NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die moderne mens praat deesdae baie meer openlik oor vroeëre taboes – seksualiteit, hartsgeheime ens. Maar praat oor die dood en oor sterwe, dan droog die geselskap op – is dood vir mense 'n verskrikking? Dit hoef nie te wees nie! Ons gaan in die wonderlikste harmonie in nuutopgestane liggame saam met God en Jesus en ál ons geredde geliefdes vir ewig kuier!

WAT SIEN MENSE IN JOU HUIS?

Ds Andrè van den Berg

“En hy sê: Wat het hulle in u huis gesien?.....”(2 Kon.20:15).

Mense is baie soos ʼn robot –in sommige brand die groen lig en jy kom maklik met hulle oor die weg. Sommige is soos die geel lig – jy weet nie presies waar jy met hulle staan nie. Ander brand weer rooi en stuit jou teen die bors.

Dit het alles met persoonlikhede te doen. Mense met lelike persoonlikhede kan nooit gelowiges wees nie.   Mooi persoonlikhede daarenteen is die uitstalvenster van sondaars wat in Jesus mooi geword het. Jesus keer lewens om: “Daarom, as iemand in Christus is, is hy ’n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword” (2 Kor.5:17).

En as Jesus lewens omkeer, vertel gelowiges graag vir mense wat Jesus vir hulle beteken. Paulus skryf: “Skaam jou dan nie oor die getuienis van onse Here of oor my, sy gevangene nie ... (2 Tim.1:18). Gelowiges swyg nie; hulle praat!

2 Kon.20 vertel van ʼn gelowige wat moes praat, maar geswyg het – Hiskia. Hy was een van Juda se beste konings en net 25 jaar oud toe hy koning van ʼn land met baie probleme geword het. Binnelands was Juda se godsdienspeil baie laag. Dit was ʼn kookpot van Satansbedrywighede. Sy pa (Agas) was ʼn slegte koning wat sy rug op God gedraai en selfs een van sy kinders as ʼn brandoffer aan die afgod Molog geoffer het. In sy tyd het menige heidentempel in Juda verrys en het afgodery Juda geestelik bankrot gemaak.

Buitelands het dit ook sleg gegaan. Assirië was oppad na wêreldheerskappy en het soos ʼn stoomroller oor lande geloop. Juda het geweet dat dit ʼn kwessie van tyd was, veral toe Israel in 722vC in ballingskap gegaan het. En wat doen Agas? Hy koop vrede met goud en laat afgodery toe.

Om koning onder sulke omstandighede te word, was uiters ongunstig.  Mense het gewonder wat Hiskia gaan doen en of hy sy vader se beleid sou voortsit?   Vers 3gee die antwoord: “En hy het gedoen wat reg was in die oë van die Here net soos sy vader Dawid gedoen het”. Hiskia het die afgode verwyder, hulle tempels afgebreek en Juda se eertydse godsdiens herstel.

God het hom met voorspoed geseën. Vir 14 jaar het dit goed met hom gegaan waarna ʼn ramp hom tref toe hy tot die dood toe siek geword het. Om op 39 te besef dat jou lewensson gaan sak terwyl dit nog lig was, is verskriklik! Talle goddelose konings het lank regeer. Manasse, die slegste van almal, het bv. 55 jaar lank regeer. En hier is ʼn godvresende koning se lewe op 39 jaar so goed as getel!   As die parkeermeter van jou lewe sê dat tyd verstreke is, kan jy niks daaraan doen nie, al is jy ook ʼn koning.

Hiskia het op sy siekbed ʼn besoeker ontvang – Jesaja, sy dominee. Hy kom nie met ʼn trooswoord nie: “Gee bevel aan jou huis, want jy sal sterwe”. Hiskia was bitter ontsteld! ʼn Mens kan nog enige tyding ontvang en verwerk, maar as jou lewe op die spel is, is dit ʼn ander storie!

Soos ʼn briewebesteller lewer Jesaja die boodskap af en vertrek.  En wat doen Hiskia? Hy bid ernstig tot God. Hy is ʼn gelowige en ken Hom. Wie die Here in die sonskyn van sy lewe geken het, kan des te meer op Hom reken as dit donker om hom word.

Toe gebeur iets wonderliks in antwoord op sy gebed. Jesaja was skaars by die paleis se hek uit toe God hom laat omdraai met die goeie nuus vir sy koning; sy lewe word met 15 jaar verleng. Hiskia se vreugde het geen einde geken nie!

