NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Sien ons in ons land vanaf 1994 meer volop hierdie gesig wat Dawid in Ps 73 van die goddeloses beskryf...: "...gesond en vet is hulle liggaam... die geweld bedek hulle soos 'n gewaad. Hulle oë puil uit van vet, die inbeeldinge van die hart loop oor. Hulle spot en spreek in boosheid verdrukking... hulle stel hul mond teen die hemel... kyk, so is die goddelose mense, en altyd onbesorg vermeerder hulle die rykdom!"  En dit is nie die uitgeteerde, verdrukte Christen-Afrikanervolk wat hier bedoel word nie...

WAT IS ‘N VLOEK?

Andrè van den Berg

ʼn Mens hoor van persone wat vir iemand baie kwaad word en dan van ʼn persoon met magiese krag gebruik maak om ʼn vloek oor daardie persoon uit te spreek. Swartes beskuldig dikwels mense van toordery as ʼn albino of kind met liggaamlike gebrek in ʼn gesin gebore word.

Is dit moontlik dat vloeke wat ander oor jou uitspreek die gewenste trefkrag kan hê? Volgens die Bybel is dit God, en nie die duiwel nie, wat mense vervloek: “Hoe sal ek vloek wie God nie vloek nie? En hoe sal ek verwens vir wie die Here nie verwens nie?” (Num.23:8).

In die Gelykenis van die Talente sê Jesus: “Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele.” (Matt.25:41). Omdat God almagtig is, kan geen booswig God se kinders deur afgodery, toordokters of enige ander okkultiese rituele vervloek en in die ongeluk dompel nie. “Want daar is geen towery teen Jakob of waarsêery teen Israel nie…” (Num.23:23).

Ons lees dat Goliat vir Dawid in die naam van sy gode vervloek het, maar hoe hyself op die einde doodgemaak is (1 Sam.17:43). Mense wat vloeke oor gelowiges uitspreek se woorde is soos ʼn voëltjie wat in die lug rondvlieg en geen plek kry om te gaan sit nie: “Soos die voëltjie wegfladder, soos die swaweltjie wegvlieg, so is ʼn vervloeking sonder oorsaak: dit kom nie uit nie” (Spr.26:2). Booswigte se vervloekings raak nie gelowiges nie. Die bloed van Christus maak hulle immuun teen die gif van Satan!

Luister gerus na Ps.91:“Al val daar duisend aan jou sy en tienduisend aan jou regterhand – na jou sal dit nie aankom nie. Net met jou oë sal jy dit aanskou en die vergelding van die goddelose sien” (7,8).

Omdat God sy kinders liefhet, keer Hy selfs die vloek in ʼn seën om soos met Israel in die tyd van Bileam gebeur het.   Israel se vyande het Bileam gehuur om Israel te vervloek waarna God dit verhoed het deur die vervloeking in ʼn seën om te keer.

Nie eens Satan kan God se kinders benadeel nie mits God dit as ʼn beproewing en loutering van die geloof toelaat.. Dink maar aan Job: “Daarop sê die Here aan Satan: Kyk, alles wat hy het, is in jou hande; net na homself mag jy jou hand nie uitsteek nie...” (Job 1:12).

Die vroeë Christene wat ter wille van hul geloof uit Jerusalem gevlug en hulle in ʼn okkulties-heidense wêreld bevind het, was blykbaar ook bang vir moontlike vervloekings. Daarom skryf Johannes aan hulle: “... Maar hy wat uit God gebore is, bewaar homself, en die Bose het geen vat op hom nie” (1 Joh.5:18). Jou geloof maak jou siel immuun teen die gif van Satan.

Ek lees onlangs van ʼn vrou wat bekommerd was oor die ornament-voëls in haar huis nadat iemand vir haar gesê het dat dit vloeke in haar huis bring en dat dít die rede was waarom sy huweliksprobleme ondervind het. Sy het streng gesproke haar eie huis getoor!

Om afgodsbeelde uit die Ooste en okkultiese prente en simbole in jou huis aan te hou, is ongewens.  Dit strook nie met die Christelike geloof nie, maar verheerlik inderdaad Satan!   Geen gelowige hoef egter bang te wees dat dierebeelde van seepsteen uit Zimbabwe, teddiebere uit Duitsland, strokieskarakters op kinderbeddegoed of ʼn ornamentele swaard uit Japan, vloeke oor sy huis sal bring nie.

Desondanks glo baie mense, veral Charismate dat hierdie dinge die oorsaak van huweliksprobleme, finansiële moeilikhede, rebelse kinders en vele meer is. As daarvan ontslae geraak word, sal die probleme verdwyn. En so verskuif hulle die oorsaak van hul probleme weg van die werklike probleem nl. dade van sonde weg na uitlandse produkte wat kwansuis getoor is.

