NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Jy moet ook nie let op al die woorde wat die mense spreek nie, sodat jy nie hoor dat jou dienaar jou vloek nie; want jou eie hart weet ook van baie gevalle dat jy self ook ander gevloek het – Prediker 7:21-22

DIE GOEIE TYDING

Ds Andrè vd Berg

En die engel sê vir hulle: Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle ’n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees, dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is, die Saligmaker wat Christus, die Here is” (Luk.2:10,11)                      

Hy is uit ’n onbeduidende jongmeisie in ’n klein dorpie gebore en het in ’n ander dorpie grootgeword waar hy as timmerman vir sy pa gewerk het. Toe Hy 30 jaar oud was, het Hy vir drie jaar as prediker gereis, nooit ’n boek geskryf, ’n huis gekoop of ’n gesin gehad nie. Hy het ook nie ver gereis of geloofsbriewe verkry soos baie van die reisigers van sy tyd nie.  

Op 33 jaar het sy eie volksgenote teen Hom in opstand gekom en sy vriende weggehardloop. Een het Hom selfs vir geld verraai.   Daarna is Hy aan die gereg oorgelewer, aan ’n spotverhoor onderwerp, ter dood veroordeel en tussen twee misdadigers gekruisig.  Terwyl Hy doodgebloei het, het sy laksmanne die lot oor sy enigste aardse besitting gewerp - sy klere.   Ná sy dood is Hy in ’n geleende graf ter ruste gelê omdat iemand Hom jammer gekry het.

Na reg moes die geskiedenis oor hierdie Man geswyg het. Desondanks is Hy na 2000 jaar steeds die sentrale figuur in die wêreldgeskiedenis. Van al die konings wat al regeer en generaals wat roemryke oorwinnings behaal het, het geen een die geskiedenis so beïnvloed soos hierdie Man nie.   Dis van sy geboorte dat die engel op Kersnag melding gemaak en dit ’n groot tyding genoem het. Jesus Christus, onse Here!

Hy was onteenseglik die invloedrykste persoon wat ooit op die aarde geleef het. Jesus het die wêreld vir altyd verander. Let op die tydberekening. Datums word as voor of na Christus aangedui.   Daarbenewens is meer boeke oor Hom as oor enige iemand anders geskryf.

Die wêreld vóór Christus het baie anders as die een ná Hom gelyk. Vóór Hom was dit sonder hospitale, welsynsorganisasies of eerbied vir die lewe. Hospitale is ’n skepping van die Christendom. Daarom is ’n kruis die helende simbool van ’n hospitaal (Rooikruis).   Die verpleegberoep is deur Christene soos Florence Nightingale uit toewyding aan Christus op die been gebring.

Christene soos dr. Louis Pasteur was verantwoordelik vir groot vooruitgang op mediese gebied.   Sy ontdekking van penisillien het miljoene lewens gered.Welsynswerk is ook ’n Christelike skepping. Vóór Christus was welwillendheid teenoor vreemdelinge basies onbekend. Jesus se leer en voorbeeld het mense tot dade van welwillendheid, barmhartigheid en selfopoffering aangewakker.

Vóór die koms van die Christendom het elke feitlik elke kultuur slawerny bedryf en mense geoffer, veral kinders. Die verbranding van ’n weduwee saam met haar oorlede man op ’n begrafnisstapel was algemeen in die Hindoe tradisie totdat die sendeling William Carey in Indië aangekom en dit beëindig het.

Slawerny is deur die optrede van Christene soos William Wilberforce gestaak. Ja, eerbied vir die lewe en vryheid is die vrug van Christendom.   Mense wat aborsie, genadedood, prostitusie en gruwels soos homoseksualisme voorstaan, wil die heidendom laat herleef!

Die wêreld sal Jesus se positiewe invloed op die mensdom nooit ten volle begryp nie. Alles wat vir ons kosbaar is, van die opvoedkunde, openbare gesondheid tot ekonomiese vryheid, is na die geestelik-kulturele omwenteling wat by Jesus se geboorte begin het, terug te speur.

