NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As jy soggens wakker word, kry jou moed om die dag aan te pak met hierdie woorde van Jesus: "Ek is die lewe! Ek is die opstanding!" Hierdie woorde is die redding uit die doodsverstarring waarin tallose mense hulle lewe slyt.

GEES, SIEL EN LIGGAAM

Ds Andrè van den Berg

“En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!” - 1 Thess.5:23

Hoe weet ons dat daar wel ʼn God is?  Het iemand Hom ontdek soos wat ʼn wetenskaplike in ʼn laboratorium iets ontdek?  Nee, niemand het God ontdek nie, Hy het Hom aan ons bekend gemaak.  As dit nie daarvoor was nie, sou ons niks van God weet nie en vanoggend elders gewees het.  Maar dit was God se wil dat mense Hom op ʼn besondere wyse as ʼn Drie-eenheid leer ken - Vader, Seun en Heilige Gees.

God het wonderlike dinge gemaak waarvan die mens die wonderlikste is.  Die mens word die kroon van God se skepping genoem omdat hy die enigste van God se  skepping is wat met sy Maker kan praat.

  Daarbenewens weerspieël hy ook iets van God:  die mens is ook ʼn drie-in-een: liggaam, gees en siel; elkeen met sy eie funksie.

Let op die liggaam.  Dis nogal geheimsinnig.  Dawid skryf: “My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die aarde.  U oë het my ongevormde klomp  gesien, en in u boek is hulle almal opgeskrywe; dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie” (Ps.139:15,16).

Die woorde dieptes van die aarde gee aan die mens se geboorte die gevoel van geheimsinnigheid want met elke geboorte word die skepping van Adam basies herhaal.  Hierdie dieptes van die aarde is ʼn uitdrukking wat dikwels in die OT vir die onsigbare wêreld gebruik word.   Ps.86:13 sê: “...want u goedertierenheid is groot oor my, en U het my siel uit die doderyk diep daaronder gered.” Met ʼn geboorte laat God die mens uit sy onsigbare wêreld die sigbare wêreld betree.

Die vorming van die mens se liggaam in die baarmoeder is net so verborge soos die dieptes van die see.   In Ps.139:13 gebruik Dawid ʼn metafoor om die groeiproses van ʼn fetus te beskryf – dis soos ʼn kunstige naaldwerkstuk:  “Want U het my niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef”.  Ons weet dus vir seker waar ons aan ons liggaam kom: God het dit vir ons gegee.

Die mens bestaan egter nie net uit die sigbare (liggaam) nie, maar ook uit twee onsigbare dele:  gees en siel.

Wat is gees?  Dis ook iets wat God vir ons gee.  Ons het ʼn gees maar is as sulks nie geeste nie.   Maar ons gees kan of lewend of dood wees afhangende van wat ons met Jesus doen.   Dis die Pilatus-vraag: “ ... Wat moet ek dan doen met Jesus wat genoem word Christus?  Hulle sê almal vir hom: Laat Hom gekruisig word!” (Mt.27:22).  Wat kan ʼn mens met Jesus doen?  Hom of toelaat of uitsluit.  Hy wil hê dat ons Hom moet inlaat:  “Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop...” (Openb.3:20).

Die Bybel sê dat ons gees die belangrikste deel van ons ganse menswees is, maar dat ongelowiges dit nie glo nie: “Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word” (1 Kor.2:14).

Ons gees is die deel van ons menswees wat ons in staat stel om deur Christus in ʼn persoonlike geestelike verhouding met God, ons hemelse Vader, te staan: “God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid” (Joh.4:24).  Daar is geen ander verbindingskanaal met God nie; net die gees.

Die tweede onsigbare deel van die mens is die siel.  Die lewe is die siel se grootmaakkamer.   Dis die deel wat ons liggaam met die dood verlaat.  Siel is ʼn omvattende begrip wat die mens in sy geheel aandui, nie net in hierdie lewe nie maar ook in die hiernamaals.  Alhoewel daar ʼn band tussen siel en gees is, staan hulle ook los van mekaar.  Siel is die kern van ons menswees; dis wie ons werklik is.  Paulus skryf in 1 Thess. 5:23 oor die drie dele van ons bestaan - liggaam, siel en gees.  Dis ʼn drie-in-een.

