NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Jósafat waarsku in II Kronieke die regters van die volk teen partydigheid en "aanneming van geskenke" – omkopery. Dit sien ons deesdae elke dag in ons eie land. Calvyn verklaar indien regters iets verkeerd doen, is hulle nie alleen onregverdig teenoor die mense wat hulle wederregtelik krenk nie, hulle verag ook God. Wat word van 'n land waar die 'leiers' en regters God verag? Verwonder ons ons dan dat dit met Suid-Afrika so sleg gaan?

UHURU VERSUS VRYHEID – 27 APRIL

Ds Andrè van den Berg

" Net die bevryding in Christus sal Suid-Afrika omkeer en ons bitter siek land genees.   Dit sal die einde van ʼn bose bedeling beteken waar vryheid en losbandigheid sinonieme geword het.  Daar is nie ʼn pad na vryheid nie.  Vryheid is die pad!  Vryheid is nie ʼn stompsinnige politieke oorwinning wat jaarliks met ʼn openbare vakansiedag en opruiende toesprake gevier word nie.  Dis ʼn konstante godvresende leefwyse. "

“...... en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid” - 2 Kor.3:17                                

Afrika is mal oor vryheid; luister maar net na die dreunsang van sy gepeupel.  Die ontworsteling aan koloniale gesag is juis met die slagspreuk Uhuru (vryheid) gevoer.   Kenia se president het dit selfs as voornaam - Uhuru Kenyata.   In 1955 het kommuniste ʼn Vryheidsmanifes (Freedom Charter) naby Johannesburg uitgereik wat later die grondslag van die NG Kerk se Kerk en Samelewing publikasie sou word.   Ja, Afrika is versot op vryheid sonder om te weet wat dit is.  Mense met vryheid op die lippe maar geen vrede in die hart nie, sal nooit ware vryheid leer ken nie.

Suid-Afrikaanse almanakke dui 27 April as Vryheidsdag aan.  Niks kan verder van die waarheid af wees nie.  Dis nie net ʼn uiters omstrede openbare vakansiedag nie, maar ʼn karikatuur van vryheid wat Christus buite rekening laat.    Derhalwe strook dit nie met die teksvers nie: “... en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid”.  Die teenoorgestelde is eerder waar – ʼn land sonder Jesus is ʼn land sonder vryheid.

Waar die Gees van God nie heers nie, kan daar nie vryheid wees nie, maar slegs ʼn gebondenheid aan Satan en ʼn onvermydelike dood.  Hiervan getuig die  hoë misdaadsyfers gereeld – ʼn styging van 717% in die eerste vyf jaar van sg. Demokrasie (vryheid)!   Afrika leer ons dat wat deur geweld tot stand gekom het, slegs deur geweld in stand gehou word.

Valse vryheid is dikwels erger as oorlog.  ʼn Vryheid wat eerder na oorlog lyk, sê net een ding – daar is verkeerde besluite geneem!  Ek wonder of 5% van die land se burgers werklik weet wat vryheid is?    Dis nie iets wat polities verwerf word nie, maar iets wat uit die hand van God kom en aan landsburgers die reg gee om wettige dinge na hartelus te doen.

In die tyd van Christus was Israel aan die Romeinse ryk onderhorig.  Die Jode het so na politieke vryheid gestreef, dat dit op ʼn kritieke tyd selfs hul godsdiens gedikteer het en hulle die Messias nie herken het nie.   Hulle het geglo dat Hy sou kom, maar nie as ʼn nederige dienskneg nie, maar as ʼn politieke bevryder wat die Romeinse bewind omver sou werp.   Vir hulle het vryheid net een ding beteken – politieke vryheid.

Die Jode het geglo dat hulle ʼn reg op hierdie vryheid gehad het.  Nee, geen mens het regte nie, maar slegs voorregte en dit kom uit die hand van God.  Vryheid is een daarvan; ʼn kosbare geskenk uit die hand van die Allerhoogste.

God kan vryheid gee of wegneem soos wat die Bondsvolk tydens oorheersing en twee ballingskappe ervaar het.   Die les wat ons hieruit leer, is dat vryheid en geloof stalperde is.  Waar die Christendom afgetakel is, het vryheid altyd in die stof gebyt.   Kyk maar net wat die afgelope 21 jaar in ons eie land gebeur het!

As ons in die geskiedenis terugkyk, sien ons hoedat God gelowiges gebruik het om die Boerevolk se vryheid te beskerm.  Die Bybel was die Magna Carta van ons volk.   Toe die Bybelse leer en waarhede eerbiedig is, het dit met ons goed gegaan.  Maar toe die land aan booswigte oorhandig is, is die Christelike grondwet geskrap en met ʼn wêreldse grondwet vervang wat Christus op gelyke voet met afgode en voorvadergeeste geplaas het.  En as straf het die regverdige God ons vryheid opgeskort en het ons die eerste paaiement van ons eie ondergang begin betaal.  Na 21 jaar betaal ons nog steeds!

ʼn Land wat Christus nie as die enigste Verlosser eer, ken geen vryheid nie; slegs skadelike karikature daarvan.  Die gevolg daarvan is vrees.  Burgers leef in gedurige vrees vir eiendom- en lewensverlies omdat een ding ontbreek – die Gees van God.  “... en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid”.

