NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die lewe is so kort dat ons nooit genoeg tyd sal kry om hulle wat die lewenspad met ons deel se harte 100% te verbly nie.  Wees dus vinning om liefde te gee en haastig om diensbaar te wees.

OM TE PRAAT...

...OF NIE TE PRAAT NIE?

Teregwysing, vermaning en oordeel

Ds Andrè van den Berg

Inleiding

Mense se beheptheid met menseregte en verdraagsaamheid met sonde, maak hul onverdraagsaam teenoor Christelike beginsels. Die groeiende weerstand teen die Bybelse leer word op feitlik alle lewensterreine waargeneem en deur dwaalgeeste gebruik om hul leuens te bevorder.

Valse verdraagsaamheid maak dat mense teregwysings haat en ʼn eie begrip van die waarheid ontwerp wat nie met die Bybel ooreenstem nie. Mense wil bv. niks daarvan weet dat onverskillige mense op pad hel toe is of dat dwaalleraars leuens verkondig nie.

Gevolglik was dit nog nooit so maklik om dwaalleer te versprei as tans nie. Selfs gelowiges is bang om op te staan en die waarheid te verdedig. Baie van hulle glo dat liefde en geduld alle foute bedek en troos hul valslik daaraan dat Jesus tydens sy aardse bediening soortgelyk opgetree het.

Dis alles behalwe waar! Die Evangelies vertel ʼn geheel ander verhaal. Alhoewel Jesus liefdevol teenoor sondaars opgetree het, het Hy nie gehuiwer om huigelaar-kerklui sterk aan te spreek nie. Mt.23 getuig duidelik hiervan.

1.   Jesus en valse leraars

In hierdie hoofstuk praat Jesus met die skare oor die kerklui wat mense vir eie voordeel misbruik: Want hulle bind pakke saam wat swaar en moeilik is om te dra, en sit dit op die skouers van die mense, maar self wil hulle dit nie met hulle vinger verroer nie” (:5).

In plaas van genade het hulle werkheiligheid gepreek en Jesus gegrief: Wee julle, blinde leiers, julle wat sê: Elkeen wat sweer by die tempel — dit is niks nie; maar elkeen wat sweer by die goud van die tempel, hy is gebonde” (:16).

Hulle godsdiens was vernislae oor hul onheilige lewenswandel. Volgens die letter van die Wet het alles goed gelyk, maar wat die gees betref, het dit baie ernstig aan heiligheid ontbreek. Daarom het Jesus nie geskroom om hul toneelspel te veroordeel en geen voordeel van moontlike twyfel te gee nie.

Wie aan dwaalleer die geringste voordeel van twyfel gee, is aan die boosheid daarvan aandadig: “...mense wat — al ken hulle die verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien — dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen” (Rom.1:32).

Jesus stel die kerklui se huigelary aan die kaak: Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle gee tiendes van kruisement en anys en koljander, en die swaarste van die wet laat julle ná: die reg en die barmhartigheid en die trou. Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat. Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle maak die buitekant van die beker en die skottel skoon, maar binnekant is dit vol roof en onmatigheid. Blinde Fariseër, maak eers die binnekant van die beker en die skottel skoon, sodat ook die buitekant daarvan skoon kan word” (:23,25,26).

Onkundiges kan miskien sukkel om Jesus se liefde en skerp teregwysings in hierdie hoofstuk met mekaar te versoen. Onthou, sy liefde mag nooit van sy opdrag om die waarheid na te jaag, geskei word nie. Wee hulle wat sleg goed noem en goed sleg, wat die duisternis lig maak en die lig duisternis, wat bitter soet maak en soet bitter” (Jes.5:20).

In Mt.23 brandmerk Jesus die kerklui ses keer as huigelaars.   Hy noem hulle ook blinde leiers, geveinsdes, witgepleisterde grafte, seuns van profete-moordenaars, slange asook addergeslag. Almal wat leuens vir die waarheid verkondig en bose leerstellings onder die banier van godsdiens verkondig, is werktuie van Satan en moet aan die kaak gestel word. Hulle staan onder die oordeel van God!

Jesus gebruik in Mt.23 ses maal die woorde Wee julle. Dis goddelike oordeel en voorspel volslae ellende en ʼn verskriklike einde. Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug?” (:32). Niemand van hulle of hul volgelinge sal die hemel beërwe nie want dwaalleer lei na ewige dood en stort beide leraars en volgelinge in die verderf. Daarom moet mense dringend gewaarsku word. “...en hulle weer nugter kan word, vry van die strik van die duiwel, nadat hulle deur hom gevang was om sy wil te doen” (2 Tim.2:26).

