Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As ‘n ingenieur ‘n brug bou, moet dit voertuie kan dra; sy drakrag kan bewys. Dis presies wat God met ons doen. As God ons sterk maak, kan Hy mos elke gram van ons krag beproef, nie waar nie? Ons lewe moet met die hemelse Bouer se ontwerp ooreenstem!
VOORVADERGEESTE
Ds A.E. vd Berg
“Daar mag niemand by jou gevind word wat sy seun of sy dogter deur die vuur laat deurgaan — wat met waarsêery, goëlery of met verklaring van voortekens of towery omgaan nie, of wat met besweringe omgaan, of wat ’n gees van ’n afgestorwene vra of ’n gees wat waarsê, of wat die dooies raadpleeg nie” (Deutr.18:10,11).
Toe die Christendom in Afrika gevestig is, het twee geesteswêrelde onmiddellik met mekaar in botsing gekom - die lig van Christus met die duisternis van Satan. Afrika is berug vir sy verknogtheid aan die heidendom en huisves van die agterlikste mense met die rampspoedigste regerings ter wêreld.
Tydens die ANC se eeufeesviering ʼn paar jaar gelede in Bloemfontein, is Suid-Afrika onbeskaamd aan bose geeste (voorvadergeeste) opgedra. Terwyl tromme en dreunsang die lug gevul het, het die president die tradisionele reiniging-seremonie met ’n rituele offer waargeneem. ’n Bul is aan ’n boom vasgemaak en ten aanskoue van jillende feesgangers op barbaarse wyse met ’n spies doodgesteek. Geen beskaafde landsleier sou ’n nasionale geleentheid soos hierdie met so ʼn baarbaarse skouspel geopen het nie!
Boodskappe van gelukwense het van oral ingestroom – van Moslems, Hindoes, ontspoorde kerklui en toordokters. Kenneth Meshoe, leier van die ACDP, is ook na die feesviering uitgenooi, maar het dit van die hand gewys en gewaarsku dat voorvadergeesaanbidding nie met die Christengeloof strook nie en ernstige gevolge vir die land gaan hê. Hy en ander gelowiges het daardie dag by die Uniegebou saamgekom en die land aan God opgedra en gesê dat sy liefde vir God en kennis van die Bybel hom verbied om met bose geeste om te gaan.
Benewens ons land is daar net een ander land wat ook aan bose geeste opgedra is; Haïti. Hierdie eiland behoort welvarend te wees, maar is een van die armste, gevaarlikste en vuilste lande ter wêreld. En daar is ʼn duidelike rede hiervoor. Dis met die totstandkoming (1803) aan Satan opgedra. Die heilige boom waaronder ’n ooreenkoms met Satan gesluit is, word as ’n besienswaardigheid aangemoedig. In 2003 is toorkuns (vudu) amptelik tot nasionale godsdiens van Haïti verklaar en minstens 75% van die bevolking daarby betrokke.
Haïti het ’n werkloosheidsyfer van meer as 70% en gaan onder chroniese hongersnood gebuk. Baie van die eilandbewoners is aan dwelms verslaaf en die VIGS-besmetting die vinnigste in die Westerse wêreld; ’n aanskouingsles van ’n land wat aan Satan gewy en derhalwe tot die dood toe siek is!
Daniël Etounga, ʼn geëerde skrywer van Kameroen, skryf dat toorkuns een van die hoofredes vir die gebrek aan ontwikkeling in Afrika is omdat dit geen sedelike inhoud het nie. Nogtans glo die Afrika-mens dat sy lot deur wispelturige geeste beheer word wat met allerlei rituele gepaai moet word. So ’n lewensingesteldheid verhoed enige sinvolle vooruitgang.
Afrika se tradisionele godsdiens word animisme genoem. Dis op die geloof in die bestaan van miljoene voorvadergeeste gegrond wat met lewens kan inmeng. Hierdie geeste beweeg na willekeur in en uit hul wêreld na die mens se wêreld. Toordokters word as kundige bemiddelaars beskou wat weet hoe om die geeste te paai ten einde voorspoed te verseker en onheil af te weer.
Gevolglik is die Afrika-mens se beleweniswêreld met allerlei geeste, voorbodes en onsigbare magte gevul wat hulle in voortdurende vrees laat leef. Daarom soek hulle gedurig by wyse van toorkuns beskerming. Met Christene is dit anderste: “Want God het ons nie ’n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag, liefde en selfbeheersing” (2 Tim.1:7).