Om mens te wees, is nie sleg of minderwaardig nie.  Toe Jesus, as die tweede Persoon van die Drie-eenheid aarde toe gekom het, het Hy as ʼn mens gekom; nie as ʼn engel of ʼn ander hemel-wese nie.  Gevolglik is dit hemels om mens te wees.  Dit behoort ons soveel meer nederige selfwaarde te gee om te dink dat ons God se beeld weerspieël!

 In Gen.2:7 vertel Moses dat God die mens se liggaam ontwerp en daarna asem daarin geblaas het waarna die mens 'n lewende siel geword het.  Sodra die liggaam lewensasem ontvang, ontstaan die siel.  Siel bind die liggaam en gees aanmekaar en gee aan die liggaam lewe.   Ons siele is aan God se ingeblaasde asem te danke!

Gevolglik vind daar by elke swangerskap 'n skeppingswonder plaas as God die siel en die gees in die fetus plaas:  “Soos jy nie weet wat die weg van die wind is, of hoe die gebeente in die skoot van ʼn swangere is nie, net so weet jy nie die werk van God wat alles doen nie” (Pred.11:5).

“... Die Here spreek, wat die hemele uitsprei en die aarde grondves en die gees van die mens in sy binneste formeer” (Sag.12:1).   God gee die gees net vir ʼn beperkte tyd waarna dit na Hom moet terugkeer: “...en die stof na die aarde terugkeer soos dit gewees het en die gees na God terugkeer wat dit gegee het” (Pred.12:7).

God het die mens geskep om in ʼn persoonlike geloofsverhouding met Hom te leef en Hom daardeur te vereer.   Gevolglik is die mens se gees daarop ingestel om God te verheerlik.  Hierdie verhouding ontbreek by diere en die res van die skepping.   Hulle het nie ʼn lewe na die dood nie; slegs mense.  En ʼn gebrek aan hierdie verhouding lei tot die ewige dood en gaan mense hel toe!

In Efes.2:1-3 skryf Paulus oor die tragiese gevolge van die sondeval – mense verkies die hel bo die hemel!   Hulle wil hulle nie in ʼn verhouding met God staan nie.   En dis die toppunt van dwaasheid.  “Die dwaas sê in sy hart: Daar is geen God nie.  Sleg, afskuwelik maak hulle hul dade; daar is niemand wat goed doen nie” (Ps.14:1).

Daar is net een manier om hierdie dwaasheid op te klaar en aan die ewige dood te ontsnap:  deur die bekering.  En dis ʼn ingrypende lewensverandering en bewustelike toewyding aan Christus. “Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het, ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus ...” (Efes.2:4,5).

Die liggaam en siel bestaan gewoonweg, maar die gees, die deel wat aanvanklik dood was, kom deur die bekering tot lewe.  Mense wie se gees dood is, verstaan nie die dinge van God nie omdat geestelike dinge net geestelik verstaan kan word:  “Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word” (1 Kor.2:14).

Geestelike dinge word nie gevoel soos wat Charismate mense wil leer nie.  Dit kan slegs deur ʼn kennis van die Woord van God en ʼn dankbare sekerheid van verlossing verstaan word.   “Ek weet vir seker: Jesus is Heer – Hy het my sonde uit liefde vergeef.  Ek was verlore, maar is gevind; nou het ek vrede – ek is Gods kind..” (Ges.299).  Jy weet dit net!

Jesus sê: “Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe” (Joh.6:63).  Ons leef deur geloof en nie deur aanskoue nie.   Die ongelowige se lewe word deur die vlees (liggaam) beheers - hy is sy eie god en koning en leef soos hy goeddink.    Wie se gees nie aktief is nie, se ore en oë is min werd.   Die gelowige se lewe daarenteen word deur ʼn lewendgemaakte gees beheers.  En dit onderskei sy lewenswandel van dié van ongelowiges.

Kom ons som op:  Mense bestaan uit drie dimensies, elkeen met sy eie funksie. Ons liggaam stel ons in staat om by die stoflike aarde in te skakel.  Ons siel huisves ons ganse persoonlikheid om ons stoflike bestaan te ondersteun.  Ons gees is ons diep verborge innerlike wese wat met die onsienlike wêreld skakel.

Wie is jy?  Is jy jou liggaam?  Nee, jy is baie meer as dit - jy is gees; nie die mens aan die buitekant nie, maar die mens aan die binnekant.

Hoe lyk jy in God se oë?  Is jou binnekant groter as jou buitekant?   As dit nie is nie, sal jy die hemel nooit sien nie!

Amen!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3105 gaste aanlyn