NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Daar is ‘n doel met pyn.  Daardie doel ontdek net jyself in jou worsteling met God!  Dit mag selfs ‘n wonderlike ontdekking wees.  Die kind van God loop die pad van beproewing nooit  alleen nie.  God is elke oomblik met hom.  Hy hoor die versugtinge van sy kinders!

VRYHEID VAN DIE AFRIKANER?

Hannes Ollewagen

Is dit nie ontstellend om te sien hoe skaam mense is om Afrikaners te wees nie?  Gesien in die lig daarvan dat ons allerweë as ‘n Christelike volk beskou word, moet ek die eerste twee gebooie van die Wet van God in herinnering roep.

Wanneer ons die Wet van God in Exodus 20 en Deuteronómium 5 saamlees met Matt. 22 (Die Groot Gebod), word die volgende vir ons baie duidelik:

Ons moet die HERE ons God liefhê met ons hele wese en ons moet Hom volgens sy voorskrifte dien en uit liefde aan Hom gehoorsaam wees.  Ons moet ons naaste liefhê soos wat ons onsself liefhet.

Die argument wat betrekking het oor hoe ver die kring getrek moet word wat my naaste sal insluit, is ‘n argument vir ‘n ander dag.  Wat wel op hierdie stadium onweerlegbaar is, is dat my volksgenote deel vorm van hierdie omskrywing.   Dit is derhalwe ‘n opdrag van God dat ek ‘n liefde vir my eie sal hê.  Dit wat ek as “my eie” kan beskou, is immers ‘n geskenk van Hom en om dit te verag is derhalwe ‘n gruwel in sy oë.  “Die verstandelose verag sy naaste,...”  Spreuke 11:12; “Wie sy naaste verag, doen sonde;...”

My vraag is dan waarom die Afrikaner so veragtelik in sy eie oë is?  Is dit dalk omdat ons met ‘n skuldgevoel en ‘n gevoel van minderwaardigheid rondloop?  Was dit nie God, die Almagtige, wat ook aan die Afrikaner, soos aan ander volkere, sy afgemete erfdeel aan die suidpunt van Afrika bepaal en geskenk het nie?  “Durf julle dit die HERE vergelde, o dwase en onwyse volk?  Is Hý nie jou Vader wat jou geskape het nie; het Hý jou nie gemaak en jou toeberei nie?  Dink aan die dae van die ou tyd, let op die jare, van geslag tot geslag; vra jou vader, dat hy jou dit bekend maak; die ou mense, dat hulle jou dit sê.  Toe die Allerhoogste aan die nasies ‘n erfdeel gegee het, toe Hy die mensekinders van mekaar geskei het, het Hy die grense van die volke vasgestel volgens die getal van die kinders van Israel.”  Deut. 32:6-8.  “En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en grense van hulle woonplek vasgestel het,”  Hand. 17:26.

Die Duitsers het die reg om Duitsland te bewoon en regeer na hul kultuur en wese en só geld dieselfde reël vir die Amerikaners, Australiërs en ander volkere oor die wêreld heen.  Wanneer ‘n behoudende Afrikaner met ‘n besorgde gesindheid oor sy eie volk se toekoms sal navraag doen oor die Afrikaner se deel en toekomsvooruitsig in Suid-Afrika, sal hy op die plek van rassisme beskuldig word.  Hy kan ook verwag om toegesnou te word met aanklagte van sogenaamde onregte uit die verlede.

Dit gaan my verstand te bowe dat ‘n volk vir só lank met politieke swendelary verkneg kan word.  Dit laat by my die vraag ontstaan of die Afrikaner werklik ‘n belangstelling en ‘n wil het om vry te wees?  Is daar ‘n vryheidsgees te bespeur in die Afrikaner se siel soos wat daar voorheen ‘n vryheidsgees was?  Ons moet die term “vryheid” egter mooi verstaan, want vryheid vir die een groep sal noodwendig onderwerping/onderdanigheid vir ‘n ander groep beteken, tensy hierdie twee groepe elk op ‘n afgemete erfdeel “vry” van mekaar kan leef.