Om hulle teen bose geeste te beskerm, maak die Afrika-mens van offerandes gebruik; selfs van mense-offers. In Uganda het die regering by speelterreine plakkate laat plaas om mense teen die ontvoering van kinders te waarsku. Toordokters gebruik kinders se liggaamsdele vir offers omdat dit glo rykdom bring. Daarom neem kinderontvoering epidemiese afmetinge in Afrika aan!
Die Bybel verbied skakeling met geeste van afgestorwenes: “Begeef julle nie tot die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê nie. Soek hulle nie om julle te verontreinig nie. Ek is die Here.” (Lev.19:31). Daar is in werklikheid geen skakeling tussen dooies en lewendes nie. “En by dit alles is daar tussen ons en julle ’n groot kloof gevestig, sodat die wat hiervandaan wil oorgaan na julle, nie kan nie; en die wat daar is, nie na ons kan oorkom nie” (Luk.16:26). Voorvadergeeste bestaan wel, maar dis niks anders as bose geeste nie.
Die enigste uitsondering was Samuel wat aan Saul verskyn het om hom op sy oortreding te wys. Wie glo dat hulle wel met geeste kan skakel, word mislei. Jesus gee in Mt.10 aan die dissipels mag om onreine geeste uit te dryf. Hulle moet uitgedryf en nie mee geskakel word nie!
Afrika se geskiedenis is ʼn eindelose herhaling van die verkeerde manier van leef. Dis die vloek van die heidendom. “Maak julle nie gewend aan die weg van die heidene nie…” (Jer.10:2). Die Afrika-mens se siening van die lewe verskil skerp van die Bybelse een. Hy stel net in stoflike voorspoed belang. Hy glo wel dat daar ’n God is, maar dat Hy nie by menslike leed betrokke is nie. Die verloop van die lewe word dus uitsluitlik deur voorvadergeeste bepaal. Dis onsin! Die Bybel sê dat God by gelowiges se leed betrokke is. Jesus het selfs oor sy vriend Lasarus se dood geween.
Die Bybel praat dikwels van geeste, maar hulle beheer egter nie ons lewe nie; net God alleen. Satan en sy bose geeste val wel mense aan (Efes.6:10-13). Hulle kan slegs met God se krag teengestaan word: ”Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel en hy sal van julle wegvlug” (Jak.4:7).
Die Afrika-mens glo dat die voorvadergeeste middelaars tussen hulle en God is. Niks kan verder van die waarheid wees nie! Die Bybel sê dat die siele van afgestorwenes reeds in die hiernamaals is en ʼn gruwel om met hulle te skakel. Hulle kan nie antwoord nie. Al wat wel kan antwoord, is bose geeste (demone).
God is Meester van die wêreld. Die Bybel praat oor sy skeppersmag: “U alleen die Here, U het die hemel, die hoogste hemel en al sy leërskare gemaak, die aarde en alles wat daarop is, die see en alles wat daarin is en U hou dit alles in die lewe en die leër van die hemel buig hulle voor U neer” (Neh.9:6).
Satan is ook ’n meester –dié van sinsbedrog en mislei miljoene mense. Die gewaande mag van die toordokter is geen damp van God se krag nie. Nie een van hulle kan ’n getygolf veroorsaak of ’n vulkaan laat uitbars nie; slegs God!
Daar is vir gelowiges een baie groot troos - Satan en sy agente het geen mag oor iemand in wie die Heilige Gees woon nie. Ongelowiges is egter weerloos teen Satan en bose geeste. Elkeen wat Satan in sy lewe plek gee, is aan sy ketting gebind.
Gelowiges het nie rituele of toordokter-moetie nodig om van die bose ontslae te raak nie. Gebed is baie kragtiger en God se krag is sonder gelyke! ”Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte” (Efes.6:10).
Bid vir ons land. Dis amptelik in die greep van bose geeste. Mense besing selfs vir Nkosi, hoof van die voorvadergeeste, in die volkslied Suid-Afrika. En hier by ons word dit net soos ib Haiti met iets anders as die nag donker. En dis nie omdat die lig van Christus in ons land ontbreek nie. Miljoene wil dit net nie raaksien nie!