Dis so sprekend van die sondaarmens se verskuiwing van iets binne na iets buite. Het Adam en Eva nie maar dieselfde gedoen nie? Dit kom op ʼn bose klemverskuiwing neer. Die probleme waarmee die persoon te kampe het, word nie meer aan sondedade toegeskryf nie, maar aan bose dinge in sy huis.  

Nee, gelowiges hoef nooit bang te wees dat ongelowiges hulle deur sulke dinge kan vervloek nie. Deur die wedergeboorte is jy vry. Deur sy kruisdood het Jesus jou vrygekoop van die vloek wat die wet meebring (Gal.3:13).

Jy is sy kind en nie meer onder die vloek van die Satan nie, maar geseën met alle geestelike seëninge in die hemel: “Geseënd is die God en Vader van ons Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus” (Ef.1:3). En as die almagtige Jesus jou vrygekoop het van die vloek, wie kan jou met ʼn vloek bind?

Daar is selfs mense wat baie gesteld is op die naam wat kinders gegee word omdat jy deur die naam wat jy aan jou kind gee, iets oor hom kan uitspreek. As jy hom bv. Kobus (Jakobus, Jakob) noem, sal hy ʼn leuenaar wees want jy spreek dit die hele tyd oor hom uit. Nee, dis onsin! Ek ken baie mense met die naam Kobus wat alles behalwe leuenaars is. Ek weet ook van mense met die naam Beauty wat glad nie innerlik of uiterlik mooi is, omdat ander dit oor haar uitgespreek het nie. Sulke redenasies is lagwekkend!

In Charismatiese kringe word mense wat gruwelike sondes in hul voorgeslagte gehad het, baie sterk aangemoedig om vir sg. bevryding te gaan. Hulle glo dat die sonde van ongelowige voorvaders in hul nageslag se are vloei en slegs deur die proses van bevryding gereinig kan word.   Hulle noem dit bloedlynvloeke.

Dis ʼn leuen! Kinders kan wel deur hul ouers se sonde beïnvloed word soos ʼn kind wat HIV positief gebore word omdat sy ma onsedelik was. Maar dat God ʼn kind straf omdat sy pa gesondig het, is nie waar nie.

Moses skryf baie duidelik hieroor: “Die vaders mag nie vir die kinders, en die kinders mag nie vir die vaders gedood word nie; elkeen moet vir sy eie sonde gedood word.” (Deut.24:16).

Esegiël skryf in soortgelyke trant: “Die siel wat sondig, dié moet sterwe; die seun sal nie die ongeregtigheid van die vader help dra nie, en die vader sal nie die ongeregtigheid van die seun help dra nie; die geregtigheid van die regverdige sal op hom wees, en die goddeloosheid van die goddelose sal op hom wees.” (Eseg.18:20).

Maar wat dan van Eks.20:5 wat duidelik sê dat God die sondes van die vaders tot in die derde en vierde geslag op die wat Hom haat laat neerkom? Die klem val op die laaste deel: “… van die wat Hom haat”. Kinders word gestraf omdat hulle God haat en nie omdat die vaders gesondig het nie.

Charismate moet konsekwent wees en die volgende vers ook lees: “… Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.” (Eks.20:6). Die verlossing van Jesus deur die kruis is genoegsaam. Niemand hoef vir bevryding te gaan omdat die vloek van sy voorgeslag op hom rus nie.

Petrus skryf: “...omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie, maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van ʼn lam sonder gebrek en vlekkeloos” (1 Pet.1:18-19).

Deur sy kruisdood het Jesus ons van die grootste vloek in die geskiedenis bevry: die vloek van die sondeval deur die ongehoorsaamheid van Adam (Rom.5:12-21, Gal.3:13). Die gelowige mens sal nooit vervloek kan word nie. Hy is selfs vry om mense wat hom vervolg en probeer vervloek te seën. “Seën die wat julle vervolg, seën en moenie vervloek nie” (Rom.12:14). Jesus sê: “As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.” (Joh.8:36).

Met hul sg. bediening van bevryding dwaal die Charismatiese kerke ernstig. Was Jesus se kruisdood dan nie genoegsame bevryding nie? Die teologie van bloedlynvloeke en bevryding lei mense weg van Jesus en sy kruisdood af. Die versoeking is dus daar om op te sien na mense wat die vloeke kan breek. Nee, Jesus is sterk genoeg en sy kruisdood vir alle sondaars genoegsaam!

Num.22:1-12  

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2810 gaste aanlyn