NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Here Jesus, u graf en kruis was nie die laaste woord oor U nie. Dankie dat die donkerte van ons ellende ook nooit die laaste woord oor ons is nie omdat U uit liefde vir ons gesterf en opgestaan het. U weet dat die lewe 'n manier het om ons te breek sodat ons nooit weer dieselfde kan wees nie Maar dankie, Here Jesus, dat U in staat is om ons situasie en onsself so te verander dat ons bokant die donker kan uitkom.

LERINGE VAN DUIWELS

 

Die rooi ligte brand!

Ds. A.E van den Berg

“Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en .....leringe van duiwels sal aanhang....” (1 Tim 4:1,2).

Inleiding

1 Tim.4 is ʼn profetiese skrywe wat oor die eindtyd handel. Dit vertel van ʼn grootskaalse verval van die ware geloof in Christus en leringe van duiwels wat in kerke gevestig raak.   Hierdie leringe is nie deur mense bedink is nie maar deur die Satan self ten einde die heidendom in die kerk te vestig.  Daarvoor maak die Satan van dienaars en Bybelterminologie gebruik.

“Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus. Want as iemand kom en ’n ander Jesus verkondig as wat ons verkondig het, of as julle ’n ander gees ontvang as wat julle ontvang het, of ’n ander evangelie as wat julle aangeneem het, laat julle jul dit goed geval” (2 Kor.11:3,4).

Sondaars het ʼn natuurlike afkeur in die waarheid.  Die Heidelbergse Kategismus sê tereg dat dit in die aard van die mens is om God en sy medemens te haat.   Paulus skryf in sy laaste brief aan Timotheüs:

Jy weet dit dat almal wat in Asië is, hulle van my afgekeer het ..... “ (2 Tim 1:15).

As mense hul destyds al van die waarheid van die Evangelie afgekeer het, hoeveel te meer nie vandag nie!  Talle kerke wat hul met leringe van duiwels ophou, verkondig dit so geesdriftig dat miljoene mense hulle glo. Die vroeë kerk het ook iets hiervan ervaar:

Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en ʼn vinnige verderf oor hulleself bring” (2 Pet.2:1).

Hierdie valse profete was huigelaars wat met die mond Christus bely maar met dieselfde asem die Bybelse waarhede ontken het.  Hulle het met ʼn glimlag ’n dolk onder hul togas versteek!

1.   Alles het verander

Die lewe het drasties verander en niks is meer dieselfde nie.  Veral nie kerke nie.  Waar kerke altyd die sout van die aarde was, het baie daarvan so laf geword dat dit uitgedien geraak het.  Kerke wat hul rug op die waarheid draai, word deur die Satan op ʼn syspoor gerangeer.  

Hy is nie ʼn bose mag van die verbeeldingsoos vrysinnige teoloë verkondig nie, maar ʼn werklikheid wat graag agter ʼn kruis skuil.   Sy haat vir God en sy skepping is onuitblusbaar. Daarom probeer hy die kerk (liggaam van Christus) op elke denkbare wyse te skaad. Daarvoor het hy sy uitverkorenes op kansels; valse leraars wat die basiese waarhede van die Skrif verwring en mense mislei.

Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus. En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ’n engel van die lig. Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke” (2 Kor.11:13-15).

2.   Wat sê die Woord?

Dit wat in die tuin van Eden gebeur het, gebeur nog steeds.  Satan het vir Eva gevra: “Het God so gesê?” en daarna sy woord teengestaan.  Dit gebeur vandag in kerke!   Mense glo alles wat hulle vanaf kansels hoor sonder om seker te maak dat dit met die waarheid van God se Woord ooreenstem. Kerke het al so verwater, dat die waarheid na die leuen en die leuen na die waarheid klink!

Al hierdie dinge moet gebeur voordat Jesus weer kom.  Dis deel van God se uitdunproses – die smal en breë pad waarvan Jesus in die Bergrede praat. God het dit so bestem:

“En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo, sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid” (2 Thess.2:11,12).

