NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Martin Luther het by geleentheid gewaarsku dat elke mens self die keuse moet maak oor wie sy sonde moet dra: jy dra óf die sonde op jou eie skouers óf jy het die aan Christus, die Lam van God gegee. As jy self jou sonde dra, is jy verlore, maar as dit op Christus rus, sal jy gered word.

WEES NIE SKAAM VIR JOU GELOOF

Ds AE van den Berg

“....maar ek skaam my nie, want ek weet in wie ek geglo het....” 2Tim.1:12                                  

Ons leef in baie onsekere tye.  Daar is min dinge waarvan ons werklik seker kan wees, veral die toekoms.  Wat gaan van ons land en volk word?   Gaan daar vir my en my kinders/kleinkinders ʼn beter toekomsbedeling aanbreek?  Die radio, TV en koerante is vol onheilsberigte - moord, verkragting, stakings, skakings, roof, geweld ens. alles onder die dekmantel van reg en geregtigheid vir almal!

Die Boerevolk bevind hom  in die stroomversnelling van onsekerheid.  En as ons lewensboot nie ankerplek vind nie, is dit Ikabod met ons.  Die enigste ware anker in sulke tye is die vaste geloof in Jesus Christus.  Ongelowiges sê: “Ons weet nie!” - gelowiges sê: “Ons weet verseker!”  God tel gelowiges in hulle beproewing bo die omstandighede van die tyd op.  “...en Hy het my uit die kuil van vernietiging, uit die modderige slyk opgetrek en my voete op ʼn rots gestel; Hy het my gange vasgemaak” (Ps.40:3).

In krisistye het mense geen behoefte aan mense wat raai nie, maar wat weet.  As ek siek is, gaan ek nie na 'n kwaksalwer of as ek finansiële raad nodig het na ʼn dobbelaar nie, maar na iemand wat weet!  Mense het ʼn behoefte aan kundiges, veral in ʼn land soos Suid-Afrika waar kundigheid gereeld tweede viool speel.

Die waardevolste kundigheid is op geestelike terrein omdat dit juis met die toekoms te doen het.  Salomo sê vir die gelowige: “Waarlik, daar is 'n toekoms, en jou hoop sal nie verydel word nie” (Spr.23:18).

Paulus sê: “ ....maar ek skaam my nie, want ek weet in wie ek geglo het....” Ons kan gerus na hom luister want hy het 'n persoonlike ervaring met Christus op pad na Damaskus gehad.   Hy het persoonlik met Hom gepraat en was met die Heilige Gees vervul.   Daarbenewens het hy talle ontberings ter wille van die uitbreiding van die Evangelie gehad.

“Is hulle dienaars van Christus?....ek nog meer: in arbeid oorvloediger, in slae bo die maat, in gevangenskappe baie meer, in doodsgevare dikwels.  Vyf maal het ek van die Jode ontvang veertig houe op een na.  Drie maal is ek met stokke geslaan, een maal is ek gestenig, drie maal het ek skipbreuk gely, ʼn nag en ʼn dag het ek op die diep water deurgebring – dikwels op reis, in gevare van riviere, in gevare van rowers, in gevare van my volk, in gevare van die heidene, in gevare in die stad, in gevare in die woestyn, in gevare op see, in gevare onder valse broeders; in arbeid en moeite, in slapelose nagte dikwels, in honger en dors, dikwels sonder ete, in koue en naaktheid.  Behalwe dit alles my daaglikse bekommernis, die sorg vir al die gemeentes” (2 Kor.11:23-28).  Geleerdes meen dat hy ongeveer 65 jaar oud was toe hy ter wille van sy onverskrokke geloof in Christus in Rome onthoof is.

Kort voor sy teregstelling skryf hy uit eie ondervinding: “En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is” (Rom.8:28).  Dis nie so maklik om dit te glo nie!   Daar kom tye in ons lewe dat dinge lelik skeef loop en ons soos Jesus wil uitroep: “My God, my God, waarom het U my verlaat?” Dit is sulke tye dat die gehaltevan ons geloof ons gaan laat staan of val.   Moenie uit die oog verloor dat Satan gelowiges deur beproewing van die geloof afvallig probeer maak nie!  As Christus in sulke tye nie vir ons intree nie, sal ons val. “En die Here sê: Simon, Simon, kyk, die Satan het   vurig begeer om julle soos koring te sif.  Maar Ek het vir jou gebid, dat jou geloof nie ophou nie...” (Luk.22:31,32).