Hoe lyk die vryheid wat die Afrikaner vir homself in die vooruitsig stel?  Hoe lyk die vryheid waarna die Afrikaner verlang?  Daardie vryheid wat hy sonder skoot-of-slag prysgegee het?  Hoe lyk daardie vryheid waarvoor die gemiddelde Afrikaner nie bereid was om pal te staan nie en nou daarvoor vergeld word deur die verlange na kinders en kleinkinders wat in ander lande na ‘n heenkome moet gaan soek - na vryheid moet gaan soek?

Die vryheid wat die Afrikaner voorgehou is deur die sogenaamde verligtes kan sekerlik opgesom word as ‘n vryheid om met die wêreld te hoereer.  Daar is geywer vir ‘n groter “vryheid” om weg te doen met die Woord van God as riglyn en om sy gesag op staatkundige gebied te ondermyn.  Die deurbraak in hierdie verband vir die verligtes was natuurlik die verwerping van ‘n Godvresende grondwet in 1983.  Dit is hierdie soort strewe na vryheid (nl. om God die rug te keer en die wêreld te omhels) wat lynreg in stryd is met die Woord van God se voorskrifte van vryheid vir sy kinders.  “STAAN dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie.  Want julle is tot vryheid geroep, broeders; gebruik net nie julle vryheid as ‘n aanleiding vir die vlees nie, maar dien mekaar deur die liefde.”  Galasiërs 5:1&13.

Dit is duidelik dat die politieke onderwerping van die Afrikaner onder leiding van verraderlike politici ook as oogmerk gehad het om ons volk sy geestelike vryheid te ontneem.  Dit is ironies dat menige leiers van die Afrikanervolk die hand van versoening na die heidendom uitgereik het net soos wat koning Agab van Israel  (een van die mees goddelose konings van die volk Israel) gedoen het met sy optrede, soos beskryf in 1 Konings 20:31-43.  Het mense werklik geglo dat die heidendom die Christendom ‘n plek sou gun hier aan die suidpunt van Afrika?  Was die aanloklikheid van die sekulêre wêreld met sy Hollywoodse onsedelikheid, sport en kredietkaart-kitsgeld in oorvloed werklik só aanloklik dat feitlik alle oë verblind en ore toegestop is wat die harte laat afstomp en die gees stilgemaak het?

Ek hoop dat die harde werklikheid van die omvang van die verlies van die Afrikaner se vryheid baie diep in die harte van my geliefde volksgenote sal ingang vind.  Die verlies van vryheid om openlik aan God Drie-enig erkenning te gee in ons land se Grondwet.  Die verlies van vryheid om openlik te bely in ons volkslied dat ons sy knegte is wat daarna streef om Hom diensbaar te wees en onder sy vryheid en beskerming te leef en te bestaan.  Die verlies van vryheid om die Here se dae tot eer van sy Naam plegtig na te kom wanneer Sondae, Geloftedag en Hemelvaartdag openlik misken word.  Daardie verlies om ons kinders te onderrig in leerplanne wat gebaseer is op die Woord van God as uitgangspunt.

Wanneer ons die geestelike ongesteldheid van die Afrikanervolk in oënskou neem, besef ons dat ons volk baie swaar verkneg is onder die mag van die heidendom – gevangenes van ‘n goddelose samelewing opsoek na bevryding!  ‘n Volk wat sy geestelike vryheid verloor het.  Menslikerwys is dit ongetwyfeld klaarpraat met die vryheid van die Afrikaner.  As ons egter hierdie saak nie menslikerwys benader nie, maar deur ‘n geloofsoogpunt daarna kyk, mag ons die vryheidson in die gesigseinders sien verrys.  “Die HERE is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid.”  2 Kor. 3:17.

Wanneer die Afrikaner weer die regte ingesteldheid herwin ten opsigte van sy vryheidstrewe, sal sy toekomsvooruitsig baie gou  van donkernag na skone daglig verander.  “...dat ons, verlos uit die hand van ons vyande, Hom sonder vrees kan dien, in heiligheid en geregtigheid voor Hom, al die dae van ons lewe.” Lukas 1:74&75.

 

 

 

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2580 gaste aanlyn