse heelal, het hy nie tot berou gekom en sy goddelose vrou teëgegaan nie.  Die onsinnige afgodediens het in die Baäl-tempel op die heuwel van Samaria voortgegaan.  Daarom het die Here toegelaat dat Israel en die koningshuis deur 'n vyand van buite bedreig word..  Miskien sou Agab dan sy toevlug tot God neem en sy hulp vra.

Die Arameërs

Vanaf koning Jerobeam se tyd het die Siriërs aan  die noordoostekant van Israel 'n selfstandige nasie geword, met Damaskus as hul hoofstad.  Gedurende Omri en Agab se regering het hierdie duisende Arameërs 'n groot bedreiging vir die veiligheid van Israel  geword.

Samaria word beleër

Benhadad II, die koning van die Arameërs, was 'n verwaande en bombastiese aanvoerder van sy volk.  Hy was bitterlik jaloers op Israel en op alles wat die volk en die koningshuis besit het.  Hy het besluit dat hy met sy duisende Siriërs sterk genoeg was om die land binne te val en te gaan toets of Samaria se verskansings en mure sy aanslag kan weerstaan.

Toe ek met my terugkeer vanaf Horeb naby Samaria kom, het ek hulle in hul duisendtalle op die vlakte onderkant die stad gewaar.  Ek het maar verder gestap, want die Here het nie met my gepraat nie, maar ek het geweet Hy sal vir my sê as daar iets gedoen moet word.

Benhadad stuur toe ewe astrant 'n paar boodskappers na Agab binne in die stad, om vir hom te sê dat hy gekom het om al Agab se rykdom, al sy goud en silwer wat hy so mooi in Samaria bêre, en al sy mooi vroue en baie kinders, vir hom te vat.  Die koning van Israel het groot geskrik en ewe beleefd terug laat weet dat dit maar goed so is;  Benhadad kan dit alles en nog meer kry.  Toe swel die Arameër van oormoed in sy astrantheid en laat weet dat Agab dit nie hoef te stuur nie; hy sal dit alles self kom haal en kom vat wat hy wil hê.

Dit was vir Israel se bang koning 'n bietjie te veel.  Hy het sy raadgewers bymekaar geroep.  Hulle het hom aangeraai om tog nie aan die heiden se versoek toe te gee of vir sy dreigemente te skrik nie.

Toe Benhadad hierdie boodskap ontvang, het hy nog kwaaier geblaas.  Hy het gedreig om die stad in puin te lê en gespog dat as elkeen van sy duisende soldate maar elkeen net 'n handjie vol stof hiervandaan wegdra, sal daar niks van Samaria oor wees nie!

God gee uitkoms

Die Here wou nie dat sy volk so verneder word nie.  'n Neerlaag teen die vyand sou vir Agab sy verdiende straf gewees het vir al sy ongeregtigheid, maar sy tyd daarvoor het nog nie gekom nie.  God het Hom oor Israel ontferm.

Onderwyl ek in die stille eensaamheid van die Gilboa-gebergte vertoef het, suid van Jisreël, het die Here 'n ander profeet na Samaria en na Agab gestuur en vir hom gesê dat hy daardie groot menigte van Arameërs in sy mag gaan oorgee.  God wou hê dat Agab nou ten enemale moet besef en erken dat Hy die Here is wat oor alle mag beskik.  Agab het dit geglo en gevra hoe die Here dit gaan doen en deur die profeet het God vir hom gesê dat hy 'n paar honderd dapper, jong polisiemanne op die voorpunt van die aanval moet plaas.  Daar was 232 van hulle, met 'n leër van 7 000 man agter hulle.

Agab het dit gedoen.  Toe hy die middag met sy leër die stad verlaat en op die vyand afstorm, is Benhadad en sy duisende onverhoeds betrap.  Hy was besig om met 32 van sy vername koninklike beamptes in die tente rond te lê en drink, toe sy wagte hom vertel dat daar soldate uit Samaria kom.  Hy het bevel gegee dat hulle lewendig gevang moes word, maar is kort daarna ontnugter toe Agab se vurige oorlogsmasjien op hulle toesak en dood en verwoesting begin saai.  Die duisende Arameërs het holderstebolder begin vlug.  Benhadad self het 'n perd in die hande gekry en daarmee die aftog geblaas.  Hy en sy duisende is beslissend verslaan.  Hy het na sy hoofstad, Damaskus teruggetrek om sy wonde te gaan lek en nuwe wraakplanne teen Agab en Israel  te smee.

'n Tweede oorwinning

Die Here het die profeet weer gestuur om Agab te waarsku om sy leër nog verder te versterk, want die koning van Aram beplan om die volgende jaar weer 'n aanval te loods.  Sy raadgewers se advies aan hom was dat hulle die Israeliete in die vlaktes moet aanval, omdat hulle gedink het Israel word deur "berggode" beskerm.

Toe Benhadad die volgende jaar gereed was vir 'n tweede groot aanval op Israel, het hy weer met 'n geweldige groot leër uit Sirië suidweswaarts getrek om Israel in sy hoofstad te gaan aandurf.  Maar hierdie keer was Agab daarop voorbereid en het hulle dadelik tegemoet getrek.  Die twee magte het oos van die Galilese See, naby die Jarmoekrivier en die Golanhoogte, by Afek teenoor mekaar te staan gekom.

Die Here het weer aan sy volk gedink en die profeet wat Hy reeds tweekeer na Agab gestuur het, het vir hom gaan sê:  "Omdat die Arameërs sê dat Ek 'n berggod is en nie 'n god van die vlaktes nie, gaan Ek hierdie hele groot menigte in jou mag oorgee.  Dan sal julle besef dat ek die Here is."

Die geveg het na sewe dae losgebreek en in 'n klinkende oorwinning vir Israel geëindig.  Hulle het 100 000 voetsoldate van die Arameërs op een dag verslaan.  Die res het die stad Afek ingevlug.  Toe hulle by die stadsmuur kom, het dié op hulle ingeval en nog 27 000 man gedood.

Benhadad het in die stad rondgevlug, saam met 'n paar van sy raadsmanne.  Van hulle het toe rouklere aangetrek en hulle aan Agab gaan oorgee en gesê Benhadad onderwerp hom aan die koning van Israel en vra dat sy lewe gespaar moes word.

'n Onheilige verdrag

Ag, koning Agab van Israel was tog só in sy skik toe hy hoor die magtige Benhadad van Aram smeek onderdanig om asiel, dat hy hom laat haal en hom sy broer genoem het en 'n vriendskapsverdrag met hierdie slinkse vyand van sy volk gesluit het.

Daarna het die Here weer 'n profeet na Agab gestuur, wat vir hom kom sê het:  "Omdat jy die man wie se lewe Ek geëis het, vry laat weggaan het, sal jou lewe in die plek van sy lewe kom, en jou volk in die plek van sy volk."

Dink jy Agab het nou uiteindelik tot sy sinne gekom, nadat die Here hom reeds soveel kere gewaarsku het?  In teendeel, hy het net briesend kwaad geword vir die man van God en humeurig en ontstemd vanaf die slagveld teruggery na sy paleis in Samaria.

 

____________

 

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2564 gaste aanlyn