Mense dwaal omdat hulle die Bybel nie ken nie en met tweedehandse inligting tevrede is.  Hulle lees eerder boeke oor die geloofslewe as om die Bybel self te bestudeer. En dis waarop dwaalleraars teer en floreer!  Gebrekkige Bybelkennis lei baie maklik tot ʼn ontsondiging van sondes en laat baie kerke in die dryfsand van hul eie dwaasheid versink.

Die ontsondiging van homoseksualisme in baie kerke spreek boekdele van hierdie voorsiende verval.   Die Bybel sê in geen onduidelike taal dat dit ʼn gruwel in God se oog is wat die doodstraf verdien.   Ontspoorde kerke sê dis ʼn leuen – homoseksualisme is alternatiewe vorm van erotiese liefde.   Klink dit nie baie na die Satan se woorde in die tuin van Eden nie?  

ʼn Kerk wat die waarheid van God se Woord nie meer beskerm nie, het geen bestaansreg nie en verdien God se misnoeë en straf:

“...mense wat — al ken hulle die verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien — dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen”  (Rom.1:32).

3.   Die verskil

Alle dwaalleer is nie noodwendig leringe van duiwels nie.  Daar is leerstellings waarin foute voorkom, maar nie om gelowiges te mislei nie.  Die kerk het deur die eeue baie veranderings in eie geledere aangebring en foute van die verlede reggestel. Soms is daar ook nuwe foute in die proses gemaak.  Om foute te maak in die poging om God se waarheid te probeer ontdek, is nie sonde nie.  Dis menslik om foute te maak.  Gelowiges maak dit later reg. 

Daarenteen maak duiwels (demone) foute nie reg nie, maar borduur daarop voort. Hulle sal bly lieg om die leuen te laat seëvier en in die eindtyd uitsonderlike sukses behaal:

“Want daar sal ’n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ’n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels” (2 Tim.4:3,4).

4.   Omsigtigheid

Om ʼn leuen te eien, moet die waarheid baie duidelik herken word anders klink ʼn leuen soos die waarheid. Kerkgangers moet soos die gelowiges van Berea kanselbedienaars krities beoordeel:

En hierdie mense was edelmoediger as dié in Thessalonika; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was” (Hand.17:11).

Paulus het aan Timotheüs opdrag gegee om gemeentes te stig en toe te sien dat die regte mense in die ampte verkies word omdat dwaalgeeste kerke ingesluip het (1 Tim.4:1).  Timotheüs moes selfs verhoed dat vroue kerk-ampte beklee.

 5.   God se bystand

Paulus skryf aan die Korintiërs oor die gevaar van ʼn eiewillige godsdiens:

“Hoe staan die saak dan, broeders? Wanneer julle saamkom, dan het elkeen van julle ʼn psalm of ʼn lering of ʼn taal of ʼn openbaring of  ʼn uitlegging ....” (1 Kor.14:26). 

In hoofstuk 12 maak hy van ʼn gawe melding waarmee die Heilige Gees sekere gelowiges seën ten einde dwaalleer te herken en mense te waarsku:

“...aan ’n ander onderskeiding van die geeste.....” (:10).


Wie die gawe van die onderskeiding van geeste ontvang, is bewus van watter gees in sekere kerkkringe werksaam is:

“Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan.” (1 Joh.4:1).

Hierdie gawe het niks met enige menslike vermoë te doen nie.  Dis direk van die Heilige Gees. 

 Slot

Leringe van duiwels is sterk aan die toeneem – veral in hoofstroomkerke.  Dit wat Paulus voorspel het, gebeur sienderoë.   Daarom moet gelowiges op hul hoede wees en slegs leraars wat die waarheid liefhet en baie sterk in die Woord van God staan, op hul kansels toelaat: 

“Daarom aangesien ons hierdie bediening het volgens die barmhartigheid wat ons ontvang het, gee ons nie moed op nie. Maar ons het van die heimlike dinge wat skandelik is, afstand gedoen, en ons wandel nie in listigheid of vervals die woord van God nie; maar deur die waarheid aan die lig te bring, beveel ons ons by elke menslike gewete voor God aan” (2 Kor.4:1,2).

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2226 gaste aanlyn