NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Deur terugslae en swaarkry ontdek jy die wonder van genade soos die warm sonstrale op 'n koue wintersdag – dinge wat soos rampe lyk, is gewoonlik suiwer genade.

LIBERALISTE INSTRUMENT VAN SATAN

Ds Andrè van den Berg

" Liberaliste speel ’n groot rol in die stryd om die siel van die Boerevolk, via die volksvyandige media, te vernietig... Liberalisme verdring ’n volk se siel soos onkruid ’n mooi tuin...  Ons grootste probleem met liberaliste is dat hulle nooit sleg voel oor die onreg wat hulle hul volksgenote aandoen nie...  Satan het ’n onversadigbare drang om ons volkswaardes af te takel.  Daarvoor maak hy van kerke gebruik wat nie waak nie.   Let op hoe gou volksgenote bedwelm geraak het van die gifgasse wat liberale kerklui hul kuddes toegedien het.   En die golf van verwoesting wat dit in ons volkslewe gesaai het, is as 'geseënde vernuwing' gehuldig! "

“...hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid….” (Rom.1:25).

Satan haat God en alles wat aan Hom behoort, veral die ware kerk,  Maar waar is hierdie ware kerk?   Oral waar die Woord van God suiwer verkondig word, gelowiges die waarheid liefhet en die Bybel onvoorwaardelik geglo word.

Satan haat die ware kerk en doen alles in sy vermoë om dit te skaad.    Let wel skaad.   Hy weet dat hy die ware kerk nie kan vernietig nie omdat dit deur Een wat sterker as hy is, bewaar word.

Hou Christus self sy kerk in stand, vergeefs die hel se woede (Ges.266).

Satan kan dit hoogstens skaad.   En baie seer ook!

Baie gelowiges is al vir hul geloof in Christus in Islamitiese en Kommunistiese lande vervolg.  Sommige is selfs doodgemaak.   Ja, die Satan maak bitter seer!    Dis egter nie al manier waarop hy seermaak nie.   Hy maak ook van ’n ander metode gebruik wat baie meer suksesvol is – liberalisme (vrysinnigheid).

Van al die booshede wat ʼn volk kan tref, is liberalisme die ergste.  Dat u nou hier sit en nie in ’n ander Afrikaanse kerk nie, is ’n bewys van die skade wat liberalisme aan ons kerklike lewe aangerig het.

Liberalisme verdring ’n volk se siel soos onkruid ’n mooi tuin.   Satan het ’n onversadigbare drang om ons volkswaardes af te takel.  Daarvoor maak hy van kerke gebruik wat nie waak nie.   Let op hoe gou volksgenote bedwelm geraak het van die gifgasse wat liberale kerklui hul kuddes toegedien het.   Die golf van verwoesting wat dit in ons volkslewe gesaai het, is as geseënde vernuwing gehuldig!   Ons grootste probleem met liberaliste is dat hulle nooit sleg voel oor die onreg wat hulle hul volksgenote aandoen nie.

Liberaliste speel ’n groot rol in die stryd om die siel van die Boerevolk, via die volksvyandige media, te vernietig.   Die liberale media veg ’n verbete stryd teen gelowiges wat die Bybel as die waarheid huldig.   Hulle word verkleineer, as struikelblokke vir die mensdom afgemaak en gehaat, ’n haat wat o.a. deur ’n liberale teologie gevoed word.

En hoe geniet die liberale media nie die Nuwe Hervorming, Opkomende Kerk en ander bewegings wat die waarheid en die gesag van die Bybel aftakel nie!  Die liberale teologie het ’n handige stok in hul hand geword waarmee hulle die ware kerk kasty.    Liberaliste sou nooit kon glo dat die kerk deur sy eie teoloë van binne-af gerysmier sou word nie.  Dit was die kersie op die koek!  En hoe het die ateïste nie in hul vuis gelag nie!

Die liberale media hang kerklike onenigheid en aanverwante sake gereeld aan die groot klok.  Kyk maar na die koerantopskrifte op die lamppale.   Liberale teoloë is die grootste ondergrawers van die Bybel vandag.  Die fondament van die kerk word onder die dekmantel van meerdere kennis en/of wetenskaplikheid afgebreek.

