NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Daar is tye wanneer stilte die hardste praat – maak jou mond oop net as jy seker is dit wat jy gaan sê het meer waarde as die stilte.

DIE GEES VAN ISEBEL

Ds AE van den Berg

“Waarlik, daar wás niemand soos Agab wat homself verkoop het om te doen wat verkeerd is in die oë van die Here nie, omdat sy vrou Isebel hom verlei het”.

Ek weet van geen opeenvolgende hoofstukke in die Bybel wat in stemming so van mekaar verskil soos I Kon 18 en 19 nie!  Die een oomblik skyn die son helder en die volgende oomblik is dit pikdonker.   In 1 Kon.18 triomfeer Elia oor adgodsdienaars en in die volgende hoofstuk stort hy in die afgrond af.   In hoofstuk 18 is hy kragtig in God en daarna begeer hy om te sterf.  In die een hoofstuk laat hy afgodspriesters ombring en in die volgende vlug hy vir ʼn vrou!

Alles begin by Elia se uitdaging aan die Baälprofete en God se magsvertoning op die berg Karmel met die slagting van die afgodspriesters daarna.  Agab het sy vrou Isebel slegs van die slagting vertel, maar niks van God se magsvertoon  nie.  En dit het haar rooi laat sien!  Sy is deur die eeue ʼn toonbeeld van boosheid; veral die vernietiging van die ware godsdiens deur afgodery.

Ons lees die eerste keer van haar in 1 Kon.16; die dogter van Etbaäl, ʼn heidenkoning, wat haar as deel van ʼn handelsooreenkoms vir Agab as vrou gegee het.  Hierdie huwelik was rampspoedig omdat dit tot die invoer en vestiging van die Baälgodsdiens gelei het.   Etbaäl beteken saam met Baäl. Sy dogter sou ook saam met Baäl wees en haar man verlei om haar voorbeeld te volg.

Isebel adem ʼn gees wat by alle heidene voorkom -  die drang om te wil beheer.   Isebel het, soos die latere Romeinse keisers, geweet hoe om mense te beheer; deur godsdiens.    Om dit te doen, het sy baie subtiel te werk gegaan en Agab oorgehaal om afgodery in te voer en ʼn tempel vir Baäl op te rig.  Om alles te bekroon, is hierdie afgodspriesters uit die staatskas besoldig.   Israel het willens en wetens afgodery gesubsidieer!

Isebel was egter ʼn speelbal in die hand van Satan om die deur vir die vlees te open.  “want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar...” (Gal.5:17).  In vers 20 noem Paulus afgodery as een van die werke van die vlees.   Ons besef nie hoe sterk die vlees is nie.   Dit manipuleer, domineer en intimideer mense soos Isebel met Israel gedoen het!

Sy het ʼn drang gehad om mense te beheer en om daarvoor vereer te word,  ʼn dodelike kombinasie wat deur die eeue groot skade veroorsaak.  Nazisme is ʼn sprekende voorbeeld hiervan.  Hierdie bose drang kom van Satan wat mag wou hê wat hom nie toegekom het nie en daarna uit die hemel gewerp is:  “Hoe het jy uit die hemel geval, o morester, seun van die dageraad.... En jy het in jou hart gesê:  Ek wil opklim in die hemel  Ek wil klim bo die hoogtes.... my gelykstel met die Allerhoogste!” (Jes.14:12-14).

Gelowiges is nie magsbehep nie, maar onttroon eerder hulself sodat God alleen op die troon van hul lewe sit.   Dis lynreg teen die gees van Isebel!  Hierdie gees/gesindheid voer in baie mense se lewens die botoon, veral politici wat leierskap as ʼn persoonlike besitting beskou waaraan vasgehou moet word.

Die naam Isebel beteken sonder woning en is baie beskrywend – sy buig nie onder gesag nie, maar volg haar eie kop.   Die Baälgodsdiens was besmet met gruwels soos homoseksualisme en prostitusie; so sprekend van mense wat nie onder God se gesag buig nie.   Die slagting van die Baälprofete was vir Isebel van minder belang as haar verlies aan mag.  Die Baälprofete was haar handlangers en nou was haar hande afgekap!

In haar daaropvolgende optrede oorheers Isebel se magsbeheptheid haar karakter en kom een van die lelikste eienskappe in ʼn mens na vore – vergelding. Want wat is vergelding anders as mag wat oor karakter triomfeer?

