NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Dobbel is ‘n nare ding.  Meer mense verloor as wat hulle wen.  Moenie met die kosbaarste ding in die lewe dobbel nie – jou siel!

ELKEEN HET 'N TAAK

Ds AE van den Berg

Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg

" Elke gelowige sal verantwoording van hul gawes doen. Die Gelykenis van die Talente spel dit duidelik uit...  Moet nooit bang wees om in die geloof te onderneem nie. Doen, waag en verwag!  Petrus sou nooit op die water kon loop indien hy dit nie buite die boot gewaag het nie!  Sommige gelowiges is so bang om foute te maak, dat hulle niks doen nie en hul talente begrawe." 

"Namate elkeen ’n genadegawe ontvang het, moet julle mekaar daarmee dien soos goeie bedienaars van die veelvuldige genade van God.    As iemand spreek, laat dit wees soos woorde van God; as iemand dien, laat dit wees soos uit die krag wat God verleen, sodat God in alles verheerlik kan word deur Jesus Christus, aan wie heerlikheid en krag toekom tot in alle ewigheid.  Amen” - 1 Pet.4:10-11

Jy gaan net een maal op die aarde leef.   Gevolglik het jy net een kans om iets daarvan te maak.   Hoe lyk jou lewe vandag:  bestaan jy of leef jy?   Maak jou lewe enige sin?     ʼn Sinvolle lewe is beter as rykdom en wie sinvol leef, sterf gelukkig.    Die sin van die lewe hang alles af van waaraan jy dit wy.

Wie hom in dinge groter as hyself verdiep, vind groter sin in die lewe.    En wat kan groter wees as om in diens van God te staan?   Nou praat ek nie van predikante nie, maar van die amp van die gelowige.

Om in diens van God te staan, kan nie sonder die bystand van die Heilige Gees geskied nie.    Die Gees doen twee dinge met gelowiges.   Eerstens sonder Hy hulle af en tweedens rus hy hulle toe om God se werk te doen.   Die klem val op die toerusting wat die gawes van die Heilige Gees genoem word.

Die Griekse woord hiervoor is charismata en kom 17 keer in die NT voor waar dit die betekenis van geskenke van God het.    Hierdie geskenke is uitsonderlike bekwaamhede wat God aan gelowiges gee ten einde die gemeente van Christus op te bou (sterk te maak) en uit te bou (meer te laat word).    Die Onse Vader bede:  “Laat U koninkryk kom” hou hiermee verband.

Die NT onderskei 18 geestesgawes.   Dit dui daarop dat Christus op verskeie maniere werk om sy Koninkryk te laat kom.  Sommige gawes is natuurlik en sluit by die mens se natuurlike vermoë aan soos bv. om te onderrig.    Ander is bonatuurlik wanneer ’n mens by geleentheid t.w.v. die koninkryk van God anders optree.   Sommige gawes kom eenmalig voor terwyl ander blywend van aard is en tot ’n staande bediening in ’n gemeente lei.  “En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars, om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk….” (Efes.4:11-12).

Die Heilige Gees deel die gawes uit soos Hy wil.   Almal kry nie dieselfde gawe nie.   In die Gelykenis van die Talente ontvang sommige van die diensknegte vyf talente, ander twee en ’n sekere man selfs net een talent.   Feit bly staan; almal ontvang iets.   Elkeen het, soos die diensknegte in die gelykenis, ’n taak.  Niemand is oortollig en niemand word oorgesien of verskoon nie.

Daar is gelowiges met besonder gawes.   Dis die voorgangers wat lidmate vir hul dienswerk toerus.  “En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars, om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk….” (Efes.4:11-12).   Hulle moedig die gelowiges aan.  Hulle begeester en lei hulle in die regte rigting lei.   Daarom word hulle herders genoem.    Hierdie voorgangers slaag egter selde daarin om ongelowiges aan te moedig, te begeester of leiding te gee.  Hulle is en bly passief.

Sommige gelowiges ontvang meer gawes en ander minder.   Sommige s’n staan bo die ander uit.   Desondanks is geen gawe bo ’n ander een verhewe nie en niemand in ’n gemeente minder- of meerderwaardig nie.

’n Gemeente is soos ’n simfonie-orkes; elke instrument het sy eie klank.   As almal saamspeel, is dit net mooier as wat elkeen op sy eie speel.   Daarom kom die eenheid in Christus nie in ’n eendersheid nie, maar in ’n verskeidenheid van geestesgawes tot uitdrukking.   In 1 Kor.12 vergelyk Paulus ’n gemeente met ’n liggaam; afsonderlike lede maar een liggaam.

Geestesgawes is nie trofeë soos dit in charismatiese kerke blyk te wees nie, maar gereedskap.   God gee dit aan ons om ons medemens mee te dien.   Jesus se dissipels moes Hom nie bloot volg nie, maar ook vir Hom werk. “Kyk Ek stuur julle soos skape onder die wolwe in…” (Mt.10:16).    Om sinvol te leef, moet ons ’n lewe in belang van ander leef.    Ons het ’n verantwoordelikheid teenoor medemense na buite (Mt.28:19) en dié na binne; ons geestelike familie.

Paulus moes by geleentheid baie ernstig met die Korintiërs praat wat in hul charismatiese beheptheid liefdeloos met mekaar gewedywer het.    Sonder onderlinge liefde in ’n gemeente is alles tevergeefs.   Dan speel die orkes nie saam nie; hulle maak net geraas!    1 Kor.13 sê dat dit soos metaal wat teen mekaar slaan, klink of ’n simbaal om aandag te trek.   Die klem verskuif van die Gewer na die ontvanger.  En dis fataal in ’n gemeente!

