NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

En dink aan ju Skepper in die dae van jou jonkheid voordat die ongelukkige dae kom en die jare aanbreek waarvan jy sal sê: Ek het daar geen behae in nie – Prediker 12.

KYK JOU OOG REG?

Ds Andrè van den Berg

“...want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees” - Mt.6:21                               

Godsdiens as sulks word nie met ʼn plek in die hemel beloon nie.  Om in die hemel te kom, moet jy ʼn persoonlike verhouding met Christus hê anders is jy verlore al het jy ook hoe hard vir jou gemeente gewerk.   Jesus moet jou persoonlike Verlosser en Saligmaker wees anders mis jy die hemel en beland jy in die hel!  Ken jy Hom so?

Ken jy Hom ook as jou Leermeester?   Jesus het ons nie net van sonde verlos nie, maar leer ons ook hoe om op die aarde reg te leef omdat ons net eenmaal hier gaan leef en nooit weer nie.   Ná hierdie lewe betree ons ʼn ewigheid; met of sonder Hom – vreugde of vlamme!

Jesus is ons Leermeester en die Bergpredikasie van onskatbare waarde omdat Christus ons hierin leer hoe om in die daaglikse lewe as burgers van die koninkryk van God op te tree.   En dis belangrik dat ons dit weet want slegs burgers van die koninkryk van God gaan hemel toe.  Die res gaan almal hel toe!

Die Bergpredikasie is Jesus se handleiding vir Christenwees.  Dit kon ook die volgende opskrif gehad het: PRAKTIESE VEREISTES VIR BURGERSKAP VAN DIE KONINKRYK VAN GOD.   Dit vertel vir ons hoe God wil hê dat ons hier op die aarde met mekaar en tot sy verheerliking moet leef.  As die mensdom maar net volgens die vereistes van die Bergpredikasie wou leef, sal daar amper nie ʼn hemel nodig wees nie, want dan was dit hemel op aarde!

Waarom gebeur dit dan nie?  Omdat ons nie dink soos God wil hê ons moet dink nie.  En daarvoor het ons hulp en voorligting nodig.  En dis waar die Bergpredikasie van onskatbare waarde is.  Christus help ons om soos Hy te dink.  En ons het net een lewe om dit in te doen.

Dis egter nie altyd maklik om soos Christus te dink nie.  Paulus was deeglik bewus hiervan.  Hy skryf bekende woorde as hy sê dat die goeie wat hy wil doen, dié doen hy nie, maar die kwade wat hy nie wil doen nie, dit doen hy.   Dit kos kennis en geestelike inspanning om soos Christus te dink.

Hoe begin gelowiges om soos Hy te dink?  Deur die regte keuses in die lewe te maak.  Luister wat sê Jesus:  “Moenie vir julle skatte bymekaar maak op die aarde ...  maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel...” (Mt.6:19,20).   Ons moet geestelike skatte versamel.   Dis ons eie verantwoordelikheid.   Dit word nie vir ons gedoen nie.   Ons moet dit self doen.

Jesus sê dat ons skatte bymekaar moet maak wat nie deur mense of die natuur beskadig kan word nie.   En dis net met geestelike (hemelse) skatte moontlik.  Alle aardse skatte kan in ʼn oogwink verdwyn soos met Job gebeur het toe hy op een dag al sy rykdom en 10 kinders verloor het.

Let op Christus - Hy het niks besit nie.  Selfs toe Satan Hom al die koninkryke van die aarde aangebied het, het Jesus nie voor die versoeking geswig nie.   Vir Hom was daar net een ding om te doen – om die wil van God te doen.  Dink ons ook so?

Waar is jou skatte - in Christus of in sy seëninge?   Mense sien so maklik die seëninge raak en vergeet van die Gewer.   God seën baie mense met welvaart, talente, gelukkige huisgesinne, wonderlike geleenthede ens.   Die gevaar is dat ons teen al hierdie dinge kan vaskyk en die Gewer vergeet.   Moet nooit die genot van aardse seëninge met skatte in die hemel verwar nie!

Hoe maak ons hemelse skatte bymekaar?   Dit begin met bekering.  Slegs die  berou oor sonde en sekerheid van vergifnis plaas sondaars in ʼn persoonlike verhouding met Jesus Christus.  Hemelse skatte het absoluut niks met aardse besittings te doen nie.  Die hunkering na aardse skatte laat mense so maklik verkeerde besluite neem.  Daarom sê Jesus: “...want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees”.

Die Bybel praat dikwels van die hart; altyd in ʼn figuurlike sin.  Dit verwys na die mens self.   Dinamies vertaal, kan Mt.6:21 as volg lui: ...“want waar jou skat is, daar sal jy ook wees”. Die hart is die middelpunt van die mens se hele wese. Die liggaam is die tempel en die hart die altaar van die lewe.  Alles wat op die altaar geoffer word, vul die hele tempel.  Daarom sê Salomo: “Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe” (Spr.4:23).

