NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Geen mens kom weens sy goedheid in die hemel nie, slegs deur die bekering.  Dis al hoe jou naam in die boek van die lewe geskryf kan staan; geen ander manier nie.  Daarom is die oordeel van die teksvers hard en duidelik:  “En as dit bevind is dat iemand se naam nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp”. Wees wys en bekeer jou terwyl jy een baie belangrike ding aan jou kant het – tyd!

DIE HEL...

...BANGMAAKSTORIE OF WERKLIKHEID?

Ds A.E. van den Berg

“En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp”(Openb.20:15).

Die woord hel wek oor die algemeen by mense vrees en afkeur op. Vrees, omdat dit as die mees weersinwekkende plek beskou word om in te wees asook afkeur omdat sommiges dit as die produk van ooraktiewe verbeeldings beskou en glo dat die ou Jode dit bedink het om mense van booshede te weerhou.  

Leraars preek nie graag oor die hel nie omdat dit kwansuis lidmate ontstel. Dis ʼn fout want hoe kan leraars nalaat om mense oor die laaste oordeel te waarsku? As daar meer van die hel vanaf kansels gehoor word, sal daar minder sonde in die samelewing wees. Die hel is net so ʼn werklike plek as die hemel. Dis die laaste plek van aankoms vir hulle wat nooit tot bekering gekom het nie.

Baie mense glo egter nie aan ʼn hel nie omdat dit nie met hul misplaaste idee van ʼn liefdevolle God strook nie.   Om die Bybel te verwerp net omdat dit van die hel praat, is soos om ʼn boek te verwerp net omdat jy nie van die prente daarin hou nie.Die hel is ʼn werklikheid ongeag wat mense sê! Min Bybelse waarhede het onverskilliges al so tot hul sinne gebring soos ʼn duidelikheid oor die hel.   Desondanks moet niemand hul bekeer omdat hulle bang is vir die hel nie.

Geen Skrifgetroue leraar preek oor die hel omdat hy mense wil bangmaak nie. Hy preek daaroor omdat Jesus daaroor gepraat het. Mense is soms lief om mekaar bang te maak en o.a. vrees vir die hel aan te wakker. Die filosoof Dante (geb.1265) het bv. in sy verbeeldingryke boek Inferno ʼn vreesaanjaende hel van rooi duiwels met drietandvurke in ʼn vuuroond beskryf.   Wie dit gelees het, was amper te bang om te gaan slaap!   Ja, ongelowiges sidder vir die hel!

Wat sê ontspoorde kerke van die hel? ʼn Paar jaar gelede was daar ʼn hewige debat in ʼn NG Sinode oor die bestaan van die hel. Talle teoloë en leraars glo geensins aan ʼn hel nie! Hierdie stof het sedertdien nie gaan lê nie. Wat glo jy?

Daar is goeie en slegte nuus. Die slegte nuus is dat daar wel ʼn hel is. Die goeie nuus is dat gelowiges nie daarin beland nie. Jesus gee die versekering:

Al wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie” (Joh.6:37).  

Hierdie uitwerp hou met die hel verband. In die Gelykenis van die Talente sê die teleurgestelde werkgewer:

“En werp die nuttelose dienskneg uit in die buitenste duisternis...” (Mt.25:30).

Gelowiges het die gerusstellende troos dat Jesus jou van ʼn ewige hel gered het.

Die hel is nie menseverbeelding of ʼn gogga-maak-vir-baba-bang storie nie. Dis ʼn werklikheid. God het juis in Jesus Christus aarde toe gekom om ons daarvan te red.Ten spyte daarvan dat die lewe tydelik is, dink mense maar min aan ewige dinge. Verlorenes het, soos die ryk man in Luk.16, hul ewigheidsvisie verloor. Hulle leef net vir die hier en die nou – geestelik stiksienig.

Niks op die aarde is vir ewig nie. Alles is tydelik. Die lewe is soos ʼn eindelose begraafplaas; geslagte kom en geslagte gaan. Vandag staan ons by die graf van ʼn ouer, môre staan ons kinders by ons s’n. Dink daaraan dat dit wat van ons unieke mense maak,met een asemhaling kan verdwyn. Moenie vir die laaste oordeel wag nie. Die ewigheid kan vir enige mens enige sekonde aanbreek.