Petrus gaan voort:  “Namate elkeen ’n genadegawe ontvang het, moet julle mekaar daarmee dien soos goeie bedienaars….” Die Grieks vir bedienaar verwys na ’n slaaf wat verantwoordelik was om sy baas se eiendom en belange te bestuur.    Dis gelykluidend met rentmeester. Van ’n rentmeester word twee dinge verwag – om met volmag binne bepaalde grense op te tree en aanspreeklikheid vir sy taak te aanvaar.  Hierdie twee dinge loop hand aan hand.   Dis nie die een of die ander nie, maar die een en die ander.

God gee gelowiges die vryheid om hul gawes na goeddunke aan te wend.  Solank as wat dit tot hul reg kom.  “Verwaarloos nie die genadegawe wat in jou is nie…” (1 Tim.4:14).  Hierdie gawes is dinamies:  “Om hierdie rede herinner ek jou daaraan om die genadegawe van God aan te wakker wat in jou is deur die oplegging van my hande” (2 Tim.1:6).    Elke gelowige sal verantwoording van hul gawes doen.    Die Gelykenis van die Talente spel dit duidelik uit.

Petrus skryf in die eerste teksvers van die veelvuldige genade van God. ’n Gemeente is soos ’n prisma waardeur God se lig van genade val en dan soos ’n pou se stert oopmaak in ’n veelkleurige spektrum en God verheerlik.    Die teenoorgestelde is ook waar - indien gelowiges hul gawes verberg, doen hulle hul  gemeente oneindige skade aan en verwek dit God se toorn: “Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het en bekeer jou en doen die eerste werke.  Anders kom Ek gou na jou toe en sal jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie” (Openb.2:5).

Petrus onderskei in die tweede teksvers tussen spreek-gawes en doen- gawes: “…. As iemand spreek, laat dit wees soos woorde van God; as iemand dien, laat dit wees soos uit die krag wat God verleen…..” Hier en daar is daar iemand wat op beide terreine goed is.   Die meeste is óf op die een óf op die ander goed.  Natuurlik moet die praters ook moue oprol en moet die doeners soms ook hul woord doen.   Vir die meeste is daar egter dinge wat net makliker kom as die ander.

Op beide terreine word gelowiges sterk daaraan herinner om hulle daarop in te stel om God se woorde te spreek en met dade soos Hy op te tree.   Onthou; sy genade vloei ook deur ons!    Daarom moet ons nie halsoorkop in ’n dinge begewe nie, maar puntenerig versigtig met in dienswerk aan God wees.

Ons woorde moet wees soos woorde van God en ons dade: “….soos uit die krag wat God verleen…..” .   Die doel van die geestesgawes wat ons van God ontvang het, is en bly: ”…. sodat God in alles verheerlik kan word….”

Daar word te dikwels met sg. Geestesgawes gespog.   Charismatiese kerke maak onophoudelik ’n bespotting daarvan waar dit om emosie en vertoon gaan.   Wat ’n oordeel wag daar nie op sulke dwaalleraars nie!   “Hulle is waterlose fonteine, miswolke voortgedrywe deur ’n stormwind, vir wie die donkerheid van die duisternis vir ewig bewaar word” (2 Pet.2:17).

Maar wat van jou; waar pas jy in hierdie gemeente in?   As jou hart gewas is in die bloed van Jesus is jy deel van sy genade vir hierdie gemeente.   God het aan jou ’n geestesgawe of meer gegee om die gemeente mee te dien.   Jy is nie ’n passasier nie, maar moet help om sy plaaslike koninkryk te laat kom.   Jy is ’n rentmeester van hierdie genade nie.  Daarom betaam dit jou om hierdie genade soos ’n goeie kelner op die regte bord neer te sit of om dit soos ’n goeie posbesteller by die regte adres af te lewer.

As jy dit nie doen nie, ontneem jy jou gemeente ’n deel van God se genade en is jy ’n ontroue dienskneg.    As jy egter getrou en gehoorsaam aan God se opdrag is, dra jy jou deeltjie by om mense die skouspelagtige skoonheid van God se genade te laat sien.   Aan die einde van jou lewe sal jy jou hemelse Heer hoor sê: “….Mooi so, goeie en getroue dienskneg…. Gaan in in die vreugde van jou heer!” (Mt.25:23).

Weet jy wat jou Geestesgawe is?   As jy nie seker is nie, fokus op Jesus.   Die res kom vanself.   Fokus op die Gewer en nie op die gawe nie.  Bid die Here dat Hy jou plek in jou gemeente sal toon sodat jou lewe sin kan maak.    Gooi jou gewig in daar waar jy die Heilige Gees sien werk.  Raak betrokke!

Moet nooit bang wees om in die geloof te onderneem nie.  Doen, waag en verwag!    Petrus sou nooit op die water kon loop indien hy dit nie buite die boot gewaag het nie!  Sommige gelowiges is so bang om foute te maak, dat hulle niks doen nie en hul talente begrawe.   Almal maak foute, maar as ons sink, is die Here altyd daar om ons vas te gryp voordat ons onder die water verdwyn.

Laat ons Geestesgawes in liefde geskied.  Daarsonder beteken dit ’n ronde nul.   As ons egter ons geestelike familie liefhet, sal die geestesgawes soos ’n borrelende fontein uit ons vloei.”….Maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ’n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe” (Joh.4:14).

Amen.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2225 gaste aanlyn