Wat in jou hart aangaan, gaan in jou lewe aan.  En dit wat in jou lewe aangaan, kom deur die oog: “Die lamp van die liggaam is die oog.  As jou oog dan reg is, sal jou hele liggaam verlig wees.  Maar as jou oog verkeerd is, sal jou hele liggaam donker wees ...” (:22,23).   Die oog sien net raak wat dit wil sien.  As jou oog reg ingestel is, sal jou lewe verlig wees.  Maar as dit nie reg is nie, is jou lewe donker.

Wanneer die Heilige Gees mense se lewens nuut maak, kyk hulle met ander oë na die lewe.   “Daarom, as iemand in Christus is, is hy ʼn nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword” (2 Kor.5:17).  Die gevolg van hierdie vernuwing is ʼn geheel ander uitkyk op die lewe.  “ ... As jou oog dan reg is, sal jou hele liggaam verlig wees...”

Niks bind gelowiges so saam soos om met dieselfde oë na die dinge van God te kyk nie.   Dit het die eerste Christene in Jerusalem so saamgebind, dat hulle die  openbare oog opgeval het:  “...terwyl hulle God geprys het en in guns was by die hele volk” (Hand.2:47).   Om met dieselfde oë as Christus te kyk, bind mense saam.  Die teenoorgestelde is egter ook waar: “Maar as jou oog verkeerd is, sal jou hele liggaam donker wees ...”. Dit bring verdeeldheid soos waarvan ons dan ook later in Paulus en van die ander apostels se briewe lees.

Maar wat veroorsaak ʼn verkeerde oog?   Die eie ek.  As dit in ʼn mens se lewe seëvier, maak hy verkeerde keuses.  Dan gaan dit vir mense om regte, besittings en selfverwerkliking; dinge wat vir Jesus onbelangrik is en donkerte veroorsaak.   En donkerte verbreek alle geloofsgemeenskap. 1 Joh.1:7 gee ons die alternatief: “Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde”. Die regte oog sorg dat daar gemeenskap is.

Die eie ek en die wil van God staan soos twee base teenoor mekaar.  Die mens kan nie beide dien nie, maar ʼn keuse maak: “Niemand kan twee here dien nie... Julle kan nie God en Mammon dien nie” (:24).   Dat die gelowige bewustelik vir  God en teen Satan moet kies, loop dwarsdeur die hele Bergpredikasie.   Jy kan nie terselfdertyd goed en sleg wees nie.   ʼn Boom kan nie tegelyk goeie en slegte vrugte dra nie.  Jy kan nie tegelyk die breë en die slegte weg bewandel nie. Jy kan nie jou eie wil laat geld en God tegelyk dien nie.

Ons moet egter nie Mammon slegs met aardse besittings verwar nie.   Dit gaan om baie meer as die materiële.   Mammon seëvier ook daar waar die mens oor sy eie lewe wil baasspeel en God nie in ag neem nie. “En Hy het vir hulle gesê: Dit is julle wat julself regverdig voor die mense, maar God ken julle harte; want wat by die mens hoog geag word, is ʼn gruwel voor God” (Luk.16:15).

Wie stoflike besittings in belang van Christus gering skat, dink soos wat Jesus  dink.   En dis noodsaaklik vir die lewe hier op aarde en dié in die hiernamaals.   Geen mens moet hom bekeer omdat hy bang is om in die hel te beland of bloot net hoop om sodoende in die hemel te kom nie.  Dis alles dinge wat aan die einde van die lewe gebeur.

Maar wat van nou, want dis waar jy lewe; nie in die verlede of die toekoms nie, maar nou.  Waarom jou bekeer?   Om tot verheerliking van God en tot voordeel van my medemens soos Christus te dink en op te tree.

Wanneer ons soos Jesus begin dink, neem in die heiligmaking toe.  Dis die proses van daaglikse afsondering vir Christus.  Dis nie ʼn ervaring nie, maar eerder ʼn voortdurende proses om al meer soos Christus te wees.

As jy soos Jesus begin dink, sal jou lewe vrugbaar wees.   In Joh.15 leer Jesus ons van die wingerd.   Die wingerd prys nie sy eie stert omdat dit sulke goeie druiwe dra nie.   Die wingerd weet dat dit aan die eienaar se toesig en snoeiskêr te danke is.   Hy snoei dit reg.  En dis wat ons Sondae in die kerk kom maak.  Die Here snoei ons deur sy Woord reg dat ons vir Jesus vrug kan dra.

ʼn Leermeester verwag van leerlinge om hom te gehoorsaam.  So ook Christus. Laat Hom toe om ons reg te snoei sodat ons al hoe meer soos Hy sal dink.  “...want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp, terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word  teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus” (2 Kor.10:5).

Jesus gee aan die einde van Mt.6 die opdrag: “Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word” (:33).  En dis waar ons hart moet wees.  “...want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees” . Christus langs my, Christus voor my, Christus agter my, Christus onder my en Christus bokant my.

Amen!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2523 gaste aanlyn