2. Geestesgesondheid

Teregwysing is vir elke gesonde gemeenskap onontbeerlik.   Te oordeel aan die agteruitgang in die meeste gemeenskappe, behoort daar vandag baie meer teregwysing as tevore te wees.   Ongelukkig word al te maklik dit as onverdraagsaam, ondemokraties en ʼn skending van menseregte beskou en die standaarde waaraan gedrag gemeet word, selfs deur kerke betwyfel.

3.   Wanneer om te praat

Wanneer moet daar tereggewys word? Indien iemand se saligheid op die spel is:“Sorg daarvoor, broeders, dat daar nie miskien in een van julle ’n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie” (Hebr.3:12). Die woord broeders dui op gelowiges wat nie net as enkelinge oor die waarheid moet waak nie, maar ook as ʼn groep. “Maar vermaan mekaar elke dag so lank as dit vandag genoem word, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie” (:13).

As iemand so dwaal dat sy persoonlike geloofsgetuienis onder verdenking kom, moet daar met hom gepraat word sodat hy tot besinning kom. In Mt.18:15-18 leer Jesus hoe hierdie teregwysing moet geskied. Hy sê niks oor die aard van die sonde nie, maar dat as die persoon wat aangespreek word hom nie bekeer nie, hy nie langer deel van die groep mag wees nie. Vers 18 maak dit duidelik dat die hele kerk hierby betrokke moet wees.   Dit gaan nie oor die aard van die sonde nie, maar oor die oortreder se reaksie op die teregwysing. Die redding van sy siel is immers op die spel.

Die NT beklemtoon telkens die waarde van teregwysing: “En as iemand aan ons woord in hierdie brief nie gehoorsaam is nie, teken dié man en hou geen gemeenskap met hom nie, sodat hy skaam kan word. En beskou hom nie as ’n vyand nie, maar vermaan hom as ’n broeder” (2 Thess.3:14,15).

Broeders, as een onder julle van die waarheid afgedwaal het en iemand hom bekeer,laat hy weet dat die een wat ’n sondaar van sy dwaalweg bekeer, ’n siel uit die dood sal red en ’n menigte sondes sal bedek” (Jak.5:19,20).

Om met iemand oor sy sonde te praat, getuig van God se liefde in hom:Sê vir hulle: So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, gewis, Ek het geen behae in die dood van die goddelose nie, maar daarin dat die goddelose hom bekeer van sy weg en lewe. Bekeer julle, bekeer julle van jul verkeerde weë! Waarom tog wil julle sterwe, o huis van Israel?” (Eseg.33:11).

Dis egter belangrik dat gelowiges se gesindheid van ʼn opregte besorgdheid oor verlorenes se sieleheil spreek. ” Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe hê” (Efes.4:32).“Broeders, as iemand ewenwel deur een of ander misdaad oorval word, moet julle wat geestelik is, so een reghelp met die gees van sagmoedigheid, terwyl jy op jouself let, dat jy ook nie versoek word nie” (Gal.6:1).

4.   Die Bybel alleen

Om iemand tereg te wys, moet die Bybel alleen spreek. Dit gaan per slot van sake oor God se standaarde wat eerbiedig moet word, al dink mense anders. Job se vriende was baie seker dat sy dilemma die gevolg van sonde in sy lewe was. Hulle was almal verkeerd. Dit het Job ongelukkig en God kwaad gemaak!

Toe Paulus verneem dat die gemeentes in Galasië na dwaalleer begin luister het, het hy hulle per brief tereggewys: “Ek verwonder my dat julle so gou afvallig word van hom wat julle deur die genade van Christus geroep het, na ’n ander evangelie toe”(Gal.1:6). Om ʼn ander Evangelie te preek, is so goed as geen Evangelieprediking nie want dit kan niemand red nie. Daarom mag gelowiges dwaalleer nooit sy gang laat gaan nie. Daarvoor het hulle die Skrif om hulle te help om dit teen te staan:

“Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus” (2 Tim.3:16,17).

Petrus skryf:

“...terwyl julle veral dít moet weet, dat geen profesie van die Skrif ’n saak van eie uitlegging is nie;want geen profesie is ooit deur die wil van ’n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek” (2 Pet.1:20,21).