Waar die Gees van God ontbreek, versaak mense en kerke die waarheid.  Hulle sê en glo dinge wat nie met die Bybel ooreenstem nie.   Slegs mense wat deur die waarheid vrygemaak is, is waarlik vry: “As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees” (Joh.8:36).   Wie die vryheid in Jesus Christus ontvang, loop vreesloos deur die lewe en sal selfs soos Daniël se drie vriende  deur die vuur vir sy geloof gaan of soos Daniël tussen die leeus beland!

ʼn Mens is of vry of gebonde.  Die vryheid waarvan Paulus in die teksvers praat, is ʼn geestelike vryheid.  Sonder geestelike vryheid hang staatkundige vryheid aan ʼn baie dun draadjie.  En as geestelike vryheid nie ons volk se hoogste strewe is nie, trap ons in dieselfde strik as die Jode van ouds.

Net ʼn gelowige kan die wonder van geestelike vryheid ervaar omdat daar ʼn tyd in sy lewe was toe hy ʼn slaaf van Satan was en hy sy dade deur vrye wil verrig het.   Hierdie vrye wil het hom ʼn slaaf van die Bose gehou.   In Christus word sondaars van Satan as slawemeester bevry.    Wie gered is, is vry al is hy ook in boeie.  Wie verlore is, is ʼn slaaf van Satan al is hy ook koning!

Laat ons nooit vergeet waarvan Jesus ons bevry het nie - van die las van sonde.  Dis die swaarste las denkbaar!   Kyk gerus na mense wat onder ʼn sondelas gebuk gaan.  Daar is geen glimlag op hul gesig of glinstering in hul oë nie, slegs sugte, trane, wanhoop en nagmerries.

Sondelas mergel ʼn mens uit soos koning Dawid van getuig:  Welgeluksalig is die mens aan wie die Here die ongeregtigheid nie toereken nie, en in wie se gees geen bedrog is nie. Toe ek geswyg het, het my gebeente uitgeteer in my gebrul die hele dag; want u hand was dag en nag swaar op my... “ (Ps.32:2-4).   Daarom sê Jesus: “Kom na My toe almal wat vermoeid en belas is en Ek sal julle rus gee” (Mt.11:28).  Wat vra Hy? Verruil die slawemeester vir die hemelse Meester.

Christus bevry ons van die straf op sonde - die ewige dood (hel).  Daar is niks saliger as dit nie, want i.p.v. die dood ontvang ons die lewe.   Ek verduidelik dit as volg: As ʼn koning ʼn moordenaar begenadig en vry laat uitstap, kan hy nie meer gestraf word nie.   Die straf is opgeskort.  Dit beteken nie dat hy nie skuldig is nie.   Hy is nog net so skuldig aan die oortreding, maar die wet kan niks meer aan hom doen nie.  So werk God ook met gelowiges; hulle is skuldig aan sonde maar deur die Koning van alle konings van die straf vrygespreek

Is dit regverdig?  Moet oortredings dan nie gestraf word nie?   Dit is regverdig en die oortreding is alreeds gestraf.  God het in Jesus Christus vir sondaars ʼn plaasvervanger voorsien.   Hy het in my plek gesterf.   Die tronkdeur is oop en ek kan soos Barabbas vry uitgaan; skuldig maar begenadig.   Vra maar vir ʼn gevangene wat vrygelaat word.  Daardie dag is vir hom ʼn vryheidsdag.

Hoeveel te meer nie vir sondaars wat die dag van hul bekering uit die tronk van sonde stap nie!  Want dan het jy vrede met God en vrede kan nie van vryheid geskei word nie omdat niemand vrede kan hê sonder om vry te wees nie.  En wie vrede in sy hart het, sal ook met ander in vrede leef.   Die resep is dus eenvoudig: Eers vrede met God dan met die mens.   Ware vryheid is relatief goedkoop.  Dis net sy namaaksels wat so peperduur is.  Weet ons dit nie!

Net die bevryding in Christus sal Suid-Afrika omkeer en ons bitter siek land genees.   Dit sal die einde van ʼn bose bedeling beteken waar vryheid en losbandigheid sinonieme geword het.  Daar is nie ʼn pad na vryheid nie.  Vryheid is die pad!  Vryheid is nie ʼn stompsinnige politieke oorwinning wat jaarliks met ʼn openbare vakansiedag en opruiende toesprake gevier word nie.  Dis ʼn konstante godvresende leefwyse.

Daarom beteken vryheid vir gelowiges iets anders as vir heidene.   Wie glo dat dit sy reg is om te plunder, kan nooit vry wees nie.  Vryheid is om te doen wat jy behoort te doen en dis net moontlik as jy die regte keuse vir Christus maak.

Moenie soos die heidene vryheid ten alle koste begeer nie.  Begeer slegs daardie vryheid wat sondaars in hul gebondenheid aan Jesus Christus vind.  Want waar geloof is, is daar liefde en waar liefde is, is daar vrede.  En waar vrede is, is God en waar God is, ontbreek dit ʼn volk aan niks nie.

Amen!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2561 gaste aanlyn