NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

‘n Mens vind selde die lewe die moeite werd; jy maak dit eerder die moeite werd!

SOEK GOD MET NUWE ERNS!

Ds André van den Berg

“ ..... soek My, dan sal julle lewe” - Amos 5:4                                

Omdat godsdiens vir Israel baie belangrik was, was hul kerkgang onbesproke. Ons lees dat selfs Jesus die gewoonte gehad het om op die Sabbat na die sinagoge te gaan. Ongelukkig was Israel se godsdiens so met hul volksgevoel verbind, dat dit kwalik daarvan onderskei kon word. Op die oor af klink dit goed, maar dit was nie. Godsdiens kan die beste wapenrusting ter wêreld wees, maar ook die slegste oorkleed. Israel se optrede het boekdele hiervan gespreek!

Israel se probleem was dat hulle van godsdiens hul God gemaak het en nie van God hul godsdiens nie. Hulle het alleenlik dit wat in hulle kraam gepas het geglo. Die gevolg was ʼn eiesinnige godsdiens. Daarom het vir Amos, ʼn boer, tot sy diens geroep om Israel op hul dwaasheid te wys en bekering te bepleit.

Israel het drie vername aanbiddingsplekke gehad – Betel, Gilgal en Berseba; elkeen met ʼn ryke geskiedenis. Betel was die plek waar Jakob van die engele teen die leer gedroom het asook die plek van goddelike belofte dat die land aan sy nageslag sou behoort. Sy ontmoeting met God sou sy hele lewe verander soos Paulus s’n later naby Damaskus.  

Jakob het dit Betel (huis van God) genoem - “Die Here is op hierdie plek” (Gen.28:16). ʼn Paar jaar later sou Jakob weer by dieselfde plek aandoen, God weer ontmoet en opnuut die verbondbelofte ontvang. Daar in Betel het God sy naam na Israel verander; die naam waaraan sy nageslag eeue lank geken word.

Die tweede belangrike aanbiddingsplek was Gilgal. Dis hier waar Israel na 40 jaar se omswerwinge in die woestyn die beloofde land Kanaän binnegekom het. Die derde belangrike plek was Berseba, waar al drie die aartsvaders beloftes van God ontvang het. In Gen.21 sê God vir Abraham: “God is by jou in alles wat jy aanpak”. In Gen.26 sê God vir Isak: “Moenie bang wees nie, want Ek is by jou. Ek sal jou seën en jou ʼn groot nageslag gee”. En in Gen.46 kry Jakob ʼn soortgelyke belofte: “Ek gaan saam met jou Egipte toe, en Ek sal jou beslis weer hierheen laat terugkom”

Betel, Gilgal en Berseba is as aanbiddingsentrums gekies omdat dit vir hulle uitsonderlike godsdienstige betekenis gehad het. Op godsdienstige terrein het alles goed en voortreflik verloop. Maar toe maak Israel ʼn fout. Hulle het geglo dat al wat hulle moes doen, was om hierdie plekke gereeld te besoek en God sou hul kerkgang met voorspoedige lewens beloon.

Dit het vir Israel nie oor die aanbidding en verheerliking van God gegaan nie, maar eerder oor dit wat hulle, in ruil vir kerkgang, uit God kon kry. Dis soos ʼn bedelaar wat na jou welstand verneem.   In werklikheid voel hy vere oor hoe dit met jou gaan. Sy begroeting is ʼn begroting - ʼn aanslag op jou beursie! Israel het die selfde fout gemaak. Hulle het kerk toe gegaan om iets van God in ruil te ontvang. En dit het tot ʼn vormgodsdiens gelei.   En dis gif vir die siel!

Hoe ontstaan vormgodsdiens?   Wanneer jy ʼn eie inhoud aan godsdiens gee wat nie met die Bybel ooreenstem nie. En dit gebeur baie maklik! Let maar net op Israel se misstap met die goue kalf!   Hulle het nie daar aan die voet van Horeb skielik besluit om afgodery te begin bedryf nie. Israel wou ʼn godsdiens met ʼn eie inhoud en na eie smaak hê – tuisgemaak!

In die tyd van Amos het kerkgang baie verander. Dit was nie meer soos in die ou tyd nie.   Ten einde dit in pas met die politiek van die dag te bring, het kerklui vreemde inhoude daaraan gegee. Dit het gemaak dat mense die stem van God nie meer gehoor het nie.  Kerklike verraad was die kernhoofstuk in die tragiese verhaal van ʼn uitverkore volk wat vrywillig ten gronde gegaan het!