Let op Paulus se woorde: “Die hele Skrif is deur God ingegee...”In die Grieks staan daar dat alle Skrif deur God “ingeasem” is. Paulus gebruik twee woordpare om op die bruikbaarheid van die Skrif te belig. Eerstens lering en weerlegging. Dit het met dogma te doenwat die hele Skrif van Genesis tot Openbaring omvat en uiteraard die grondslag van gesonde leer vorm.  

Die tweede woordpaar is teregwysing en onderwysing wat met gedrag te doen het. Teregwysing kom van die Griekse woord vir reguit. God se Woord maak paaie wat skeef is reguit en wie dit gehoorsaam, se lewenspad loop reguit.   Dis lewensvoordelig en ʼn seën vir alle verhoudings.

Paulus eindig 2 Tim.3 met die genoegsaamheid van die Skrif: “... sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus” (:17). In Grieks beteken volkome: “Om met die regte gereedskap te werk”. So is gelowiges wat in die Skrif onderleg is, God se instrumente.

Moses skryf: “Gee ag op al die woorde waarmee ek julle vandag waarsku... Want dit is geen vergeefse woord vir julle nie, maar dit is julle lewe...”(Deut. 32:46,47). Daarom wy die Palmdigter ʼn hele 176 verse van Ps.119 aan die voortreflikheid van die Skrif. Dit rus gelowiges genoegsaam toe.

Toe Satan by geleentheid Jesus probeer versoek het, haal hy die Skrif buite verband aan. Met sy goddelike kennis van die Skrif kon Jesus hom met drie aanhalings daaruit suksesvol teenstaan. Baie gelowiges het al iets soortgelyks ervaar en met hul kennis van die Skrif in hul uur van nood op God se beloftes geleun en geestelik oorwin.

5.   Verstaan Jesus reg

Mt.7:1,2 is ʼn Skrifgedeelte wat dikwels buite verband aangehaal word om teregwysing in die kiem te probeer smoor:

“Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie. Want met die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word; en met die maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word” .

Hierdie twee teksverse handel oor die huigelary van die kerklui in Jesus se tyd; mense wat ander se sondes veroordeel het terwyl hulle self daaraan skuldig was. Dis ʼn uitbreiding van hoofstukke 5 en 6 waar Jesus die Skrifgeleerdes se onderrig, huigelagtige gebede, vas en barmhartigheidswerk onder skoot bring.

Hulle het mense wat nie op hul godsdiensstandaard was nie sonder meer veroordeel. God haat sulke optredes. “En meen jy, o mens wat hulle oordeel wat sulke dinge doen, en dit self doen, dat jy die oordeel van God sal ontvlug?” (Rom.2:3).

“Daarom moet julle nie voor die tyd oordeel, voordat die Here kom nie, wat die verborge dinge van die duisternis in die lig sal bring en die bedoelinge van die harte openbaar sal maak; en dan sal elkeen lof van God ontvang” (1 Kor.4:5).

Mt.7:1,2 weerhou gelowiges egter nie daarvan om tussen reg en verkeerd te onderskei en mense te vermaan nie (Mt.7:15-23). God lê in sy Woord eerder beginsels as reëls neer. Eersgenoemdes kan egter nie altyd verwoord word nie. Daarvoor het gelowiges dan die leiding van die Heilige Gees nodig:“...en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel” (Joh.16:8).

Wie sy medemens in liefde teregwys, spreek nie noodwendig ʼn oordeel oor hom uit nie. Liefdevolle teregwysings vloei uit liefdevolle harte. Nadat gelowiges ernstige pogings aangewend het om oortreders op grond van die Skrif op die erns van hul oortreding te wys, maar nie daarin slaag nie, sal veroordeling nie onvanpas wees nie.

Jesus het nooit bedoel dat gelowiges nooit mag oordeel nie. Solank as wat dit in ooreenstemming met die Bybel is. Paulus het dit gedoen:Maar Élimas die towenaar... het hulle teëgestaan en het probeer om die goewerneur afkerig te maak van die geloof. Maar Saulus, dit is Paulus, vervul met die Heilige Gees, het die oë op hom gehou en gesê: Kind van die duiwel, vol van alle bedrog en alle listigheid, vyand van alle geregtigheid, sal jy nie ophou om die reguit weë van die Here te verdraai nie”(Hand.13:8-10)

Daar is egter net een almagtige Regter. Dit is God! Hy het die gesag om tussen regte en verkeerde gedrag te oordeel en het hierdie gesag aan Jesus oorgegee: “Want die Vader oordeel ook niemand nie, maar het die hele oordeel aan die Seun gegee”(Joh.5:22).

