Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
‘n Volksleier wat misdadigers beskerm, is soos ‘n predikant wat die nagmaalbrood vergiftig. Onregmatig genade aan misdadigers het al tot die dood van etlike wetsgehoorsame burgers gelei. Daarom durf genade nooit bo geregtigheid verhef word nie!
GAAN ONS JESUS WEER SIEN?
Ja, Jesus kom beslis!
Ds Andrè van den Berg
Skrif: Hand.1:1-14
Teks: “Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het”(:14)
In Gal.4:4 lees ons dat God sy Seun in die volheid van die tyd na die aarde gestuur het. Wat beteken dit? Dat die tyd toe reg was. Jesus kom op God se bepaalde tyd na die aarde om sondaars te red. Hier vertoef Hy 33 jaar waarna Hy na die hemel toe opvaar.
Die vraag is: Gaan ons Hom weer sien? Ja, ons gaan! God belowe in sy Woord dat Jesus nie net eenmaal na die aarde gekom het nie, maar vir ‘n tweede en finale keer gaan kom. Luister wat sê die twee engele vir die dissipels na afloop van die hemelvaart in Hand.1:11:
Wat ‘n wonderlike belofte en vooruitsig is dit nie vir ons nie! Jesus het nie net eenmaal na die aarde gekom nie, maar kom weer. Maar wanneer? Hierdie vraag word al meer as 2000 jaar lank gevra. Trouens, die eerste gelowiges, veral dié in Thessalonika, het ‘n spoedige wederkoms verwag, ja, selfs so vroeg as 50 nC, d.w.s net 17 jaar ná die hemelvaart!
Ons
Mense was van meet af aan nuuskierig oor die wederkoms. Sommige het selfs gewaag om datums te voorspel en dit skynbaar geniet om die rol van oordeelsaankondiger te speel. Een van die eerste valse profete was ‘n sekere Montanus wat gedurende die 2e eeu nC, vergesel van sy twee profetesse, luidkeels aangekondig het dat die wederkoms binnekort sou plaasvind.
William Miller, stigter van die Sewendedagse Adventiste, het nie net die jaar probeer voorspel nie, maar selfs die dag en datum nl. 21 Maart 1843. Toe dit nie gebeur nie, het hy dit na 22 Oktober 1844 verskuif en daarna nie weer voorspellings gewaag nie!
Charles Russel, stigter van die Jehowagetuies, was die volgende aan die beurt en het 1874 as die jaar van die wederkoms aangekondig. Toe niks gebeur nie, het hy voorgegee dat hy ‘n berekeningsfout gemaak het en die nuwe datum na 1914 verskuif. 1914 sou die jaar wees waarin God se vredesryk op aarde sigbaar sou word. Ironies genoeg het geen vrederyk daardie jaar verwerklik nie, maar het die Eerste Wêreldoorlog eerder uitgebreek!
Sedertdien het sulke bespiegelings en voorspellings nog nooit opgehou nie ten spyte van Matt.24:36 wat duidelik sê: “Maar van die dag en die uur weet niemand nie, ook die engele van die hemel nie, maar net my Vader alleen”.
Desnieteenstaande onderstreep al hierdie voorspellingspogings een groot waarheid - die mens verwag dat daar wel ‘n einde aan die wêreld gaan kom. Die aarde sal nie vir ewig bestaan nie. Daar kom ‘n dag dat alles tot niet sal gaan. Maar wanneer dit gaan gebeur weet niemand nie, nie eens die engele nie!
Die gedagte aan ‘n einde het baie mense so aangegryp en laat fantiseer dat daar deur die eeue talle boeke en artikels oor hierdie onderwerp gekryf is. As ons maar net al die boeke wat die afgelope twee eeue oor die wederkoms geskryf is bymekaar kon maak, sal dit ‘n hele biblioteek kon vul!
Wanneer ek enkele van hierdie boeke onder oë neem, staan ek verstom oor hoe vreemd en verkeerd mense die Bybel gebruik. Baie van die skrywers ontspoor geheel en al en leer dinge wat die Bybel beslis nie sê nie! In werklikheid gebruik hulle nie die Bybel nie, maar misbruik dit. Hulle laat die Bybel nie spreek nie, maar buikspreek. Die Bybel word ‘n tipe van kapstok waaraan hulle hul eie fantasieë hang.
Neem maar net die Amerikaner Hal Lindsay wat met sy boek The late great planet Earth groot bekendheid verwerf het. Lindsay gaan van die standpunt uit dat die Bybel maar net ‘n boek vol profesieë is wat vandag voor ons oë in vervulling gaan. Dis allermins die geval!
Behalwe vir die stortvloed van boeke oor die eindtyd, snak ‘n mens soms na jou asem oor sommige mense en selfs predikers se verstommende uitleg van Bybelse gegewens oor die eindtyd. Dis niks anders as ‘n totale verdraaiing van Bybelwaarhede nie! Sektes maak hulle veral hieraan skuldig!
Ons leef in ‘n tyd van verstommende mikrorekenaartegnologie. Dit het talle van die eindtyd-skrywers en sg hel, fire and brimstone predikers so aangegryp dat hulle selfs die elektroniese betaalmiddels as ‘n bedreiging veroordeel nie eens van die moontlike inplanting van mikro-rekenaarskyfies onder die vel te praat nie. Dis volgens hulle die merk van die dier waarvan ons in Openbaring 13 lees. Vir die gewone man op straat skep hierdie boeke en misleidende sieninge oor die eindtyd ‘n geweldige probleem want wie is reg en wie
Daar is maar net een oplossing – terug na die Bybel! Die probleem by baie van hierdie eindtydskrywers en predikers is dat hulle die Bybel nie reg lees en derhalwe nie reg verklaar nie. Jy
Ons moet opnuut leer om na die stem van die Bybel te luister en nie ons eie vertolking en wilde idees daaraan koppel nie. Indien ons die Bybel egter reg lees, sal ons dit ook reg verstaan en nie verward raak nie. As ek die werke van sommige eindtydskrywers lees, is dit duidelik dat hulle een kardinale fout maak: Hulle meen dat die Bybel vir ons hier aan die begin van die 21ste eeu geskryf is. Nee, alhoewel die Bybel vir alle gelowiges deur die eeue bedoel is, is dit in die eerste plek vir die mense van 2000 jaar gelede geskryf. Ons moet derhalwe in gedagte hou dat hulle ander tale, gebruike en gewoontes as ons gehad het. As ons nie daarmee rekening hou nie, sal ons die Bybel nooit werklik verstaan nie.