Die Bybel is oor een ding baie duidelik – Christenskap is nie goedkoop of maklik nie, maar moeilik en duur.   Dis nie vir almal nie!  “Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind” (Mt.7:14).  Miljoene oorledenes wat hul lewe lank onder die geklank van die Woord gesit het, verkeer tans in die ewige verderf.   ʼn Kerk bring jou net so min in die hemel as wat die geur van heerlike kos jou maag vol maak.   Sonder 'n persoonlike verhouding met Christus is daar geen redding moontlik nie!

Met daardie persoonlike verhouding kan jy die onbekende toekoms tegemoet gaan met die heerlike wete – Jesus stap saam met my.  Toe Josua die mantel van Moses ontvang om Israel verder te lei, voel hy onseker oor die toekoms.  En wat doen hy?   Hy neem sy toevlug na God. “Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees nie....die Here jou God is met jou, oral waar jy heengaan” (Jos.1:9).   En dit was vir Josua genoeg – die wete dat God oral met hom is. “....Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie” (Heb.13:5).

Paulus verkeer in beproewende omstandighede.   Hy wag op sy teregstelling en weet dat hy dit nie gaan vryspring nie want God het dit so gewil.  Dit skrik hom nie af nie: “....maar ek skaam my nie, want ek weet in wie ek geglo het....” Hy weet dat die aardse lewe nie die enigste lewe is nie.  “Want ons weet dat as ons aardse tentwoning afgebreek word, ons 'n gebou het van God, 'n huis nie met hande gemaak nie, ewig, in die hemele” (2 Kor.5:1).

Die wonder van die geloof is dat dit jou die nodige geestelike murg in jou pype gee om die toekoms met sekerheid tegemoet te stap al is dit nie elke dag maneskyn en rose nie.  Die groot ding is – jy stap nie alleen nie.  “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van die mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet”(1 Kor.2:9).     Gelowiges is vir niks bang nie, ja, soos 'n Paulus van ouds, nie eens vir die dood nie.

Jare gelede besoek ʼn gelowige dokter ʼn sterwende seuntjie met bloedkanker.  Die outjie was bang vir die dood.  “Sal jy bang wees as ek jou optel en na die kamer langsaan dra?” het hy die seuntjie gevra.  “Nee, oom, ek sal nie” antwoord hy.  “Dis presies wat Jesus gaan doen”  se die dokter.  “Hy wil jou in sy arms optel en hemel toe dra omdat die hemel so naby soos die kamer langsaan is en Jesus so naby aan jou is as ek aan jou” Die kind het getroos in vrede gesterf.

By geleentheid het God vir Moses op die berg Nebo laat staan vanwaar hy die beloofde land (Kanaän) duidelik kon sien.  Moses was opgewonde.  Toe sê God vir hom dat hy dit nie sou ingaan nie.  Wat 'n teleurstelling- al sy moeite en beproewinge kom vir hom persoonlik tot niks nie!   Wat Moses op daardie oomblik nie besef het nie, was dat God vir hom 'n baie beter bestemming gehad het – die hemelse Kanaän waar hy vir ewig by God sou wees!  Meer as 1500 jaar later bevind Moses hom tydens Christus se verheerliking op die berg weer op aarde: “En kyk, daar verskyn aan hulle Moses en Elia....” (Mt.17:3).

Kyk wat gebeur wanneer posduiwe honderde kilometer van hul huis losgelaat word – hulle vlieg huistoe.  Dis ʼn ingebore tuiste-instink.   God het 'n hemelse tuiste-instink in gelowiges se siele vasgelê – om te hunker na 'n ewige tuiste waar daar geen kommer of sorge is nie.  “Want ons weet dat as ons aardse tentwoning afgebreek word, ons ʼn gebou het van God, 'n huis nie met hande gemaak nie, ewig, in die hemele” (2 Kor.5:1).  Jesus se in Joh.14 dat Hy vir ons plek in sy Vader se huis voorberei.

Jy het net een lewe.  Leef voluit vir Jesus.   Dis die beste ding om te doen.  En dis net moontlik indien jy, soos Paulus, openlik vir jou geloof in Jesus uitstaan en jou nie daarvoor skaam nie.

Amen

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2566 gaste aanlyn