Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As 'goeie' kinders van die HERE het ons geleer om verdraagsaam te wees teenoor baie dinge. Ons moet egter vra of dit reg is om teenoor goddeloses verdraagsaam te wees. Vol passie roep Dawid in Ps 139 uit: "O God, as U tog maar die goddelose wou ombring! En julle manne van bloed, gaan van my af weg! Hulle wat arglistig teen U spreek, u Naam ydellik verhef – u teëstanders! HERE, sou ek dié nie haat wat vir U haat, en 'n afsku hê van dié wat teen U opstaan nie? Ek haat hulle met 'n volkome haat; vyande is hulle vir my!"
OORBEVOLKING IS ONREGSKEPPING
Ds. A.E van den Berg
Inleiding
ʼn Kraan wat nie toegedraai word nie, oorstroom spoedig ʼn huis. Om dit nie toe te draai nie maar die water eerder met handdoeke te probeer opdroog, is dwaas. Dit gebeur al vir baie jare in Suid-Afrika waar die verbysterende toename in swart geboortes asook die kommerwekkende instroming van vreemdelinge uit die sub-Sahara streek onreg laat floreer. Mense wat aanhou voortplant, meesal buite die huwelik, ontvang maatskaplike toelaes uit die staatskas. Hierdie gesubsidieerde hoerery is vet op die vuur!
1. Internasionale kommer
Die Verenigde Nasies het onlangs weer hul kommer oor die toenemende bevolkingsaanwas in die sub-Sahara streek uitgespreek. Oorbevolking en die agteruitgang van natuurlike hulpbronne is twee van die grootste krisisse wat die vasteland in die gesig staar.
Die Population Reference Bureau in Amerika het onlangs berig dat die sub-Sahara streek die armste wêrelddeel is met die grootste bevolkingsaanwas ter wêreld. Honger en wanvoeding veroorsaak jaarliks die dood van meer as ses miljoen kinders in hierdie deel. Meer as 46% van die mense leef as gevolg van oorbevolking in erge armoede.
Olabode Augusto, ʼn Nigeriër, het onlangs tydens ʼn ekonomiese beraad in sy land gesê:
"It is a myth to say that our population is strength.I believe that our population is only strength if it is well educated, if it is healthy, if the economy in which they reside has the capacity to provide them with jobs and the people living in the households earn good income and are able to afford the goods and services provided by businesses. In my opinion, the biggest problem we have in Nigeria is our population - uncontrolled population growth"
Oorbevolking skaad die natuur want dit bedreig inheemse plant- en dierespesies en vernietig die aarde se lewensondersteunende bronne. In 2013 het David Attenborough oorbevolking ʼn plaag genoem wat besig is om die aarde met rampspoedige gevolge te tref.
2. Nasionale selfmoord
ʼn Hoë bevolkingsaanwas en ʼn ongekontroleerde toeloop van vreemdelinge is nasionale selfmoord. So ʼn land kan later nie meer in die basiese behoeftes van sy bewoners voorsien nie. Dis ʼn skreiende onreg teenoor eerbare burgers wat opofferings maak om ʼn gehalte-lewe te voer.
Oorbevolking laat oral plakkerskampe soos paddastoele verrys. Na beraming woon een biljoen mense wêreldwyd in pondok nedersettings. Haglike lewensomstandighede is die teelaarde vir gemeenskapsprobleme soos werkloosheid, armoede, misdaad, dwelmgebruik, alkoholisme ens.
Plakkerskampe is uiteraard ʼn broeiplek vir siektes waar die verspreiding van siekte-epidemies weens die aansteeklikheid daarvan in oorbevolkte woongebiede. Onhigiëniese toestande, wanvoeding en ʼn gebrek aan basiese gesondheidsorg is eie aan oorbevolking. So ook onvoldoende vars water, behoorlike sanitasie, lug-, water– en grondbesoedeling.
3. Landbou
Benewens vir menslike gebruik is water onontbeerlik vir besproeiing. Daarsonder kan niks groei wat kos voorsien nie. In Suid-Afrika word landbougrond nie genoeg beskerm nie. Voedselvoorsieners word feitlik daagliks op plase aangeval en vermoor. Desondanks word daar van hulle verwag om voedsel aan die groeiende bevolkingstoename te voorsien. Afrika slag graag die gans wat die goue eier lê!
Om sake te vererger, word produktiewe plase toenemend aan mense gegee wat uit huis nie produseerders maar verbruikers is. Sulke grond gaan baie gou tot niet en is al selfs vir die vestiging van plakkerskampe gebruik.Hoe meer grond vir behuising benodig word, hoe minder is daar vir landbougebruik.
4. Misdaad
Oorbevolking laat misdaadvlakke baie skerp styg. Plakkerskampe is bekend vir verhoogde geweldsvlakke en lae verdraagsaamheid; ʼn resep vir misdaad. Dit word deur werkloosheid aangevuur omdat daar te veel mense vir te min werksgeleenthede is. Baie van die swart jeug voltooi nie hul skoolopleiding en beskik derhalwe nie oor die nodige vaardighede om ʼn goeie werk te bekom nie. Gevolglik wend hulle hul na misdaad soos roof en huisbraak.
5. Dwase politiek
Afrika is berug vir swak leiers en dwase ekonomiese beleidsrigtings. In Suid-Afrika is instromingsbeheer opgehef sodat vreemdelinge die land kon instroom ten einde die ANC se kieserskorps te vergroot.
Aldous Huxley het in 1958 gewaarsku dat oorbevolking demokrasie ernstig bedreig en sosialisties georiënteerde state gaan laat ontstaan. Dit het gebeur want Afrika is uit huis uit nie demokratiese georiënteer nie, maar eerder sosialisties soos hul eeu-oue stamgebruike van getuig.
6. Gehaltebestaan
Oorbevolking word nie slegs aan getalle gemeet nie, maar ook aan die verhouding tussen mensegetalle en ʼn land se beskikbare natuurlike bronne en hoe hierdie bronne bestuur word. Vir ʼn gehaltebestaan is skoon water, skoon lug, voldoende voedselvoorsiening en veilige behuising onontbeerlik. Daarbenewens moet daar doeltreffende riool- en vullisverwydering en volhoubare krag voorsien kan word. Oorbevolking plaas alle basiese geriewe onder druk en belemmer ʼn gehaltebestaan.
7. Die oplossing
Sterker ekonomieë sal nie die behoeftes van Afrika se dolle bevolkingsaanwas hokslaan nie. Die probleem lê by die swartman se primitiewe lewensuitkyk waarvan Jacob Zuma met sy 22 kinders is ʼn sprekende voorbeeld is. Swart vrouens wil nie altyd meer kinders hê nie; mans wel. In die primitiewe Afrika gemeenskap word ʼn man se aansien in die gemeenskap aan die aantal kinders wat hy het, gemeet. Daarom is swart getalle in sub-Sahara Afrika buite beheer.
Vir elke 1000 huise wat in Suid-Afrika gebou word, kom daar 5000 nuwe babas aan. Hulle gaan groot word en dieselfde patroon herhaal - ʼn nimmereindigende probleem. Wie vermeerder, moet die gevolge daarvan dra al moet dit met wetgewing afgedwing word. “We breed, you feed”is dwingelandy en onbillik!