Net na sy wondergenesing het Hiskia buitelandse besoek gekry – ʼn gesantskap uit Babel met geskenke. Dit was nie om dowe neute nie; hulle het bondgenote teen Assirië gesoek. Dit het na goeie strategie geklink - hoe meer soldate hoe sterker die teenstand. Maar dis nie wat God wou hê nie. Juda moes nie op mense nie, maar op God alleen vertrou. Hy was magtig om enige vyand te verdelg. “Moet op prinse nie vertrou nie, by wie niemand heil kan vind – op die mens jou heil nie bou nie, want as God hul gees ontbind, keer hul na die aarde weer en hul raadslag stort terneer” (Ps.146:2).

Hiskia was egter gediend om vir landsveiligheid op mense te vertrou en die Judees-Babiloniese verdrag geteken. Dit was, soos so baie vredesverdrae, nie die papier werd waarop dit geskryf was nie! Juda het met sy onderdrukker onderhandel want dieselfde Babel sou nie baie lank hierna nie Juda oorrompel en in ballingskap wegvoer. Die geskiedenis leer dat jy nie met volksvyande onderhandel nie. Jy kom altyd tweede!

Na die ondertekening van die verdrag het Hiskia die buitelandse geselskap op ʼn besigtigingstoer geneem. Hy wou graag pronk sodat hulle tuis kon gaan vertel hoe wonderlik en ryk Juda is.   Die toer begin by sy skathuis. In die geestesoog sien ons hoedat Hiskia die deure met groot gebaar oopgooi en die gesante na hul asems snak. Soveel goud, geld en edelgesteentes het hulle nog nooit gesien nie! Dan is dit die wapenhuis met sy moderne wapentuig. Dis beslis die bondgenoot waarvoor Babel soek.  

Hiskia het tot in sy kleintoontjies lekker gekry. “Ja, julle vabonde, gedink Juda het niks nie!” Hy wys hulle alles en sit ná hulle vertrek met genoegdoening agteroor soos ʼn kat wat die roomkan bygekom het. Dan ontvang hy weer besoek. Dis sy dominee, en nie op huisbesoek nie. Hy vra Hiskia een vraag: “Wat het die heidene by jou kom soek?” Hiskia vertel hom alles wat hy hulle laat sien het. Daarna vra Jesaja hom die vraag waarvoor die Here hom paleis toe gestuur het: “Wat het hulle in u huis gesien?”

Dan tref dit Hiskia soos ʼn bom; hy het hulle nie die belangrikste ding laat sien nie – sy bed. Die gesante het van sy siekte en goddelike genesing geweet. Wat ʼn getuienis kon Hiskia nie teenoor hierdie heidene gelewer het nie!   Dit kon selfs hul siele red, maar Hiskia het geswyg toe hy moes gepraat het! Wie sy getuienis versuim, is ongeërg teenoor verlore siele.

Daarna het God ʼn harde oordeel oor Juda uitgespreek: “Kyk, daar kom dae dat alles wat in jou huis is en wat jou vaders tot vandag toe opgehoop het, na Babel weggevoer sal word: daar sal niks oorbly nie, sê die Here” (:17). En dit het gebeur. ʼn Hele paar jaar later is Juda in ballingskap na Babel weggevoer. Wie nie hoor nie, moet maar voel!

Dis tragies as mense hulself gelowiges noem, ywerig kerktoe gaan, bedrywig met sake van die kerk is, maar niks in hulle huis getuig van die teenwoordigheid van Christus nie. Hulle kon net sowel kerklos en ongelowiges gewees het, Niks in daardie huis getuig van gelowiges wat daar bly nie. Wat gaan werklik met hul siele aan?

Wat sien mense in jou huis? Kersfees is op hande en jy gaan waarskynlik gaste ontvang. Miskien is daar onder hulle mense wat geen geloofsekerheid het nie en net so verlore as die Babiloniërs wat by Hiskia aangekom het. Wat gaan hulle in jou huis sien? Wat gaan jy vir hulle wys? Jou besittings of gaan hulle iets van jou geloof in Jesus hoor en sy teenwoordigheid in jou huis bemerk?

Jou huishouding getuig of verloën Jesus: Maar elkeen wat My verloën voor die mense, hom sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemele is” (Mt.10:33). As ons verdra, sal ons met Hom regeer. As ons Hom verloën, sal Hy ons ook verloën(2 Tim.2:12).

Hoe lyk jou huis? Kan mense sien dat Christus die onsigbare hoof daarvan is? Of het Hy nog nooit daar gewoon nie?  

Mag elke huishouding hierdie Kersfees van ‘n inwonende Jesus getuig!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2502 gaste aanlyn