Elia wat eers so kragtig in die Here was, vlug vir Isebel omdat sy een van haar effektiefste wapens teen hom gebruik het – intimidasie.   Sy het voorgegee om krag te besit wat eintlik nie hare was nie.  Dis immers wat intimidasie is – om voor te gee om ʼn krag te hê wat jy nie werklik het nie!   In Isebel se geval het dit gewerk en Elia die hasepad laat vat.   Miljoene is al met vrees en intimidasie lamgelê.

Isebel se intimidasie was so erg, dat Elia spoedig geglo het dat hy die enigste gelowige in Israel oor was.   Pasop vir die gees van intimidasie - dit wil jou laat glo dat jy uitgeban is.  Daarna volg selfbejammering.  Baie gelowiges het al soos Elia ʼn slagoffer hiervan geword!

Daar is niks so teleurstellend soos iemand wat in ʼn verantwoordelike gesagsposisie verkeer en die gesag nie tot eer van God beoefen nie, maar kompromie met booshede aangaan.   Agab is ʼn sprekende voorbeeld hiervan - ʼn magtelose koning wat sy gesag aan sy vrou oorgegee het. “Waarlik, daar was niemand soos Agab wat homself verkoop het om te doen wat verkeerd is in die oë van die Here nie, omdat sy vrou Isebel hom verlei het” (1 Kon.21:25).

Isebel het nie net die koning se mag gesteel nie, maar ook die leierskorps in haar mag gekry om haar vuilwerk vir haar te doen.  Kyk wat met die onskuldige Nabot gebeur het!   Dit sou God behaag het as Agab sy voet neergesit en Isebel in die bek geruk het.  Hy doen dit egter nie en laat sy vrou oor hom loop.

Hoe baie mans het nie al hul gesag aan vrouens oorgegee nie! “Vroue, wees aan julle eie mans onderdanig, soos aan die Here.  Want die man is die hoof van die vrou, soos Christus ook hoof is van die gemeente...” (Efes.4:22,23).

God bring ʼn ewige oordeel oor die gees van Isebel omdat dit families, kerke, en verhoudings vernietig.   Hierdie gees het sedert die ontstaan van die Christelike kerk groot skade aangerig.  “Maar Ek het enkele dinge teen jou, dat jy die vrou Isebel, wat haarself ʼn profetes noem, toelaat om te leer en my diensknegte te verlei om te hoereer en afgodsoffers te eet” (Openb.2:20).

Dit gaan hier oor gelowiges se stryd om die leuen en werke van die vlees uit die kerk te hou.   Dat Isebel vir Elia wou doodmaak, dui daarop dat sy die waarheid gehaat het en daarom die ware godsdiens wou vernietig.   Was dit nie vir die 7000 getroues wat die knie nie voor Baäl gebuig het nie, het sy daarin geslaag.    Mense wat die waarheid praat en hul daarvoor beywer, is nooit baie gewild nie.  Kyk maar net wat met Johannes die Doper gebeur het!

Die gees van Isebel was ook in Herodias, die vrou van Herodes, wat haar dogter aangepor het om Johannes die Doper te laat onthoof.  Waarom?   Omdat hy haar man op sy sonde gewys het: “Want Herodes self het gestuur en Johannes gevange geneem... vanweë Herodias... En Herodias het ʼn oog op hom gehad en wou hom om die lewe bring...” (Mark.6:17,19).

Pauls skryf in Efes.6 tereg dat ons in ʼn geestelike oorlogvoering teen Satan is wat hom op baie maniere openbaar.   Hierdie gees van Isebel maai in kerke, gesinne en gemeenskappe.   Dis in die vermaaklikheidwêreld baie duidelik te sien waar vloedgolwe van vuilheid op ons afgelaai word.  Rebelse gesindhede word voortdurend gebeeldsend en gesagsfigure wat nie by magte is om hul huishoudings te beheer nie word helde.   Dan praat ek nie eens van die feministiese beweging wat teen God se skeppingsorde as sulks in opstand is nie!

En agter alles sit Satan wat God met ʼn passie haat: “.... want die owerste van hierdie wêreld kom en het aan My niks nie” (Joh.14:30).  God is ʼn God van orde en daarvan hou Satan niks nie.

Die gees van Isebel rig ons volk oneindige skade aan.  Gesag word afgetakel. Rolle word omgeruil - mans tree soos vrouens en vrouens soos mans op.  Gesinne spat uitmekaar.   Kerke verlaat die waarheid vir dwaalleer.  Politici intimideer, manipuleer en domineer.  Niemand is meer eerlik nie!

Wat vra God van ons onder sulke omstandighede?  Om Satan geen vatkans te gee nie.  En hoe doen ons dit?  Deur ons optrede altyd aan die Woord van God te toets.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2907 gaste aanlyn