NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die beste leier is die een wat altyd die oorkoepelende prent kan sien. Sulke leiers fokus hulle volgelinge se aandag op die groot doelwitte en weerhou hulle so daarvan om vas te val in onbelangrike besonderhede.

WAAR IS JY?

Ds Andrè van den Berg

“Toe roep die Here God na die mens en sê vir hom: Waar is jy?” - Gen.3:9

Jare gelede het my oumagrootjie op Sonop gewoon en altyd hoenders in ʼn hok gehad.  By geleentheid het sy tarentaaleiers in die veld opgetel en onder ʼn broeis hoenderhen gesit.  Toe die tarentaalkuikens uitbroei, het hulle so anders as die hoenderkuikens die hen onmiddellik verlaat en gaan wegkruip.  Waarom?  Omdat dit in hulle aard is om so op te tree – dis hul natuur.

Dit laat ʼn mens so aan sondaars dink – mense wat van hul hemelse Maker af wegvlug.   Hierdie droewige waarheid begin in Gen.3.  Ja, daar is talle hartseer hoofstukke in die Bybel. So lees ons in Rigt.16 van Simson wat so ʼn belowende begin gehad het, vol van die Here en met besondere liggaamskrag geseën.  En dan verval hy in sedeloosheid en alles loop verkeerd soos dit maar met mense gaan wat die geloofspad verlaat.

  Dan staan daar in vers 20 droewige woorde: “Want hy het nie geweet dat die Here hom verlaat het nie”.

 

ʼn Entjie verder lees ons van koning Saul wat ook die geloofspad verlaat en selfs by ʼn heks vir raad gaan aanklop het (1 Sam.28).  Die eerste geseënde koning van Israel verval tot op ʼn vlak waar hy die skemerwêreld van die Satan betree om met bose geeste te heul!  In Mt.26 is daar nog ʼn droewige berig oor Petrus wat Jesus verloën het en in 2 Tim.4:10 skryf Paulus: “Want Demas het my verlaat omdat hy die teenwoordige wêreld liefgekry het”.  Droewige verhale!

Die droewigste verhaal is en bly egter die eerste een in Gen.3.  Al die ander gebeure is aan hierdie eerste een te wyte.  As die eerste een nie gebeur het nie, sou die ander nooit plaasgevind het nie.  Gen.3 is die droewige verhaal van die mens wat van sy Maker af probeer wegvlug.

Kyk waar begin alles.  God skep vir Adam as eerste mens op die aarde.  Ons kan ons nie indink hoe dit moes voel nie.  God noem hom Adam wat grond beteken; ʼn omskrywende naam omdat Adam uit die aarde gemaak is.  Adam dra iets goddelik in hom – hy is na die beeld van God geskep.  Dit beteken nie dat hy soos God lyk nie, maar dat God vir Hom in Adam ʼn gespreksgenoot geskep het.   Adam was die enigste van God se skeppings wat met Hom kon praat; nie enigeen van die diere nie.  Daarna lees ons dat God ook vir hom ʼn vrou skep.

Die mens was egter nie die eerste van God se skeppings nie.  Lank voor sy skepping het God diensknegte in die hemel gemaak - engele.  By geleentheid het daar in die hemel opstand teen God se gesag gekom en is die leier, Lucifer,  saam met al die engele wat met hom saamgespan het, uit die hemel gewerp.  Die Bybel sê dat dit ʼn derde van al die engele was!   Daarna is Lucifer die Satan (teenstander) en die gevalle engele bose geeste of demone genoem.

Satan was briesend oor sy verlies en het God so hartstogtelik gehaat, dat hy alles wat God gemaak het, wou verwoes.  Hy het geweet dat hy God nie self kon aanval nie omdat Hy te sterk vir hom was.   Gevolglik het Satan hom na die Tuin van Eden gewend – die woonplek van die mens.   Dit was ʼn wonderlike woonplek.  Adam en Eva was voor God soos hoenderkuikens sonder enige wilde aard en vluginstink.  Niks het hulle gejaag nie.

By geleentheid het God besluit om die mens se gehoorsaamheid te toets.  Adam en Eva was vegetariërs en het net van vrugte geleef.  Om hul gehoorsaamheid te toets, het God hul verbied om van een spesifieke boom se vrugte te eet.  Dit word die proefgebod genoem.  Dis toe dat Satan hom as ʼn slang voordoen en hom met ʼn vraag na die vrou as die swakkere geslag wend: “Is dit so dat God gesê het: Julle mag nie eet van al die bome in die tuin nie?” Toe sy dit bevestig en sê dat God so ʼn oortreding met die dood sou straf, was Satan gereed met ʼn  leuen: “Julle sal gewis nie sterf nie” .