Ek het as ’n lig in die wêreld gekom, sodat elkeen wat in My glo, nie in die duisternis sou bly nie. En as iemand na my woorde luister en nie glo nie, Ek oordeel hom nie; want Ek het nie gekom om die wêreld te oordeel nie, maar om die wêreld te red. Wie My verwerp en my woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag” (Joh.12:46-48).

6.   Tien goue reëls

In ʼn tyd van teologiese verwarring en kerklike knoeiery is dit noodsaaklik om dwaalleer te ontmasker en doeltreffend teen te staan. Hoe doen gelowiges dit? Die Bybel gee 10 goue reëls.

  1. (i)Beproef hulle

Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan” (1 Joh.4:1).

  1. (ii)Hou hulle dop

“En ek vermaan julle, broeders, hou hulle in die oog wat tweedrag en aanstoot veroorsaak teen die leer wat julle geleer het, en vermy hulle” (Rom.16:17).

  1. (iii)Bestraf hulle

“Hierdie getuienis is waar. Daarom moet jy hulle skerp bestraf, sodat hulle gesond in die geloof kan wees” (Tit.1:13).

  1. (iv)Vermy gemene sake

En beproef wat die Here welbehaaglik is; en hou nie gemeenskap met die onvrugbare werke van die duisternis nie, maar bestraf dit liewer” (Efes.5:10,11).

(v) Onttrek aaaan hulle“

Ons beveel julle, broeders, in die Naam van onse Here Jesus Christus, dat julle jul onttrek aan elke broeder wat onordelik wandel en nie volgens die oorlewering wat hy van ons ontvang het nie” (2 Thess.3:6).

  1. (vi)Draai weg

“...van mense wat ’n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af” (2 Tim.3:5).

  1. (vii)Ontvang hulle nie

As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie en groet hom nie. Want die een wat hom groet, het gemeenskap aan sy bose werke” (2 Joh.10,11).

  1. Geen gemeenskap nie

“En as iemand aan ons woord in hierdie brief nie gehoorsaam is nie, teken dié man en hou geen gemeenskap met hom nie, sodat hy skaam kan word” (2 Thess.3:14).

  1. (ix)Verwerp hulle

Aan ’n man wat partyskap verwek, moet jy jou onttrek ná die eerste en tweede vermaning” (Tit.3:10).

  1. (x)Skei jou af

“Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem” (2 Kor.6:17).

7.   Staan vas

Gelowiges het geen gemene sake met dwaalleraars nie.“Geliefdes, terwyl ek alle ywer aanwend om aan julle oor ons gemeenskaplike saligheid te skrywe, het ek die noodsaaklikheid gevoel om julle deur my skrywe te vermaan om kragtig te stry vir die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is. Want sekere mense het ingesluip wat lank tevore al opgeskryf is vir hierdie oordeel, goddelose mense wat die genade van onse God verander in ongebondenheid, en die enigste Heerser, God, en onse Here Jesus Christus verloën” (Judas:3,4).

Paulus skryf aan Timoteus om die suiwere Evangelie te verdedig: Hierdie boodskap vertrou ek aan jou toe, my kind Timotheüs, ooreenkomstig die profesieë wat vroeër aangaande jou uitgespreek is, sodat jy daardeur die goeie stryd kan stry en aan die geloof en ’n goeie gewete vashou. Sommige het dit van hulle weggestoot en aan die geloof skipbreuk gely” (1 Tim.1:18,19).

O Timotheüs, bewaar jou pand en vermy die onheilige, onsinnige praatjies en teëwerpinge van die valslik sogenaamde kennis, waarvan sommige belydenis gedoen het en, wat die geloof betref, op ’n dwaalweg geraak het..... “ (1 Tim.6:20,21).

In Hand.20 en 2 Pet.2 waarsku Paulus en Petrus onderskeidelik dat dwaalleraars op die kerklike toneel gaan verskyn om mense van die geloof afvallig te maak.   Dit blyk dat hierdie leraars nie net van buite die kerk kom nie, maar ook van binne.

Die tyd het aangebreek dat gelowiges sterker na vore kom en dwaalleer met mening teenstaan. Jesus is hier die volmaakte voorbeeld van die verdediging van die waarheid.   Wie die grondbeginsels van die Christelike geloof aantas, moet teengestaan word. Daarvoor het gelowiges ʼn goddelike toesegging. Om oor die verkragting van die waarheid te swyg, sal net so skadelik wees as om hout op iemand se rug te laai wat in die middel van ʼn brandende huis staan!

a

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2458 gaste aanlyn