Ons het geen vaste verlyfplek op aarde nie. Die Psalmdigter skryf in Ps.119: “Ek is ʼn vreemdeling op die aarde...” (:19). Ek lees ʼn paar jaar gelede ʼn grafskrif van iemand wat graag gereis het. Dit lui: “Ek was ʼn reisiger op aarde. Die reis is verby en ek is terug!” Waarheen keer die mens terug?

Die Bybel sê dat die hel ʼn plek van donkerte, skeiding en ewige vuur is.

En die rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid, en hulle het dag en nag geen rus nie...” (Openb.14:11). “En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid” (Openb.20:10).

Paulus skryf in Rom.2 dat God se liefde geheel en al in die hel ontbreek. Verlorenes is dus vir ewig van God afgesny.

Die hel is ʼn plek van straf en ʼn plek van ewige gevangenskap, nie net vir mense nie, maar ook vir die gevalle engele:“.... vir wie die donkerheid van die duisternis vir ewig bewaar word” (Jud:13)  

Die Bybel beskryf die hel voorts as ʼn plek van groot donkerte. In Mt.22:13 sê die koning vir sy dienaars om die man wat sonder die bruilofskleed by die bruilof opgedaag het weg te neem en in die buitenste duisternis te werp waar daar ʼn geween en ʼn gekners van die tande sal wees. So ook met die lui kneg in die Gelykenis van die Talente (Mt.25).

Hierdie buitenste duisternis, ook doderyk genoem, is so ver van God verwyder, dat geen enkele ligstraal daardeur dring nie. Verlorenes tas in die pikdonkerte rond. Die geween en gekners van tande vertel van die droefheid, wanhoop en verwyt as hulle besef dat dit te laat vir die bekering is. Baie mense gaan tot hul ontsteltenis agterkom dat blote “mooi leef” hulle ná die dood niks gebaat het nie. Net die bekering kan jou red!

Die Woord van God het goeie raad:

Vandag, as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie” (Hebr.4:7). Dawid skryf in Ps.95:7: “Want Hy is onse God, en ons is die volk van sy weide en die skape van sy hand. Ag, as julle vandag maar na sy stem wou luister!”

Luister hoe helder en duidelik klink die oproep tot bekering as God deur die profeet Esegiël met sy ongehoorsame volk praat:

Sê vir hulle: So waar as Ek leef....... Ek het geen behae in die dood van die goddelose nie, maar daarin dat die goddelose hom bekeer van sy weg en lewe. Bekeer julle, bekeer julle van jul verkeerde weë! Waarom tog wil julle sterwe, O huis van Israel” (Eseg.33:11).

Die mens gaan nie verlore omdat God hom verwerp nie, maar omdat hy God se reddingsboei van die hand wys.   Hulle stuur hulself hel toe!

Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie, maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel...” (Joh.3:18).  

Wie verlore gaan, moet vasberade wees om dit te doen. Hy moet immers by die kruis verbyloop om by die hel uit te kom.

Hoeveel bose mense het nie al skielik gesterf nie. Die hemelse Tuinier kap op sy tyd bome wat vrugte soos dié van Sodom en Gomorra dra, uit om die grond nie verder uit te put nie!

Die hel het geen brandtrappe of ontsnaproete nie. God se straf kan ook nie ná die dood opgeskort word soos wat die Roomse Kerk met hul ergerlike dwaalleer van die vagevuur leer nie. Daar is ook geen moontlikheid van ʼn bekering in die hel soos wat die Jehovasgetuies glo nie. God se oordeel is onomkeerbaar soos wat die onverskillige ryk man in Luk.16 te laat agtergekom het. Hel is om die waarheid te ontdek wanneer dit te laat is.

Dit moet verskriklik wees om in die hel van God afgesny te wees! Die Bybel is duidelik oor die verskrikking van die hel (Luk.16).   Wie in die hel verkeer, ontvang geen genade nie; nie eens ʼn druppel water nie!  

Net so min as wat die mens die heerlikheid van die hemel met sy verstand kan bedink, net so min benul het hy van die verskrikking van die hel. Moet nooit die hel as ʼn opsie oorweeg nie!

Opsoek na inligting?

  • UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1328 gaste aanlyn