Daarom lyk die kerklike toneel soos wat dit vandag lyk - alles word neergehaal.  Selfs die heiligheid van God.   Let maar net op die sirkus agtige inkleding van talle eredienste.  Dit stuit gelowiges so teen die bors, dat jy wil uitroep: ” Wat soek my volksgenote, my familie, my vriende daar? Watter genot put hulle uit sulke vermaak?” Jeremia noem die godsdienstige verval van sy tyd ’n verbreking van sy volk.  Ja, liberalisme breek ’n volk!

Maar wat lê aan die wortel van die verbreking van ons eie volk?   Die teksvers:

“...hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid….”

Mense-verering!   Dit gaan oor wat die mens wil hê en dit waarin hy wil glo.

Die ewolusie-leer is ’n sprekende voorbeeld hiervan.  Ten spyte van die oorweldigende en onweerlegbare bewyse dat dit die grootste leuen/mite van alle tye is, eet miljoene mense dit vir soetkoek op.   Hulle het geen erg aan die Bybel as die werk van God nie, maar wel aan die dwalings van mense!   Die ewolusie-teorie keer die ganse Skrif op sy kop – van die skepping tot die wederkoms.

Die mens word deur liberale kerklui mislei om met ander oë na die Bybel te kyk; nie meer as God se openbaring aan die mens nie, maar as mense se stories oor God.   Die Bybel word afgeskaal tot ’n storieboek met ’n paar tydgebonde sedelesse.  So gesien, verskil dit nie van Andersen se storieboek vir kinders nie!

Waarom val Satan se agente die Bybel so verbete aan?   Om mense te oortuig dat geloof in die Bybel nie meer nodig is nie.   Die mens hoef regtig nie meer in God te glo nie, net in homself.   Dis meer as net ’n godsdiensverduistering; dis ’n Godsverduistering soos wat ontspoorde teoloë die lig van die Evangelie uitdoof sodat mense nie gered word nie.  Hulle doen Satan se werk vir hom!

Dit bring ons by Paulus se waarskuwing dat mense wat Satan se werk vir hom doen, die gevolge daarvan sal dra:

Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte… ongeregtigheid, hoerery, boosheid, hebsug, ondeug, vol nydigheid, moord, twis, bedrog…” (vers 26,29) ens.

Petrus het ook met Satans agente te doen gehad:

“Maar daar was ook valse profete onder die volk. Net soos daar  onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik  sal invoer en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en ’n vinnige verderf oor hulleself sal bring; en baie sal hulle verderflikhede navolg en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word” (2 Pet.2:1,2).

Die AP Kerk is binnekort 25 jaar oud.  Waarom het ons ontstaan?   Het ons ’n doel in ’n tyd waarin dwaalleer feitlik onaantasbare status verkry het of moet ons maar stilbly en hoop dat alles eendag sal oorwaai?    Nee, een ding is seker: die tyd vir stilbly is verby!  Ons moet volksgenote wat mislei is, help om na die wortels van die waarheid van die Evangelie terug te keer.  Hulle geestelike wielsporing is uit lyn en moet in plek gekry word.   Dis waar ons inkom en hulle met God se genade moet help om die spoor na ons beproefde konserwatiewe volkswaardes terug te vind.

Baie van ons volksgenote gaan nie meer kerktoe nie, veral in gemeentes waar die nuwe verstaan van die Bybel kop uitsteek en leraars lidmate vermaak i.p.v. lei.  Ander volksgenote gaan miskien dan en wan kerk toe, maar lewer geen geldelike of ander bydrae nie.  Hulle glo dat die kerklike leierskap tot hul sinne sal kom as die kerk se bankbalans rooi begin raak.   Ja, ek stem saam, gelowiges durf dwaalleer nie subsidieer nie!

Ons het ’n geweldige groot getuienistaak soos nog nooit tevore nie.  Ons moet met ontspoorde volksgenote praat en vir hulle sê dat uit die krom hout van liberalisme niks reguit gaan voortkom nie.   Die kerk is daar om mense te verbroeder en nie te verbaster nie!   ʼn Kerk wat die waarheid nie beskerm nie, het geen bestaansreg nie.   Ons volk het geen behoefte aan kerklike vermaak nie, maar wel aan grondige geestelike leiding wat God vereer en nie mense nie!

 

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2226 gaste aanlyn