Godsdiens in diens van die mens, kan nooit suiwer wees of bly staan nie. Israel het nie meer die God van die Bybel gedien soos al die jare nie. Hulle het Hom op hul eie voorskrifte gedien.   En dit was alles tydmors. Wie God nie volgens sy voorskrifte dien nie, mors sy tyd om kerk toe te gaan!

Israel was so behep met ʼn eiesinnige godsdiens, dat hulle nie agter gekom het dat hulle die skulp behou, maar die pêrel verloor het nie!  Hulle het gedink dat hulle in pas met God is, maar in werklikheid was hulle geheel uit pas met Hom.

Israel sou op ʼn harde manier leer dat God geen genoeë met eiesinnige godsdiens neem nie en dit straf. Daarom het Hy vir Amos gestuur om Israel te waarsku om in pas met God te kom. Daarna het die ballingskap na Assirië gevolg.

Let op die gelese gedeelte. Vers 2 spreek van oordeel: “Die jonkvrou van Israel het geval, sy sal nie weer opstaan nie; neergevel lê sy op haar land, niemand rig haar op nie” Israel word as ʼn vrou geskets wat geglo het dat sy godsdienstig en voorbeeldig vas gestaan het. Dit was alles selfbedrog.    

Dis die kernprobleem in baie kerke vandag – vormgodsdiens.  Mense soek nie meer God se wil in die Bybel nie, maar predikers wat dit wat hulle wil hoor, preek.  En dit gaan aan die einde van die tyd oorhand toeneem. “want daar sal ʼn tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in die gehoor gestreel wil wees, vir hulle ʼn menigte leraars sal versamel volgens hulle die begeerlikhede” (2 Tim.4:3). Paulus skryf: “Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword...... hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in alle ewigheid” (Rom.1:22,25).

Jesus draai self nie doekies om as Hy die hoofeksponente van vormgodsdiens baie hard aanspreek nie: “Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle is net soos gewitte grafte wat van buite wel fraai lyk maar binne vol doodbeendere en allerhande onreinheid is” (Mt.23:27).

Ontspoorde kerklui het oud-Israel lelik mislei!   Dieselfde ding het met die Boerevolk gebeur. As groot Afrikaanse kerke vasgestaan en aan die Woord van God getrou gebly het, was ons land nie in hierdie penarie nie! Dis egter water onder die brug verbly. Wat staan ons te doen? Net soos oud-Israel het die Boerevolk een van twee keuses – gaan aan of draai om. Soek God of soek die mens. Die vraag is: Wil ons lewe? Dan is die antwoord duidelik: “ ..... soek My, dan sal julle lewe” Die alternatief is die dood.

Wat soek jy vanoggend hier in die kerk? God se wil? Ek vertrou so, want as jy dit nie soek nie, soek jy verkeerd. En ʼn verkeerde soeke lei na ʼn verkeerde bestemming soos Israel te laat in Assirië uitgevind het waar hulle vir meer as 130 jaar in ballingskap sou verkeer!

Om vandag God opreg te soek, is nie maklik nie. Slagystergodsdienste neem onrusbarend toe.   Al hoe meer volksgenote spring op die lawaai- wa van oppervlakkige, oneerbiedige kerkdienste wat al te duidelik God nie meer soek nie, maar die mens. Let maar net op die effek wat die homoseksuele rewolusie op kerklike terrein veroorsaak!

Al godsdiens wat God behaag, is dit wat in die Gees en die waarheid beoefen word. Wie sy lewe na die Gees rig, maak God se wil sy eie en wie dit na die Woord rig, sorg dat dit wat hy glo met die Woord ooreenstem. Wat daarvan afwyk, is vormgodsdiens. Sulke godsdiens is soos die gebabbel van kleuters oor speelgoedtelefone ; dis ʼn vreeslike gebabbel, maar aan die ander kant is daar niemand wat luister nie!

Kom ons soek God met ʼn nuwe erns en opregtheid van hart want Hy is so ernstig oor ons ewigheid besorg dat Hy sy enigste Seun aan ʼn kruis laat sterf het sodat ons vir ewig kan lewe.

Amen!

 

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2955 gaste aanlyn