Hierdie sterf is meer as net fisies doodgaan; dit gaan hier grotendeels oor die geestelike dood.  Rom.6:23 sê dat die loon van die sonde die dood is.  Die feit dat ons sondig, is die rede dat ons doodgaan, ongeag of dit ʼn koning of ʼn arbeider is – almal gaan een maal dood.   Ongelukkig gaan die meeste mense ook 'n tweede maal dood.  Hoe gebeur dit?  As jy tydens jou lewe tot bekering kom en in ʼn persoonlike verhouding met Christus verkeer, sterf jy net eenmaal.   As jy egter geestelik onverskillig leef en nooit tot bekering kom nie en sterf, wag daar ʼn tweede en verskriklike dood met die oordeelsdag op jou!

Hoe weet ons hierdie dinge?  Die Bybel sê dit baie duidelik.  Jesus sê: “... wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe” (Joh.11:25).  Dis hulle wat betyds tot bekering kom en Jesus as hul persoonlike Verlosser en Saligmaker aanvaar. Hulle sterf net een maal.  “Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie...” (Openb.20:6).  Wie ʼn tweede dood sterf, verkeer vir ewig in die hel!

Satan het Eva verwar.  Wie moes sy glo?  Wie praat die waarheid?  Sy moes ʼn keuse maak en dit sou die mees beslissende keuse in die ganse geskiedenis van die mens word.  Het sy reg gekies?  Hoe lyk die wêreld vandag?  Dis vol oorlog, moord, opstand, roof, verkragting, haat, nyd, verraad en talle ander lelike dinge; alles die gevolge van ʼn verkeerde keuse wat sonde gebaar het!

In vers 7 lees ons: “...toe gaan al twee se oë oop”.  Hulle word as’t ware uit ʼn nare droom wakker en besef dat Satan vir hulle gelieg het,  Die mens het vir hom ja en vir God nee gesê.   Wat ʼn vangs - die kroon van God se skepping!

Wat sou God nou met hulle doen? Verwerp?  Aan hul eie lot oorlaat?  God was baie teleurgesteld in hulle net soos 4000 jaar later toe Petrus vir Jesus verloën  het.  Ons lees dat Petrus daarna maar ʼn baie lae profiel gehandhaaf en stil geword het.  In die dissipelkring was Petrus altyd voor in die spreekwoordelike koor.  Sonde skuif die mens agter toe; soms baie ver agtertoe.

Wanneer God met Adam en Eva praat, is hulle bang.  Hulle was altyd lief vir  sy stem en altyd voor sy aangesig.  Nou is hulle bang en kruip weg. Die mak kuikens het ʼn vluginstink ontwikkel en wild geraak vir hul Maker!

Sonde maak dat ʼn mens die goeie dinge in die lewe verlaat.  Die Verlore Seun is ʼn sprekende voorbeeld hiervan; ʼn jong man wat sy vader se huis verlaat en later tussen varke beland het.    So ook Demas, nog ʼn jong man, wat die Evangelie aanvanklik vurig verkondig het en toe die goeie weg vir die wêreld verlaat het.

Adam en Eva het gemeen dat hulle vir God kan wegkruip; Hy die alsiende en alwetende God!  Hoor wat sê die Bybel oor God se alsiendheid: “Waar sou ek heengaan van u Gees en waarheen vlug van u aangesig? Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar” (Ps.139:7,8). “Sou iemand hom in skuilplekke kan wegsteek dat Ek hom nie sien nie?  spreek die Here.  Vul Ek nie die hemel en die aarde nie? spreek die Here” (Jer.23:24).

Wat doen ons met sonde?   Sonde is baie swaar.  Ons moet iets daarmee doen.  Daar is een van twee keuses – vlug voor God se aangesig of gee dit vir Jesus. Net Hy kan iets daarmee doen: “Kom na My toe almal wat vermoeid en belas is en Ek sal julle rus gee” (Mt.11:28).   En dit geskied kragtens die bekering. Simon van Sirene het Jesus se kruis gedra.  Jesus wil ons kruis dra.  Moenie wegkruip nie, maar kom uit en gee oor.

Die meeste mense kruip eerder weg en weier om oor te gee.  Baie van hulle kruip op vreemde plekke weg – kroeë, bordele, dobbelsale... almal plekke van sondige genot.  Die heel vreemdste plek waar baie mense wegkruip, is die kerk! As kinders wegkruipertjie speel, kruip daar dikwels een feitlik by die een wat oë toehou weg om hom eerste te blok.  So kruip baie mense vir God in die kerk weg; sommer hier teenaan Hom!  Hulle is wel fisies in die kerk maar geestelik staan hulle ver buite.

Hoe staan jou saak met Jesus Christus?  Ken jy Hom as jou Verlosser en Saligmaker?   Kan mense dit sien?  Is die vrug van die bekering duidelik in jou lewe?  Hoor God vandag nog roep: “Mens, waar is jy?”   Wat antwoord jy Hom?

Amen!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2341 gaste aanlyn