NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Jakobus som die hart van al die probleme in die wêreld sowel as in die kerk op:   “Waarvandaan kom oorloë en vegterye onder julle?  Kom hulle nie hiervandaan, van julle welluste wat in julle lede stryd voer nie?  Onderwerp julle dan aan God: weerstaan die duiwel en hy sal van julle wegvlug... Reinig die hande.... en suiwer die harte...” (Jak.4:1, 7,8).

QUO VADIS?

Waarheen is ons Afrikaanse kerke op pad?

Ds. A.E van den Berg

"Het ek nou jou vyand geword deur vir jou die waarheid te vertel?" (Gal.4:16)

Inleiding

Die vervolging van gelowiges word nie net van buite die kerk geloods nie, maar ook van binne deur kerke wat Satan ten prooi val. ʼn Sprekende voorbeeld hiervan is die Roomse Kerk wat deur die eeue miljoene mense wat nie met haar afgodiese leer saamgestem het nie, vervolg en doodgemaak het.

Net voor die wederkoms van Jesus gaan die vervolging van gelowiges wêreldwyd toeneem en meer gelowiges as ooit tevore die hoogste prys vir hul geloof betaal. Paulus noem dat hierdie tyd swaar tye gaan wees(2 Tim.3:9).Geloofsvervolging is eie aan die geloofslewe. Jesus sê:

“Hierdie dinge het Ek vir julle gesê, sodat julle nie mag struikel nie” (Joh.16:1).

Die Bybel sê dat die swaar tye nie net aan onaangename gebeure gekenmerk sal word nie, maar ook aan die optrede van ʼn valse kerk en haar kerklui. Dit sal aan ʼn valse leer, valse leraars en skynheilige lidmate wat hoogstens gepoleer en gestryk is, maar nooit in die reinigende bloed van Jesus gewas is nie uitgeken word:

“...mense wat ʼn gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het” (2 Tim.3:5).

1.   Valse leer

Nadat Suid-Afrika van haar Christengrondwet in 1996 ontslae geraak en ʼn wêreldse een omarm het, het talle hoofstroomkerke ontspoor. Duisende lidmate het die kerk verlaat wat veroorsaak het dat baie leraarsposte verlore gegaan het. Die NG Kerk het bv. tussen 2015-2019 meer as 200 predikantposte verloor.

Ontnugterde gelowiges het besef dat hul kerk nie meer die kerk van vroeër was nie en hul kerkbesoek gestaak of na ander kerkverbande oorgegaan. Blind lojale lidmate het egter hul lidmaatskap voortgesit en die dwalings gekondoneer.

Van die kerke het selfs rewolusionêre bewegings gehelp om hul waens deur die politieke driwwe te trek en daarna die staatkundige mag aan booswigte oorhandig. Die gevolg was dat hulle in die dryfsand van hul eie onverskillige toedoen versink het en onwaardig geword het.

2.   Valse leraars

Die valse kerk gaan ook met valse leraars besmet wees; kerklui wat mense mislei om beheer oor hul geld, huwelike en selfs hul gedagtegang te verkry. Hulle gaan hul veral op vrouens toespits; ʼn weerspieëling van Satan se eerste aanslag op die mens in die tuin van Eden.  

Valse leraars spits hul voorts ook op mense toe wat gedurig na nuwe waarhede op soek is.Hulle spring weens ʼn behoefte aan die waarheid telkens van die een na die ander kerk maar bly weens gebrekkige Bybelkennis dwaal.

Jesus waarsku:

“Valse leraars staan die waarheid teen en stook opstand teen God en ware leraars op. Hulle lieg maklik en is versot op tekens en wonders.  Hulle kom God se opdrag om lig van die wêreld te wees skandelik kort. “Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei. Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê” (Mt.24:24,25).

Paulus skryf oor die Antichris as volg:

“...hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie” (2 Thess.2:9.10).

Die pad na die ewige dood is met die skedels van duisende valse leraars plavei; mense wat onbekeerd is, booshede bevorder en lidmate verhinder om tot ʼn geloofsoorgawe aan Christus te kom. Hulle verdraai die Skrif om hul dwaalleer te pas en word maklik deur gelowiges geëien en ontmasker:

“Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. 'n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie! So dra elke goeie boom goeie vrugte; maar 'n slegte boom dra slegte vrugte” (Mt.7:16,17).

Maar hulle sal nie verder voortgaan nie, want hulle dwaasheid sal vir almal duidelik wees, soos ook dié van daardie manne geword het” (2 Tim.3:9).

3. Skynheiligheid

Net voor die wederkoms van Jesus sal die valse kerk ook aan ʼn toename aan skynheilige lidmate gekenmerk word. Mense sal vir die skyn kerktoe gaan, geestelike liedere sing en aan kerkverrigtinge deelneem. Met hul sondige lewenswandel kom die goddelose aap egter uit die vrome mou. Hulle is na aan die kerk, maar ver van God af!

In 2 Tim.3 noem Paulus ʼn paar eienskappe waaraan hierdie mense uitgeken sal word. Hulle sal,soos alreeds uit talle kerke se bedieningsmetodiek blyk, liefhebbers van hulself wees. Alles sal om die as van eie ek draai. Mense sal spog-siekwees en meer van hulself dink as wat gesond is.Hulle gedagtes, gesprekke en optredes is egter onheilig. Skandelike hartstogte laat bose genot in hul lewens seëvier.