Die Christendom het onteenseglik aan die moderne wetenskap beslag gegee. Die wetenskap-rewolusie het met die Hervorming begin waarna elke hoofvertakking van die wetenskap deur gelowiges ontwikkel is.   So ook die opvoedkunde.  

Wie het die meeste tale op skrif gestel? Christen-sendelinge. Die Christendom was ook die grootste dryfveer agter die lees-en-skryfkuns. Daarom is die Bybel die mees vertaalde boek ter wêreld.

Jesus was ongetwyfeld die grootste Leermeester van alle tye. Sy leer en invloed het die ontwikkeling van die opvoedkunde wêreldwyd beïnvloed. Sy laaste opdrag was dan ook: “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het” (Mt.28:19).

Van die begin af het Christene skole gestig waarin beide geslagte onderrig geniet het. Die ou Grieke en Romeine het slegs seuns opgelei. Gevolglik het die Christendom ’n omwenteling in die opvoedkunde veroorsaak. Augustinus het selfs gesê dat Christenvroue beter as heidenmans opgelei is!

Voor Christus was ʼn lewe in die ou wêreld min werd. Gestremde babas is gewoonlik in die veld gelos om te sterf.   Die Grieke het blinde babas selfs in die see gegooi!   Hoe anders was Jesus se meegevoel met blindes nie! So ook die Christendom.

Die grootste uitvinding in belang van onderrig was ongetwyfeld die drukpers deur Johannes Gutenberg; weereens die vrug van die Christengeloof. Die Bybel was die eerste boek wat gedruk is. Jesus is en bly die sentrale fokuspunt van die geskiedenis. Alles getuig van Hom. Selfs as die Engelse mekaar met ʼn goodbye groet.   Dis ʼn afkorting vir God be with ye.

Die Bybel en veral die Tien Gebooie het die wettiese grondslag van die Westerse beskawing gelê. Die heel eerste wet wat oor die bevoegdheid van ’n regering gehandel het, was die Magna Carta. Dis in 1215 deur ’n leraar geskryf wat dit ryklik van Bybeltekste voorsien het.

Die Christendom het eerbied vir die lewe en staatkundige vryheid gekweek, iets wat voor Christus grootliks onbekend was.   Die leer van Christus het in die ou wêreld die doodmaak van kinders stopgesit, vrouens vrygemaak, slawerny beëindig, liefdadigheid aangemoedig, hospitale laat oprig, weeshuise op die been gebring en skole laat verrys.  

Tydens die Middeleeue het die Christendom biblioteke gebou, kolleges en universiteite opgerig, arbeid veredel en heidene tot inkeer gebring. In die moderne era het die Christendom wetenskap laat ontwikkel, regspleging bevorder asook wonderlike kuns, argitektuur, musiek en literatuur laat ontvou.

Niks het die mensdom die afgelope 2000 jaar meer as die Christendom verryk nie. Geen ander geloof, filosofie, leerstelling, volk of organisasie het die mensdom so ten goede verander soos die Christendom nie. Daarom is Jesus Christus die belangrikste mens was wat ooit op aarde geleef het en die Bybel die wonderlikste boek wat ooit geskryf is.  

Jesus het soos ons geword sodat ons soos Hy kan word. Hy is deur die mense verwerp sodat ons deur God aangeneem kan word.   Hy was veroordeel sodat ons vry kon word. Hy het gely sodat ons sterk kon word.   Hy is gekasty sodat ons genees kon word. Hy is gehaat sodat ons lief kon kry. Hy is gekruisig sodat ons gered kan word. Hy het gesterf sodat ons kan leef. Hy het ter helle neergedaal sodat ons hemel toe kan gaan. Hy het dit wat ons toegekom het, verduur sodat ons dit wat Hom toekom, vandag kan geniet.

Kersfees gaan uitsluitlik om Jesus. In Engels sal ek sê: Jesus is the reason for the season.   Kom ons deel in die goeie tyding wat die engel gebring het!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2236 gaste aanlyn