Valse kerke ontsondig gruwels en spits hul op kanselvermaak in plaas van ware aanbidding toe. Hulle skyn op die oog af ʼn kilometer breed te vloei maar is in werklikheid slegs ʼn sentimeter diep! Wie se lewe en optrede van ʼn lewe sonderJesus getuig, voel hulle in hierdie kerke tuis. Gelowiges moet hul van sulke mens afskei om hulself teen besetting te beskerm. Paulus skryf:

“Moenie dwaal nie; slegte gesprekke bederf goeie sedes” (1 Kor.15:33).

“ ... Keer jou ook van hierdie mense af” (2 Tim.3:5).

4.   ʼn Ander gees

Die plaaslike kerklike toneel word deur ʼn geheel ander gees as ooit tevore gekenmerk. Ongelowige akademici glo dat die geloof in Christus ’n byproduk van onderontwikkeling en agterlikheid is wat uiteindelik in ’n onomkeerbare proses van verwêreldliking gaan verdwyn. Namate wetenskaplike kennis toeneem, sal die geloof in ’n Almagtige God deur ’n geloof in die mens se eie vermoë om self ’n hemel op aarde te skep, vervang word.

Ongelukkig laat hoofstroomkerke nie die nodige helder klanke van die Skrif daarop hoor nie en verbreek al hoe meer lidmate hul lidmaatskap weens kerke se gebrek aan profetiese visie. Gevolglik soek al hoe meer mense na geestelike vervulling buite die kerk. Baie van ons jongmense bevind hulle buite die strukture van evangeliese kerke op soek na waterstrome in ʼn godsdienswoestyn.

Talle ander volksgenote hunker na openbare belewenisse van die geloof en vind by massasaamtrekke in oop ruimtes om na ʼn seepkisprediker te luisteraanklank. Kerk word buite die kerk gehou!

5.   Blinde lojaliteit

Wie die ontsporing in hul kerke gelate aanvaar, gaan die geloof aan die einde van die tyd verloor.   Dis die prys wat vir misplaaste lojaliteit betaal word.Dit lei tot breinspoeling soos wat die Roomse Kerk al eeue lank met lidmate doen en toenemend by hoofstroom Protestantse kerke kop begin uitsteek.

Dwaalleer word onder die dekmantel van byderwetse denke aanvaar. Leuens word as waarhede aangebied en kritiekloos vir die waarheid aanvaar omdat die Bybel glo kragtens nuwe wetenskaplike insigte anders as voorheen verstaan moet word. Verdraaide, halwe waarhede en bespiegelings is selfs erger as blatante leuens wat kundig opgedis word!

Daar is by hoofstroomkerklui ʼn argelose gelatenheid ten opsigte van skreiende onwaarhede. Dis asof ʼn tipe van universele bedwelming op hulle toegesak het. Geen wonder dat al hoe meer mense kerkloos word nie!

Om die uittog te probeer keer, word preke meer verbruikersvriendelik aangebied.   Hoe dunner die Skriftuurlike basis van sulke preke, hoe dikker word dit in die glanspapier van vernuwing toegedraai. Verhoogkunstenaars in amptelike gewade vermaak lidmate met kwinkslae en verhoogtoertjies en verdun die liturgietot maklik verteerbare oppervlakkige sêgoed.

Slot

Ons volk se Christelike lewensbeginsels en Westerse beskawingsnorme is in ʼn proses van vervlakking en verval. Kerke behoort dringend ʼn oproep en aansporing tot ʼn hersiening van prioriteite wat op Bybelse waarhede gegrond is te maak. Ongelukkig gebeur dit nie.

Gevolglik is die vraag: Waarheen is ons eens trotse hoofstroomkerke op pad? Na die eenwêreldkerk waaroor die Antichris aan die einde gaan regeer? Een ding moet hulle weet - geen misleiers gaan aan die swaard van God se laaste oordeel ontsnap nie:

“Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is?... Oor hulle is die oordeel van lankal af nie werkeloos nie, en hulle verderf sluimer nie”” (1 Pet.4:17; 2:2:3).

Opsoek na inligting?

  • ‘n Nuwe boek deur doktor Mike du Toit het op die rak verskyn getiteld:

    ‘N ORGANIESE, EKONOMIESE EN POLITIEKE BESTEL

    VIR ‘N TOEKOMSTIGE AFRIKANERVOLKSTAAT

    Na Du Toit se oordeel het die kapitalisme en demokrasie ernstige tekortkominge en funksioneer dit tot nadeel van alle volkere wat wens om as organiese eenhede met ʼn eie identiteit te bestaan. Hierdie tekortkominge word in die boek uitgewys. Die kapitalisme en demokrasie berus op die liberale lewensbeskouing. As alternatief tot die liberalisme stel Du Toit die organiese lewensbeskouing. Lees alles wat u daaroor wil weet by hierdie skakel NUWE BOEK DEUR DR MIKE DU TOIT

    ______________

    UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 703 gaste aanlyn